PDA

View Full Version : 14 Februarie



Unregistered
01-27-2015, 09:59 AM
Die volgende boodskap gons op die Sl netwerk, en almal is op hol: Willem A Fourie wrote:

Hierdie is nie n bangmaak storie nie , maar waar daar rokie is , is daar n vuurtjie! Het vriende wat woon en werk in die buiteland, (Indie) blykbaar gons dit daar soos die storie loop dat die 14de Feb n bloedige dag in SA gaan wees, blykbaar beplan die swartes n dag van grootskaalse slagting onder witmense in die land, sy se daar het hope mense hul besoek aan die land gekanselleer omdat hul glo dit gaan gebeur!

Kasper
01-27-2015, 11:01 AM
Is hierdie nie weer 'n bang maak storie nie?. Kan iemand dalk meer lig skyn op die onderwerp, of sal ons wag vir Lukas, gewoonlik weet hy van die dinge af. Ek dink nou net aan die storie dat swartes 3 maande se kos moet opgaar, en dan die skielikke haat veldtog vannaf alle kante teen die wittes. Ek meen tot J v. R. het deurgeloop. Hoekom 14 Feb? is dit dalk 'n spesiale dag vir die swartes of wat?
Groetnis

Unregistered
01-27-2015, 11:03 AM
Daar is al telkemale in die verlede sulke stories versprei en dit het tot niks uitgeloop nie. Beste wat mens kan doen is om, net soos altyd, paraat en gereed te wees vir enigiets wat kan gebeur. Dis interessant dat die storie nou in die buiteland ontwikkel het, veral in 'n plek soos Indië. Hoekom het iemand hier dan nie al iets gehoor of gesê nie? (Gaan die mense hier wat dit beplan vir hul tjommies regoor die wêreld gaan staan en vertel? Die mense wat dit wil deurvoer kan nie eens hul eie gatte sonder 'n kaart kry nie, wat nou nog weet waar Indië is).

My grootste probleem egter met stories soos die is dat dit voel soos 'n geval van wolf-wolf. Mens hoor al soveelkeer dat so iets gaan gebeur en dan op die einde loop dit op niks uit nie. Almal raak gewoond daaraan en jak dit as niks af tot die dag toe wat daar werklik iets gaan gebeur, dan word almal met hul broeke op hul knieë gevang.

Soos ek voorheen gesê het, wees op jou hoede soos altyd en kyk dan wat gebeur. As daar waarheid daarin lê sal iemand ons hopelik meer inligting kan gee.

Lukas, jou mening asb?

Groete

W

caholt
01-27-2015, 11:09 AM
Die storie lyk vir my soos een van daai bang maak stories.
Dit is nie vir my logies dat die gewone persoon op straat in Indie meer weet wat in ons land aangaan as die mense hier nie.

caholt.

Kasper
01-27-2015, 11:37 AM
Miskien is die ouens in Indie bietjie deurmekaar, ek dink hulle is so 3 weke te laat, want die swartes het mos klaar begin roei onder hulle maters in die townships. Zoompie het dan laas week gepleit vir beleggings in SA by die berraad in Davos. die regering sal nie nou iets toelaat om te gebeur nie, kyk maar met die Xenofobies'e aanvalle wat huidiglik aangaan. Die regering ontken dit en se dis net gewone misdaad. Hulle is skyt bang hulle gaan nog beleggings verloor, so ek dink hierdie is ook maar net weer "fear porn" soos iemand hier op die forum dit al van tevore gedoop het..
Groetnis

524
01-27-2015, 12:08 PM
Iemand lees te veel Al Capone stories - Valentine's-day massacre en so meer.

Lukas
01-27-2015, 04:10 PM
Fear porn sal altyd ten minste een van die volgende bewoordings bevat.

Dit is n baie betroubare bron
Uit n baie betroubare oord gehoor
Dit is nie n lieg storie nie
Jy kan die inligting maar vertrou.
Jy kan my maar vertrou
Dit is regtig die waarheid

Wanneer die boodskap van een van hierdie sinne duidelik word, kan jy maar n sak sout op die storie gooi.

Wat die Xenofobiese aanvalle betref, het dit reeds twee eienskappe wat die groot xenofobie moet regverdig.

Ons is honger. Wanneer mense hulle dade met hierdie woorde regverdig, kan jy maar glo dat hulle redelik naby aan gatvol is.

