PDA

View Full Version : Plaaswerker Staking vervolg



S412
02-07-2013, 10:19 AM
Die Minister van landbou verskaf kos pakkies vir stakers (sien uitítreksel van Cart Blanche onderhoud ) ten waarde van R10 miljoen en dit noggal van die ďThe Food Security FundĒ . Kan nie help om te wonder waarvoor die fonds nog gebruik word nie.


Cart Blanche uitítreksel

Nosey: "I was addressing people from the podium in De Doorns. People were starting to show me their stomach, which was the sign that they are hungry. I then asked for a meeting with the minister of agriculture. And the minister heard the call for humanitarian aid."

It seems unprecedented that Minister Tina Joematt-Petersson would pay for food for striking workers, so we called her spokesperson who confirmed that they paid for the parcels.

Chantal: "How much did it cost to procure those food packages?"
[On phone] Palesa Mokomele (Spokesperson for Minister of Agriculture): "The entire operation cost R10-million."
Chantal: "R10-million."
[On phone] Palesa: "The food and the distribution company."
Chantal: "And where did that R10-million come from?"

[On phone] Palesa: "It comes from the Department of Agriculture and it comes from a fund: The Food Security Fund."

Its left farmers believing that political motives may have come into play.

Lukas
02-08-2013, 04:30 PM
Dit is nogal baie insiggewend. Onbevestigde inligting sÍ dat die stakers in Bloemhof elk ’n geskenkbewys van R1200 gekry het om mee kos te koop. Die geskenkbewys kon ook net by een winkel in die lokasie gebruik word. Die ongeveer 400 werkers het dus ’n bedrag van R480 000.00 gekry wat net by een winkel vir kos geruil kon word.

Ek sal dit waardeer as iemand dit vir my kan bevestig en dan ook kan sÍ watteer departement daarvoor betaal het.
Die elisie word geskep dat die regering stakings bevorder. Die minister van Landbou is ook ’n SAKP lid en sy is glo ook die leier van die SAKP in die Noordkaap. Die SAKP beklee sleutel poste binne die regering en hulle is die hele tyd besig om die ANC te ondermyn.

Dit sal vir my baie insiggewend wees wanneer ons kan bewys dat die departement wat die Bloemhof staking onderhou, ook deur ’n ander SAKP lid bestuur word.

Wat sal die kanse wees om so minister vir hoogverraad en vir sedisie aan te kla omdat sy stabiliteit in die land ondermyn?

Unregistered
03-02-2013, 12:07 AM
http://m.news24.com/nuus24/Sake/Nuus/Talle-boere-vra-kwytskelding-van-loonverhoging-20130228

WEBWERWE/DIENSTE >
Nuus24 Tuis > Sake > Nuus
Talle boere probeer loonverhoging systap

Sien 29 menings
Lewer Kommentaar
2013-02-28 14:41
Kaapstad Ė Altesaam 80% van boere in De Doorns sal teen Vrydag nie die nuwe minimum loon van R105 aan hul werkers hoef te betaal nie, berig die Cape Argus.

Diť boere is onder duisende wat wettiglik kan aanhou om hul werkers R69 per dag te betaal, hangende 'n beslissing van die departement van arbeid oor hul aansoeke om kwytskelding van die nuwe loon.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, het vroeŽr vandeesmaand 'n 52% loonverhoging vir plaaswerkers aangekondig. Die sperdtum vir implementering was 1 Maart, maar boere wat nie die verhogings kan bekostig nie, kon aansoek doen om kwytskelding.

Die meeste boere het aansoek gedoen om kwytskelding en wag vir 'n antwoord van die departement, het Elize van der Westhuizen, Agri SA se senior bestuurder vir arbeidsverhoudings, gesÍ.

Volgens Jacques Beukes, 'n boer in die Hexriviervallei, het sowat 90 van die vallei se 115 boere aansoek gedoen om kwytskelding.

Margareet Visser, van die arbeid-en-ondernemingsbeleid-navorsingsprojek aan die Universiteit van Kaapstad, het gesÍ die departement moes geweet het dat dit die reaksie sal wees en dat die nuwe loon stelselmatig geÔmplementeer moes word.

"Nou sit ons moet 'n plofbare situasie wat dalk betogings, soortgelyk aan diť wat ons in onlangse maande gesien het, kan veroorsaak."


X

Lukas
03-03-2013, 09:43 AM
Ek dink dat ons die regering se begrip van hoe belangrik ons boere vir voedselsekerheid, moontlik totaal oorskat word. As ek reg onthou was dit nie te vÍr in die verlede wat een van die vorige ministers van landbou vertel het dat Suid-Afrika een van die dae nie meer die boere sal nodig hÍ nie. Al die kos sou glo goedkoper ingevoer kon word as waarvoor ons boere dit kon produseer.

Daardie stelling van die minister was vir my baie belangrik. Wanneer ons grondhervorming, ín nuwe grondwet en die begeerte om onafhanklik van die boere te leef in gedag hou, en ons kyk hoe dit vandag in Angola werk, wonder ek hoe belangrik die regering oor ín binnelandse voedselproduk is.

Die stakings in die Wes-Kaap het aan die minister die geleentheid gegee om die minimum loon te verhoog. Wat ons dalk nie besef nie is dat brandstof vanjaar vir die eerste keer sedert 1994 nie tydens oestyd gelig was nie. Maar die prys word nou gelig en wanneer dit mielieoes en planttyd gaan word kan die pryse reeds iewers tussen R13 en R16 per liter wees.

