PDA

View Full Version : Mooi storie vrae en antwoorde



Nov16
02-21-2015, 07:58 PM
Ek stem saam laat ons die verhaal op eenplek hou en dan vrae op n ander plek soos hier bespreek.

Ek sien al die begin....

Kyk na moeder natuur perfek geskape, dan krap oms bietjie rond en gooi hulpmiddels by en dan begin die probleeme.

So n gooie begin is kyk na die natuur. Die sterste sal oorleef.
As enige van ons mens plant kunde studies afgehandel het kan ons n verwysing maak van self genesing na die natuur ons kan ieder en elke lewende siel ons self genees, ons moet net die regte baie volg, stimulis geestelik en ligaamlik.

Nov16
02-24-2015, 05:28 PM
https://m.youtube.com/watch?v=IB835wkz1Tc


Kyk na die link op youtube


Baie mooi

Tom
02-24-2015, 07:12 PM
Amazing die geluide (musiek) wat uit die Galaxies kom!

Tom
02-24-2015, 09:16 PM
Hierdie het baie interessant geklink aan die begin, maar begin nou klink na n ander invals hoek na die Blou Boek. Die Moeder God en ander esoteriese begrippe sal seker binnekort te voorskyn kom. Esoteric = vir die ingewydes, diepsinnig, duister, verborge, geheim, obskuur.

Nov16
02-24-2015, 09:35 PM
Hierdie het baie interessant geklink aan die begin, maar begin nou klink na n ander invals hoek na die Blou Boek. Die Moeder God en ander esoteriese begrippe sal seker binnekort te voorskyn kom. Esoteric = vir die ingewydes, diepsinnig, duister, verborge, geheim, obskuur.

Oooo tom daar is vir baie mense plek op die boose aarde, net geen plek en geduld op die blad vir ongelowiges nie.

Get jy al mooi aand die mostert saad storie gekyk?

So n klein saadjie wat so n groot omgewing huisves? So met n klein oortuiging van geloof kan n mens met die regte insette en krag van ons dierebare Vader baie verander in ons wereld!

Tom
02-24-2015, 10:26 PM
So n klein saadjie wat so n groot omgewing huisves? So met n klein oortuiging van geloof kan n mens met die regte insette en krag van ons dierebare Vader baie verander in ons wereld!

Nov16, dit is nie wat my pla nie. Ek was in die begin nogal baie intereseerd. Dis die geluide wat tussen-in gemaak word wat my bekommer. Maar ek hou nog n oop gemoed en luister of ek my Vader se Stem herken.

PS. Hierdie dinge is baie oop vir aanval en teen aanval. Ek val nie aan nie. Ek het net my gevoel weer gegee soos enigeen kan. Die teen aanval is nou baie ooglopend om my te vra wie is my Vader? Ek is nie hier vir dit nie. Die wat wou, spaar maar jou asem, ek gaan nie byt nie.

Tom
02-25-2015, 10:01 AM
Paar dinge van wat vroer in die stuk gese is deur Lukas. Ek het net vinnig gescan nou om te sien wat my opval.

Jesus word die tweede Adam genoem. Ek het hierdie al verskeie kere vantevore van verskillende skrywers gehoor en dit bots elke keer met my gees. Ek glo Jesus is God self, of deel van God, in die afwesigheid van n beter woord. Adam het geval vir die sonde. Daarom was dit nodig vir God om die heelal te kom bewys dit kan gedoen word. Daarom het 'Hyself' gekom en dit gedoen as/deur Jesus. Om Jesus die tweede Adam te noem, druis teen my in. Ek verstaan wat bedoel word, dat Jesus nie Adam is nie, slegs in die plek van Adam wat onsuksesvol was, maar steeds druis dit teen my gees om Hom met Adam te vergelyk. Ek kan nie dit wat my pla daaraan, regtig in woorde uit druk nie.


