PDA

View Full Version : Nuwe politieke party



Unregistered
01-28-2013, 10:55 PM
Former anti-apartheid activist Mamphela Ramphele wants to join politics, according to Sunday’s Rapport newspaper.

On a recent visit to America she said she was collecting money for a political party and said she was “entering politics to save her country”.

She also rallied support from ambassadors.

Ambassador to Argentina and former Democratic Alliance leader Tony Leon said two people at Ramphele’s meetings in America confirmed this, he told the City Press.

DA leader Helen Zille tried to get Ramphele to join her party last year, but she declined and formed the Citizens’ Movement, a non-governmental organisation.

According to the report, Ramphele thought stronger opposition was needed after President Jacob Zuma was re-elected African National Congress president at the party’s elective conference in Mangaung in December.

Ramphele was not available to comment on Saturday. She was expected to make an announcement soon.

http://www.sowetanlive.co.za/news/2013/01/28/ramphele-to-start-new-political-party---report

Unregistered
01-29-2013, 09:27 AM
Die Blanke politiekuste het hulle mooi geleer. Nog 'n party? En maak die regerende ouens deurmekaar.



Former anti-apartheid activist Mamphela Ramphele wants to join politics, according to Sunday’s Rapport newspaper.

On a recent visit to America she said she was collecting money for a political party and said she was “entering politics to save her country”.

She also rallied support from ambassadors.

Ambassador to Argentina and former Democratic Alliance leader Tony Leon said two people at Ramphele’s meetings in America confirmed this, he told the City Press.

DA leader Helen Zille tried to get Ramphele to join her party last year, but she declined and formed the Citizens’ Movement, a non-governmental organisation.

According to the report, Ramphele thought stronger opposition was needed after President Jacob Zuma was re-elected African National Congress president at the party’s elective conference in Mangaung in December.

Ramphele was not available to comment on Saturday. She was expected to make an announcement soon.

http://www.sowetanlive.co.za/news/2013/01/28/ramphele-to-start-new-political-party---report

Unregistered
01-29-2013, 03:17 PM
Ek wonder hoeveel geld die CIA gaan bydra?

Baie mense sien met afwagting uit na 2014 se algemene verkiesing en glo vas dat dinge gaan gebeur. Ek weet nie so mooi nie, dis vir my nogal n baie optimistiese uitkyk. Ek sien eerder baie geweld en intimidasie en niks goeds wat vir ons wag volgende jaar.

Alet

Unregistered
01-29-2013, 08:07 PM
"Ek sien eerder baie geweld en intimidasie en niks goeds wat vir ons wag volgende jaar."
Is die glas altyd half leeg?

Unregistered
01-29-2013, 10:25 PM
Is Die weergawe is ook moontlik? Sy maak asof sy tweespalt Najaag maar maak Dan soos heelwat vorige DA raadslede... 2 weke voor die verkiesing vorm haar party n koalisie met anc??? Grte, o ja. Ek is eintlik half vol?

Unregistered
01-29-2013, 11:11 PM
"Ek sien eerder baie geweld en intimidasie en niks goeds wat vir ons wag volgende jaar."
Is die glas altyd half leeg?

Niks is so gevaarlik soos n dom optimis nie.
Geen algemene verkiesing in Afrika bring ooit maklik goeie nuus nie. Gaan vra maar vir die MDC wat gebeur as mens n verkiesing wen. Die ANC sal met net so min styl as die ZANU-PF die uitslag aanvaar.
My hoop sal nooit ooit in n algemene verkiesing wees nie en as jy nou nog nie weet watse lelike goed hier tydens en voor algemene verkiesings gebeur nie, dan kom jy seker van n ander land af.
Jammer as jy dit as pessimisme sien.

