AFRIKA TEKENS
Van die vroegste tye af het die mens naas spreektaal, die behoefte aan 'n alternatiewe vorm van kommunikasie ontwikkel. Die primêre doel was waarskynlik om voedsel, veiligheid en oorlewing te verseker. Dit sou later lei tot kommunikasie deur gedagtes met allerhande uiterlike tekens aan ander lede van die groep oor te dra.
Die swart rasse in Afrika het 'n soort "skryftaal" ontwikkel wat met stokke, klippe en takke beskryf kon word. Vandag word hierdie "taal" deur oorlewering van een geslag na die volgende oorgedra. Hoewel die "taal" regdeur Afrika gebruik word, is dit blykbaar ook deur slawe wat na Europa en Amerika weggevoer is, saamgeneem.
Die ou boere wat nog die boereoorlog beleef het, was deeglik bewus van hierdie "taal" omdat dit in daardie tyd nog nie so geheim gehou was nie. Die taal was ook nie vir die ou boere snaaks nie.
Hierdie inligting in die boek "Oorwin Plaasaanvalle" is die resultaat van meer as veertien jaar se navorsing oor plaasaanvalle in Suid-Afrika. Die rede vir die navorsing, was om doeltreffende metodes te soek, sodat plaasaanvalle suksesvol deur mans, vroue, kinders en bejaardes afgeweer kon word, sonder dat die potensiële slagoffers nodig het om enige geweld te gebruik.
Die doel van die navorsing was verder om te bepaal of daar enige organisasie agter plaasaanvalle skuil en as daar is, wie betrokke is en hoe dit bestuur of beheer kan word.
Hierdie inligting is nie 'n politieke siening of 'n poging om enige mens tot 'n bepaalde politieke denkrigting te bekeer nie. Die uitsluitlike doel was om, getrou aan ons land se trotse militêre tradisie, die inligting so klinies wetenskaplik en objektief as moontlik te hou.
Ons het reeds bewys dat ons plaasaanvalle en geweldmisdaad in stede kan stop.