PDA

View Full Version : Sona 2015



caholt
02-12-2015, 11:04 PM
Ek het n paar goed opgetel terwyl ek die SONA storie so bekyk het.

1: Dit lyk so vir my asof die ANC die hele EFF storie gebruik as n dekmantel om hulle mag af te forseer, meer spesifiek in die parlement aangesien hulle polisie gebruik het om die klomp te verwyder.

2: iets wat zuma gese het, het vir my nogals baie uit gestaan, hy het genoem dat die kinders in die skole die African Union anthem gaan begin leer.
Sy verskoning is dit hou verband met African month, maar wat is die kans dat hulle gaan ophou om dit te leer na African month.
Kan dit dalk n voorbereiding wees vir die groot afrika plan.

caholt.

wouterf164
02-12-2015, 11:49 PM
Wat ek nie verstaan nie is dat hoe so 'n person soos Zuma nog so baie steun het onder sy eie mense. Die land is op sy knee maar hy skets 'n prentjie van hoe goed dit gaan en almal klap hande en juig uit volle bors....hoe werk hierdie mense se koppe?

412
02-13-2015, 06:40 AM
Seker maar oor dit die klomp fat cats is wat in gesteelde weelde leef wat daar sit saam met hom. Hulle het nie morele gewete nie en is blind vir probleempies soos riool in strate of paaie vol gate en half geskoolde bevolking, solank hulle kan slaap en vreet in die parlement en nog 'n vet salaris kry om dit te doen ook!

Dis vir my die beste dat Julius Malema vir Zuma aanvat oor bedrog en Nkandla, terwyl hy self skuldig bevind is daaraan om buiten gewoon rojaal te leef op bedrieglike tenders wat aan hom toegewys is.

Maar hoe se Lukas altyd..... Die sterkste bul in Afrika kry alles.

Tom
02-13-2015, 09:21 AM
Dit gaan nou baie interessant word. Eskom het gister, die dag van SONA, opgehou tweet oor die stand van die 'krisisse' waarin hulle is. Hulle web blad het gister ook geen load shedding aangedui nie. Vandag nog geen tweets of 'emergencies' nie en geen 'stage' op hul web blad nie.

Kan dit nou wees dat die 23 Biljoen wat Zuma gisteraand aan Eskom belowe het, die ding gaan doen en load shedding verdwyn soos mis voor die son?

Dit is, selfs vir Eskom, darem bietjie baie vinnig en ooglopend.

Dit kan ook wees dat, omdat die ANC, van gister af, Eskom belet om met die publiek te kommunikeer, die gewone kommunikasie waaraan ons gewoond geraak het, stop gesit is. Mense het gekla dat die skedules niks beteken nie. Wel, nou sal ons sien hoe dit voel as die krag net ewe skielik afgaan en jy weet nie eers op watter skedule jy is nie!

Lukas
02-13-2015, 05:06 PM
Tom. Kan jy asb. vir ons die skakel gee waar Eskom deur die ANC opdrag gegee is om nie meer met die publiek te praat nie.

Wat Eskom betref. Daar was dringende onderhoud wat gedoen was en dit het die beurtkrag veroorsaak. Eskom het ’n verdere uitdaging en dit is dat die grootste steenkoolmyne nou stop om steenkool te lewer totdat Eskom instem om vir hulle beter pryse vir die steenkool te betaal.

Ten spyte van al hierdie uitdagings as gevolg van n gebrek aan onderhoud in die verlede, is Eskom besig om die bestaande elektrisiteit baie verantwoordelik te bestuur. Die onderhoud wat gedoen was, was glo ook gister afgehandel en daarom ook die rede dat beurtkrag so effens verlig is.

Indien die situasie nie vererger nie, sal ons nie n blackout kry nie. Maar wanneer een boiler in n kragsentrale opblaas, sal daar n onmiddellike verlies van 4000MW ontstaan, en dit sal n blackout veroorsaak.

Indien n hele kragsentrale verongeluk en 4000Mw verdwyn van die netwerk, sal brandstof binne twee weke opdroog.

