PDA

View Full Version : (acirc)



Unregistered
02-12-2015, 09:35 PM
Ek hoor vanaand met die parlementsitting praat Jacob Zuma van The African Capacity for Immediate Response to Crises (ACIRC) . Ek is onseker oor hulle magte en kragte.

Unregistered
02-12-2015, 09:57 PM
Ek sien op die eff se website hulle horlosie het begin aftel. Dit het blykbaar so uur of wat eers begin loop.

Unregistered
02-12-2015, 09:58 PM
Jammer, n uur of wat terug!

Lukas
02-13-2015, 08:32 AM
ACIRC is dan die Afrika weergawe vir FEMA (Federal Emergency Management Agency)

Wat tel hulle af ?

caholt
02-13-2015, 08:40 AM
Dit lyk asof hulle website timer n bietjie verkeerd was.
Dit wil my voorkom asof die aftel bedoel was vir die SONA.

caholt.

Lukas
02-13-2015, 09:54 AM
ACIRC is dan die Afrika weergawe vir FEMA (Federal Emergency Management Agency) Dit sal n vederale liggaam bo die Nood en Ramp struktuur wees. Met ander woorde waar FEMA die hele Noord Amerika se Nood en Ramp oorkoepel, sal Acirc, SADEC se Nood en Ramp oorkoepel

Dit is hoe dit vir my lyk.

Unregistered
02-13-2015, 11:45 AM
Ek het dit min of meer afgelei, maar ek wil weet wat hulle as nood bestempel, of militere personeel betrokke is by hierdie afdeling. Daar is baie vaag gepraat oor die konsep, en dit maak my ongemaklik.

Lukas
02-13-2015, 02:13 PM
Nood en Ramp hanteer alle nie mensgemaakte krisisse of rampe. Wanneer die Kariba dam breek sal dit n ramp wees. Groot oorstromings waar mense se huise oorstroom word, sal as n ramp beskou word. Die groot 1979 oorstroming, toe Laingsburg oorstroom het en die mense se lyke onder die slik begrawe was. Dit was n ramp.

Die weermag het n buitelandse mandaat. Dit beteken dat die weermag nie teen die bevolking van sy eie landmag optree nie. Maar in die geval van n ramp, kan die weermag gebruik wel gebruik word. As jy die oorstromings in Mosambiek onthou, dit was die lugmag se helikopters wat die mense van die dakke en boomtoppe opgepik het. En ek weet nie of jy die 1979 vloed in Laingsburg kan onthou nie. Die weermag troepe was gebruik om die lyke op te spoor en uit die rommel te grawe.

Net so kan die weermag in gevalle van modderstortings, groot kragonderbrekings, frats sneeustorms damwalle wat breek, groot bosbrande wat dorpe bedreig of selfs vernietig het, gebruik word om met die opruiming of selfs die soek na oorlewendes ingespan word.

Ons gemeenskappe word self daal van die sisteem, onder die Nood en Ramp wet. Omdat Nood en Ramp n statutÍr beheerde liggaam is, gee dit ons die geleentheid om binne hierdie struktuur, die leierskap binne gemeenskap en distrik te wees. As leiers met die staat gegewe amp, het ons tegnies die toestemming om namens die saak oor rampe in ons gemeenskap beheer te neem.

Ons besef nie hoe belangrik Nood en Ramp vir ons eie veiligheid is nie. ín Xenofobiese aanslag of bedreiging kan ook as n ramp beskou word en wanneer jy deel van die Nood en Ramp in jou omgewing is, kan jy selfs n invloed in die voorkoming daarvan hÍ.

Die Nood en Ramp bestuur, sal uit verskillende rolspelers bestaan. Die hoof van die Brandweer, Die hoof van verkeer, Dokters, Skoolhoofde, Die polisie, lede van natuurbewaring, die gemeenskap leiers, wat Plaaswag, buurtwag en plotwag leiers insluit. Wanneer nodig sal ElektrisiŽns VlieŽniers en loodgieters ook op so paneel sit.

In die kleine sal jou gemeenskap organisasie wat deur jou gekies is om Nood en Ramp te hanteer, uit dieselfde mense bestaan. Julle voorsitter sal dan op provinsiale vlak verteenwoordig word. As provinsiale voorsitters sal hulle Nasionale opdragte en aanbevelings ontvang om tot op grondvlak aan te pas.

Die Nasionale voorsitter sal dan weer op die acirc verteenwoordig waar hy besluite wat daar geneem word, weer afvoer tot op grondvlak.

Daar is baie gerugte oor FEMA en nou dat Afrika sy eie FEMA het, is dit eintlik goeie nuus. Die gerugte maak FEMA hierdie ondergrondse organisasie wat mense in hulle massas gaan uitmoor. Dit sal onmoontlik wees om dit te doen omdat die organisasie uit sy lede bestaan waarvan jy ook een kan wees. Niks kan gebeur waarvan jy nie sal weet nie en omdat die beskuldigings teen so organisasie, aantygings maak wat buite hierdie organisasie se grondwet en mandaat val, sal so iets onmoontlik wees om te gebeur.

Maar as Adrian Snyman wat die boeke oor Siener geskryf het, byvoorbeeld die provinsiale voorsitter van Nood en Ramp, voor die begrafnis van Mandela was, sou hy waarskynlik n groot bloedbad verwag het waar mense uiteindelik in massagrafte begrawe wou word. Hy sou dan soos die Amerikaanse FEMA groot kiste gereed gekry het.

Veronderstel dat dit die geval was. Dink jy nie dat ons publiek dan ook redelik paniekerig sou geword het nie? Ek dink dat Prieska oor daardie tyd vertrap sou gewees het.

Nee, ontspan. Wanneer acirc by iets onderduims betrokke raak wat mense se lewens bedreig, sal so iets die volgende dag op al wat sosiale netwerk vlieg en selfs ook in koerante en in die radio en TV-nuus genoem word.

Ontspan http://www.sherv.net/cm/emo/happy/woohoo-jumping-smiley-emoticon.gif (http://www.sherv.net/)Acirc gaan nie mense uitmoor nie.