PDA

View Full Version : Onluste vir Januarie 2013



Lukas
01-14-2013, 12:30 PM
http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Werkers-vernietig-regte-deur-geweld-20130113


Werkers vernietig regte deur geweld
2013-01-13 23:27

Artikelopsies
Deel
Kry Die Burger op

James-Brent Styan

DURBAN. Werkers wat geweld gebruik tydens stakings vernietig hul reg om te staak.

S het die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, Saterdag hier op die ANC se verjaardagvierings ges.

Hy het ges elke werker het die reg om te staak, maar niemand het die reg om ander mense se regte te vertrap nie.

Ons kan nie gewelddadige stakings toelaat nie. Dit lei daartoe dat stakers hul eie reg om te staak vernietig.

Mantashe, wie se wortels in die vakbondwese l, het ges hy het reeds aan sy voormalige kollegas in die vakbondwese ges geweld is nie aanvaarbaar nie.

Ek het vir hulle ges dis die vakbonde se eie verantwoordelikheid om hul reg om te kan staak te beskerm.

Mantashe is gepols oor die onderwerp na aanleiding van die jongste vlaag gewelddadige stakings in die Wes-Kaap en elders.

DairyBelle se werkers, wat tot n Cosatu-geaffilieerde vakbond behoort, het na verneem word reeds verskeie voertuie en eiendom van DairyBelle met petrolbomme en klippe vernietig in n staking wat in Desember begin het.

Pres. Jacob Zuma het ook in sy toespraak op 8 Januarie vakbonde en stakers gemaan om nie die wet te oortree nie.

Hy het ges werkers se reg om te staak, word deur die grondwet beskerm, maar werkers moet hulself egter behoorlik gedra en nie die reg om te staak ondermyn deur by geweldpleging betrokke te raak tydens stakings nie.

Arbeidsverhoudinge en onderhandelings geskied binne formele onderhandelingstrukture wat daar is in die beste belang van almal. Di forums is die beste daartoe in staat om arbeidsverhoudinge te rel.

Ons kan nie di stelsel vervang met informele maatrels wat deur werkers opgestel word nie. Informele maatrels is onvolhoubaar en sal werkers benadeel, het Zuma ges.

Die regering is toenemend bekommerd oor die voortslepende stakings in die Wes-Kaap omdat dit na ander dele van die land kan uitbrei.

Die minister van arbeid, Mil*dred Oliphant, het ook n beroep op partye gedoen om na die onderhandelingstafel terug te keer.

Die ANC in die Wes-Kaap het verlede week reeds n beroep op Cosatu en ander vakbonde gedoen om die Wes-Kaapse stakings te stop.

Net die werkers kan die staking afstel, het Cosatu se Tony Ehrenreich egter ges.

- Die Burger

Lukas
01-14-2013, 12:32 PM
http://www.dieburger.com/Opinie/HoofArtikels/Zuma-moet-beter-dink-oor-grondkwessie-20130113

Zuma moet beter dink oor grondkwessie
2013-01-13 21:20

Artikelopsies
Deel
Kry Die Burger op

Pres. Jacob Zuma se erkenning dat die regering nie sy doelwitte vir grondhervorming gaan haal nie, klink uiters hol in die afwesigheid van n deeglike ontleding van wat die ware redes daarvoor is. Dit hou boonop die gevaar in dat die regering die beginsel van vrywillige koper/verkoper laat vaar, sonder dat uit die foute van die verlede geleer word om sodoende n ordelike grondhervormingsproses te verseker.

Zuma moet dink aan die erkenning van Lechesa Tsenoli, adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, dat ook sy departement nie net die beginsel van vrywillige koper/verkoper nie skuldig is aan swak vordering met grondhervorming. Di erkenning verlede Februarie is in skrille kontras met Zuma, wat die vrywillige-koper/verkoper-beginsel alleen die skuld gee.

Intussen doen die houding van Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, min om die proses te bevorder. Boere word die sondebokke in die verhaal, terwyl die welwillendheid van alle partye van die uiterste belang is om te sorg dat die doelwit van ordelike grondhervorming nie skipbreuk ly nie.

Weens die onregte van die verlede het die land geen keuse as om grondhervorming deur te voer nie, maar dit moet op n behoorlike n regverdige wyse geskied. Die afgelope 18 jaar was grondhervorming n groot mislukking onder meer weens korrupsie, n gebrek aan staatshulp aan opkomende boere, en veral onbevoegde amptenare. Di onbevoegdheid kan die grondhervormingsproses kelder en voedselsekerheid in die land in die gedrang bring. Die kommersile boere, wat n groot rol in die grondhervormingsproses moet speel, vertrou eenvoudig nie meer die departement nie.

Intussen word gesloer met n deeglike grondoudit wat die onderbou van ordelike grondhervorming moet vorm. Terwyl daar nie duidelikheid is oor hoeveel grond in staatsbesit is of deur tra*di*sio*ne*le leiers en owerhede bestuur word nie, gaan die proses aanhou stotter. Om dan in hierdie stadium die beginsel van vrywillige koper/verkoper met die badwater uit te gooi, is moeilikheid soek.

- Die Burger

Lukas
01-14-2013, 12:44 PM
Onluste by Bloemhof is vandag nog stil. Daar het tot dusvr nog niks van die planne gekom om die N12 toe te maak nie.

Die onluste by Bloemhof iso or n staking wat by Dairy bell plaasvind. Dit gaan ook oor hor loone n die onluste is daar al vir langer a n maand aan die gang.

Die plaaslike polisie het glo volgens ons informasie opdrag gekry om nie in te meng nie en om veral nie by loongeskille betrokke te raak nie. Die plaaslike polisie moet glo hulle verhoudings in hulle gemeenskap bou. Wanneer nodig word die onluste polisie van Potchefstroom ingebring en daar is ook n sekuriteitsmaatskappy wat self met rubber gewapen is en wat self die skares van tyd tot tyd uitmekaarmaak.

Dit lyk nie of die loongeskil in Bloemhof vinnig opgelos gaan word nie en ons sal maar die webblad gebruik om mense te waarsku wanneer daar verwikkelinge op die N12 plaasvind.

Anoniem
01-14-2013, 03:22 PM
Dear Neasa member

According to news reports Harmony Gold has suspended production at Kusasalethu mine, warning it will close if a solution to the "lawlessness, violence and intimidation" is not found. Harmony Gold had started a consultation process in terms of the Labour Relations Act, which may result in possible retrenchments and the closing of the Kusasalethu mine. This might lead to 6200 jobs being lost.

