PDA

View Full Version : Dwergies en Feetjies



539
01-15-2015, 04:23 PM
Daar is al ges dat beeldjies van dwergies en feetjies demoniese aktiwiteit lok en dat mens nie sulke goed in jou huis of erf moet h as jy 'n Christen is nie. So ook is daar al ges dat goed soos beeldjies van uile en paddas ook vermy moet word. Ek het 'n video van 'n ex-satanis gekyk en daarin s hy ook van beeldjies wat demone bevat.

Ander s weer dat die tipe goed geen mag oor jou het as jy 'n wedergebore Christen is nie want Jesus se bloed beskerm jou.

Ek wil graag hoor van mense met die nodige kennis wat vir my hierop kan kommentaar lewer asseblief.

Charmaine van Heerden
03-10-2015, 09:51 PM
Bid daaroor en Vader sal jou antwoorde gee.

Lukas
03-23-2015, 11:31 PM
Ek kon hierdie dinge nie verstaan nie. Waarom is dt. dat sekere mense deur paddas en vlermuise en hoefysters en beeldjies geraak kan word terwyl dit op ander mense geen invloed het nie? Johan Landman het toe vir my met voorbeelde verduidelik dat dit alles met geestelike groei te doen het.

Ek weet nie hoe oud jy is nie maar toe ek nog klein was, het die ou mense baie stories oor n spiel wat nie mag breek nie. Lakens wat tydens weer oor die spiels gegooi word. Sout wat in sommige gevalle oor die linker skouer gegooi moet word, Iets van sout op n leeu se stert. Swart katte wat voor jou oor die straat of pad hardloop. Wanneer jou jy tydens volmaan buite slaap moet jou kop toegetrek wees anders word jou brein vrot. n Kind wat aan sy ouers slaan se hande sal eendag bo sy graf uitgroei. Moenie n hond of n perd wat in jou kombuis instap met kookwater gooi nie, want jy kan jou kind dalk brand.

Daar was baie sulke bygelowe en baie mense wat aan hierdie goed geglo het, was ook gelowige mense. Johan het vir my n klomp sirkels op n papier getrek. Een groter as die ander een wat later toe soos die rimpels op die water lyk wanneer jy n klip in die dam sou gooi.

Elke ring het n stadium van n groep se Geestelike vordering verteenwoordig. Baie van ons voorvaders kom uit duistere tye kort na die donker Middeleeue waar mense allerhande goed geglo en gesien het soos wat swart mense dit vandag nog beleef. Daardie katte en sout en spiels was vir hulle n werklikheid net soos wat die Bybel vir hulle n werklikheid was. Dit was nie vir elke een ewe maklik om God se Almag te begryp nie en soos wat hulle Geestelik gegroei het, het nie almal hierdie bygelowe ewe vinnig ontgroei nie.

In die charismatiese kerke is hierdie fenomene ondersoek en demone kry name. Hulle praat van territoriale demone en dan is daar ander demone wat mense wat reeds tot bekering gekom het, nog bloots ry. En dan praat hulle van familire geeste wat wanneer jy dood is, op aarde agter bly. Dit is glo n gees wat van jou geboorte af elke dag saam met jou woon en wanneer die mense wat geeste oproep, n gestorwene oproep om te hoor hoe dit gaan, praat hulle glo met hierdie geeste.

Wat ek eintlik vir jou wil s is dat jy aan jou eie waarheid gemeet sal word. Uiteindelik is dit jou begrip van die Almag en Lewe van God wat jou waarheid word. Hoe groter jou besef dat God n Lewende Werklike Almagtige Liefdevolle God is wat Hom oor jou Ontferm, hoe minder invloed sal al hierdie ander geeste op jou lewe h. Uiteindelik sal dit vir jou wees asof dit nie bestaan nie. Jy sal totaal beskut wees in Gd se genade. Terselfdertyd sal die mense wie se geloof in God nie n werklikheid is nie, maklik deur hierdie demone geteister kan word. Die invloed van territoriale geeste sal n invloed op hulle lewens uitoefen. Geslag vloeke sal hulle telkens kelder en hulle van hulle lewens vreugde kelder. Waarom? Omdat hulle dit nog glo.

