PDA

View Full Version : Grondonteiening in Namibie



Aletta
02-10-2015, 02:05 PM
http://www.republikein.com.na/politiek/grond-nie-n-romantiese-saak.229060
Jemima Beukes - Die Namibiese jeug vra vir ín bloedige oorlog met hul aandrang dat die Swapo-regering plase by wit plaaseienaars moet afvat, het die eerste minister gewaarsku.
Dr. Hage Geingob het ook verwys na die swart Namibiese jeug wat hulle verwerdig dat hulle alleenreg op NamibiŽ as geboorteland het en gesÍ dat dit nie geduld sal word nie. Die eerste minister was verlede week die spreker by ín openbare lesing van die Nasionale Jeugraad (NYC) in Katutura.
ďAs jy sÍ dat die blankes hier nie NamibiŽrs is nie, dan vra jy vir oorlog. Ons kan nie net mense se grond gryp soos ons wil nie. Dit sou gewerk het as ons dit heel in die begin gedoen het,Ē het hy gesÍ.
Volgens hom was Swapo kort nŠ onafhanklikwording nie by magte om beslag op plase te lÍ nie en hoewel die situasie intussen verander het, is dit nou baie meer ingewikkeld.
ďGrond is nie ín romantiese kwessie nie, dit is ín emosionele en ernstige saak en die volk het intussen versoen. As julle ons daardie tyd ín tweederde-meerderheid gegee het, dan sou ons dit gedoen het, maar dit is nou te laat,Ē het hy gesÍ.
Hy meen ook dit is onredelik om blanke nasate vir hul voorouers se sondes te laat betaal.
ďWil julle sÍ die wit kinders wat vyftig jaar gelede hier in NamibiŽ gebore is, het die grond gesteel net omdat hul voorouers dit gesteel het? Blankes is burgers van die land. ín Wit kind het net soveel reg tot grond soos ín swart kind,Ē het hy gesÍ.
Geingob het voorts gesÍ die hervestigingsproses was heeltemal verkeerd gedoen en het meer skade as vergoeding meegebring.
ďOns het produktiewe plase gevat en aan onopgeleide mense gegee wat nou honger ly en dit gaan nie herhaal word nie,Ē het hy benadruk.
Hy het ook aangevoer dat boerdery nie maklik is nie en dat ín groot aantal van die jeug wat op grond aandring nie langer as dag op ín plaas sal kan uithou nie.
ďOm te boer, is nie ín grap nie. Ek het ín plaas teen my sin gekoop, maar vir die twee jaar wat ek dit besit, was ek nog nie in staat om iets te produseer nie,Ē het hy gesÍ

Janna
02-17-2015, 06:10 AM
Namibia land grabbers vow to continue

2015-02-17 05:00

Swakopmund - The leader of a group of land occupiers in Swakopmund, Namibia, said on Monday they would continue their efforts, despite having been arrested over the weekend.

"As we started on Saturday erecting our shacks on the unserviced land we occupied last December, eight policemen arrived in two vehicles and arrested me and my co-leader Engelhardt Uirab," Gotthard Kandume told a Sapa correspondent.

"They held us for several hours. We were interrogated and told we were occupying land illegally and after around six hours they let us go. This will not deter us, we will continue occupying land," he said.

The group removed the three shacks it had erected over the weekend.

Police commissioner Ottilie Kashuupulwa said they were instructed to halt the group's land occupation activities.

"It was not a violent confrontation," she said.

According to Kandume, the number of his supporters was growing.

"We have now formed the Mondesa Residents Association to take matters further, like a mass action next week together with two other groups - Tamariskia Residents Association and the DRC Settlement Concerned Group."

The DRC settlement is on the outskirts of Swakopmund. Groups of people mainly from rural areas started to illegally erect shacks and settle there several years ago.

Suspended

The Swakopmund mass action will be a build up to the planned mass applications for municipal plots countrywide in each town in Namibia on 27 February, organised by youth activist Job Amupanda.

Amupanda briefly occupied two undeveloped plots in the posh Kleine Kuppe suburb of the capital Windhoek illegally at the end of last year.

He was then suspended from the ruling Swapo party. The suspension has not been lifted.

Last week elderly residents of Okahandja, some 60km north of Windhoek, demonstrated in front of the municipality, demanding the removal of the mayor and town councillors.

In their petition, they stated these office bearers allegedly gave land away for a song to the rich while ordinary residents who had applied for a plot to build a house did not receive land.