This is just one of the consequences following the industrial unrest in the gold, platinum and coal sectors which originated in Marikana late last year.

The Kusasalethu mine scenario illustrates the complexity of the situation currently facing South Africa. On the one hand it is true that some workers are indeed earning extremely low wages. There are economic, historic, structural and a multitude of other causes for this. One also cannot ignore the fact that low income earners are finding it extremely hard to make ends meet; however, it is also true that the millions of unemployed South Africans pose an even bigger threat in the medium to long term future. This is indeed an extremely complex matter.

It is clear that this kind of industrial action which South Africa is currently experiencing in both the mining and farming industry (especially in the Western Cape), does not present a long term solution to these challenges for either employers or employees. Industrial action may force employers to make immediate concessions but it cannot secure long term employment.

Wages may be improved through forms of legislation (as is currently the case with the Minister of Labour in regards of farmworkers) or may come as a result of industrial action, violence and intimidation, but if these gains are not in line with economic realities, it will be artificial with no lasting benefits. Any increases which do not fit into a sustainable business model will inevitably lead to all kinds of undesired consequences which will eventually end up in unemployment.

The only lasting solution is proper education, a higher level of skills, higher productivity, the ability to compete in global markets and the ability to profitably manufacture locally. To create this kind of environment will require sacrifices and a changed attitude with all the role-players in the economy.

Kindest regards,

Anoniem
01-18-2013, 06:58 PM
(Gordon) Tommie Roux
Deur ALANI JANEKE
17 Januarie 2013
n Beweerde vermaning die grondoorlog kom binnekort wat mnr. Tony Ehrenreich,
streeksekratris van Cosatu, op Woensdag 16 Januarie 2013 in n toespraak op De Doorns
gemaak het, blaas geweld aan, s die Vryheidsfront Plus (VF Plus).
Luidens n berig in Die Burger het Ehrenreich di stelling gemaak terwyl hy aangekondig het
dat die sogenaamde plaaswerkerstaking vir n week opgeskort is.
Mnr. Pieter Groenewald, parlementre verteenwoordiger vir die VF Plus, s luidens n
verklaring Ehrenreich moet deur die land se leiers voor stok gekry word. Hy s uitsprake soos
di grens aan haatspraak en moedig geweld aan.
Daardeur s hy ook dat die ware motief agter die stakings van plaaswerkers in die Wes-Kaap
gaan nie oor lone nie, maar oor grond. Verantwoordelike regering vereis dat pres. Jacob Zuma
en sy ministers van Grondhervorming en Landbou moet ingryp en Ehrenreich repudieer,
aldus Groenewald.
Motief vir betogings
Baie vrae bestaan oor die motief vir die gewelddadigheid van die betogings in die Wes-Kaap.
Groenewald s inligting dui daarop dat die stakers meestal werkloses is en nie plaaswerkers
nie.
Dit wil voorkom asof die aanstigters dit onmoontlik wil maak vir boere om aan te gaan met
hul boerdery. Sodoende word gehoop die boere verlaat hulle plase en dan kan dit beset word
deur die werkloses. Ehrenreich het die kat uit die mou gelaat en moet verduidelik wat bedoel
hy met sy uitlating, s Groenewald.
Ehrenreich het volgens die berig aangedui die betogings sal op De Doorns voortgaan en dat
ander dorpe hulle ook nie tot die opskorting verbind het nie. Kapt. Frederick van Wyk,
provinsiale polisiewoordvoerder, het vroer aan Landbou.com ges die Polisie is oor die hele
provinsie ontplooi om vir enige gebeurlikheid gereed te wees.

Anoniem
01-18-2013, 07:02 PM
(Gordon) Aanvalle nie geduld, s premier
2013-01-18
DIE Vrystaat kan plaasmoorde eenvoudig nie bekostig nie en skerp optrede is nodig teen
diegene wat boere terroriseer.
Dt was gister die boodskap van Ace Magashule, die Vrystaatse premier, nadat n reeks
plaasaanvalle die provinsie die afgelope weke geruk het.
Magashule se uitspraak kom op dieselfde dag wat Nathi Mthethwa, die minister van polisie, n
bewustheidsveldtog oor plaasmoorde as n publisiteitsfoefie afgemaak het.
Die Vrystaat het die eerste drie weke van die jaar onder vyf plaasaanvalle deurgeloop waarin
twee mense vermoor is.
Magashule se segsman, Wisani Ngobeni, het ges die premier veroordeel plaasaanvalle en wil
sien dat aanvallers vinnig deur wetstoepassers vasgetrek word.
Die provinsie kan nie bekostig dat sy boere op hul plase geterroriseer word nie. Boere is
belangrike rolspelers in die ekonomie.
Ngobeni het ook n beroep op die publiek gedoen om die polisie te help met inligting wat kan
lei tot die inhegtenisneming van aanvallers.
Die burgerregte-organisasie AfriForum het gister sowat 100 briewe van mense wat direk deur
plaasaanvalle geraak is, aan Mthethwa oorhandig.
AfriForum het ges die slagoffers eis van die minister om sy stilswye te verbreek deur
plaasmoorde tot n prioriteitsmisdaad te verklaar.
Di versoek is in pas met beroepe uit die georganiseerde landbougemeenskap, wat veral
bekommerd is omdat plaasaanvalle n negatiewe impak op voedselsekerheid en
werksverskaffing het.
Belinda van Noord, wie se pa en broer dood is n n skietery in n rooftog kort voor Kersfees,
het gister toe sy n bundel met briewe van 100 slagoffers van plaasaanvalle aan n amptenaar
in die kantoor van Mthethwa in Pretoria oorhandig het, ges: Ons land is in die moeilikheid.
Ons het dringend hulp nodig en die enigstes wat ons kan help, is die polisie.
Volgens Van Noord werk haar stiefma, Alet (55), nou in die slaghuis op Geluk buite Brits waar
haar pa, Gerhard Rudolph (65), verlede maand doodgeskiet is. Haar broer, Gerrie (31), is in
dieselfde aanval ses keer geskiet. Hy is sowat twee weke later dood.
Sy het ges haar stiefma vrees elke dag dat die aanvallers gaan terugkeer, maar sy het geen
ander keuse as om daar te werk nie omdat dit haar enigste bron van inkomste is.
Misdadigers regeer die land terwyl ons by ons huise sit en te bang is om uit te gaan.
Mthethwa se kommentaar by monde van sy woordvoerder op die briewe was dat dit n
publisiteitsfoefie van AfriForum is.
AfriForum het in reaksie hierop aan Mthethwa ges: Gaan s vir die slagoffers dit was n
publisiteitsfoefie.
Volgens genl.maj. Chris van Zyl, TLU SA se assistent-hoofbestuurder: beleidskakeling, is 51
mense verlede jaar in Suid-Afrika in 141 plaasaanvalle vermoor.
In die Vrystaat was daar ses sterftes in 22 plaasaanvalle.
Van Zyl het gister sy kommer uitgespreek oor die toename in plaasaanvalle in di provinsie.
Hy s die vyf aanvalle sedert 1 Januarie is gelyk aan n derde van die plaasmoorde wat verlede
jaar in die Vrystaat gepleeg is.
Volgens dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies, is die aantal aanvalle in di
provinsie kommerwekkend.
Hy het ges plaasaanvalle het oor die afgelope jare afgeneem, maar hy hoop nie die gety het
nou gedraai nie.
)Drie van die plaasaanvalle in 2012 het in die Noord-Kaap voorgekom. Van Zyl het di
provinsie beskryf as tradisioneel die veiligste wanneer dit by di misdaad kom.
Johan van Rensburg, hoofbestuurder van Agri Noord-Kaap, het ges veediefstal en
plaastoerusting wat gesteel word, is egter n groot probleem. Ons is baie dankbaar dat ons nie
dieselfde intensiteit van plaasaanvalle as in ander provinsies het nie, het Van Rensburg ges.
Hy skryf die lae voorkoms van aanvalle toe aan die feit dat di provinsie so uitgestrek is met
relatief min mense in vergelyking met ander provinsies.
Jongste plaasaanvalle
* Woensdag is Malani Pitout (48) van die plaas Malana by Kroonstad met n knopkierie oor die
kop geslaan.
* n Plaasaanval buite Warden is Sondag deur die flink optrede van die polisie, lede van die
Warden-landbouvereniging en di veiligheidskomitee gefnuik.
* Die polisie het Dinsdag afgekom op die lyke van Annetjie (74) en Ernst (75) van Rooyen in
die snoepwinkel op hul plaas Somerset in die distrik Parys.
* Volgens Van Zyl is die boer James du Pisanie (62) en sy plaaswerker op 10 Januarie by
Viljoenskroon op die grens tussen die Vrystaat en Noordwes aangeval.
* Op 6 Januarie is Jannie du Plessis (64) en sy vrou, Stinnie (59), in die distrik Villiers
aangeval. Jannie is in die maag geskiet en saam met sy vrou minstens agt uur lank in hul
kluis toegesluit.k