Een ding het ek nou al baie gesien en dit is dat selfs predikante nie geloof het nie. Ek het in my lewe drie NG predikante. Twee AGS-pastore, twee Volle Evangelie Pastore, twee Gereformeerde predikante en twee APK predikante ontmoet wat geloof het. Daar is seker meer, maar dit is wat ek ontmoet het. Onder die sendelinge was daar heelwat meer gelowiges.

Hoe weet ek dat n mens nie geloof het nie. Wanneer ek aan jou kan bewys dat daar volgende Donderdag om 20:45 vyf gewapende rowers in jou huis gaan instap en wat beplan om jou as die man, voor die voet te skiet nadat hulle jou dogters en jou vrou voor jou verkrag het, kan ek jou geloof baie mooi sien.

Aan die wat werklik in God se almag glo, is hierdie nuus goeie nuus, maar vir die wat nie in God se almag glo nie, is hierdie nuus verdoemende nuus.

Terug by jou vraag. As jy in n huis grootgeword het waar jy sout oor jou skouer moes gooi, of n geldstukkie wat iemand vir jou gegee het as n gelukkige geldstukkie gekoester het, moet jy maar jou huis laat skoonmaak. Wanneer jy iemand is wat wat my nuus sal verwelkom, hoef jy jou nie aan allerhande geeste en demone te steur nie.

Dit is hoe ek dit sien.

Fred
05-25-2015, 06:06 PM
Kan ons nie 'n fabriek oopmaak wat kabouterbeeldjies uitstoot vir 'n vale nie? Totdat elke demoon een het om in te bly. Dan vat ons al die beeldjies na 'n ver weg plek waar hulle niemand pla nie. Dan sal dit mos baie beter gaan in die res van die wreld, so sonder demone?

524
05-25-2015, 07:52 PM
Skitterend Fred! Kan ek aansoek doen vir produksie bestuurder, ek belowe om die slawe te wikkel sodat hulle maksimum kabouters en feetjies kan produseer.

Fred
05-25-2015, 08:51 PM
ek belowe om die slawe te wikkel
Ek het die afgelope paar jaar mooi gekyk na verskeie godsdienstige organisasies se werkswyses, en ek is oortuig die fabriek sal sonder slawe kan loop mits mens die ding reg aanpak. Miskien 'n groot aantal ywerige vrywillige helpers wat graag hulle tyd en lewe wil wy aan die ideaal. Maar die bestuur - ten minste - sal baie baie baie goed besoldig word (jammer, ek hou al die bestuursposte uit vir familie en nabye vriende).

Lukas
06-24-2015, 08:05 PM
Skerp Fred.

539
06-25-2015, 12:37 AM
Dankie Lukas. Jy antwoord basies dieselfde as wat ek die persoon geantwoord het wat my baie ernstig gewaarsku het om van die dwergie in my tuin ontslae te raak. Hy hang nog steeds op sy oulike swaaitjie onder die boom! Vir my is goed soos 'n padda en 'n uil ook net deel van God se skepping en het dit geen invloed op my nie. Ek glo ook dat dit afhang hoe en waarvoor mens die tipe goed gebruik. Mens kan seker enige ding gebruik vir bose bedoelinge of jy kan kies om die mooi daarvan te sien en (soos jy s) te glo jou God is Groot en Almagtig.

Ag ja en al die geeste waarvan daar so gepraat word - hoe meer dinge jy toedig aan hulle doen en late hoe meer krag gee jy dit in jou lewe. Dis soos om 'n plantjie water te gee sodat hy mooi kan groei.

Hahaha Fred! Ek stem saam dit was nou skerp. Jy het my nou so pas 'n ideale antwoord gegee vir iemand wat weer met sulke goed by my kom.