Indien Eskom geen teenstand kry nie, kan die die netwerk binne twee weke weer begin werk, maar dit gaan baie langer as dit neem om die brandstof weer in die pompe te kry.

Die moontlikheid dat Eskom donker kan word, is vandag n realiteit. Wanneer een 4000Mw kragsentrale sou opblaas gaan die land donker wees. Om te voorsien wat dan gaan gebeur is nie maklik nie. Wanneer Eskom personeel tydens die herstel van die elektrisiteit deur ongelukkige massas aangeval en vertraag word, kan dit die herstel van die netwerk verder uitstel.

Dit bring my weer terug by die punt wat Tom noem. Dit is nie die 23miljoen wat die liggies wonderbaarlik laat brand het nie. Dit was die onderhoud op bestaande kragsentrales wat afgehandel was, wat die liggies weer laat brand het.

As dit wat Tom sÍ gestaaf kan word, sal dit kommerwekkend wees wanner ons nie meer gaan weet wanneer ons krag sal afgaan nie. Ons sal in so geval moontlik ook nie deur amptelike kanale hoor wanneer n kragsentrale ingegee het nie.

Daarom dink ek dat dit belangrik is om n paar goedjies self te doen. Bou gasifiers of maak Methanol om in jou eie energie tekorte aan te vul. Ek gaan Maandag begin om my gasifiseerder te bou en te toets sodat ek wanneer die tyd dalk aanbreek, tog maniere sal hÍ om my huis en voertuig aan die gang te hou.

Ek kry ook kontrakte in hierdie tyd waarmee ek die voertuie aan die loop moet hou. Gebeur daar niks en die goed werk, gaan ek baie geld spaar.

http://www.ehow.com/how_5396607_make-methanol.html

Google solank wenke om jou eie Metanol te maak. Hier is n voorbeeld.
Onthou ek sÍ nie dat dit wel gaan gebeur nie. Wat ek wel sÍ is dat indien dit nie gebeur nie en jy het reeds met hierdie goed geŽksperimenteer, jy op jou bestaande maandelikse begroting vir elektrisiteit en petrol, tog baie geld kan spaar. In n tyd wat alles baie duur begin word, kan dit net slim wees om so bietjie meer moeite aan jou eie energie te spandeer. Jou moeite kan vir jou n besparing meebring wat gelyk kan wees aan n ekstra salaris.

Wanneer ek net my eie koste aan elektrisiteit van R3000 en my brandstof rekening van R5700 per maand kan sny, gaan dit vir my n paar Rand in die sak oorlaat, wat ek nooit sou gehad het nie.

Dink maar daaroor. Moenie na die moontlikheid as n krisis kyk nie. Benader dit as n geleentheid en wie weet, miskien is die geleentheid so goed dat jy dit ten spyte van Eskom se goeie bestuur van volhoubare elektrisiteit, nog altyd as n ekstra inkomste uit die geleentheid kan genereer.

Kasper
02-13-2015, 07:06 PM
Oops Lukas,
Jammer om jou bubble te bars, maar van more af is dit weer fase 2 beurtkrag- so hulle bestuur nie die situasie baie goed nie, hulle doen ook nie ordentlikke herstelwerk nie. Hoe kan jy eenigsins iets anders verwag?

Lootfreely huis is nou die spokes person van Eskom- gaan kyk maar op hulle website

Dit was ook nie die onderhoud wat die liggies aangehou het nie, groot besigheid moes 15% krag afsit sodat zuma sy braaksel kon kwytraak...

Groetnis

Tom
02-14-2015, 08:55 AM
Ek sal later soek vir die skakel. Dit gister gelees. Net baie dinge die naweek aan. Intussen is die kommunikasie weer terug en Twitter doen sy ding. Seker maar Zuma se braaksel, soos Kasper se.

Unregistered
02-14-2015, 12:57 PM
Volgens 'n boodskap wat ek gister gekry het, gebruik Eskom alreeds ongeveer 163miljoen liter diesel per dag (klink net bietjie ongelooflik baie) vir die kragopwekkers terwyl onderhoud en onderhandelings met die steenkool myn aan die gang is. Die vrees is dat die kragopwekkers dit nie gaan hou om so permanent te werk nie. Indien Eskom dan nie tot 'n vergelyk kan kom met Exxaro myn nie wonder mens wat ons kan verwag.