Anoniem
01-18-2013, 07:05 PM
Double murder shakes sleepy town
January 15 2013 at 10:47am
By Natasha Prince
Cape Town - Shocked Kommetjie residents are still trying to make sense of the death of a
couple found shot dead in their home last week.
On Thursday at around 8.30am, Ocean View police attended a murder incident at a house
in Clan Monroe Avenue where they found the body of 51-year-old Antonet Hestermann, said
provincial police spokesman Captain Frederick van Wyk.
Her body was found on a bed in the bedroom, with gunshot wounds on the right side of her
head and chest.
Her husband, 52-year-old Martin Hestermann, was found on the couch with a gunshot wound
to his abdomen. He was taken to Vincent Pallotti Hospital, where
he was declared dead.
Police found his .38 Special revolver on a chair in the bedroom.
Jonathan Bakker of Komwatch - the neighbourhood watch for the area - said they had
responded when reports of the shooting were radioed in, but stood back when police took
charge of the incident.
It was such a huge shock for everyone shootings never happen in Kommetjie, he said.
A distraught neighbour who said she was friends with the Hestermanns described them as a
lovely couple.
Another neighbour, Laura Hewgill, said she did not hear any shots in the hours before the
bodies were found.
Hewgill said the couple had recently organised a get-together for neighbours and friends at
their home.
Im still trying to wrap my head around what could have happened.
Antonet was a very bubbly, friendly person Im so shocked.

Anoniem
01-18-2013, 07:09 PM
Parys-plaasmoord: Man, vrou in hof
2013-01-18 08:09
Johannesburg Twee verdagtes wat daarvan aangekla word dat hulle n bejaarde egpaar op n
plaas buite Parys in die Vrystaat vermoor het, verskyn binnekort in die dorp se landdroshof.
Paul Ramaloko, n woordvoerder vir die Valke, s die 46-jarige vrou en 30-jarige man sal tereg
staan op aanklagte van moord en roof. Hulle is op n nabygele plaas met gesteelde items van
Ernst en Annetjie van Rooyen betrap.
Die oorledenes, wat albei in hul 70s was, se lyke is vroer die week in 'n snoepwinkel, wat
hulle uit hul motorhuis bedryf het, gevind.
Die vrou se lyk is in n kisvrieskas gevind, terwyl haar man se lyk op die vloer van die winkel
gekry is.
Thandi Mbambo, n polisiewoordvoerder, het ges die egpaar se huishulp het op die gru-
toneel afgekom.
Di moord kom enkele dae nadat n bejaarde egpaar van Belfast, Mpumalanga, ook vermoor
en in n vrieskas gedruk is.
Twee verdagtes is reeds in verband met di gru-moord op Rudolph van Heerden en sy vrou,
Elma, vasgetrek.
Die egpaar, wat albei 79 jaar oud was, is met 'n stomp voorwerp oor die kop geslaan. Hul
hande en voete is ook met kabels vasgebind

499
01-18-2013, 09:43 PM
In die laaste ruk was protesaksies/onluste groot nuus en het nogal wye dekking in die media gekry. Elke tweede ou op die tv gee sy eie rede vir deelname en dinge lyk erg as jy na die skade kyk wat op partyplekke aangerig was.

N mens kan jouself dan af vra hoe werk die hele gedoente en n primere probleem is hoe raak dit my en jou.

Iets wat ons nogal baie kry is dat die algemene ou met n halwe vrees kyk begin vra vra oor die goed wat hom pla.

Vra soos hoekom,waar,wanneer,watse skade,wie is betrokke en n algeme opvatting om die goedoente te verstaan.

Iets wat elkeen van ons kan onthou is dat die tipe aksies beplan word om uiting te gee aan n kwessie wat onder normale omstandighede nie opgelos kon word nie.