Die swart mense wat veronderstel is om in die woongebiede in te loop, doen presies dieselfde as wat swart mense met die vorige xenofobiese aanvalle gedoen het. Hulle praat skielik Afrikaans met die verdagtes en mense wat nie-Afrikaans kan praat nie, kry pak slae.

Tydens die eerste Xenofobie het daar glo wit mense by Crown mines seergekry maar ek kon nooit bevestig of hulle Suid-Afrikaners was nie. In die meeste insidente was ons midde-in die bedrywighede en waas ons nooit bedreig nie. Ek glo dat dit ten minste in die begin van die groot xenofobie ook sal wees.


My gevolgtrekking.

Ontspan. Sit rustig terug en kyk hoe die legkaart inmekaar val. EK is seker dat AKSKA wanneer die bedreiging na ons kant toe kom, jou genoeg vroeë waarskuwing sal gee om lekker en suksesvol te koes.

Unregistered
01-27-2015, 06:41 PM
Lukas is korrek. Die regte mense sal kan koes wanneer die volstruis 'n bietjie laag vlieg......

Unregistered
01-27-2015, 07:34 PM
Ek hou daarvan om al die skrikmaakstories ook te hoor, en dan kan ek uitsif wat is van belang, en wat is twak. Ek het al agtergekom dat in elke skrikmaakstorie meeste van die tyd 'n stukkie waarheid steek. Baie keer is die skrikmaakstories net 'n voorloper om mense gewoond te maak aan 'n idee.

Lukas
01-28-2015, 02:13 AM
@ #9. Ek sal baie graag een voorbeeld van so n skrikmaak storie wil hoor waar daar n bietjie waarheid in was.

524
01-28-2015, 06:06 AM
@ #9. Ek sal baie graag een voorbeeld van so n skrikmaak storie wil hoor waar daar n bietjie waarheid in was.

Hier is hy! Dit is vandag bevestig, sonder enige twyfel, vanuit 'n baie betroubare bron dat die hele land se krag vir 'n totale 24 uur gaan af wees vir onderhoud aan krag sentrales op die 30ste Februarie.

525
01-28-2015, 09:27 AM
Mooi man ek het dit ook van n anonieme baie betroubare bron by eskom se hoofbestuur verneem. Die datum isdefnitief korrek.

Aletta
01-28-2015, 12:04 PM
;);):rolleyes:

Unregistered
01-28-2015, 03:08 PM
Ek het een ding geleer van die tipe boodskappe. Ek vra vrae soos: wie sit agter die storie. Hoekom word die storie versprei. Waar kom die storie vandaan. Wat probeer hulle met die storie bereik. Baie keer is die skrikmaakstories die voorloper van wat we'll een of ander tyd gaan kop uitsteek, dat dit baie keer gebruik word om ons "mak" te maak. Ek neem as voorbeeld die skrikmaakstories van twee-drie jaar gelede, waar daar moontlikheid genoem is van grond wat van die boere afgeneem gaan word. Almal het erg geraas gemaak. Toe kom EFF met die storie, en die mense murmereer. Teen die tyd wat die staatspresident onlangs ook in daardie lyn praat, is almal doodstil.

SA419
01-28-2015, 09:35 PM
524 (11) & 525 (12), jammer ouens, Februarie 2015 het slegs 28 dae, nie 30 nie. Behalwe as julle inligtingsbron 'n ander kalender gebruik.

524
01-28-2015, 09:43 PM
@S419 - Juis!

Lukas
01-29-2015, 07:08 AM
http://www.sherv.net/cm/emo/laughing/happily-laughing-smiley-emoticon.gif (http://www.sherv.net/) Dis baie snaaks. Maar ons wag nog vir # 9 om vir ons die waarheid in die stories uit te wys

Aletta
01-29-2015, 10:05 AM
Lukas ek dink die "stukkie waarheid"is dat daar hier en daar die laaste tyd radikale is wat parmantig wil raak. Ek het nou in die laaste week of wat van n paar voorvalle gehoor. Nie te erg nie maar daar was gewis n mate van rassisme (swart op wit) in die voorvalle en dinge is kwytgeraak wat my die idee gee daar is pogings om die pot te roer. Die moeilikheid met die dinge is dat as jy dit glo, jy dit waar maak en dit is ook die gevaar van die wolhaarstories. Wat mens verwag is dikwels wat jy kry. as jy reeds die joggie van dinge verdink kan hy dit dalk net aanvoel en waar jy en hy n maand gelede ordentlik met mekaar was dink jy nou hy wil jou mense vermor en so is jou houding ook anders en kort voor lank word dit n selfvervullende professie.