Unregisteredryno
02-14-2015, 06:03 PM
Wat het van die sonplase geword ? moes hulle nie van februarie krag op die netwerk gelewer het nie?

Tom
02-14-2015, 08:00 PM
Ek kry nie die skakel wat ek gelees het nie, maar hier is nog een.

http://mybroadband.co.za/news/energy/118873-anc-frustrated-by-eskom-honesty.html

Lukas
02-15-2015, 09:11 AM
Kasper. Eskom is die hele tyd besig om onderhoud te doen en hulle vaar nie sleg om dit te bestuur nie. Die groot besighede se besnoeiing om die die toespraak uit te saai, is n bewys daarvan. Maar ek stem saam. Dit is om n dam wat wil breek, met slap modder te stop. Dit lyk nie of die slap modder die ongeluk kan keer nie.

Dit is waarom ek sÍ dat ons na n paar goed soos gasifiseerders en alternatiewe maniere moet kyk om ons eie liggies en karretjies aan die gang te hou.

Tom. Siemens moes volgens my info in Februarie begin het. Maar al die windplase saam, lewer nie meer as 40% van een kragsentrale nie. Ek kan nie met sekerheid sÍ nie maar dit lyk nie vir my of Eskom sy woord gestand gedoen het nie. Maar al sou hulle dit gedoen het, sal al die windplase saam, maar net nog slap modder in die lekkende damwal wees.

Bou die goed nou. As Eskom ons met n wonderwerk verras, sal dit wat jy gebou het, nie n verlies wees nie. Elektrisiteit en Petrol gaan in elk geval baie duur wees en die alternatiewe wat jy nou in plek kry, gaan jou maandelikse inkomste rek.

Ns.

Kasper. Dit is net n bobbel wat kan bars. Ek het geen bobbel (Ego) wat in my pad staan nie. Ek lewe nie in ontkenning nie maar ek het n verantwoordelikheid om nie wolf wolf te skree nie. AKSKA was nog nooit paniekerig nie, maar ons was ook nog nooit oningelig nie. En dit is ook mense soos jy, wat ons help om ingelig te bly.

Wees versigtig vir emosies. Emosies is goed wat brŻe brand. Jou inligting is baie waardevol maar emosies kan maak dat mense in tye wanneer hulle hulp en leiding nodig het, baie kan verloor omdat die mense wat wel kan help, emosioneel is en daarom vermy word.

Ek sukkel soms om n ding reg te verduidelik maar ek hoop jy verstaan.

caholt
02-15-2015, 10:20 AM
Sal dit nie aandag trek as n huis krag het wanner die hele SA se krag af is nie?

caholt.

Kasper
02-15-2015, 11:48 AM
Lukas ,
Moenie worry nie- dis maar net my manier van 'n ding uitdruk- niks daarmee bybedoel nie.

Caholt, die vraag het ook al by my opgekom, as mens dink as jy gaan kamp/visvang ens. en jy steek daai cadac gas lampie aan, hoe vining kom motte en muggies en ander goggas nader. Nou my punt is as jy lig aan het as alles donker is , gaan jy soos 'n seer toon uitstaan. Die barbare gaan honger wees, en omdat hulle lig sien, gaan hulle dink daar is lewe/kos. Ek wet jou nie eers 'n 10 meter hoog bewapende beton muur gaan hulle uithou nie. 'n mens het ook net soveel hand wapens...

Nou vir 'n bietjie soet by al die bitter. My pel wat werk by Eskom se hulle bereken die moontlikheid van 'n total blackout is so 5%-7% kans. Waarvoor moet mens uitkyk?. Wel volgens hom, as Eskom vir ten minste 5 dae op fase 3 loadshedding hardloop en dan skielik aankondig hulle gaan fase 4 toe, dan moet jy onmiddelik al jou dinge in orde kry. Hy reken so om en by 4-6 uur kans voor total blackout, maar soos genoem, die kans vir dit bly skraal. Onthou ook dat die hele network intellegensie ingebou het in hom, wat sal voorkom dat sentrales oor belaai word, so tot 'n mate gee dit beskerming vir die netwerk.... vir wat dit werd is..