Omdat die aksies n beplanning het moet daar n leier element en sameroepers wees en om sukses te verseker moet die boodskap mooi gekommunikeer kan word. Al die rolspelers wat betrek gaan wees is in kennis gestel bv die polisie wat moet weet, wie in wattersterkte gaan op watse roetes beweeg om algemene veiligheid vir almal te handhaaf.

Met die laaste aksie in De Doorns het meeste gemeenskapslede 2 dae voor die tyd geweet die protesaksie gaan voort op die 9 de.

Soos ek hierbo geskryf het weet ons dat die aksies georganiseerd is en dat die dit amper die laaste vorm van verset is omdat die protesgangers nie n behoorlike oplossing vir hul probleme gekry het nie.

Ok nou die volgende vraag is hoe lyk so n demonstrasie.

Per sy manifisteer die aksies dmv groepies wat begin saamdrom waar die sameroeper almal byeen kry om beweging aan die gang te kry. Die hele plan en uitleg ward aan die mense gegee en dan begin die dinge beweeg.
Om veiligheid en vloei te help sal jy n "marshall " aan die kant sien om die groep bymekaar te hou.

Soos die aksie momentum opbou( dans en sang om die gemoed sterk te hou) kan n ou aan elke flak van die groep so dan en wan n persoon op groepie sien wat n asblik en iets sal omgooi om hul misnoee te kenne te gee. ( Die outjie wys maar net eintlik vir die groete groep die saak is nog reg en probeer twyfel verwyder)

Waneer daar by die eindbestemming aangekom word word daar n griefskrif/memorandum oorhandig aan n kontak persoon ( om die onderhandelings tafel oopte hou) en die skare gaan dan uitmekaar.

So n tipe optog is gewoonlik vreedsaam en bitter min geweld is te bespeur.

Wanner ons van geweld praat moet daar altyd in ag geneem word dat geweld eintlik net gebruik word as nodig en dat meeste mense wat nie wil deelneem aan so n aksie geintimideer moet word om deelteneem om getalle aantehelp.

Nou vir die doen gedeelte.

1. Die ou wat net verbyry en nie deel is van so n optrede nie.

Wat jy kan doen om jouself en eiendom te beskerm is om nie deelteneem nie.
Die aksie te vermy of jou eiendom bv jou motor weg te skuif vanaf die skare
Jou winkel te sluit en dalk n versperring voor die vensters aantebring.

In die laaste tyd was daar baie protesaksies op die paaie en dit sal goed wees om die geaffekteerde gedeeltes te vermy.

As jy nie kan nie dink dalk aan die volgende
Wat lekker werk is om baie vroeg in die oggend( net na eerste lig) jou kans waarteneem want dan is daar min beweging op die pad en jy kan ook lekker n verdwaalde klip of band vermy.

Kontak jou naaste polisistasie as dinge snaaks begin lyk of as jy nie seker is hoe die situasie op die grond is nie. Dit geld ook as jy iemand in die omgewing ken.

Probeer by mense wat geaffekteer kan word deur so n aksie vooraf kennis te verkry bv jou werknemers,vervoermense en mense wat op sosiale en maatskaplike vlakke werk

Luister na die plaaslike radio/sosiale media ensovoorts( media mense is nogal goed om op sulke tonele te wees waar dinge gebeur)

Basie gebruik net jou commen sense.

Vir die eienaar wat betrek gaan word in die aksie sal dit goed wees om goeie verhoudings te smee met jou werknemers om die hele proses te ontlont voordat dinge skeef kan loop

Wees altyd oop vir die probleme wat jou mense met jou wil bespreek maar hou altyd jou persoonlike veiligheidsplan aktief.

Ek sal baie daarvan hou as die lesers nog iets het om bytelas asook alle protesaksies/onluste ens hier wil plaas.

Groete

Anoniem
01-19-2013, 01:22 AM
Godsbestiering dat man leef n aanval
2013-01-18 05:55
WELKOM. Japie Truter (65) van Allanridge, wat
gedeeltelik verlam is n n aanval op hom Maandagoggend by sy huis, is positief dat hy
ten volle sal herstel.
Hy het gister fisioterapie in die Bongani-hospitaal begin kry.
Truter, wat verskeie kap- en steekwonde deur die gemaskerde man toegedien is, het gister
in die hospitaal ges dit is n Godsbestiering dat hy nog leef. Dit is ongelooflik hoe jou
lewe binne sekondes kan verander. Hy s hy het die man met n hoed op die oggend by
sy hek sien inkom. Toe hy die huis se deur oopmaak om te sien wie dit is, het die man,
wat intussen n klapmus oor sy gesig getrek het, n harde geluid gemaak en hom dadelik
met n skerp voorwerp begin steek. Hy het n doek om die handvatsel daarvan gedraai
gehad.
Truter s n een van die diep steekhoue in sy nek of rug het hy dadelik gevoel hoe sy
linkerkant lam word. Ek het die balaklawa van die man se gesig probeer aftrek, maar hy
het weggeruk.
Hy het nou net gedeeltelike gevoel in sy linkerbeen, en sy linkerarm- en -hand is
heeltemal lam.
Truter het baie jare by Volksblad se susterkoerante Die Burger en Beeld as senior kopie-
insetter gewerk voordat hy op Allanridge kom aftree het. Hy versorg sy gestremde suster,
Miemie, en is baie bekommerd oor haar alleen by die huis terwyl hy in die hospitaal is.
Hy was in 2005 in die nuus toe hy n inferno van muurho vlamme getrotseer het om n
man se lewe te probeer red. Hy het op n brandende motor in n veldbrand buite
Kroonstad afgekom en die brandende klere van die man se liggaam geruk en in die proses
sy eie hande gebrand. Die beseerde is egter later in die hospitaal dood.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Godsbestiering-dat-man-leef-na-aanval-20130117

blok506
01-19-2013, 07:12 AM
Cosatu soek net nog lede om verlore steun op te bou, dis hoekom hy in die Kaap kom wei, dieselfde tyd kry hy n hou in op die DA. Tony is nie n boer nie en weet nie waarvan hy praat wanneer dit kom by plase nie. Die hele staking soos almal wat hulle dryf word op valse persepsies gedryf, n kommunis se wapen.