Die enigste goeie nuus is dat elektrisiteit nie met 16% gaan styg nie. Tog sal die 8% verhoging reeds vir die boer ín gevoelige slag wees. Wat mense in die stede nie verstaan nie is dat die insetkoste en die bedryfskoste van die boer, as gevolg van ín verswakkende ekonomie onrealisties hoog word. Boere het ín groot omset om ín baie klein wins te maak. Maar een droogte of een misoes kan ín boer baie jare terugsit. Twee misoeste in ín ry kan beteken dat ín boer bankrot kan word en so sy plaas verloor.

Boere word baie swak vir hulle produkte betaal. Verlede week het ek ín hele skaap wat reeds opgesny is, by ín boer teen R30 per kg gekoop. Vir dieselfde vleis sal ek in ín winkel meer as R100 per kg betaal. Terwyl die pryse in die winkels jaar na jaar styg, bly die geld wat die boer vir sy produk kry, vir jare onveranderd.

Wanneer ons na die druiwe boere kyk kry ons die gedagte dat hulle baie geld maak. Dit lyk groen wanneer ons op vakansie gaan en die druiwe is mooi. Druiwe is ook ín produk wat nie elke jaar weer geplant hoef te word nie en daardie boere het nie dieselfde insetkoste as ín mielie of groenteboer nie. Daarom aanvaar ons dat hulle meer van die geld wat hulle maak in hulle sakke kan steek. Tog is dit nie heeltemal die waarheid nie. Daardie produkte is baie arbeidsintensief. Wanneer dit geoes moet word moet dit vinnig gebeur omdat die bye en die natuur nie wag nie. Elke tros moet met die hand gepluk word en swak korrels moet met die hand verwyder word. En alles werk teen tyd. Omdat dit teen tyd werk is baie hande nodig en al die hande het gesinne wat moet eet.

Hoe langer dit vat om die tros af te kry, hoe groter word die lone faktor. Nie net dit nie. Die prys per tros val maar die lone val nie. Wanneer druiwe boere dus amnestie vir die nuwe lone kry, beteken dit nie dat hulle aspris is nie maar dit beteken dat hulle anders nie kan oorleef nie.

Maar dit is nie hoe die res van die arbeidsmag dit sien nie. Die verwagting is geskep dat hulle nou R105.00 per dag kan verdien en boere wat nie betaal nie, is dan volgens die arbeiders inhalig en wil nie hulle rykdomme deel nie.

Hierdie verwagting wat nou deur die minister van arbeid geskep is en waaraan die boere nie kan voldoen nie, tesame met die stygende voedselpryse wat as gevolg van brandstof pryse en elektrisiteit pryse en gereelde kleinhandel verhogings, ongemaklik hoog word, gaan hierdie kwessie in die landbou nie gou rus vind nie. Die druk sal nou as gevolg van die boere se onvermoŽ om aan die eise te voldoen, skep die geleentheid vir die rewolusionÍr om hierdie kwessie enige tyd wanneer hulle wil weer op te roep.

Ons kan nie waarborg dat die mielieboere hierdie jaar tydens oestyd onder druk gaan kom nie. Wat ons wel kan voorspel is dat die druk op al die boere, wanneer die groot staking beplan word, wel ín realiteit kan word.

Tog sukkel die rewolusionÍr al weer om die bevolking se emosie lank genoeg warm te word en moet groot maatskappye in mynbou en kontrakteurs help om die emosies hoog te kry. Die staking by Medupi is een voorbeeld. Mense voel dat hulle geld deur kontrakteurs gesteel word en hulle is ook reg.

Die kragsentrale by Witbank wat gebou word, het ook verlede week begin staak. Nie omdat die mense opgesweep word om in opstand te kom omdat dit lekker is nie. Hulle het begin staak omdat M&R ín fout met hulle belasting aftrekkings gemaak het. Die oomblik wat daar aan hulle geld gevat is, was hulle soos een man op hulle perdjie.

Van die kontrakteur se kant is daar altyd ín rede vir die misverstand. Dit kan wees dat M&R die UIF wat gedurende die jaar verhoog het, ín bietjie laat aangepas het en dat dit wat die werkers nou minder ontvang het, eintlik binne die wet is. Die kontrakteurs is altyd onskuldig maar die foute wat hulle maak is gewoonlik die rede vir chaos.

Geen staking begin spontaan nie. Geen mens word sonder ín rede omgekrap nie. Om ín groep mense om te krap moet daar ín rede geskep word. Om ín massa mense omgekrap te kry, moet daardie rede deur agitators uitgelig en uitgebyt word.

Tog is dit nog te maklik om om die massas weer te kalmeer. En dit bly die rewolusionÍr se grootste uitdaging om die momentum van die emosie te behou.

Unregistered
03-07-2013, 10:00 AM
The SA Post Office (Sapo) said yesterday that about 80% of striking workers returned to work on Wednesday and more were expected to return today. Police and security officers were deployed at the Tshwane and Johannesburg mail centres to provide security for those returning to work. The delivery of mail resumed on Tuesday at both cities, with ďsubstantial deliveriesĒ to be carried out in the few days. The strike began on 14 February over claims of salary discrepancies. Meanwhile, Western Cape farm workers were still finalising details of a planned strike against farmers who applied for exemption from the sectorís new minimum wage of R105 a day. Black Association of the Wine and Spirits Industry (Bawsi) president Nosey Pieterse said: ďWe are busy with the final preparations of the strike. We have not yet identified the sector in which we will be striking in the agricultural industry.Ē