Groetnis

Kasper
02-15-2015, 12:04 PM
Oor die diesel verbruik:
By my werk het ons 2 1500 kWatt gens (1.5 M/watt). Dit is V12 turbo aangejaagde enjins. As een van hulle loop sluk hy 'n 1000 liter diesel per uur. Dit is 24 000 liter per dag!. So as mens dink Eskom se gens is baie meer groter, kan dit wees dat hulle so klomp diesel sluk.

Groetnis

Aletta
02-15-2015, 01:40 PM
ek hoor mense kla oor skedules en Eskom wat nie hou by dit nie maar ons goed word nog elke keer op die regte tye soos op hul skedule gedoen. Is Eskom soms af op verkeerde tye of is dit n kwessie van mense wat dalk nie weet waar hulle ingedeel is nie?

Unregistered
02-15-2015, 02:08 PM
Nee wat, by ons loop die program volgens skedule. Ons kla nie. Dalk is dit mense wat reis na ander dele en dan DIESELFDE tye verwag...?

Kasper
02-15-2015, 02:41 PM
Aletta,
As dit fase 1/2 load shedding is, is dit die verantwoordelikheid van die plaaslikke boggom brigade (munisipaliteit).
Fase3/4 vat eskom oor, dan beheer hulle die krag.
Hier in Bloem bly hulle nogal redelik op skedule.
Groetnis

Tom
02-15-2015, 03:59 PM
Aletta, jy is reg. My ondervinding is dat daardie mense te lui is om te lees en te negatief om te verstaan. Dit is dan baie makliker om met klippe te gooi om jou eie onkunde te verberg.

Nog n probleem is die van die plaaslike infrastruktuur wat ook besig is om in te gee. Daar is nie geld om dit te vervang nie en krag onderbrekings kom gedurig voor. Hierdie krag onderbrekings is buite skedule en dan word dit op load shedding blameer.

Daar is net nie meer geld vir onderhoud in die munisipaliteite nie. Ons het 23 lorries wat moet vuilgoed wegry. 6 Van hulle loop, die res is in vir herstelwerk wat nie gedoen word nie want daar is nie geld nie en die werkswinkels (privaat) weet hulle gaan nie betaal word nie. Dus dring hulle aan op betaling en doen nie die werk voor dit nie. Een van ons buurte moet n hele kabel vevanging kry van ek weet nie hoeveel miljoen nie. Dit word net eenvoudig nie gedoen nie en reguit gese daar is nie geld nie. Daar is elke 2de dag onderbrekings want die kabel word die heeltyd gelap.

Unregistered
02-15-2015, 08:02 PM
Ek is bewus van 'n baie ryk en gesiene man in die omgewing waar ek woon, wat heelwat windmeulens beplan op 'n stuk grond wat hy besit, wat krag sal kan opwek om aan Eskom te voorsien. Ek weet ook dat hy op 'n baie beter voet as ons met Eskom is, aangesien Eskom kartondose vol gloeilampe gratis aan sy plase voorsien. Hy het egter nog nie gepoog om te begin met die opsit van die meules nie, wat vreemd is vir my, aangesien die gesprek alreeds meer as 'n jaar kom.

Aletta
02-15-2015, 08:23 PM
Tom ek kan amper dink ek en jy bly op dieselfde plek! Odendaalsrus het net so n krisis met n ou kabel, sal net n miljoen kos, want eintlik nie geld is vir n groot stadsraad nie maar hulle het dit net nie meer nie

Unregistered
02-16-2015, 08:07 AM
Iemand vertel my die naweek dat die inspekteurs van medupi wat vanaf die buiteland kom, nie die aansit van medupi kan waarborg nie, omdat daar kortpaaie gevat is met die bou van medupi en sekere swak plekke n groot risiko is. Al gebeur niks ook nou dadelik nie is dit n komende ramp. Hulle aanbeveling is dat die brouwek oorgedoen word. Kan iemand dit bevestig? Staan vas.

