PDA

View Full Version : Die "Polieste" is eintlik die skurke..



524
01-25-2015, 07:54 AM
“ DIE VERGRYPE IS NIE MEER “GEÏSOLEERDE VOORVALLE” NIE, MAAR EERDER ’N “PATROON VAN MISDADIGE GEDRAG”. ”

Jy het rede om die polisie te vrees.
Dit is een van die bevindings in ’n verslag van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) getiteld “Broken Blue Line 2”, wat Woensdag bekend gestel word.
Rapport het ’n afskrif van dié verslag bekom.
Skokgebeure van die afgelope week onderskryf dié bevinding:
■ Eerder as om die aanvalle te keer, het polisielede wag gestaan by buitelanders se winkels sodat die plunderaars vier op ’n slag kon ingaan om te steel. Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het selfs in ’n stadium by polisielede gepleit om nie saam te plunder nie.
■ Sowat 120 winkels is in Soweto en Kagiso aangeval. Winkeleienaars het aan City Press gesê polisielede het vir hulle gesê om “terug te gaan na waar hulle vandaan kom”, omkoopgeld in ruil vir beskerming geëis en lugtydkaarte, hoofpynpoeier en koeldranke van rakke af gesteel.
■ ’n Polisie-kolonel het Maandag in die hof in Vereeniging verskyn op wapenklagte. ’n Wes-Kaapse taakspan ondersoek sy betrokkenheid by die beweerde verskaffing van wapens aan bendes op die Kaapse Vlakte.
■ Donderdag het ooggetuies ’n *video gemaak van “polisielede” wat ’n egpaar in die ooste van Pretoria gekaap het. Die boewe was in polisie-uniforms met polisietoerusting. Die polisie het erken van sy lede was dalk by die roofbende betrokke.
Die SAIRV se verslag is gegrond op 100 gevalle van ernstige misdaad soos moord, verkragting en roof waarby polisielede tussen April 2011 en Januarie vanjaar betrek is. Dit sluit nie gevalle van korrupsie en omkopery in nie.
Die 100 gevalle is maar net die oortjies van die seekoei, lui die verslag wat Vrydag aan genl. Riah *Phiyega, die nasionale *polisiehoof, oorhandig is.

Die vergrype is nie meer “geïsoleerde voorvalle” nie, maar eerder ’n “patroon van misdadige gedrag”.
“Daar word verwag dat die polisie misdaadbendes sal infiltreer. In Suid-Afrika het misdaadbendes die polisie geïnfiltreer. Dit is miskien die vreesaanjaendste en belangrikste bevinding,” lui die verslag.
Vertroue in die polisie is so laag dat jy nie meer seker kan wees die persoon by wie jy ’n misdaad aanmeld, is nie self ’n misdadiger nie. “Vroue wat alleen of in die aand ry het in die besonder rede vir vrees as hulle blou ligte in die truspieël sien.”
Dit is nie toevallig dat hierdie probleem begin handuit ruk het nadat Jackie Selebi, die eerste polisiehoof wat nie ’n beroepspolisiebeampte was nie, in 2000 oorgeneem het nie, sê dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS).
Die korrupte Selebi was tot sy dood Vrydag op mediese parool. *Onder Selebi het die getal polisielede in uniform van 100 000 tot 155 000 toegeneem, maar die klem was op getalle eerder as gehalte en vrot appels het die stelsel binnegestroom.
Van bepalings in 2012 se Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) dat offisiere van die polisie geoudit moet word om te sien of hul vaardighede en kwalifikasies op peil is, het dadels *gekom.
“Ons simpatie moet lê by die eerbare mense in die polisie. Dit raak al hoe moeiliker vir hulle om hul kop omhoog te hou.”
’n Polisiebeampte wat anoniem wil bly, het aan Johan Eybers gesê hy is nie verbaas as hy hoor kollegas wend hulle tot misdaad nie.
Daar heers ’n kultuur van nepotisme, onbevoegdheid, wanbestuur, swak dienslewering, ’n beheptheid met transformasie en ras, asook onverantwoordbaarheid binne die polisie, sê hy. “Ons verdien buitengewoon swak salarisse, daar is geen ondersteuning in die werkplek nie en amper geen geleentheid vir bevor*dering nie.”
Dus bedank goeie, hardwerkende polisielede op ’n streep terwyl ander vir eie gewin in die polisie aanbly, sê hy. Weens al die skandes en die polisie se swak dienslewering het die publiek geen respek vir die *polisie nie.
“Hulle bejeën ons met minagting en hulle weet dat dit maklik is om polisielede om te koop.”
Dianne Kohler Barnard, die DA se skaduminister van polisie, wys ook die vinger na Selebi, wat gespesialiseerde polisie-eenhede ontbind het. “Dit was eintlik om die narkotikaburo te ontbind as guns aan (die dwelmhandelaar) Glenn Agliotti. Hy het die *polisie uitverkoop,” sê sy.
Die DA beweer van die 15 000 diensvuurwapens wat die afgelope paar jaar “weggeraak” het, is deur polisielede aan sindikate verkoop.
Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid van AfriForum, wat die SAIRV se studie gefinansier het, sê hulle het deur ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) inligting oor die polisie se vuurwapens bekom. AfriForum beplan om dit in Februarie bekend te maak.