Local authority elections in Namibia will take place at the end of this year.

http://www.news24.com/Africa/News/Namibia-land-grabbers-vow-to-continue-20150217

Janna
07-14-2015, 11:38 AM
Polisie gereed vir 31 Julie
VoorgelÍ deur republikein101 op Di, 2015-07-14 09:15

Tanja Bause - Geen polisiebeampte sal toegelaat word om tussen 15 Julie en 15 Augustus verlof te neem nie. Alle nooddienste, hospitale en die stadspolisie is op 'n gereedheidsgrondslag geplaas indien geweld sou uitbreek.
Dit blyk uit die vergadering gister op Otjiwarongo tussen die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.gen. Sebastian Ndeitunga, en senior offisiere van die Namibiese polisie. Tydens die byeenkoms is die aksieplan bespreek met die oog op die groep vir Regstellende Herposisionering (AR) se sperdatum van 31 Julie en dreigemente om daarna voor die voet op grond beslag te lÍ indien plaaslike owerhede nie vůůr dan aan hul grondeise gehoor gee nie.
In November verlede jaar asook in Februarie vanjaar het meer as 45 000 hoofsaaklik jong mense hul aansoeke om grond landwyd ingedien. Die AR, wat deur mnr. Job Amupanda gelei word, het ook verskeie vergaderings in Windhoek en Walvisbaai gehou. Hulle het 31 Julie as sperdatum vir die regering en die plaaslike owerhede gestel om grond landwyd aan die aansoekers toe te staan. Hulle het volgens Ndeitunga gedreig dat hulle die reg in eie hande sal neem en onwettig sal optree.
Hulle het volgens hom ook aangevoer dat dit nie ín kriminele oortreding is om grond te beset as dit vir woondoeleindes is nie.
ďHulle meen grondeienaarskap is ín geboortereg vir elke Namibiese burger. Hulle redeneer niemand moet van die reg op grond ontneem word nie, ongeag hoe hulle die grond bekom het,Ē het Ndeitunga gesÍ.
Hy het bygevoeg: ďNamibiŽ is ín land met regulasies en wette en dit sal toegepas word.Ē Hy het gesÍ dat vreedsame vergaderings deur lede van die publiek sonder wapens nie in die land verbied is nie.
ďEk vind dit egter ontstellend en ín bron van kommer oor algemene veiligheid om mense op die sosiale media en veral op Facebook op foto's te sien waar hulle wapens vashou en ander individue aanmoedig om tot geweld oor te gaan en onwettig op grond beslag te lÍ,Ē het hy gesÍ.
ďDit is die plig van die Namibiese polisie om openbare ongehoorsaamheid en die versteuring van vrede te hanteer - vandaar die aksieplan.Ē
Op die 23 Junie is die polisie opdrag gegee om voldoende menslike hulpbronne en toerusting te mobiliseer. Die polisie is ook aangesÍ om met ander agentskappe en instansies soos die brandweer, hospitale en die Stadspolisie te vergader om te verseker dat almal vůůr 31 Julie en daarna gereed is vir enige gebeurlikheid.
Op 9 Julie is alle bevelvoerders ingelig dat geen gewone verlof aan enige polisiebeampte vanaf 15 Julie tot 15 Augustus toegestaan sal word nie.
ďAlle verlof wat reeds goedgekeur is, moet onmiddellik as gekanselleer beskou word,Ē sÍ die polisiehoof.
Hy het ook bygevoeg dat geloofwaardige bewyse te alle tye versamel moet word om die optrede van die polisie te regverdig. Hy het ín beroep op alle lede van die polisie gedoen om te alle tye professioneel, onpartydig en binne die grense van die wet op te tree.
Hy het by dieselfde geleentheid gesÍ dat die beweringe wat deur die AR gemaak is tydens Sondag se grondbesetting in die Goreangabdam-woonbuurt in Windhoek, onwaar is. Die AR het aangevoer dat talle polisiebeamptes deel was van die aksie.
ďGeen polisiebeampte was deel van die poging om grond te gryp nie. Ek wil dit baie duidelik stel weens die gerugte wat op sosiale media versprei word,Ē sÍ Ndeitunga.
ďAs hulle vir die regering ín sperdatum van 31 Julie gee, kan ons dieselfde doen en sÍ dat ons ín sperdatum van 31 Julie gee sodat hulle hulle gesonde verstand op die datum moet terugkry,Ē het Ndeitunga gesÍ.

AR 'nie bang vir polisie'
Intussen het Amupanda van die AR ook gister na Otjiwarongo gereis, waar hy verbied is om die vergadering by te woon aangesien dit ín amptelike aangeleentheid was waar geen lede van die publiek toegelaat is nie.
ďBaie lede van die polisie het ook nie grond nie en nou word hulle teen hul eie broers gebruik. Dit is ín verskriklike situasie om broer teen broer te gebruik en dit is net ín kwessie van tyd voor die polisiebeamptes by ons gaan aansluit,Ē het Amupanda gesÍ.
Hy het ook gesÍ die AR sal hom nie laat intimideer nie en dat die groep nie bang is vir die polisie nie.
ďHulle maak nou gereed vir die 31 Julie, maar wie sÍ dat dit net op daardie dag sal gebeur?Ē het hy gevra.
Hy het bygevoeg dat talle gekwalifiseerde jongmense reg staan om die grond gratis van dienste te voorsien.
Hy het ook gesÍ dat die AR reeds N$100 000 ingesamel het om borgtog te betaal van mense wat tydens grondgryp-aktiwiteite in hegtenis geneem word.
ďOns gaan hulle borgtog betaal en dan sal hulle die volgende dag net weer grond gryp en weer in hegtenis geneem word en ons gaan dit net weer

http://www.republikein.com.na/polisie-gereed-vir-31-julie.251081