456
01-19-2013, 10:53 AM
Ek het Donderdag n intresante gesprek gehad met n polisieman waar ons n staking ge monitor het. Hy het vir my gese dat die stakings oor n groot deel van die land begin het op die 9 de Januarie. Dit is, volgens hom, agv Zuma se toespraak op 8 Januarie 2013.

Ek weet nie wat Zuma alles gese het nie, maar grondhervorming was een van die dinge.

Anoniem
01-19-2013, 01:55 PM
Bejaardes op kleinhoewe in BFN aangeval
Posted by Sun van Heerden
Pieter en Elsa Kolver van Bainsvlei naby Bloemfontein is Saterdag omstreeks 05:00 op
hul kleinhoewe aangeval.
Twee verdagtes het die slot in die agterdeur gebreek en op die paartjie afgekom waar
hulle l en slaap het, het lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie in die
Vrystaat, aan Maroela Media bevestig. Die egpaar is onderskeidelik 58 en 55 jaar oud.
Die verdagtes het die paartjie met toue vasgebind. Pieter is later in sy arm en maag
geskiet. Elsa is veral in haar gesig ernstig aangerand, het Mbambo verder ges.
Die verdagtes het n kluis met twee .38-rewolwers gesteel. Niemand is nog in verband
met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die paartjie is by die Mediclinic in Bloemfontein opgeneem. n Woordvoerder van die
Mediclinic het aan Maroela ges die egpaar is steeds by noodgevalle, en hulle het baie
seergekry. Die woordvoerder wou in die stadium nog nie verdere inligting bekendmaak
nie.

http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/bejaardes-op-kleinhoewe-in-bfn-aangeval/

499
01-21-2013, 07:37 AM
http://www.rsg.co.za/nuus.asp

Die polisie het 87 mense in hegtenis geneem in verband met gister se betoging en plundery van winkels in Sasolburg in die noord-Vrystaat. Betogers het winkels wat aan buitelanders behoort geplunder, nadat hulle die strate ingevaar en munisipale geboue beskadig en paaie versper het. Hulle het ook motors en ambulanse met klippe bestook. Die betogers s hulle is gekant teen die inlywing van hulle munisipaliteit by 'n ander een. Die polisie se openbare orde-eenheid se hulp is ingeroep om die skare uiteen te jaag. Die woordvoerder van die polisie, Peter Kareli, s 48 mense is in hegtenis geneem weens die besit van gesteelde goedere en 'n verdere 39 is weens openbare geweld aangekeer.


http://m.news24.com/news24/SouthAfrica/News/Sasolburg-protest-flares-up-again-20130121


Sasolburg protest flares up again

View*3*comments
Comment on this story
12 minutes ago
Sasolburg - Residents of Zamdela township in Sasolburg continued to protest against municipal demarcation plans and barricaded roads on Monday morning, Free State police said.
"The protests started again just after 05:00 today [Monday]. Main roads into the Zamdela township have been barricaded...tyres are burning," said police spokesperson Constable Peter Kareli.

Learning had come to a standstill as children in the township stayed away from schools in the morning, he said.

The protests started on Sunday when residents came out of a meeting about municipal demarcation.

Arrests

They were apparently unhappy about plans to merge Sasolburg into the Ngwathe Local Municipality, which Parys falls under.

Nearly ninety people were arrested and charged with public violence on Sunday after they went amok and looted shops in the township.

"More people were arrested at around 03:00 this morning [Monday] as they continued to loot shops," Kareli said.

The total number of those arrested since Sunday has not been officially tallied yet, but it is estimated that almost 150 were arrested.

Those who were arrested on Sunday are expected to appear in the Sasolburg Magistrates' Court on Monday to face charges of public violence.

SAPA

Johann S
01-21-2013, 09:25 AM
Ek mag verkeerd wees, in ag genome die bree prentjie met alles wat aan die gang is lyk dit of die sweer oop bars. Dinge begin nou lyk of dit al hoe meer geweldadig gaan word, al hoe meer stakings en hier sit ons met die eerste gedeelte om die ekonomie te breek.

Hoe lank alles gaan hou wonder n mens.

Lukas
01-21-2013, 04:33 PM
Hennenman het ook vandag deurgeloop. Ek weet nie of dit net die lokasie was nie maar die betogers het vanmre vroeg om 03:00 bymekaargekom en begin om uitlanders se winkels te plunder.

In Sasol vertel Dawie vir my dat die plunderaars met kos gemotiveer was om winkels te plunder. Dit begin dan ’n nuwe prentjie skep. As kos die werklike motiveerder vir die onluste is, gaan dit verseker erger word wanneer kospryse begin styg.

Ek kon tot nou nog nie gehoor het wie in Hennenman of in Sasol vir die onluste verantwoordelik was nie. Die Nuus wat ek van Lonmin gekry het, was dat groot getalle van die betogers wat van Num. af weggeloop het, tydens arbitrasie verhore verkies het om deur NUM. Verteenwoordig te word. Omdat die ander Unies wat die werkers tydens die onluste hanteer het, nie geweet het hoe om die verrigtinge te hanteer nie. Het Num. glo ingetree en ’n groot getal van sy steun in die Lonmin myn herwin.

Dit is ’n redelike klap in die Amcu se gesig en die stryd om die mynbedryf is dan nie soos wat ek gedink het, reeds uitgeklaar nie. Daar gaan nog groot gevegte wees en die vermoede is dat die gevegte tussen die unies kan uitbreek om hulle verlore grondgebied te herwin.

Johann S. n Mens vergeet vinnig. Maar as ek reg onthou het dit Mugabe net vier jaar geneem om sy land se ekonomie totaal te breek.

Net n vraag: Was Sasol en Hennenman die enigste plekke wat die afgelope twee dae oproerig was ?

499
01-21-2013, 10:38 PM
Ek dink dit was net die 2 vir vandag.

Op die statestiek is daar huidiglik elke 2 dae n protesaksie.

Die volgende een is n march in De doorns Donderdag waar Fawu n memorandum vir vrede by die polisiestasie sal oorhandig.

Die shopstewards is laat weet die oorhandiging gebeur nie meer vrydag middag soos beplan nie maar n dag vroeer.

Unregistered
01-22-2013, 01:31 PM
Dit was ook gister staak en plak in die pad by Freshmark in Brackenfell. Alles baie ordelik met die gereg wat hulle onder beheer hou.

Lukas
01-22-2013, 01:49 PM
Sasol is vandag glo weer onder druk. So lyk die sms wat ek gekry het.