Tussen hakkies gelukkig was my ouers kinders van die Here en het ek nie grootgeword met allerhande bygeloofies nie. Ek kan eintlik met groot dank praat van die voorbeeld wat hulle vir my gestel het en my opvoeding.

Fred
07-27-2015, 08:37 PM
Ek voel ek moet verskoning vra vir my opmerkings boontoe. Dit was natuurlik tong in die kies en moet nie ernstig opgeneem word nie - dit het 'n paar logiese probleme vir die praktiese toepassing of selfs net as 'n argument. (Ek aanvaar dat demone wel 'n realiteit is en nie net mense se ooraktiewe verbeeldings nie.)

Die een groot probleem is dat mens nie noodwendig dit sal regkry om 'n demoon te forseer om met so 'n beeldjie gekoppel te word nie; as mens daardie tipe mag het, kan jy hulle net sowel bind en onaktief stel. Daar is baie mense, hominiede, swyne, politici en ander gediertes in die algemene samelewing wat demone dalk voorkeur aan sal gee om te beset eerder as 'n beeldjie - dalk het hulle ook 'n smaak waar sommiges dit as 'n kitsch mode beskou waarin hulle om die dood nie gesien wil word nie.

'n Ander probleem is dat ek bitter min eerstehandse kennis van demone het. Ek het altyd aangeneem dat hulle eerder lewende wesens beset met die doel om 'n liggaam te h waardeur hulle aan hulle drange kan uiting gee, maar 'n onlangse gesprek met 'n jarelange kennis wat al by 'n paar bevrydings betrokke was, laat my die moontlikheid oophou dat hulle ook aan lewelose objekte gekoppel kan wees. Maar soos ges, dis alles 2e en 3e-handse staaltjies.

Ek dink nie die oplossing is om moontlik duisende of miljoene demone te probeer beveg nie maar eerder om een persoon (jouself) van bo gebore en versel deur die Heilige Gees en beskerm deur die bloed van Christus te kry (lg. is in elk geval nodig vir eg.)

539
07-28-2015, 12:43 AM
Fred. volgens 'n paar mense met wie ek nou al te doene gehad het, beset die demoon nie die beeldjie of wat ookal nie. Dit is net soos 'n "homing device" wat hom na jou toe lok. Jy maak dan glo die deur oop vir hom en dan kan hy maar bietjie kom "speel" en jou lewe baie onaangenaam maak. Ek dink in elk geval die Here wil h ons moet eerder op Hom fokus as om alles oor die "onsienlike" te probeer uitpluis.

Fred
07-28-2015, 09:28 AM
Dankie 539, dit maak sin.

Lukas
07-31-2015, 05:43 AM
Terwyl ons by Medupi was, was een Amerikaner se huis bedreig. Die knaap was tweede in bevel op Medupi, maar hy was ook n oud Amerikaanse verkenningsoldaat en ek het gedink dat dit maklik sal wees om met hom te werk. Hahahaha dit was heeltemal die verkeerde afleiding.

Hy het so bang geword dat ek niks meer as net sy vrees kon hoor nie. Bu die Amerikaanse Ambassade toestemming gekry om masjiengewere in te bring en op n stadium n seal team gekry om in sy huis te kom slaap en dit net alles omdat hy n swart vrou te min geld vir speeltyd wou gee.

Ek het aan hom die geestelike gedeelte van die besigheid begin verduidelik. Ek wou hoor of hy ’n gelowige is en hy bevestig dit toe en haal n kruisie uit wat om sy nek hang wat hy vir my wys. EK vra hom toe wat die kruisie beteken en hy s dat dit hom teen ongeluk beskerm. Sy Jesus was daardie kruisie en hy was n Christen omdat hy wit en westers was. ’n Verhouding met Jesus het hy nie gehad nie.