Lukas
02-16-2015, 11:19 AM
Ek weet dat Kusile van n baie swak gehalte sement gebou is en dat die struktuur glo nie vir langer as 10 jaar sal staan nie. Maar ek het nie n soortgelyke probleem by Medupi gesien nie.

Medupi gaan sy eie problem he maar ek glo nie dat Medupi se sement ook so swak is nie. Ek sal seker maak. As ek verkeerd is, sal ek dit skryf.

Unregistered
02-16-2015, 07:54 PM
Dankie Lukas.

Unregistered
02-17-2015, 04:47 AM
Eskom currently provides a large amount of electricity to aluminium smelters in SA and Mozambique at less than half what it costs to produce, putting pressure on its finances and the electricity supply in SA. Eskom should buy these smelters, which are now housed in BHP Billiton spin-off company South32 and mothball them, save money and stop our loadshedding.

It is estimated that South32ís aluminium smelters in Mozambique (Mozal) and SA (Hillside and Bayside) use 9% of the kilowatt hours of electricity generated in SA and contribute 5.6% to maximum electricity demand. This electricity is being supplied at rates much lower than what it costs Eskom to produce due to outdated contracts that were signed when Eskom was producing a surplus and when aluminium prices were high. The price is estimated to be less than half of what it costs to produce power in general and a fraction of what it costs to run the diesel power plants at Ankerlig and Gourikwa (up to 10 times the cost of normal power generation).

The older contracts (signed in 1992) are linked to aluminium prices in dollar terms, while the newer contracts (signed in 2001) are based on a low starting value, increased by the producer price index (PPI) each year.

The problem is that since the contracts were signed, it has become much more expensive for Eskom to generate power and consumers are paying much more for electricity, especially over the past 6 years. During loadshedding, power generation becomes much more expensive due to diesel power plants being run at excessive cost. Further, aluminium prices are almost 40% lower than their highs in 2008. Eskom estimates that the contracts will cost it R9.3bn over the next 13 years and carries this as a liability in its balance sheet. The amount that Eskom stands to lose from these contracts is in fact much higher than R9.3bn because without these contracts, it would be able to sell electricity at a profit and not just at cost price (which I assume the R9.3bn is based on).

Eskom has applied to the National Energy Regulator of SA (NERSA) to investigate the contracts with the hope that the regulator will allow them to be adjusted to more economic terms for the electricity producer. However, NERSA is yet to make a ruling, years after being asked to do so. At the same time, BHP Billiton is opposing the cancellation or review of these contracts and even disputes NERSAís mandate to investigate the contracts.

There have been previous calls for these aluminium smelters to be closed because of the impact on the power network and the negative impact on Eskomís finances. However, BHP Billiton has resisted this, claiming that it would result in job losses, loss in exports and loss in tax revenue.

As it stands, it does not look like the situation will improve until 2028 when the contracts run out. BHP Billiton or the new owners of South32 are unlikely to budge on these very attractive contracts as it would make Mozal, Hillside and Bayside unviable and may force their closure. NERSA is also unlikely to have the teeth to force these contracts to be negotiated, although this remains a possibility. So what to do?

I believe that a possible solution, which requires thinking out of the box would be for Eskom to bid for the Southern African aluminium assets in South32. This may cost them a pretty penny, possibly R40bn Ė R50bn, but could make a great deal of financial sense, even in the short term. As the owners of these assets, Eskom could decide to mothball the smelters until itís generation capacity has sufficiently picked up and until aluminium prices have risen sufficiently to make their operations economically viable (when paying market rates for electricity).

There would be positive and negative implications of such a decision. On the positive side, it would:

Free up between 5% and 9% electricity capacity in SA, effectively meaning the end of loadshedding;
Allow Eskom to stop running its Diesel power stations at Ankerlig and Gourikwa, which could save them up to R1.5bn per month (they have already requested an reported R20bn in funding from government to cover diesel cost in the near-term);
Allow Eskom to remove the R9.3bn liability on its balance sheet;
Boost Eskomís income statement as it would be able to sell the excess capacity at market-related rates;
Reduce the pressure on the SA industrial sector; and
Reduce negative sentiment of potential new foreign investors in SA due to concerns over electricity supply.

