PDA

View Full Version : 3-dag akska kursus



412
03-09-2015, 12:26 PM
Goeie dag Akska vriende en belangstellendes,

Almal vra altyd oor kursusse. Nou hier is jou kans om ‘n fisiese kursus te doen en om prakties te ervaar hoe die meester in Afrika Kriptografie, Lukas Swart, jou gaan wys en leer om dinge raak te sien wat jy nie geweet het moontlik is nie!!

* Leer om bedreigings raak te sien-: daar is gewoonlik vooraf iets wat verander :

Jou honde se gedrag
Jou werkers se gedrag
Vreemdelinge wat rondhang
Vreemde voorwerpe wat verskyn ens.

* Leer hoe werk Ubuntu en wat jy verkeerd doen volgens Afrika tradisie, wat jou en jou gesin kan laat seerkry.
* Leer wat die oplossings is vir hierdie bedreigings, sonder dat dit jou in die moeilikheid laat beland en jy jou tyd mors met die regstelsel.

* Leer om die verrassing aan jou kant te kry en nie andersom nie.

Maak ‘n kopskuif en VOORKOM aanvalle en ander misdaad teenoor jou en jou gesin, instede daarvan om om hulp te roep nadat iets gebeur het, d.w.s as jy dit oorleef het.

VEILIGHEID BEGIN BY JOU! NEEM VERANTWOORDELIKHEID! Ons kan nie meer staatmaak op die polisie of die regstelsel of die sekuriteits maatskappye nie. Boonop is ons hospitale en mediese stelsel in ‘n haaglike toestand en jy wil nie daar opeindig nie.

Die Kursus : Wanneer : 13 tot 15 Maart, 08:30 tot 16:00 Vrydag en Saterdag en 08:30 tot 13:00 Sondag
Waar : Plot 33A, Kosmos Singel,RYNOUE, distrik Kameldrift Oos.
Koste: R2 700 waarby ingesluit Kriptografie boek, ligte middag ete, koffie, tee en beskuit.
Kontak : 082 2159 659 Skakel voor Woensdag 14:00 om jou plek te bespreek

Lukas is nou ongelooflik besig met nuwe langtermyn kontrakte wat hom gaan besig hou vir baie lank. Hierdie is dus jou laaste kans in ‘n baie lang tyd om die 3-dag kursus te doen.

SA462
03-09-2015, 04:04 PM
412, Hoor by Lukas of jy dit nie op fb se blad ook kan plaas nie.

412
03-09-2015, 05:28 PM
Dit is daar op.

412
03-10-2015, 12:09 PM
Kom nou mense. Skakel my gou om die kursus te kom doen saam ons.

Daar is mense van Tsaneen, Vaalwater, Standerton ens wat die kursus dringend wil kom bywoon, omdat daar probleme oral om hulle is en die kans om gou weer 'n kursus te kan bywoon baie, baie skraal is.

Lukas gaan nou ekstra besig wees met kontrak verpligtinge en ons gaan hom nie gou weer kan aankeer vir 'n kursus nie.

Ons kort nog vyf (5) mense om dit die moeite werd te maak.

Skakel my om jou plek te bespreek of vir meer inligting. 082 2159 659

As jy nog nie op die facebook blad ingeskakel is nie, doen dit so gou moontlik. Dis 'n geslote groep, so jy moet goedegekeur / uitgenooi word.

Die inligting is daar by die "events" geplaas.

Daar word ook Vrydagaand 'n inligtings praatjie deur Lukas gelewer vir die wat nie die kursus kan bywoon nie, maar meer wil uitvind waaroor alles gaan.

Groete

524
03-10-2015, 12:27 PM
Hell, julle ouens kon darem so bietjie meer "lead-time" gegee het. Ek sou graag wou gaan maar 'n paar dae se kennisgewing is vir my beslis te min.
Ek wil ook nie nog 'n boek hê nie dankie en dan is die koffie en middag ete darem hell duur - {{Koste: R2 700 waarby ingesluit Kriptografie boek, ligte middag ete, koffie, tee en beskuit. }}

412
03-10-2015, 12:34 PM
524 As jy reeds die boek het, is die bedrag R1 450 en as jy 'n volwaardige AKSKA lid is, is die kursus gratis.

Die kursus is reeds geruime tyd op die facebook se events en voor op die blad geadverteer en bespreek.

Jammer, ek het bietjie laat besef dat nie almal altyd op die facebook blad gaan kyk nie. My fout.

524
03-10-2015, 12:40 PM
524 As jy reeds die boek het, is die bedrag R1 450 en as jy 'n volwaardige AKSKA lid is, is die kursus gratis.

Die kursus is reeds geruime tyd op die facebook se events en voor op die blad geadverteer en bespreek.

Jammer, ek het bietjie laat besef dat nie almal altyd op die facebook blad gaan kyk nie. My fout.

Ek - en baie ander - doen nie die bakkiesboek ding nie. Seker maar my fout ook. M.b.t. die koste; daar is baie wat nie die detail ken nie en dus die ding verkeerd lees en daarom nie eens verder ondersoek nie - ek speel net "devil's advocate"

Dankie!

412
03-10-2015, 01:06 PM
Jong 524 jy gee my nou 'n welverdiende pakslae!! :eek:

Ek het nooit daaraan gedink dat daar lede en vriende is wat nie die bakkiesboek ding doen nie! Ek vra plegtig om verskoning!

Ok hier is die inligting meer volledig:

Dis ‘n 3-dag kursus waarvan Vrydag en Saterdag teorie is en waarvoor jy die Kriptografie boek nodig het.

