PDA

View Full Version : Misdaadvoorkomingswenke



Aletta
01-23-2015, 10:45 AM
http://www.vistanews.co.za/221009/news-details/wenke-om-n

Ek het gister die artikel gepubliseer maar ek wil graag dat julle dat bietjie rondstuur. Soos julle sal sien noem ek nie Akska se naam in die berig nie. Ek wil mense kry om eers by Waaksaam aan te sluit en dan kans mens van daar weer mense na AKSKA-blad vat. Ek weet nie of ek reg is daaroor nie maar my gevoel is net dat mens dan darem so effense siftingsproses het.

Kasper
01-23-2015, 08:41 PM
Aletta,
Ek kan nie namens Lukas en kie praat nie, maar in my beskeie mening is dit 'n baie goeie idee. Ek het ook al gedink hoe kan mens ander mense bewus maak van AKSKA. Ek stem saam , daar sal 'n tipe siftings proses moet wees om ongewenstes uit te hou. Soos ek al waargeneem het by die meeste mense is daar 3 groepe nl. 1: die wat lewe in complete "denial"- 2: die wat" see no evil, hear no evil , speak no evil" tipe van mense is. Solank niks met hom en sy familie gebeur nie is alles mos klop disselboom in die land. Wat maak dit nou saak as nog 'n boer vermoor word- solank dit nie sy sak / familie/ vriende raak nie. 3: Dit is mense soos ons wat bewus geraak het dat alles nie pluis is in die land nie of oplossings soek vir al die geweld/ moord ens. In ons soektog beland ons uiteindelik hier op AKSKA se webblad. Dan eers begin die lig aangaan!!!!
Groetnis

Unregistered
01-23-2015, 10:38 PM
Hi Kasper

Jy is reg van hoe mense op die webblad afkom - ek het self antwoorde gesoek (veral uit moedeloosheid) en toe op die webwerf afgekom. Ek sal daarvan hou om te dink dat ek in jou derde kategorie val. Ek is in my laat twintigs en weet beslis dinge is nie reg in die land nie, nog des te meer dat daar baie meer veskuilde goed is wat aan die gang is (die mense in "beheer" en hul ondersteuners is gans en al te onnosel om met al hulle goed self uit te kom). Groot ding is ek bly voel dat daar iets groots aan die kom is, dalk verbeel ek net myself of hoop dat dinge na 'n punt sal gaan en daar uitkoms vir ons mense kom. As mens ook na die kaders en hul gespuis en ondersteunera luister wil dit baie keer voel hulle voel dieselfde en nie eens om te praat van die direkte dreigemente van die gewones op straat nie. Kan dalk net geblaf wees maar mens weet nie.

Jammer vir die lang brief, dankie vir die lees.

Groete

Kasper
01-24-2015, 11:30 AM
#3,
Ek dink die meeste mense wat al afgekom het op AKSKA is mense wat in kategorie 3 val. Dit is julle jonger mense wat vir my 'n groot bekommernis is. Ons wat ouer is het al ons beste jare agter die rug (nee ons is nie oor die muur nie), maar julle is die geslag wat die blankes vorentoe moet neem. Trou, huis opsit en dan kinders grootmaak. Die probleem is dat geleenthede vir blankes al minder word in die formele sektor a.g.v. BEE/AA. Dan nog die groot "haat veldtog" teen blankes van alle kante af. Geen wonder so baie jonges verkies om uit te wyk na die buiteland toe nie, want daar is geen toekoms meer vir blankes in die land nie, of ons dit wil erken of nie- dit is 'n feit wat uitstaan soos 'n paal bo water. Ek sien daagliks hoe blanke jong mense weg gewys word vir poste, al het hulle die hoogste kwalifikasies, sodat die betrokke firma net sy bee kwota gestand kan doen. Meeste gevalle is daai BEE kandidaat nie eers bevoeg om 'n besem operateur te wees nie, maar word in bestuurs poste aangestel. Gewoonlik met fatale resultate vir die betrokke firma/ besigheid. Die groot probleem is ook dat almal nie entrepeneurs eienskappe besit nie, dus kan almal nie 'n sukses maak van sy eie besgheid nie. Ons moet ook in gedagte hou dat die jong generasie in die skole al ge breinspoel word, om die "wit skuld las" te dra, en die dogma van alle mense is eenders.
Wel as mens so kyk na al die tendense, dink ek iets gaan gebeur- dis net 'n kwessie van tyd. Maar ons moet ook in gedagte hou , soos Lukas al baie kere verduidelik het. Die verskillende tyd bomme wat moet plaasvind , asook die Geldmag/ NWO se houvas op die wereld. Dit is hoekom dit vir my belangrik is dat jong mense bewus raak van instansies soos AKSKA. Hier by Lukas hulle kry jy die feite/ inligting en niks ge BS nie.
Groetnis

Lukas
01-26-2015, 10:43 AM
ALet. Ek ondersteun jou benadering. Baie dankie

Unregistered
06-10-2015, 02:13 PM
Effektiewe polisie:

https://www.youtube.com/watch?v=XjxO9idvhRU

Janna
06-10-2015, 09:48 PM
https://www.youtube.com/watch?v=XjxO9idvhRU