Dinge glo baie sleg in Sasol. Hulle is glo gewapen, keer mense vas en buitelanders vlug. 10 000 op pad na wit deel

Opvolg

Die polisie het hulle gekeer. Hulle het van die buurdorp Deneysville geplunder. Die volgende plan is moontlik om raadslede se huise te brand omdat die primier nie met hulle praat nie.

Die loksie swartes word nou teen die wat in die dorp bly opgesteek en dit klink of hulle uit woede beplan om groot kettingwinkels af te brand.

Die polisie hou hulle nog uit die dorp en dit lyk of die weermag ook opgedaag het.

Groetnis


Die polisie hou hulle nog uit die dorp en dit lyk of die weermag ook opgedaag het.

Lukas
01-22-2013, 02:10 PM
Vandag is een van ons voertuie by Ellisras met klippe gegooi en mre sal die onluste seker weer sy kop uitsteek. Ons is op die oomblik baie min betrokke en monitor net die staking soos wat dit eskaleer. Gister het van die kontrakteurs erken dat hulle in November ’n fout met die salarisse gemaak het.

Raai nou net watter kontrakteurs sal sulke groot glipsies maak ?

Unregistered
01-22-2013, 03:10 PM
Dis apartheid se skuld.

Unregistered
01-22-2013, 03:59 PM
Vandag is een van ons voertuie by Ellisras met klippe gegooi en mre sal die onluste seker weer sy kop uitsteek. Ons is op die oomblik baie min betrokke en monitor net die staking soos wat dit eskaleer. Gister het van die kontrakteurs erken dat hulle in November n fout met die salarisse gemaak het.

Raai nou net watter kontrakteurs sal sulke groot glipsies maak ?

M&R? Ek raai Lukas, is dit hulle?

Alet

Unregistered
01-22-2013, 04:14 PM
100% Alet. Hoe weet jy dit ? Hahah

Koos 1
01-22-2013, 04:19 PM
Oom Koos. Jy is ook mos by Standard bank. Kan jy nie hier help nie ?

95

Unregistered
01-22-2013, 08:52 PM
Wat se die reg as jy my bakkie klippe voer, kan ek jou n loodpil voer?

Lukas
01-22-2013, 09:02 PM
Dit is baie moeilik. Wanneer jy vasgekeer word kan dit dalk n skoot regverdig. Maar wanneer jy kan wegkom gaan jy sukkel om n doodskoot in die hof te verduidelik.

Dit is hoe ek dit verstaan.

Unregistered
01-22-2013, 09:33 PM
Naand Almal,
Net n koreksie dit is in Heilbron nie Henneman nie. Hulle het by die dorp ook probeer moeilikheid maak.
Grte, BlackWattle

Unregistered
01-22-2013, 09:59 PM
Dankie BW. Lukas ek onthou verlede jaar in die Kaap het n jong man sy lewe verloor deur n staking waar n baksteen deur die vooruit van sy trok gegooi was deur stakers. Die wet sal baie vinnig moet verander en die geweld waarmee stakings gepaard gaan sal geklas moet word as onwettig en vigilanti daarmee saam sal ons n bedreiging met meer agressie wettig met n skoot of twee as noodweer kan klas. Ek dink meriete vir so n saak is reeds geldig. Staan vas

Lukas
01-22-2013, 10:54 PM
BlackWattle Die info wat ek van Hennenman gekry het, was akkuraat. Daar was ook ’n gerug van Deneysville en nou hoor ek van jou dat Heilbron ook deurgeloop het. EK sal mre vir Tampies in Heilbron bel om te bevestig.

By Hennenman was hulle aggressie in die lokasie teen Indir winkels gemik. So vr ek weet het dit nooit so vr as die dorp gegaan nie.

Ek het toe met ’n swart persoon wat in die Sasol omgewing gepraat en toe verneem dat GroundWorks en EarthlifeAfrica nie aan hulle onbekend is nie. Hulle het in die maande voor die humeure gestyg het, gehoor hoe die vuil lug Sasol hulle kinders asma gee en hoe die riviere deur die myne besoedel word dat mense net deur met die rivierwater in kontak te kom, baie siektes gekry het. Die radio stasies was glo ook gebruik om die mense van die aanslag teen die natuur bewus te maak.

Dit versterk my vermoedens dat die groen organisasies bewustelik of onbewustelik die emosies so opjaag dat die politici vatplek in die mense se harte kan kry.

Ons grootste onluste sal volgens my na Julie 2013 begin kop uitsteek omdat die groen organisasies volgens my informasie dan voel dat hulle gereed sal wees.

Groen organisasies behoort nie aan die sosialistiese beweging nie. Maar invloedryke sosialiste is wel deel van die groen beweging en gebruik dit tans tot hulle voordeel.

Sasol staak hulle oor die samesmelting met Parys. Vereniging Sebokeng gaan hulle staak omdat regeringsgrond wat vir Hob huise gemerk was aan ryk mense verkoop is.

In Hennenman staak hulle omdat die uitlanders geld uit die gemeenskap maak en waarskynlik ook omdat die uitlanders in hulle winkels slaap en nie huis huur betaal nie.

Wat die rede in Deneysville en Heilbron is weet ek nie maar ons kan teen mielie oestyd ook ’n lone geskil by die mielieboere verwag.

In die Wes-Kaap weet ons reeds wat die verskoning is en daar is gerugte dat die stakers ’n R100 per dag betaal word om te staak.

Wat die mynbou betref lyk dit of Anglo besig is om uit Suid-Afrika te onttrek. Die Nasionalisering plan het nie mooi van die grond gekom nie en die poging om Tokyo en Malema daarvoor te gebruik het misluk. Nou lyk dit of die myne aan Sjinese verkoop word.

Van nou afgaan daar gereeld stakings wees en voor die Unies nie suksesvol vir terrorisme aangekla gaan word en finansieel tot verantwoording geroep gaan word vir die skade wat deur hulle lede aangerig is nie, gaan nie veel verander nie.

Dit is hier waar politieke bewegings soos AfriForum, Agri Suid-Afrika TLU Die DA en die Vryheidsfront nou hulle staal moet wys om regstappe teen die unies te begin en deur te voer.

Lukas
01-22-2013, 11:07 PM
Naand Staan vas. Ek is nie n kenner van die wet nie maar wat ek verstaan is as volg. Die wet werk mos op die maat van n redelike persoon. Dit beteken dat ander mense in jou omstandighede waarskynlik presies dieselfde sou optree as wat jy opgetree het.