On the negative side:

This could cost Eskom up to R50bn Ė however, the removal of the R9.3bn liability, the savings from not running the diesel power stations and the ability to sell electricity at market related rates, could pay for this in less than 2 years (and the mothballed plants would still have value); and this is still much cheaper than building a coal power station at between R100bn and R200bn;
There would be job-losses at the smelters, which could be up to 2400 people in SA Ė however, they could offer these employees lucrative packages and retraining opportunities at a fraction of the costs that they will save; and there would be a reduced risk of losing jobs in SA due to loadshedding discouraging investment;
SA will have to import more aluminium and there would be a negative impact on the balance of payments Ė however, this is likely to be temporary as the mothballed smelters could be brought back online when generation capacity improves (Medupi and Kusile are online) and aluminium prices rise; and
Governmentís tax revenue could shrink Ė but this could be countered by less pressure on economic activity due to loadshedding and could be temporary (for the same reason as stated above).

It is my opinion that the positives far outweigh the negatives. What is even more important is that the positive impact could be felt immediately after the smelters are mothballed. There is no need to wait for generation capacity to be built. I think that this is a very interesting idea that Eskom should explore with immediate effect.

What do you think of this idea? Do you think we should in effect be exporting electricity at a huge loss? Would it concern you that Eskom has to receive additional funding to make such a purchase and would in effect be running aluminium smelters (even if they are mothballed)? Do you not think we should jump at this opportunity? Let me know what you think.

In the mean time, keep your talking straight!



Marius Strydom is the owner of MLAX Consulting

https://www.facebook.com/straighttalkingstrydom

https://twitter.com/Marius_Man

http://www.mlaxconsulting.com/sa-goverment/buy-smelters-mothball-save-power-eskom/

524
02-17-2015, 05:00 PM
Mmusi - Maimane antwoord -

http://www.timeslive.co.za/politics/2015/02/17/mmusi-maimane-s-sona-debate-speech-a-broken-man-presiding-over-a-broken-society



