PDA

View Full Version : Jy kan nie welvaart herverdeel voordat jy welvaart skep nie



524
01-18-2015, 11:20 AM
Dr. Yuri Maltsev maak graag grappies oor sy lewe in Rusland.
Maltsev was lid van oudpres. Michail Gorbatsjof se span ekonomiese raadgewers voordat hy in 1989 na Amerika oorgeloop het.
Hy vertel skertsend hoe sy sekretaresse die skuifspelde uit hul kantoor gesteel het “omdat daar niks anders was om te vat nie”. ’n Salaris in die Sowjet-Unie het ook nie veel beteken nie – geld is niks werd as daar niks is om te koop nie.
“In 1977 is ’n ‘minister van groente’ aangestel wat iets daaraan moes doen dat daar nie groente in die land was nie. Gorbatsjof het uiteindelik maar die pos in 1987 afgeskaf, want ons het toe steeds nie enige groente gehad nie.”
Maltsev lag vandag oor die absurditeite van die Sowjet-stelsel, maar hy onthou ook die verskriklike swaarkry en geweld wat dit tot gevolg gehad het.
“Volgens verskillende ramings is tussen 43 miljoen en 61 miljoen mense deur die Sowjet-regering vermoor. Marx self het gesę dat die dood van ’n enkele mens ’n tragedie is. Die dood van duisende is net statistieke.”
Maltsev het die donker en vernietigende kant van sosialisme aan sy eie lyf ervaar en kan daarom nie verstaan waarom soveel mense steeds dié ideologie en die leringe van Marx goedpraat of voorstaan nie.
Dit is veral omdat hy meen geen verwaterde vorme van sosialisme is moontlik nie.
Volgens Maltsev moet ’n sosialistiese stelsel noodwendig op onderdrukking en geweld uitloop omdat dit uiteindelik die enigste manier is waarop ’n regering dit aan die gang kan hou. “Vrees is nodig, want daar is geen ander aansporings in ’n sosialistiese stelsel nie. Dit maak nie saak hoe hard jy werk of watter werk jy doen nie, jy word dieselfde betaal. Jy werk nie omdat jy iets wil hę nie. Jy werk omdat hulle ’n geweer teen jou kop hou.”
Maltsev beywer hom daarom vandag daarvoor om sy studente aan die Carthage-kollege in Kenosha, Wisconsin te leer hoe belangrik ekonomiese vryheid is. Hy het ook dié onderwerp bespreek in ’n praatjie by die Vryemark-stigting in Johannesburg die afgelope week.
“Die lande waar die grootste ekonomiese vryheid was, het vandag ook die rykste en die mees gelyke samelewings. Jy kan nie welvaart herverdeel voordat jy welvaart skep nie. Oral waar welvaart net herverdeel is, is dit in die proses vernietig. Kyk na Zimbabwe.”
Maltsev sę eiendomsreg is die grondslag van ekonomiese vryheid en ook die oorsprong van alle ander regte. Pres. Jacob Zuma se onlangse uitsprake oor grondhervorming is daarom vir hom kommerwekkend.
“Suid-Afrika is nog nie ’n mislukte staat nie, maar die tendens lyk baie negatief. Jul ekonomie het bykans tot stilstand gekom, baie mense het nie toegang tot die ekonomie nie en 16 miljoen mense leef van staatstoelae terwyl net 6 miljoen belasting betaal.”
Hy meen ook dat regstellende aksie en Suid-Afrika se streng arbeidswetgewing werkskepping en vryheid knou.
“As ’n mikro-ekonoom kyk ek na mense as individue en nie as groepe nie. Daarom maak dit nie vir my sin dat ’n jong Afrikaner benadeel moet word vir dinge wat tydens apartheid gebeur het waarmee hy of sy niks te doen gehad het nie.”
Maltsev sę die Sowjet-Unie se aktiewe betrokkenheid by Suid-Afrika in die apartheidsjare het ’n vormende rol in die sieninge van baie van die land se huidige leiers gespeel.
“Dit lyk vir my of Suid-Afrika se leiers steeds glo in sosialistiese ideale, terwyl ons reeds gesien het dat dié stelsel nie kan werk nie. Dit is jammer vir Suid-Afrika dat kommunisme nie vyf of ses jaar vroeër tot ’n val gekom het nie, want ek dink julle sou dan vandag in baie groter vryheid geleef het.”
Hy sę Rusland en Suid-Afrika se kans op ware ekonomiese vryheid word in die wiele gery deur korrupsie en regerings wat te veel in die ekonomie inmeng. Selfs Amerika het ’n oorbetrokke regering.










5 KOMMENTARE

]Christiaan Potgieter
Hierdie is die blindekol van almal wat graag lofredes oor FW en Mandela skryf. Die sg. demokratiese oorgang het die deur oopgemaak vir die gevaarlikste ongedierte in die geskiedenis van die mensdom. Kommunisme. Reeds voor die einde van WO II het die Weste (Amerika) besef dat dit 'n groter euwel as Hitler was. In hulle horders het Suid-Afrikaners egter hierdie spulletjie toegelaat om beheer oor te neem. Wonder wanneer gaan hulle weer begin skuld bely en voete was.




Tess Schalk
Die oud-Rus maan oor sosialisme, maar dit lyk nie of die ANC hulle steur aan sulke raad nie.
Die “tussen 43 miljoen en 61 miljoen” mense wat deur die Sowjet-regering vermoor is, is ook nooit as 'n misdaad teen die mensdom verklaar, soos Apartheid en die Jode-slagting, nie. Hoe skrei dit nie ten hemele nie. Omdat daar nie kleur of ras ter sprake was nie, kyk die węreld bloot anderpad.




wilhelm rigaard
In SA was daar nog nooit ‘n Kommuniste party of kommie se gesig op ’n stembrief nie,maar die goed sit dik in die kabinet en regeringsstoele.Nog altyd gesę dis waar die land se agteruitgang begin het.Besmet als met hul agterlike denke en voorskrifte.




henk celliers
Kan hy dalk die Parlement toe spreek?Maar niemand is so doof soos hy wat nie wil hoor nie.




Willem Badenhorst56m (http://www.netwerk24.com/sake/2015-01-18-sowjet-denke-steek-vas-in-sa#!/artikel/path:2015-01-18-sowjet-denke-ste/ek-beskou-myself-as-n-sosia)
Ek beskou myself as n sosialis. Ten doele van n meer volhoubare ekonomiese, sosiale en natuurlike omgewing. ek hou egter glad nie daarvan dat mense so volhard om steeds die ou bewoording van sosialis te gebruik om die absoluut mislukte sosiale USSR eksperiment. Kom bietjie by mense en joernaliste. Kry jul definisies bietjie op datum. Oosblok kommunisme was niks anders as staats kapitalisme nie. Dit is so onneffektief en swak sisteem dat dit glad nie daai groente vir die russe kon verseker het nie.



Bron - http://www.netwerk24.com/sake/2015-01-18-sowjet-denke-steek-vas-in-sa