Unregistered
01-29-2015, 02:02 PM
Mooi verduidelik, dankie Aletta. Dit sal vir ons wees volgens ons geloof. Die oomblik wanneer ons die storie glo, het ons die aas gesluk. Nou moet ons sommer mooi let op al die ander doemprofete wat ons nasie so aanhang.

Chris

Unregistered
01-29-2015, 10:57 PM
Mooi verduidelik, dankie Aletta. Dit sal vir ons wees volgens ons geloof. Die oomblik wanneer ons die storie glo, het ons die aas gesluk. Nou moet ons sommer mooi let op al die ander doemprofete wat ons nasie so aanhang.

Chris

Stadig, dis hier waar die volstruis klaar die windpomp getref het, teen n moerse spoed. Die meerderheid glo wat aan hulle opgedis word, in die form van propaganda(leuns van die duiwel). Hoe gaan hulle agter die waarheid kom of weet wat om te glo en wat snert is? Staan vas

524
01-30-2015, 08:43 AM
En die soort str0nt help natuurlik om die fearporn verder "geloofwaardig" te laat lyk.

https://pbs.twimg.com/media/B8kgFigCEAAcbAT.jpg

Aletta
01-30-2015, 10:14 AM
as jy die loop so bietjie laat sak sal dit dalk help

524
01-30-2015, 10:35 AM
Jip dit sal sy haat beslis "verlig".

Vicious circle!

http://www.whale.to/c/10428689_10152388261541825_4723700798468362958_n.j pg

Unregistered
01-30-2015, 12:18 PM
Ha ha waar is daai video clip van die aap wat n AK rondswaai tussen die rebelle erens in afrika. Staan vas

524
01-30-2015, 02:54 PM
Ha ha waar is daai video clip van die aap wat n AK rondswaai tussen die rebelle erens in afrika. Staan vas

Die een is beter..


http://youtu.be/LNW30bLTP0Y

Unregistered
01-30-2015, 06:47 PM
Dis hoeka daai een! Hy skiet nogal mooi sarsies ook.

539
02-02-2015, 12:39 AM
Hahaha Uitstekend! Net jammer hy het nie bietjie beter geskiet nie. Sjoe maar hulle laat spaander. Val omtrent oor hulle eie voete. So is wat julle hier sê dat die xenofobie eerste by die uitlandse swartes gaan begin en ons dan later aan die beurt kom? Is dit dan maar wel 'n goeie idee om ter wille van voorsorg bietjie ekstra nie-bederfbare kos aan te koop? Ek wil ook weet hoe gaan mens die mense wat alles vir soetkoek opvreet anders oortuig?

Lukas
02-03-2015, 11:37 AM
539. Die voorsorg is nie om iewers in n bos te sit en van blikkieskos te leef nie. Voorsorg vir ingeval die winkels se aflewerings agv van onluste nie gedoen kan word nie. Daar is n hele paar goed wat winkelrakke kan leegmaak.

Onluste wat aflewerings roetes afsny.
Brandstof tekorte wat aflewerings beperk.
Kragonderbrekings wat vir twee tot drie dae kan duur, sal ook n invloed op aflewerings hê
Honger mense wat winkels plunder omdat hulle nie kos het nie.

Enige een van die bogenoemde kan iewers in die land n moontlikheid word en omdat jy nie weet watter areas deur so n ongeluk getref kan word nie, moet jy vir jou self besluit of n paar ekstra blikkies die lewe vir jou makliker sal maak of nie.

539
02-03-2015, 02:39 PM
Dankie Lukas. Ek dink ook soos dinge nou gaan is dit dalk maar 'n goeie idee om voorsorg te tref. Mens moet ook maar sorg dat jy genoeg gas in die gasbottels het of dat jou kragopwekker genoeg brandstof in het.

528
02-10-2015, 03:37 PM
Die volgende boodskap gons op die Sl netwerk, en almal is op hol: Willem A Fourie wrote:

Hierdie is nie n bangmaak storie nie , maar waar daar rokie is , is daar n vuurtjie! Het vriende wat woon en werk in die buiteland, (Indie) blykbaar gons dit daar soos die storie loop dat die 14de Feb n bloedige dag in SA gaan wees, blykbaar beplan die swartes n dag van grootskaalse slagting onder witmense in die land, sy se daar het hope mense hul besoek aan die land gekanselleer omdat hul glo dit gaan gebeur!


