PDA

View Full Version : Die huidige plaasaanval prentjie



Lukas
02-08-2015, 02:16 AM
Die huidige plaasaanval prentjie

Ek het so paar weke gelede so rofweg n skatting gemaak maar die Instituut vir sekerheidstudies is besig om mooi boek te hou. Oud Generaal Chris van Zyl van TLU het sy mening in Landbouweekblad gegee.

Ek moet dit net aan die lesser noem dat hierdie oud Generaal nie net die hoogste rang gehad het wat n mens binne die weermag kan behaal nie, hy het n baie spesiale aanleg wat sy bydrae in Angola en op ander plekke, in ons militÍre geskiedenis boeke verseker het.

Hy is nie n man wat te veel praat nie maar wanneer hy praat, is dit net slim om te luister. Kyk na die provinsies wat hy uitgelig het. Ek het Noordwes en Natal raak maar ek het die Suide van Noordwes terwyl hy die Noorde uitgelig het. Miskien is Noordwes Noordwes en is dit dalk belangrik vir Noordwes Mpumalanga, Oos-Kaap, die Suidkus en die Wes-Kaap om die opmerking, meer ter harte te neem.

__________________________________________________ ________________________________

http://landbou.com/nuus/reeds-vyf-plaasmoorde-in-2015/
Plaasmoorde.
Foto: Netwerk24
Reeds vyf plaasmoorde in 2015
Deur Johan van der Merwe
8 Januarie 2015

Die nuwe jaar het met tragedie aangebreek vir vyf gesinne wat geliefdes weens plaasmoord aan die dood moes afstaan.
Die mees onlangse slagoffer was die 76-jarige me. Susan Kotze van Lephalale in Limpopo, wat in haar plaashuis verwurg aangetref was. Drie van die vyf moorde het in Noordwes voorgekom terwyl daar een in Limpopo en een in KwaZulu-Natal was. Hierdie statistiek sluit aan by die 11 moorde op plase wat landswyd oor Desember voorgekom het.

Genl. Chris van Zyl, die TLU SA se assistent-hoofbestuurder, meen die polisie se landelike-veiligheidstrategie werp nie die verwagte vrugte af nie. “Dit is ’n omvattende, werkbare strategie en as alle amptenare daarby ingekoop het, dan moes ons mos al resultate gesien het. Maar die aantal plaasmoorde per jaar bly konstant terwyl die aantal boere aanhou afneem – dit maak net nie sin nie.

“Dit is opvallend dat sedert 2014 daar ’n sigbare aktivering in voorheen ‘stil’ gebiede was. Dit sluit die noorde van KwaZulu-Natal en die Suidkus in. My persoonlike opinie is dat daar doelbewus getrag word om geweldsmisdaad op plase geografies so te versprei, dat dit optimale impak oor ’n veel groter gebied kan maak. Hierdie tendens is nie alleen sigbaar in KwaZulu-Natal nie, maar ook in Mpumalanga, die Oos Kaap en Wes-Kaap,” verduidelik Van Zyl.

Mnr. Skippie de Klerk (30) is op sy plaas in die Rustenburg-omgewing op 3 Januarie vanjaar vermoor. Daarna is mnre. A. du Preez (76) en L. Snyman (67), ook van die Rustenburg-omgewing in twee aparte voorvalle op 4 Januarie vermoor. Mnr. Malcolm Green (69) van Estcourt is ook op 4 Januarie vermoor en daarna het die moord van me. Susan Kotze gevolg.

Mnr. Koos Marais, bestuurder van Kwanalu se sekuriteitskantoor, het sy misnoeŽ oor die moorde uitgespreek, maar het gemaan teen oorreaksie. “Onafhanklike instansies wat hierdie inligting insamel kan van onskatbare waarde wees vir die polisie en speel ’n enorme rol daarin om die platteland te help beveilig. Ons moet egter alles in ons vermoŽ doen om ons statistiek en intelligensie geloofwaardig en sonder enige betwyfeling te hou. Ons kan nie bekostig om van die polisie ook ’n vyand te maak nie.”

Naskrif.

AKSKA het hierdie jaar n hele paar aanvalle in Mpumalanga Noord en ook in die Suide van Noordwes afgeweer. Wat die Noorde van Noord-wes betref, glo ons nie die aanslag is klaar nie. Een aanval wat in Swartwater moes gebeur is ook afgeweer. Vir my persoonlik lyk dit of ons na die hele Noordwes kan kyk, maar tyd sal leer.

My vermoede is dat daar nog n aanval in die Waterberge moet plaasvind. Tyd sal dit seker vir ons leer.

456
02-17-2015, 09:23 PM
Dit lyk asof Namibie ook nou begin deurloop onder plaasaanvalle. Hierdie berig kom blykbaar van die BKA se FB blad.

Boere Krisis Aksie (B.K.A.)

(Stefanie) Plaasaanvalle kom nou ook meer in Suid Wes voor....

Tammy Kleinhans

Mnr. Jan Vermeulen (65) van die plaas Sandvlakte is die derde bejaarde boer wat sedert die begin van die jaar op ’n plaas aangeval is.
Volgens die woordvoerder van die polisie, inspekteur Slogan Matheus, het Vermeulen van die plaas Sandvlakte wat 70 km buite Aranos geleŽ is, Vrydag omstreeks 23:30 wreed wakker geword toe boewe sy huis binnegekom het.
Die diewe het die sinkdak oopgesny, deur die plafon geklim en toegang tot die huis gekry. Hulle het die eienaar vasgebind en onder meer sy dubbelkajuitbakkie, N$20 000 in kontant, ’n 7.65 mm-pistool en ander elektroniese toerusting gesteel. Die polisie het die bakkie vroeg Saterdagoggend teruggekry waar die diewe dit ses kilometer buite Stampriet gelaat het. Hulle is steeds op vrye voet.
Buiten Vermeulen is mnr. Acker von Moltke in Januarie op sy plaas buite Witvlei wreed aangerand en beroof terwyl mnr. Gernot Zander verlede week in die Hochfeld-omgewing aangeval was.
Nog vier voorvalle van rooftogte is by die polisie aangemeld, onder meer waar ’n man (56) en sy vrou in hul huis op MaltahŲhe deur gewapende rowers aangehou is. Die voorval het Donderdag omstreeks 21:00 plaasgevind. Die verdagtes het die paartjie met twee pistole aangehou en hul arms agter hul rŻe met skoenveters en elektriese kabels vasgebind. Die rowers het onder meer juwele, geld asook selfone gesteel. In geldwaarde beloop dit ongeveer N$57 000. Die verdagtes is Vrydag omstreeks 03:30 by die padblokkade tussen Rehoboth en Windhoek vasgekeer. Die pistole en meeste van die items is in die voertuig gevind.

412
02-18-2015, 03:33 PM
Dis baie sleg, want ek kom van daar af en het laasjaar weer daar gaan kuier op 'n plaas. Die mense is so rustig oor veiligheid daar en hulle slaap met oop deure. Hulle is net nie gewoond om te bekommer oor sulke nonsens soos hier in die RSA nie, want oor die algemeen is daar net nie goed soos plaasaanvalle en gewapende rowe daar nie.

Dit maak hulle dus baie kwesbaar en sal die rustige plaaslewe in Namibie nou ook dalk binnekort nie meer so rustig wees nie. Ai! Maak mens sommer kwaad!

Aletta
02-19-2015, 01:43 PM
Volgens Lukas (ek dink ek onthou reg) het Namibie al baie lank eintlik meer plaasaanvalle per kapita as ons. Dit is maar n persepsie dat dit so veilig is daar,