Op die oomblik sal daar baie meer mense deur stakende massas beseer en gedood moet word voor die hof n skietery van jou kan af, as n geregverdigde optrede sal aanvaar.

Daar is glo een staker in Sasol dood omdat n motoris geskiet het. Wat vir my baie interessant was dat die vrou op die nuus pertinent ges het dat die staker dood is nadat die motoris n skoot in die grond geskiet het.

So vr ek weet is waarskuwingskote onwettig omdat dit gevaarlik is en onskuldige mense kan tref. Met ander woorde as die polisie die man wat geskiet het, moet vervolg, kan die staat se verweer maklik bewys dat die persoon wat geskiet is, onskuldige meeloper was.

Die man wat geskiet het se prokureurs sal baie hard moet werk om te bewys dat die man se lewe in gevaar was en dat slegs die massa wat hom vasgekeer het deur die skoot wou ontmoedig om hom in sy voertuig aan die brand te steek.

Dit sal n interresante saak wees omdop te hou. Dit is nou as die polisie die man gevang het. Maar indien die man moontlik swart was, sal ons waarskynlik nooit weer van die saak hoor nie.

462
01-22-2013, 11:10 PM
Lukas, ek het vanmiddag met n dame van Heilbron gepraat. Die besighede het om 14h00 toegemaak en hulle is huis toe gestuur. Sy werk vir n ing. firma.Sy se die betogers het toe nog nie in die dorp self gewees nie maar het in die lokasie daar naby betoog.

Lukas
01-22-2013, 11:20 PM
Baie dankie.

Dan kan jy more vir ons meer uitvind. Maar ek dink dat ons ou mense nou eers gaan slaap. Hahah

Groete

Johann S
01-23-2013, 11:04 AM
As ek die Staking ding so kyk kan hierdie die inleiding tot n nood toestand word waarby alle unies en hulle optredes streng beheer word. Dit kan dan weer lei na n "genootsaakte" verandering van die grondwet wat die staat sy yster houvas op die publiek sal gee. Onder andere kan die vuurwapen wet en ander wettige prosesse onder self verdediging ne noodweer ook moontlik deurloop.

Dit is maar net n raai skoot die maar ek sien met si iets n gulde geleentheid, hoe ver af kan die sienswyse wees van julle projeksie tot en met 2018 - 2023?

Anoniem
01-23-2013, 11:11 PM
Noord-Vrystaatse dorpe stel noodplanne in werking
2013-01-23 05:55
PLAAS- en dorpsveiligheidstrukture se noodplanne is
gistermiddag in die Noord-Vrystaat in werking gestel nadat honderde oproermakers gedreig
het om Heilbron se strate uit die woonbuurt Phiritona in te vaar.
Ouers op die naburige dorp Koppies is per SMS laat weet hulle moet hul kinders uit die
skool en nasorgsentrums haal en huis toe bring as voorsorg teen moontlike onrus.
Die oproermakers op Heilbron is by die uitgang van die township deur die polisie met
waarskuwingskote uiteengejaag, s ooggetuies.
Teen gistermiddag het die polisie, wat versterk is met lede uit omliggende dorpe, die
gebied gepatrolleer.
Joernaliste is deur inwoners van Phiritona, asook die polisie, gewaarsku om nie di
woonbuurt binne te gaan nie.
Ao. Zweli Moholebeli, polisiewoordvoerder, het ges oproermakers het buitelanders se
winkels in die woonbuurt geplunder en beroof.
Twee polisievoertuie is ook beskadig.
Teen vroegmiddag was die meeste ondernemings in Heilbron se sakesentrum en
nywerheidsgebied gesluit.
Die dorp- en plaaswag was op n gereedheidsgrondslag en inwoners het die beheerkamer
op Heilbron oorval met navrae, asook met aanbiedinge om te help met die beveiliging van
die dorp.
n Sakeman het ges hy is bekommerd dat die polisie dalk nie die vermo het om sake-
ondernemings teen n groot aantal oproermakers te beskerm nie.
Die Heilbron-beheerkamer is gereeld in kontak met alle omliggende polisiekantore in die
Noord-Vrystaat.
Mense wat inligting verlang oor die situasie in hul gebiede kan die beheerkamer bel by
058-852-1552.
Mense hoor baie keer n gerug en wil weet of dit waar is. Ons maak kontak met die
polisiekantore en vind uit, s John Keogh, voorsitter van die Heilbron-plaaswag.
Die beheerkamer is ook beskikbaar op die Marnet-stelsel se kanaal 2.
- Volksblad

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Noord-Vrystaatse-dorpe-stel-noodplanne-in-werking-20130122

499
01-24-2013, 10:27 AM
News24 Home > South Africa
Harmony workers to protest at mine

View*13*comments
Comment on this story
2013-01-24 07:29
Johannesburg - Workers at Harmony Gold's Kusasalethu mine plan to protest on Thursday against retrenchments and a lock-out from hostels.

On January 3, the mine gates were closed and workers were told that the mine was shut down until further notice. About 500 miners were denied access to the hostel. Many slept outside the gates.

The company closed its operations at the end of December, but said it would continue to pay the basic salaries of workers.

According to the company's website about 5 200 employees would be affected if the mine closed permanently.

The Business Day recently reported that workers were given until March 7 to resolve their complaints or face retrenchment.

Harmony CEO Graham Briggs warned in an open letter that role-players had 60 days to save the mine.

The letter said murder, violence, intimidation and damage to mine property prompted the decision to suspend operations at the mine near Carletonville.

He told Business Day that no company could operate in such an environment.

Unprotected labour action at the mine in October and December caused huge production losses.

The publication said the mine was expected to report a cash operating loss of R150m for the December quarter, and a negative cash flow of R252m.

SAPA

Unregistered
01-24-2013, 12:00 PM
Regoor Goedgevonden is die mense besig om die pad na Derby toe te mak met klippe en bande. Die Polisie is ook reeds op die toneel

Unregistered
01-24-2013, 12:10 PM
Kreef vissermanne is woedend vir die regering wat vir hulle R160 per kilogram belowe het en nou net R125 per Kg betaal.

Die ongelukkigheid kan ook in onluste ontaard

Unregistered
01-26-2013, 10:54 AM
Die Rand se waarde het in die paar dae van die Sasolburg onluste van R 8.55 tot die Dollar tot R 9.02 verswak. Dis 'n verswakking van 5.5%. Dit kan geintrepeteer word as 'n verlies in vertroue deur die buiteland in Suid Afrika as beleggings bestemming van 5.5% in 'n kwessie van 3 dae.