Professor Brink taught us a powerful lesson. He taught us that you cannot blame a faceless system for the evils in society. It is human beings that perpetrate wrongs against others. And it human beings that have the power to correct these wrongs.We would do well to heed this lesson as we debate the State of the Nation today. Because, if we are to succeed as a nation, we need to start believing in the power of human agency. We need to resurrect the idea that the choices we make, and the actions we take, matter.
It is true that the uneven legacy of the apartheid system weighs heavy on us. It is a fact that black children still do not have the same opportunities as white children. This is a human tragedy that nobody in this House should ever accept.
Much has been done to redress the past, make no mistake. Life in South Africa today is certainly better than it was during apartheid. But we need to hold ourselves to a much higher standard than that.
We need to become the nation that President Nelson Mandela helped us believe we could become. A place of hope, prosperity, selfless leadership and mutual respect. And so the question we must ask today is: what is holding us back from achieving Madiba’s vision?
We can blame apartheid. We can blame the global financial system. We can even blame Jan van Riebeeck. But in our hearts, we know what the problem is. We have allowed those in power to become bigger than our institutions, breaking them down bit by bit.
We have allowed one powerful man to get away with too much for too long. This man is here in our presence today. Honourable President, in these very chambers, just five days ago, you broke Parliament.
Please understand, Honourable President, when I use the term “honourable”, I do it out of respect for the traditions and conventions of this august House. But please do not take it literally. For you, Honourable President, are not an honourable man.
You are a broken man, presiding over a broken society. You are willing to break every democratic institution to try and fix the legal predicament you find yourself in.
You are willing to break this Parliament if it means escaping accountability for the wrongs you have done. On Thursday afternoon, outside this House, Members of Parliament were being arrested and assaulted by your riot police.
A few hours later, inside this House, our freedom to communicate was violated by an order to jam the telecommunications network. Not long after, armed police officers in plain shirts stormed into this sacred chamber and physically attacked members of this House.
This was more than an assault on Members of Parliament. It was an assault on the very foundations of our democracy. Parliament’s constitutional obligation to fearlessly scrutinise and oversee the Executive lost all meaning on Thursday night.
The brute force of the state won. And the hearts of our nation broke. We knew, at that very moment, that our democratic order was in grave danger.
And what did you do? You laughed. You laughed while the people of South Africa cried for their beloved country.
You laughed while trampling Madiba’s legacy – in the very week that we celebrated 25 years since his release. Honourable President, we will never forgive you for what you have done.
Madam Speaker, I led my party out of this House on Thursday night because we could not sit by while our freedoms were destroyed right in front of us.
When we emerged from this chamber, we heard the President reading the cold and empty words from his prepared text.
They were the words of a broken man, presiding over a broken society.
For 6 years, he has run from the 783 counts of corruption, fraud and racketeering that have haunted him from before the day he was elected.
For 6 years, this broken man has spent his waking hours plotting and planning to avoid his day in court.
In this broken man’s path of destruction, lies a litany of broken institutions. Each one of them targeted because of their constitutional power to hold him to account.
A broken SARS, that should be investigating the fringe tax benefits from Nkandla, the palace of corruption that was built with the people’s money.A broken NPA, that should have continued with its prosecution of the President, without fear or favour. A broken SIU, a broken Hawks, a broken SAPS. And so we could go on with the list of institutions President Zuma is willing to break to protect himself and his friends.
This is why we are a broken society. Because the abuses do not stop at the door of the Union Buildings. The power abuse is happening at every level. We have mini-Zuma’s in governments and municipalities all over South Africa.
In Mogalakwena, I met a woman who had not been able to wash for days because there was no water.
The lack of water in Mogalakwena is not a system failure. It is a failure of local politicians to put the people first. In this community, service delivery has come to a standstill as ANC councillors wage a factional war over access to the spoils of power.
Local police officers with a duty to serve the community have been co-opted by factions to intimidate residents and supress protest. As the war rages on, rubbish piles up in the streets, sewage pipes continue to leak, and the taps run dry.
All because of these broken men, presiding over broken towns and cities. They learned from the best.
In Atteridgeville, I met a good man running a hospice that is struggling more and more each day to care for the sick because all their money goes to fuelling a generator. This is their last line of defence against an electricity crisis that plagues them on a daily basis.
The daily struggle of this community-funded organization is just one example of the devastating impact this electricity crisis is having on households, businesses, schools, hospitals, and countless other facets of society.
Where is the accountability from this broken man who claims to be our President, when all he can offer is more of the same? All he does is promise to keep bailing out Eskom and secure its monopoly over our power supply.
Load-shedding is a crisis that will take our economy to the brink of economic shutdown. Our economy has lost R300 billion since 2008 because, without a stable electricity supply, manufacturers cannot produce, investors are driven away and jobs are lost.
That is why Mr President when you stand here and promise the same jobs every year that never materialize, we simply cannot believe you. On Thursday the President said that the NDP’s ambition to grow at 5% by 2019 is at risk as a result of slow global growth and domestic constraints. How then are other SADC countries growing at an average of 5.6% facing the same external pressures? The answer is our real constraints are because of the policy failures of this government.
In his 9 point plan he failed to address the need for solid economic infrastructure. He left the electricity monopoly with Eskom. Gave the broadband monopoly to Telkom. And left SANRAL to toll our roads in Gauteng. The legacy of this will be more government bailouts and failing infrastructure, leading us to more job losses, more debt and a broken state.
The broken man who broke our economy.
Despite all his past promises, what President Zuma failed to tell us last week was that, today, there are 1.6 million more South Africans without jobs than when he took office in 2009. Living, breathing human beings robbed of their feeling of self-worth, and their ability to provide for their families. ..............................................Meer Hier (http://www.timeslive.co.za/politics/2015/02/17/mmusi-maimane-s-sona-debate-speech-a-broken-man-presiding-over-a-broken-society)