■ Lt.gen. Solomon Makgale, Phiyega se woordvoerder, het nie op versoeke om kommentaar gereageer nie.

BRON van die storie (http://www.netwerk24.com/nuus/2015-01-25-skurke-het-polisie-gekaap)

524
01-30-2015, 04:49 PM
The acting head of the Hawks, Benny Ntlemeza, has ordered the investigating officer in a perjury case involving three of South Africa’s most senior prosecutors to personally deliver the case docket to his office.
City Press’ sister newspaper Beeld today reported that this order was given hours after investigating officer Theunis de Klerk on Tuesday took warning statements in the perjury case involving advocates Nomgcobo Jiba, Lawrence Mrwebi and Sibongile Mzinyathi.
A warning statement is one of the final stages of a criminal investigation and allows an accused to give their version of the story to the investigating officer, if they choose to do so.
The perjury case relates to statements the three senior prosecutors made under oath, as well as their alleged conduct, in the decision to drop corruption charges against suspended crime intelligence head Richard Mdluli.
It has sparked renewed concerns about meddling in the top ranks of the Hawks since Anwa Dramat, the head of the Hawks, was suspended by Police Minister Nathi Nhleko last month.
Four independent Hawks and National Prosecuting Authority (NPA) sources who are familiar with the investigation have confirmed to City Press that the investigating officer was given an instruction to hand the perjury docket to Ntlemeza.
Brigadier Hangwani Mulaudzi, spokesperson for the Hawks, has denied that Ntlemeza gave such an instruction.
Jiba is a deputy director of national prosecutions and the former acting head of the NPA, Mrwebi is the head of the specialised commercial crimes unit and Mzinyathi is the prosecutions boss for North Gauteng
Ntlemeza is well known for the support he gave to Mdluli in 2010, when he authored a report that exonerated the crime intelligence boss.
Mdluli would later use this report to argue that there was a conspiracy against him.
A senior justice source close to the investigation said that “if [the docket] goes to him [Ntlemeza] he could shelve it and that’s the end of it.
“The only inference that can be drawn is that [Ntlemeza] does not want the investigating officer to continue with the matter. I almost fell off my chair when I was told about this.”
City Press also understands that the case could lead to a potential stand-off between the NPA and the Hawks.
An NPA source told City Press that the docket had already been handed over to prosecutors when De Klerk was ordered to take the docket to Ntlemeza.
According to the source, the prosecutors assigned to the case have now asked for guidance from their superiors. It was unclear whether the docket had actually been handed over to Ntlemeza.
Another senior NPA source confirmed the story but said that it was not necessarily a “bad thing” that Ntlemeza had asked for the docket.
“If I was in his position I probably would have done the same thing … we’ll have to wait and see.
“It could be a very bad thing, though.”
Lawson Naidoo, executive secretary of the Council for the Advancement of the South African Constitution, said there may be a “suspicion of undue influence in [Ntlemeza’s call for the docket]”.
“If the instruction has indeed come from (Ntlemeza), an acting head of prosecutions, it would appear to be heavy handed approach.
“The spectrum of [Ntlemeza’s] actions since he was appointed acting head suggests that he is meddling in particular investigations within the Hawks.”
Naidoo was referring to previous media reports that revealed Ntlemeza has requested dockets in some of the Hawks’ most high-profile investigations and that he is busy with restructuring the unit.
Ntlemeza’s appointment will be challenged in the Constitutional Court next week, when the Helen Suzman Foundation will ask for an urgent order to enforce a previous high court judgment in which Dramat’s suspension was overturned.
De Klerk, the investigating officer, could not be reached for comment.

http://www.citypress.co.za/news/give-mdluli-docket-hawks-boss-tells-cop/

Unregistered
01-31-2015, 07:49 AM
Die tentakels van die skurke loop diep en is komend van die hoogste gesag. Ons moet onthou dat te midde van dit alles is daar wel die wat hulle nie aan hierdie misdrywe koppel nie en n verskil probeer maak. My enigste vraag is hoe lank gaan hierdie goeie stryders nog n verskil wil maak, wanneer jy n opdraande stryd moet stry en moet dikwels stroom op swem om te keer dat jou goeie werk nie ongedaan gemaak word nie. Power salarisse, hoe werk ladings, tekort aan hulp middele, kadder bevorderings/"regstellende aksies, onbevoegde seniors, korupsie, vermorsing misbruik van fondse/bronne, leierloosheid, politieke korrektheid/voorkere, misbruik en wanbestuur, n klimaat van persoonlike vergrype in sleutel en bestuurs poste, en so kan ons aangaan... Hierdie klimaat in staat se sleutel instansie word doelbewus geskep, om anargie aan te help en te bevorder. Die wat nog binne die sektore werk en n verskil wil maak salueer ek, my vraag is hoe lank gaan dit alles nog staande bly? Die krake in die vondasies is oral sigbaar! Dan voor ek te negatief raak, besef ek net weer dis goed teen kwaad, en ons weet wie het klaar gewen en hoe dit sal eindig. Hou moed, hou vas, wees lig, wees sout! Staan vas