Sasol is 'n Wereld leier met die Gas to Liquid proses om aardgas in skoon diesel sowel as petrol te verander. Sasol het aanlegte wereldwyd en maak aanspraak daarop as een van die maatskappye wat die meeste buitelandse valuta die land inbring. Trevor Manual het per geleentheid gese hy is bly MK kon nooit regkry om Sasol op te blaas nie aangesien dit vandag so groot bate vir SA is.



Sasol is vandag 'n wereldwye huishoudelike naam. Mense in SA en wereldwyd kan nie anders as om Sasolburg as die setel van Sasol te sien nie. Sasol word as 'n indikator gesien deur die wereld om die stabiliteit en welstand van die ekonomie in SA te meet.



Daar is heelwat ander sogenaamde "Blue Chip" Maatskappye soos Anglo en veral Amlats, Mittal sowel as die sukses van projekte soos Medupi en die Group Five pyplyn na Durban ens wat die SA ekonomie se stabiliteit mee gemeet kan word.



Gevolgtrekking



Die propaganda waarde daarvan om Sasolburg en ander "Blue Chip" maatskappye in die nuus te kry is vir die anargiste van onskatbare waarde in hulle stryd om SA te verwoes.



Dit kan die rand in die niet laat verdwyn sowel as buitelandse beleggers noop om hulle geld te ontrek en alle projekte te staak.



Interesant



Die Sasolburg onluste is net op ys gesit en nie ontont nie. Op die stadium word dit gespaar vir die spreekwoordelike rainy day soos die anargiste praat.

Unregistered
01-26-2013, 01:00 PM
Mag ek vra met betrekking tot JohannS se stelling/vraag `hoe ver af kan die sienswyse wees van julle projeksie tot en met 2018 - 2023?`

Waar kan ek my kennis verbreed rakende jul projeksie?

Unregistered
01-26-2013, 04:14 PM
Jakaranda. Jy gaan lank soek maar jy kan solank by www.zabalaza.net begin om na jou antwoorde te soek. Hulle het waarskynlik teen nou weer hulle naam verander maar jy sal daar nog baie uit die argiewe kan leer.

Lukas
01-26-2013, 05:06 PM
Anoniem.

Soos wat ek dit het, is die sunset clauses gedurende 1992 ingestel en sou dan of tydens die 1994 verkiesing tot n end kom of dit sou aan die einde van die eerste termyn in 1998 afgehandel gewees het.

Vertel maar wat ek verkeerd verstaan.

WAT DIE STAKINGS BETREF:

Johann S. Ek hoop dat jy ons kurwe wat ons n paar jaar gelede gebou het en wat die geweld vlakke voorspel het, afgelaai en bestudeer het.

Ek het n vermoede dat hierdie vlaag stakings en onluste nog nie heeltemal verby is nie. Noem dit nou maar die eerste golf wat 9 Jan 2013 hervat het. Hierdie Stakings het laat in verlede jaar begin en skynbaar net vir Kersfees gebreek. Ek dink nie dat ons al so iets gesien het nie.

Wat ons kurwe betref lyk dit of ons 2010 projeksie redelik akkuraat is. Ons het voorsien dat die hitte teen 2012 - 2013 sigbaar gaan word en dit was so. Maar hoe vergelyk dit met die vyf tydbomme en wat hat aan die bestaande kurwe verander ?

Ek is redelik seker dat dit wat ons nou sien, die begin van die kondisionering vir die tydbomme is. Die Aanslag teen nuwe kragsentrales wat gebou word, is deel van n plan om die elektrisiteit pryse buite beheer te laat styg.

Die aanslag teen die Landbou is n poging om kospryse vir die toekoms so te benvloed dat kos vir die werklose ook onbekostigbaar gaan word.

Sasol is ook interessant omdat die hele Sasol n Nasionale bate is wat ons geldeenheid nadelig kan benvloed. Wanneer ons Rand swakker word, word ons Brandstof duurder . Baie duur brandstof gaan kospryse, taxi fooie genoeg verhoog om uiteindelik die nasionale staking teen brandstofpryse ook te regverdig.

Wat ons nou sien is nog nie die tydbomme nie. Wat ons nou sien is die voorbereiding wat regverdiging aan die tydbomme sal gee.

Ons het in n stadium vir Malema in ons prentjie ingewerk. Vandag lyk dit of ons nooit weer van hom gaan hoor nie. Maar of ons van hom gaan hoor of nie, hang nie 100% van die ANC af nie. Malema het ander vriende wat nie net in die ANC sit nie maar wat ook sentimente by ander organisasies het.

Maar Malema is ook vriende met die DSM wat tans baie besig is om veld te wen, maar een ding het ek raakgesien en ons moet so bietjie ons o daarvoor oophou. Die PAC wat in die regering sit maar wat ook in vennootskap met die DSM is, en wat saam met die DSM by groen vergaderings as vriende van die wreld sit, het n verskuilde agenda.

Die aanslag teen ons ekonomie is multidimensioneel omdat dit op verskillende vlakke deur verskillende organisasies aangevuur word. Alhoewel rolspelers kan verander bly die einddoel dieselfde.

Ons het geweet dat Anglo American hulle geld uit die land wil neem. In n stadium het die nasionalisering plan wat deur Malema en Tokio in die politiek gedruk was, het die mynmaatskappye soos n handskoen gepas, maar ons het die plan verduidelik en Malema is uiteindelik nie meer n factor nie. Tokyo en Kgalema is ook uitgeskuif en die tweede beste plan wat nou oorbly is om die myne aan die Sjinese te verkoop.

Ons sal in die jaar wat kom moontlik nog myne sien wat toemaak en nog myne sien wat aan Sjinese verkoop sal word. Dit sal natuurlik vir ons weer ander uitdagings bring maar dit is wat ons op die oomblik kan verwag.

Wat 2018 en 2023 betref wonder n mens of die plan nog op die spoor is. Zuma het onlangs in Europa sy finansile plan tot 2030 gaan verduidelik in die hoop om beleggers na die RSA te lok. n Mens weet nooit of dit beteken dat die 2023 datum aangeskuif is nie en of dit n projeksie sal wees indien niks in die land gaan verander nie. Om dit te weet sal ons eers weer by die ministers in die buurlande moet gaan kuier om te hoor of daar nie aanpassings is nie.