Sondag doen ons prakties en gaan ons bietjie in die area in om te kyk of ons iets kan raaksien wat ons geleer het.

Die kursus kos R2 700-00 vir jare se ondervinding en navorsing wat Lukas deur die skool van die Lewe opgebou het en nagevors het oor meer as 24 jaar en wat jou en jou gesin se lewe kan red.

As jy reeds ‘n ingeskrewe lid van AKSKA is, is die kursus gratis, behalwe as jy nog nie die nuwe Kriptografie boek het nie. Dan betaal jy R1 250-00.

As jy nie ‘n AKSKA lid is nie, maar jy het die nuwe Kriptografie boek, betaal jy net R1 450.

Wanneer : Komende Vrydag 13 Maart tot Sondag 15 Maart.
Tyd: 08:30 tot ongeveer 16:30 Vrydag en Saterdag en 08:30 tot ongeveer 12:00 Sondag.
Waar: Plot 33A, Kosmos single, RYNOUE, Distr. Kameeldrift Oos. (7 km uit op die ou Molotopad)

Ligte middagete, koffie en tee word verskaf.

524
03-10-2015, 02:49 PM
@412 - Shoe, die bedoeling was nooit om jou pakslae te gee nie, maar om ander te help wat graag die inligting so volledig moontlik wil hê. Jammer as my pos dalk kras voorgekom het.

Die aanwysings is vir my kwaai want ek ken die area - het daar groot geword. Kan jy dalk die GPS koordinate verskaf vir die wat nie daai pragtige wereld ken nie.
Ek gaan my bes probeer om Sondag daar te wees.

412
03-10-2015, 08:32 PM
Naandsê 524, hier is die GPS koördinate vir Vrydag en Saterdag se teorie deel.
GPS Koördinate
S25.37.185
E28.18.668

Omdat dit 'n kerk is gaan ons Sondag net 'n paar huise daarvandaan in dieselfde buurt bymekaarkom voordat ons vir die praktiese deel in die area gaan inbeweeg. En hier is die GPS koördinate vir daardie plek:
S25 38 04.6
E028 19 02.2

Charmaine van Heerden
03-10-2015, 09:30 PM
Daar word ook Vrydagaand 'n inligtings praatjie deur Lukas gelewer vir die wat nie die kursus kan bywoon nie, maar meer wil uitvind waaroor alles gaan.

hallo 412 kan u dalk vir my se hoe lank die inligtingspraatjie sal duur vir die outjies wat nie nou die kusus kan bekostig nie

524
03-10-2015, 09:50 PM
Naandsê 524, hier is die GPS koördinate vir Vrydag en Saterdag se teorie deel.
GPS Koördinate
S25.37.185
E28.18.668

Omdat dit 'n kerk is gaan ons Sondag net 'n paar huise daarvandaan in dieselfde buurt bymekaarkom voordat ons vir die praktiese deel in die area gaan inbeweeg. En hier is die GPS koördinate vir daardie plek:
S25 38 04.6
E028 19 02.2


Skitterend! Baie dankie!

412
03-11-2015, 08:53 AM
Ons raak nou baie opgewonde oor hierdie kursus en Lukas het gisteraand genoem dat ons dalk meer praktiese tyd saam met hom gaan kry as gewoonlik, omdat ons heelwat AKSKA Lede is wat daar gaan wees!

Lerkkkerr man Lekkerrr!

Lukas
03-11-2015, 10:08 AM
Die kaar na Plot 33A wanneer jy van Pretoria se kan af kom.

1566

Die groter prent vanaf die N1.

1567


Santi kan nou die straatname gee.

412
03-11-2015, 11:03 AM
Hi Charmaine, skuus ek het jou vraag nou amper gemis. Die praatjie is so ongeveer 2 en 'n half uur. So dit behoort so tussen 21:00 en 21:30 klaar te wees.

Die boeke sal ook te koop wees na die tyd vir die wat belangstel. Die nuwe Kriptografie boek is R1 250 en die Oorwin Plaasaanvalle boek is R250.

Onthou net dat daar nie kaart fasiliteite is nie, so bring asb kontant of betaal elektronies (selfoon).

Groete

412
03-11-2015, 11:23 AM
As jy ingedraai het by RYNOUE, ry reguit aan met Proteaweg tot by die 2e pad wat links uitdraai. Dis Kosmos Singel. Jy ry tot by die "T" en volg dan die teerpad regs tot by Plot 33a.

Hoop dit maak sin :-)

A508
03-16-2015, 08:00 AM
Hierdie 3 dag kursusse is puik. Ek kan dit regtig aanbeveel. Dis hier waar klein jakkalsies nek-omgedraai word. Beveel dit ten sterkste aan. Maar..... gaan ons nog 'n 5-dag kursus ook kry? Seblief. Lukas, jy moenie vergeet nie. Dink aan Michelle se lekker kos en maak nou datums vas. Seblief.

Lukas
03-16-2015, 09:39 AM
Ja kan ons asb die datums vir die vyf gag kursus in Bloemfontein vasmaak. kan ons dit die tweede week van die winter vakansie doen? En wanneer begin die winter vakansie ?

539
03-16-2015, 10:34 AM
Baie dankie Lukas vir die 3dag kursus. Dankie vir jou tyd en dat jy jou kennis met ons kom deel het. Ons het baie geleer. Ek dink mens verstaan eers baie meer oor die tekens na so 'n fisiese kursus. Ek is baie bly ek kon dit bywoon.

Baie dankie Santi en Gerda en almal wat gehelp het. Ons waardeer dit opreg.

Lukas
03-23-2015, 09:58 PM
Dit was n baie lekker kursus en ek dink dat die volgende kursus in Levubu gaan wees.