Nog 4 dae om te gaan dan sal ons weet of Willem A Fourie reg was. Gaan 'n baie interessante week wees. Donderdag as ek dit reg het, open die parlement ook.

Lukas
02-10-2015, 08:43 PM
Ek hoef net so ver te lees. "Hierdie is nie n bangmaak storie nie , " Dit vertel klaar vir my dat die storie wat hier gaan volg, wollerig gaan wees.

Die tweede problem. AKSKA het lesers in Amerika, Alaska, Nederland, Sjina, België, Swede, Skandinawië, Bulgarye, Rusland, Suid-Amerika, Brittanje en nog n hele paar ander lande. As hierdie storie in die buiteland gons, sou ons dit wanneer dit begin gons het, reeds op AKSKA gehoor het.

Die gonser hoort in die tronk, maar nee, Plaas dat hy tronk toe gaan, is hy besig om onskuldige mense op te sweep.

As daar enige van die AKSKA lesers in die buiteland is wat so n storie gehoor het, sal ek dit baie graag wil hoor.

528
02-11-2015, 07:21 AM
Ek hoef net so ver te lees. "Hierdie is nie n bangmaak storie nie , " Dit vertel klaar vir my dat die storie wat hier gaan volg, wollerig gaan wees.

Die tweede problem. AKSKA het lesers in Amerika, Alaska, Nederland, Sjina, België, Swede, Skandinawië, Bulgarye, Rusland, Suid-Amerika, Brittanje en nog n hele paar ander lande. As hierdie storie in die buiteland gons, sou ons dit wanneer dit begin gons het, reeds op AKSKA gehoor het.

Die gonser hoort in die tronk, maar nee, Plaas dat hy tronk toe gaan, is hy besig om onskuldige mense op te sweep.

As daar enige van die AKSKA lesers in die buiteland is wat so n storie gehoor het, sal ek dit baie graag wil hoor.


Tot ‘n groot mate weet ons dit. My siening oor dié aangeleentheid verskil so ‘n bietjie. Laat ek verduidelik.

Willem A Fourie het ‘n aanname gemaak. Dit kan ook gesien word as ‘n hipotese naamlik dat 14 Februarie ‘n bloedige dag gaan wees in Suid Afrika.

Dit wat op hierdie stelling gevolg het sien ek as die teoretiese bespreking rakende sy aanname. Daaruit blyk dit sy aanname nie gefundeerd is nie, dit beskou kan word as “fearporn” ensomeer.

Wanneer is ‘n teorie nie meer ‘n teorie nie? (Jou vraag aan my). My antwoord aan jou: “Wanneer dit neerslag vind in die praktyk.”

My stelling in pos #30 naamlik: “Nog 4 dae om te gaan dan sal ons weet of Willem A Fourie reg was” onderlê dan juis sy hipotese synde reg of verkeerd wanneer dit moet neerslag vind in die praktyk. Gebeur niks nie, is sy hipotese verkeerd bewys en was die teoretiese besprekings in die kol. So enige iemand wat nog getwyfel het, het dan die nodige bevestiging gekry hoe ‘n “wolhaarstorie” daar uitsien.

Hoe gaan die gesegde? Dit is nie verby nie “until the fat lady sing.” Of iets in dier voege.

528
02-14-2015, 07:38 AM
So het 14 Februarie vanoggend aangebreek. Geen "vlamme" waarvan 'n mens bewus van gemaak is nie.

Die President het gister 'n bietjie stok geswaai (geen golfhou nie) en gelukkig sy balans behou - anders as die President van Zimbabwe. So dit lyk of onse President 'n kortkop voor is. Sy missie om dinge deurmekaar te krap doen hy gestand. Daar is 'n baie goeie kans dat hy, of dan miskien ook Malema as die nuusmaker van die jaar aangewys kan word. Dit is egter nog te vroeg om nou al te weet. Hou maar die twee perde dop.

Met al die kaskanades - geniet die dag en indien jy 'n Valantynman is, onthou die rose. Daar is waarskynlik 'n spesiale aanbieding Maandag vir die van u wat vergeet het.

Unregistered
02-15-2015, 01:15 PM
"Birds of a feather..."

Weet iemand of die aanhoudende "wolf wolf stories" ooit SL se ledetal beinvloed?

Black Wattle

Lukas
02-15-2015, 07:39 PM
BW. Mense kies wat hulle wil kies.