Lukas
01-30-2013, 12:42 AM
Persoonlik vind ek die stap om uit te stap en ’n nuwe party te begin redelik amusant. Ek mag dit seker as amusant sien omdat ek nie emosioneel deur politieke besluite geraak kan word nie. Maar dit beteken nie dat ek die patrone nie raaksien nie. Dit wat ons in die koerante en op die kassie sien is dat elke ontnugterde ANC lid, wegbreek om sy of haar eie politieke party te vorm. Maar is dit die waarheid ?

Die afgelope tyd was die DA baie oortuig van hulle saak omdat hulle glo grond wen. En soos Anoniem 6 sę, glo ek ook dat die ANC soos ZANU PF, nie maklik ’n verloor sal aanvaar nie. Maar wat kan hulle doen om so verloor tee te werk? As jy my vra sal die beste taktiek wees om die opposisie te verdeel deur nog ’n opposisie partye te skep. Is dit nie ’n taktiek wat die ou NP ook tydens die 1994 verkiesing gevolg het nie?

Alet is reg. EK glo ook dat die volgende verkiesing nie vir ons enige voordele gaan inhou nie. Wat ons sedert laat verlede jaar in die land beleef het, is ’n vlam wat warmer begin brand.

Stakings by Sasol het reeds ’n negatiewe uitwerking op ons brandstofpryse. Volgende maand betaal ons al 40 sent per liter meer omdat die buiteland hulle vertroue in ons stabiliteit verloor. Die taxibedryf in sekere plekke in die land, het alreeds van die begin van die maand af, begin om hulle tariewe drasties te verhoog. Pendelaars wat nie meer die vervoer kan bekostig nie en die wat nog kan uithou maar wel oor die hoë pryse kla, word aanbeveel om die verskil van hulle werkgewers te verhaal. Die hoë brandstof pryse maak voorbrand vir die nasionale staking wat teen hoe brandstof pryse gemik is. Die doel van die staking is om die land lam te lę. En dit sal ons Rand elke keer meer verswak en die brandstof sal elke keer duurder word.


Die poging om Eskom se projekte permanent tot stilstand te bring is deel van ’n strategie om elektrisiteit pryse onbekostigbaar te maak. Indien hulle dit kan regkry om die Eskom Medupi projek te laat misluk, gaan dit vir Eskom wat die projek hoofsaaklik uit sy beursie bou, forseer om die pryse vir sy elektrisiteit meer aan te pas, sodat die groeiende vraag na elektrisiteit, beperk kan word tot die wat dit regtig kan bekostig. Hierdie poging is deel van ’n voorbereidings proses wat die land voorberei om geregverdig te voel wanneer hulle op nasionale vlak teen die hoë pryse van elektrisiteit gaan staak. Ook hierdie stakings word beplan om die land se ekonomie totaal lam te lę.

Die druk wat op die landbou uitgeoefen word, is deel van ’n voorbereidings proses om werkloosheid te vergroot. Met hoër werkloosheid en hoër energie koste sal die kos ook duurder word. Baie boere gaan meganiseer. Dit beteken dat hulle groot skuld gaan maak om te meganiseer en die hele pakkie van brandstof, elektrisiteit pryse en ’n verswakte ekonomie, veroorsaak dat kos onbekostigbaar gaan word. Dit op sy beurt, sal ’n nasionale staking regverdig omdat kos te duur geword het. Ook hierdie staking word beplan om die ekonomie totaal lam te lę.

Die laaste strooi op die kameel se rug, sal dan die uitlanders in Suid-Afrika wees. Uitlanders wat van elders in Afrika kom, sal so gejag word dat hulle weer noord in Afrika in, sal terug vlug.

Eers wanneer hierdie uitlanders gevlug het, sal daar weer na die grondwet gekyk word. Die regering sal vir sy onbeholpenheid uitgekryt word. Baie organisasies sal hulp in die buiteland gaan soek. Maar geen land sal ’n vinger lig om iets in Suid-Afrika te verander nie.

Die bestaande grondwet sal vervang word met een wat meer SADEC vriendelik is en daarna val die lande se grenslyne weg. Die goeie nuus is dat ons dan sonder ’n paspoort of visum, enige plek in Afrika kan gaan werk en gaan boer.