Lukas: Hulle is verder oortuig dat hulle wanneer hulle die mense wat god is, kan laat saamstaan teen God, hulle God sal oorwin en onttroon.
Hierdie is die tweede keer in my lewe wat ek hierdie 'begrip' raakloop. Dit is vir my so ondenkbaar, dat ek net my kop in ongeloof kan skud vir die arogansie van die mensdom. Die eerste keer wat ek dit tee gekom het, was toe FH Pretorius vir my verduidelik het dat die 'New Age' of 'NWO' of wat ookal hy dit toe genoem het. (Dit was die ouens met hul grade soos 33ste graad ensovoorts.) Volgens Frik maak hulle planne om die wederkoms te onderskep met menslikke wapens en so meer. Ek het maar stil gebly, tot nou, en gedink Frik is besig om dit te verloor. Maar nou word ek weer met die idee konfronteer.


1. ( Weggesteek vir die soekenjins van die elektroniese Bybels) Isa 65:24 En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.
Ek verstaan nie wat Lukas bedoel met 'weg gesteek vir die soek enjins' nie. Wanneer ek enige kombinasie van die woorde intik, kry ek dit met my soek enjin.

Ek wil weer sÍ. Ek is nie teen die ondersoek van hierdie dinge gekant nie. God het die wette daar gestel en soos ons uit die geskiedenis leer, is dit daar gestel vir ons om te ontdek. Kyk hoeveel het ons al van die wetenskap geleer en hoeveel dinge kan ons al doen, wat ons nooit sou kon doen as ons nie hierdie wette ondersoek en uitpluis nie. Soos Lukas sÍ, aan God al die Eer, wat vir ons n verstand gegee het om te ondersoek en ontrafel. Hoeveel meer is daar nie wat Hy vir ons daar gestel het om te ontdek nie. Dit is soos n vader wat aan sy kind n eenvoudige uitdaging gee om te ontrafel, hom nie help nie, maar aanpor om vordering te maak. En dan die trots van die vader wanneer die kind n deurbraak maak. Die verskil is egter, daardie kind word groot en leer meer en meer, tot hy uiteindelik meer as sy vader verstaan en dan raak die vader afhanklik van die kind se kennis. DIT kan nooit gebeur met God en ons nie, maar dit is waar die mens se arrogansie die oorhand oor hom kry. Is dit deel van God se plan, om te bewys wie is Sy kinders en wie nie? Ek praat nou van die arrogansie en nie die ondersoek en ontdek gedeelte nie.

Dinge wat ek nou hier kwytgeraak het, is maar net waar my gedagtes dwaal en het geen verwysing na 528 se storie of geloof nie. Dit is nie n aanval nie.

Tom
02-25-2015, 03:16 PM
Want die HERE se deel is sy volk, Jakob is sy afgemete erfdeel.”


Merk u op dat daar na twee entiteite verwys word word, naamlik die Allerhoogste en na die HERE?


Kan u verduidelik wie die ander gode is

Ek is bevrees, ons aandag word getrek deur kwantum fiska, elektrone, protone en neutrone, molekules ensovoorts, maar eintlik is dit net om die ander boodskap van die Blou Boek oor te dra, netjies ingeweef tussen die bogenoemde. Die boodskap van die Allerhoogste, wat aan Yahweh Sy erfdeel Israel gegee het en hoe jaloerse, wrede god Yahweh is. Die eintlikke Allerhoogste is dan n ander entiteit en is geslagtelik, met n moeder en vader figuur.

Ek dink ek gaan maar verby hou. Geniet die wetenskap les.

528
02-25-2015, 03:56 PM
Jesus word die tweede Adam genoem. Ek het hierdie al verskeie kere vantevore van verskillende skrywers gehoor en dit bots elke keer met my gees. Ek glo Jesus is God self, of deel van God, in die afwesigheid van n beter woord. Adam het geval vir die sonde. Daarom was dit nodig vir God om die heelal te kom bewys dit kan gedoen word. Daarom het 'Hyself' gekom en dit gedoen as/deur Jesus. Om Jesus die tweede Adam te noem, druis teen my in. Ek verstaan wat bedoel word, dat Jesus nie Adam is nie, slegs in die plek van Adam wat onsuksesvol was, maar steeds druis dit teen my gees om Hom met Adam te vergelyk. Ek kan nie dit wat my pla daaraan, regtig in woorde uit druk nie.