Ek sien al hierdie boodskappe van huis skoonmaak, territoriale demone wat in huise agterbly wanneer mense wegtrek. Dit is ook waarom swart mense nie in die boer se huis intrek wanneer hulle die plaas dier grondeise gewen het nie. Die boer se geeste wat daar agterbly is glo lastig.

In die 1980’s het die satanisme miljoene aan juweliersware spandeer waar hulle vloeke op trouringe geplaas het om ons egskeiding syfer op te jaag. Die satanisme het toe ook uit hulle pag gegaan om die informasie as vertroulike inligting bekend te maak.

Bogenoemde is my verwysingsraamwerk van hierdie goed en ek glo dit kan seker so wees. Maar dit staan nie in die Bybel nie. Waarom nie?

Ek glo dat ons stryd teen die magte van die duisternis is en dat ons ongeag wat, deur die duisternis getreiter sal word wanneer ons in die lig loop. Dit is ons persoonlike verhouding met Jesus en met ons Vader deur Jesus wat ons teen hierdie dinge vrywaar.

Ek het geen vrees vir beeldjies of vir enige ander vloek wat teen my uitgespreek word nie, want ek het, het die versekering wat in die Bybel is en dit is dat vloeke nie op my vatplek sal kry. Aan my as Sy kind, het ek ook die mag om in Sy naam alle vloeke en sameswerings wat teen my gesmee is, te ontbind en die mense wat dit uitspreek, aan God se wil vas te bind.

Beeldjies en alle ander dinge wat mense bangmaak en wat so met n passie beveg word, sal seker in invloed op mense h wat in die kruisies om hulle nekke en die olies op hulle erwe glo.

Jesus het ons vrygemaak en die enigste toets wat ons moet deurkom, is om te besluit hoe lewendig die Lewende God is en hoe waar Sy Woord vir ons is.

539
07-31-2015, 11:39 AM
Ek stem volkome saam met wat jy s Lukas. Ek het dit hier geplaas want dis net vir my interessant om te hoor hoe mense (Christene) redeneer oor die tipe goed. Soos ek ges het my dwergie sit nog lekker op sy swaai daar aan die boom in my tuin. Hy het geen mag oor my nie. Ek kon nog nooit sin maak uit hierdie terretoriale geeste ens. nie. Ek hoor ouens maak 'n groep op en loop dan deur 'n voorstad en bind glo die geeste wat daar al die slegte dinge soos dwelms en prostitusie ens veroorsaak. Ek het nog altyd gewonder as hulle so baie geeste bind en sommer uitwerp in die buitenste duisternis, waar kom al die ander vandaan wat dan nog voortgaan met hulle kattekwaad. Ek glo ook dat goed soos demone bestaan maar nie in al hierdie rituele van mense nie. Ek kon nog nooit verstaan hoe 'n persoon iets soos 'n kruis sien as sy/haar beskerming nie. Miskien is ek te dom om bang te wees vir beeldjies en goed.

Ons was een aand by 'n selgroep. Dit was somer en die dames het natuurlik meestal sandale aangehad. Toe ons uitgaan het die een dame haar groottoon teen 'n baksteen in die plaveisel geskop en die hele voorpunt van die toon was flenters en het erg gebloei. 'n Ander dame het dadelik nader gestorm en haar hand op die dame se skouer geplaas en die duiwel verdryf! Ai tog, dat so iet nou aan die duiwel toegedig word. Dis soos om aan hom mag toe te dig waaroor hy nie beskik nie! Net so word baie goed aan die duiwel toegedig en daardeur voel ek vereer mense soms die duiwel meer as vir God. Daardie selgroep het my natuurlik nie weer gesien nie.

Ek glo ook nie die Here sal 'n persoon straf oor 'n beeldjie van 'n dwergie of 'n padda of iets soortgelyks nie - soos wat sommige mense ook wel glo. Hier is vir my die kruks van die saak:

Jer 17:10 Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy we, volgens die vrug van sy handelinge.

Met ander woord kyk die Here na die persoon se hart en hierdie handelinge het te doen met jou omgang met ander mense en God.