Gevolgtrekking:

Met die opposisie wat verder verdeel word krimp die DA se kanse om beheer te kry. Die volgende verkiesing is waarskynlik die spreekwoordelike skoot op die baan wat die hele politieke proses wat ons inskakeling by die res van Afrika, sal afskop.

Ons sal die skok van die hele proses kan sagter maak maar ons sal dit nie kan stop nie. Die goeie nuus is dat ons dit baie kan versag, as ons net wil saamstaan. Ons kan regtig ’n groot verskil maak en as ons dit reg doen, kan ons die komende stakings totaal kalmeer. Maar solank ons bereid is om net kritiserende toeskouers te bly, sal die prentjie na die volgende verkiesing vir ons jaar na jaar net donkerder word.

Max
01-30-2013, 10:42 AM
Ons kan regtig ’n groot verskil maak en as ons dit reg doen, kan ons die komende stakings totaal kalmeer.
Dis nou woorde wat ek van hou...vertel nou net vir ons hoe? Wat kan ek as individu doen, en hoe gaan ek tewerk? Hoe gouer ons kan betrokke raak hoe beter.

Unregistered
01-30-2013, 11:44 AM
Hi

Ek verstaan volgens die boonste skrewes dat protesaksies al hoe meer gaan word teen die kragtariewe,wat beleggings gaan minder maak wat dan veroorsaak dat die hele siklus homself gaan herhaal wat kospryse,brandstofpryse en dienslewering gaan beeinvloed.

Elke keer wanneer die aksies herhaal gaan die dienste meer onder druk kom ,beleggers wegjaag en die pryse nog erger te maak.
So in hakies hoe langer die aksies aanhou,hoe erger gaan dinge raak en n negatiewe spiraal volg.

Nou vir die observasie. Earthlife Africa het more n protesaksie in Midrand teen Eskom se aansoek vir prysvastelling wat Nersa moet goedkeur.

Nou wat ek verstaan van die mense is dat hulle bekommerd is oor omgewing sake en aksies wat maatskappy doen wat die omgewing beeinvloed.

Hoekom sal hulle dan politieke druk op Eskom wil uitoefen om pryse konstant te hou?

Huidig by Eskom n aanleg om aan elektrisiteit aanvraag te voldoen vir die toekoms sonder dat pryse die hoogte gaan inskiet,want wanneer daar nie genoeg produksie is nie sal die produk se prys automaties verhoog moet word.
http://www.sabc.co.za/news/a/e98745804d66edcbbeafffe570eb4ca2/Reliable-electricity-supply-critical-%E2%80%93-Zuma-20121011

Iets wat nou interessant is,is die feit dat die mense protesgangers ondersteun wat projekte tot n stilstand wil bring wat op die ou end veroorsaak dat vooruitgang gekniehalter word.

http://m.br.co.za/article/view/e/1.1409903


Gewone wiskunde se vir n ou dat wanneer jy net x hoeveelheid fondse het vir n projek jy spoedig die projek moet afhandel en dat wanneer daar vertraagings of extra kostes is dit jou projek gaan beeinvloed wat dan weer op sy beurt van die verbruiker verhaal moet word

http://m.polity.org.za/article/sustained-labour-unrest-at-medupi-threatens-project-timelines-2013-01-29

http://www.sabc.co.za/news/a/4dde73804e4ba0c79eab9eb7074a8d3f/Work-may-resume-today-at-Medupi-plant-20132401

As n belegger in projekte het n organisasie tog mos die oormerk om n wins te maak. Sosiale verantwoordelikheid projekte vereis dat daar van hul projekte gefinansier moet word deur besighede maar dit beteken ook dat n besigheid n wins moet kan maak om die projekte te kan finansier.

http://mg.co.za/article/2010-04-09-world-bank-approves-eskom-loan