PDA

View Full Version : Plaasmoord: swartwater



Aletta
03-02-2015, 11:21 AM
n Bekende boer van Swartwater, Louis John Botha is blykbaar vermoor. Sy liggaam is in die bos gekry. ek sal seker later meer inligting kry.

Janna
03-02-2015, 02:01 PM
Boer se verminkte lyk in waterkuil gekry
Deur Marietie Louw-Carstens Maandag 02 Maart 2015 12:35

Die erg verminkte lyk van ín boer van die Swartwater-distrik in Limpopo is Maandagoggend op die plaas gekry. Hy is vermoedelik reeds Saterdag vermoor.
Louis-John Botha, in sy vroeŽ 60ís, se lyk is omstreeks 11:00 in ín waterkuil op sy plaas gekry. Die plaas is sowat 12 km buite Swartwater op pad na Alldays.
Bure van Botha kon hom Saterdag nie in die hande kry nie. Hulle is na die plaas om ondersoek in te stel.

Hulle het glo op bloed op die stoep afgekom. Daar was ook tekens dat daar by die plaashuis ingebreek is. Dit is nog onbekend of iets gesteel is.
Die polisie het sedertdien die gebied gefynkam.
Spoorsnyers is ontplooi om na die moordenaars te soek.

Dit is nie duidelik hoe Botha vermoor is nie.
Botha se seun, ook Louis-John (36), is verlede jaar in ín vliegongeluk in die distrik dood


http://www.netwerk24.com/nuus/2015-03-02-boer-se-verminkte-lyk-in-waterkuil-gekry

Aletta
03-02-2015, 02:15 PM
Die plaas is op die grens met Botswana wat mens laat wonder waarheen die aanvallers is. Die seun en sy meisie is verlede jaar naby Prieska in n vliegtuigongeluk dood

AKSKA
03-02-2015, 05:30 PM
Prieska is baie ver van Swartwater distrik af.

Daardie Swartwater boere het teen die einde van Januarie heelwat tekens op daardie pad gekry. Ongelukkig het hulle gedink dat dit sal oorwaai wanneer een moord voorkom is. Dit is jammer dat hulle nie kans gesien het om die kursus te doen nie.

Net so sal daar waarskynlik voor die einde van die winter nog ín moord of twee in Limpopo wees. Ek het dit al gesÍ en Nylstroom, Vaalwater, Alma, Ellisras en Thabazimbi moet maar hulle ogies oophou.

Vaalwater , Alma vermoed ek is op die oomblik die hoogste risiko en dan Nylstroom en dan Ellisras en Thabazimbi.

Identifiseer julle oumense en hou n oog oor hulle plekke.

Lukas
03-04-2015, 09:50 PM
Ek het netnou gehoor dat een van die aanvallers n ZimbabwiŽr is soos wat Alet vermoed het. Maar die knaap is nie oor die grens nie, hy was van daar af terug in die rigting van Mpumalanga

Aletta
03-05-2015, 12:58 PM
Dankie Lukas, weet die polisie dit?

Aletta
03-06-2015, 10:43 AM
ek het n Whatsapp gekry dat hulle gevang is. Ek wil nou iets hier byvoeg en ek weet baie mense gaan my bevraagteken. Maar elke keer as ek met n plaasaanval te make gehad het of persoonlik of as joernalis, het die polisie ontsettend baie moeite gedoen om die saak op te los? Waarom is die persepsie dan dat hulle nie dit doen nie en moordenaars dikwels nie gevang word nie? Wat mis ek?

Janna
03-06-2015, 12:01 PM
Swartwater-plaasmoord: 4 vas nŠ afgetrede dokter se moord
Deur Marietie Louw-Carstens Vrydag 06 Maart 2015 08:13

Die vier vermeende moordenaars van ín afgetrede mediese dokter van Swartwater in Limpopo is vroeg Vrydagoggend in hegtenis geneem.
Die vier mans is almal van Zimbabwe.

Hulle was glo betrokke by die moord op dr. Louis-John Botha (64) van Swartwater. Hy is Saterdag op sy plaas, Gwelo Safariís, vermoor.
Kol. Ronťl Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, sÍ die vier mans is Vrydag tussen 04:00 en 06:00 naby Groblersdal in hegtenis geneem.

ín Span speurders het sedert Maandag onverpoos gewerk om hulle in hegtenis te neem.
Otto sÍ Botha se selfoon en 9 mm-pistool, wat glo tydens die moord gesteel is, is by die verdagtes gekry.

Botha is Saterdag buite die huis by sy bakkie oorval. Die lykskouing het bevind hy is dood weens houe teen sy kop.
Sy lyk is eers Maandagoggend in ín riviersloep, sowat 200 meter van die huis, gekry.


Otto sÍ die vier verdagtes sal die naweek in aanhouding bly.
Hulle sal Maandag in die Mokopane- (Potgietersrus-) landdroshof op onder meer aanklagte van moord en roof verskyn.

http://www.netwerk24.com/nuus/2015-03-06-swartwater-plaasmoord-4-vas-n-afgetrede-dokter-se-moord

Aletta
03-06-2015, 12:17 PM
wat kan mens se? Soos gewoonlik het Lukas betroubare inligting gehad!

1807
03-06-2015, 03:15 PM
Hi Allet ek ken die speurders wat die saak ondersoek het goed, hulle is die beste groep speurders in ons gebied. Kol Sakkie en sy span, Ek was al saam met hulle op n moord toneel waar ons sporegesny het tot 03h00 die more en gaan rus het en weer 5h00 begin het.
Ek haal my hoed af vir die span.

janplaas.i
03-06-2015, 03:57 PM
Lukas op die punt van wakker wees in Thabazimbi en ""omgewing;"'net die vlg ter inligting, Woensdag more so na 7.15 het ons 3 "spanne van 2 wel amper mense tussen my en Koedoeskop gekry, elke keer by n plaas ingang met n persoon wat n selfoon of gps in sy hande het met die ander person wat aantekene in die boek doen, lyk net verdag om 3 sulkes in n 20 km distansie waar te neem. Hulle is ook heelwaarskynlik per voertuig geskuif of verwyder en het soos mis voor die son verdwyn binne n half uur.
Verder merk ek ook dat daar nie meer aan die 'stakings bord'soos vir jou op Vaalwater gewys gewerk word nie.
Janplaas

Unregistered
03-06-2015, 07:27 PM
Dit het my die afgelope twee dae opgeval dat in ons area ook elke kilometer twee manne gemaklik sit, met selfone in die hande. Hulle is heel netjies aangetrek, is dus nie opsoek na werk op die plase nie.

Aletta
03-06-2015, 09:41 PM
Renosterstropers of EFF dalk?

Lukas
03-06-2015, 11:14 PM
@ #12 Dit help ons nie veel wanneer jy vir ons so iets vertel en ons weet nie waar dit is nie.