In die ou dae is van die die seuns na hulle vaders vernoem. Om later onderskeid te tref sou die pa van die seun vanweŽ sy rooi hare as rooi Piet bekend staan. Sy seun sou dan byvoorbeeld klein Piet wees. Indien daar gesÍ sou word die appel val nie vÍr van die boom nie, met verwysing na rooi Piet en klein Piet dan weet ons wat bedoel word. Klein Piet kan soos sy pa lyk, drink, dans, skiet of wat ook al. Dit kan negatief of positief wees.

Wanneer twee verskillende persone ter sprake is, kan gesÍ word Jan is ’n tweede Rooi Piet. Dan word daar weer na bepaalde attribute verwys. Dit kan verwys na humeur, akkurate skiet of wat ook al. In beide gevalle word na ooreenstemmende aspekte verwys.

Wanneer Jesus die tweede Adam genoem word, word eerstens verwys na twee verskillende PERSONE. Hier word dus nie na ’n geestelike wese en na ‘n menslike wese verwys nie. Die Christus is gebore en tydens Sy wandel op die aarde was Hy ’n vleeslike wese. Om dus diť twee “persone” met mekaar te vergelyk is aanvaarbaar.

Watter attribute is by Adam en by die Christus ter sprake dat gesÍ kan word dat Christus die tweede Adam is. Interessant genoeg staan die attribute tot 'n mate teenoormekaar. Adam – geskep na God se beeld - is in beheer geplaas van die aarde om daaroor te heers (eerste skeppingsverhaal). Hy het gesondig en daardeur sy reg verbeur om oor die aarde te heers en diť reg aan Satan oorhandig. Trouens hy en sy nasate het ook die reg tot die ewige lewe verbeur. Om sake reg te stel, is die Seun van God gestuur – ‘n vrywillige besluit deur die Christus – om die aarde eventueel weer onder die beheer, nou van die nasate van Adam te bring en dan ook die mens die ewige lewe te laat beŽrwe. Natuurlik met 'n voorwaarde. Die ooreenkomste is daar alhoewel op ander vlakke.

Die rede waarom dit aan jou krap is omdat jy die Christus as deel van of as God beskou. Jy het waarskynlik my opmerking gelees dat die Christus tot God verhef is deur die opsteek van hande – ‘n verkiesing. Nou dit is erg!

Dit is nie altyd maklik om dit te vestaan nie aangesien “ons” kerke dit so oorgeneem het van die Rooms Katolieke kerk en ons daarmee gebreinspoel het. Ek het lank die drie-eenheid-beginsel nagevors en dit het eventueel neerslag gevind in ’n skrywe van ongeveer 11 folio’s. Die antwoord lÍ opgesluit in die Bybel.

528
02-25-2015, 04:10 PM
Tom, sonder om aanstoot te gee – lees jy alles wat ek skryf deeglik? Nie vluglees nie. Is dit wat jy lees vir jou verstaanbaar? Daar word twee aspekte gelyktydig behandel wat op mekaar betrekking het wat eventueel gekoppel sal word.

’n Paar vrae: Die aangehaalde gedeeltes – staan dit in jou Bybel ook so? Verduidelik die gedeeltes wat jy aangehaal het vir my hoe jy dit verstaan? My opmerkings val op beklemtonings na aspekte wat ek lees wat uit die Bybel kom. Motiveer jou antwoorde en moet asseblief nie stellings maak wat nie substansie bevat nie byvoorbeeld – waar word van moeder en vader figuur gepraat? Ek sien nÍrens waar ek daarna verwys het nie.

Help my asseblief. Wat is die blou boek? Nog nie daarvan gehoor nie?

Terloops, kan jy geduld beoefen. die "wetenskaples" is nog lank nie verby nie? Asseblief. Wil jy verby hou is dit natuurlik 'n reg waaroor jy beskik. Dit is jou keuse.