Chris1
02-17-2015, 05:57 PM
Dit is alles maar net politiek en selfpropaganda.Dit is egter baie insiggewend as ons na die groter prentjie kyk en die voorbrand wat gemaak word vir sekere organisasies se planne vir die RSA

524
02-17-2015, 08:02 PM
Dit is alles maar net politiek en selfpropaganda.Dit is egter baie insiggewend as ons na die groter prentjie kyk en die voorbrand wat gemaak word vir sekere organisasies se planne vir die RSA

Ja, so bietjie "pot calling the kettle black" maar, terwyl Maimane hom uittrap sit die @#$% nog steeds en lag. Dit spreek boekdele van die integriteit van die man.

456
02-17-2015, 09:43 PM
Kyk wat het die regter te se.

The Economic Freedom Fighters Did Not Disrupt Parliament – Judge Chris Greenland

There is now a common misconception that the EFF “disrupted” Parliament.

1. The EFF “interrupted” the speech of the President. Interruption is not disruption of anything.

2. The interruption was to seek a ruling from the Speaker that the President would be required to include in his speech a specific undertaking.

3. There was nothing, in itself wrong, with the EFF seeking a ruling from the Speaker. Rulings are sought all the time. The issue was not frivolous or vexatious. It was extremely important with thousands of citizens having an interest in the outcome. That is what Parliament is there for, i.e to deal with the interests of the citizens.

4. The Speaker was then constrained to accede to the request or deny it, i.e,

a) “I will allow the request to be put to the President”; OR

b) “I will not allow the request to be put to the President”.

5. If she was disallowing the request, which she was, she needed to explain why when specifically asked to do so on any number of occasions.

6. The request was repeatedly made in terms of a specific Rule of Parliament, i.e Rule 14. It was either valid … or invalid .. in terms thereof.

7. At no stage did either of the two (2) Speakers provide ANY reason as to why an application being made in terms of the Rules was being denied …. except to say “well, this is not the occasion for questions … ”

8. In the circumstances the EFF was entitled to insist that the Speakers act in terms of the Rules and cite the Rule(s) that supported the denial.

9. The reason for this is very, very important and fundamental. and Julius Malema put his finger on it when he said “Madame Speker you cannot suspend the Rules Of Parliament.”

10. Any decision that an adjudicator makes is required to be supported by stated or identifiable reason(s) if it is not to be ARBITRARY.

11. Arbitrary decisions by those who have power are the first enemy of Justice in all its components. It is what despots and tyrants do.

12. That is why Judges and Judicial Officers are required to always provide reasons for their decisions.

13. Parliament was then disrupted by the unconstitutional assaults and physical removal of Members of Parliament on the orders of the Speakers. Manhandling of human beings without consent is assault.
The above is the reality regardless on which side you may be on.

The Executive can never have a right to use ITS armed forces to assault MPs in Parliament.

This is a gross abrogation and repudiation of what is known as the Separation of Powers in a constitutional democracy.

By Judge Chris Greenland

http://polotiki.com/2015/02/15/the-economic-freedom-fighters-did-not-disrupt-parliament-judge-chris-greenland/

B52212345
02-18-2015, 08:45 AM
Ek wonder wie het, binne die swart kultuur en politiek hier in die sponsdoring getrap?

Ek dink dat JZ oop ogies in die een ingeloop het en JM het nou sy hand forseer en hom "expose" aan sy eie gemeenskap

Elke dag, op die politieke skaakbord word die stryd meer en meer gewen deur die huidige regering net soos die ou "apartheid" regering te laat lyk. Twee parlement insidente, ander binne vuisgevegte en Marikana. Die gare trek behoorlik los aan al die kante.

Mens kan seker vir al die hanteerders n pluimpie gee oor hoe hulle speel!

524
02-18-2015, 08:50 AM
Zuma is beslis nie president materiaal nie - inteendeel bitter min van die wat in die voorste gestoeltes sit is enigsins hulle sout werd.

https://pbs.twimg.com/media/B-GXRl4IQAAePV3.jpg