PDA

View Full Version : Boere dis tyd vir oorlog



greengroen
04-10-2015, 10:38 PM
Kyk mooi na die volgende photos wanneer ons nie meer n keuse het nie dan weet jy die tyd is reg maar weet die prys sal moeilik wees om te betaal en dan is daar nie omdraai kans nie wanneer dit begin sal jy moet hard slaan en aanhou slaan want jou lewe sal daarvan afhang

Lukas
04-11-2015, 02:15 AM
Teen wie wil die mense oorlog maak ? Die swartmense is so seker dat hulle nie teen ons wil oorlog maak nie dat hulle reeds Malema wat teen ons wil baklei, se dood beplan het. Watter wit mense wil dan teen wie oorlog maak?

Die Indiërs is skynbaar so bietjie slimmer as die boere want dit is hulle wat ons uitlok omdat hulle ons gaan nodig he om hulle voortbestaan in die land te verseker. Die oomblik wat 'n groep wit mense gaan baklei, sal die massas n gemeenskaplike viand kry en sal die visiere van die Indiërs af weg draai, Wie sal so dom wil wees?

Unregistered
04-11-2015, 08:13 AM
Stadig Greengroen ons is almal gatvol, maar omdat hulle nou weer iets tasbaars teiken soos Aletta se afgodsbeeltjies, beteken nie ons moet nou moer strip nie. Wanneer ons wel strip sal dit vir die regte redes wees, en sal daar nie omkeer meer wees nie. Hierdie en moontlike nog n paar ander pogings voorentoe gaan juis wees om ons in te trek en ons in ongins as die vyand in die wereld se oe te laat lyk. Hierdie poging van hulle is eindlik n baie ambiseuse poging, maar die radikale element is so klein in vergelyking met die wat eerder die vrede wil bewaar, dat hulle n groter kans het om pak te vang by hulle eie mense. Soos Kasper uitwys word die klipkoppe gebruik as poppe om die vuil werk te doen, en baie keer vanuit kampus en uniwersiteit platforms, om meer kredietwaardigheid aan die klipkoppe te probeer gee. Die regte monumente wat ons bou kan hulle nie afbreek nie, baie van ons mense vat hande en is besig om in hierdie stryd net sterker te groei en ons as volk sterker te plant op nuwe en beter maniere. Geloof, selfstandigheid, onafhanklikheid, entrepeneurskap, leier eienskappe en nog baie ander eienskappe is besig om van ons wat hier voort stry n beter volk te maak. "n Geduldige mens het meer waarde as n bedrewe vegter." Staan vas

Unregistered
04-11-2015, 08:18 AM
Stadig Greengroen ons is almal gatvol, maar omdat hulle nou weer iets tasbaars teiken soos Aletta se afgodsbeeltjies, beteken nie ons moet nou moer strip nie. Wanneer ons wel strip sal dit vir die regte redes wees, en sal daar nie omkeer meer wees nie. Hierdie en moontlike nog n paar ander pogings voorentoe gaan juis wees om ons in te trek en ons in ongins as die vyand in die wereld se oe te laat lyk. Hierdie poging van hulle is eindlik n baie ambiseuse poging, maar die radikale element is so klein in vergelyking met die wat eerder die vrede wil bewaar, dat hulle n groter kans het om pak te vang by hulle eie mense. Soos Kasper uitwys word die klipkoppe gebruik as poppe om die vuil werk te doen, en baie keer vanuit kampus en uniwersiteit platforms, om meer kredietwaardigheid aan die klipkoppe te probeer gee. Die regte monumente wat ons bou kan hulle nie afbreek nie, baie van ons mense vat hande en is besig om in hierdie stryd net sterker te groei en ons as volk sterker te plant op nuwe en beter maniere. Geloof, selfstandigheid, onafhanklikheid, entrepeneurskap, leier eienskappe en nog baie ander eienskappe is besig om van ons wat hier voort stry n beter volk te maak. "n Geduldige mens het meer waarde as n bedrewe vegter." Staan vas
Aanhaling uit Spreuke16:32

Kasper
04-11-2015, 12:01 PM
Lukas en kie,
Ek gaan nie heeltemak saamstem met jou siening nie, die swartes WIL die wit man uitdelg in SA (FEIT!!!). Dit word by die dag meer duidelik. Sien asb my laaste comment op EFF roer die pot. Dalk sal dit meer verduidelik wat ek probeer se. Ek stem egter saam die tyd is nog nie heeltemal reg vir die groot roer nie, maar as ons nie op ons pasoppens is nie kan ons dalk gevang word met ons broeke op die enkels!!!!!!!

Groetnis

Aletta
04-11-2015, 09:48 PM
Staanvas dis jy wat n dink dis n afgod, nie ek nie. Ek het nie afgode nie net n God, gaan beledig gerus iemand anders. Jou redenasie rondom standbeelde wat nog altyd deel van die westerling se kultuur was en nog NOOIT aanbid is nie, is direk uit die IV se denkwyses afgelei.
Ek dink nie iemand wil oorlog maak nie, maar ek dink wel die EFF het gesien hier is nog mense in die land wat nie lus is vir hulle twak nie. Mens kan jou voet neersit sonder om oorlog te maak. In 2010 het derduisende Afrikaners dit by ET se begrafnis gedoen.

Lukas
04-11-2015, 10:57 PM
Moenie dat hierdie politiek jou emosioneel beïnvloed nie. Ek se die nie net vir Staanvas nie maar vir almal wat hier lees. Wees rustig en probeer om by die problem te bly en moenie persoonlik raak nie.


Kasper. Dit geld ook vir die wat die suidlander en die valsvlag suggesties glo. Nie dat dit my enigsins pla nie. Ek weet wat ek weet omdat ek met die goed werk en omdat ek meestal bewyse het wanneer ek iets se.

Binne elke etniese groepering is daar n paar dommer mense wat deur die politiek mislei word. Miskien is dit juis die slimmer mense omdat die RGN destyds beweer het dat dit die slimmer mense is wat vir propaganda vatbaar is.

Wat ek wil sê is dat daar binne elke etniese groepering altyd n radikale element is. Ek ken wit mense wat baie erger begeertes as Malema het. Die waarheid is dat die wat gematig is altyd baie meer is as die wat radikaal is. Hier is nou n mooi voorbeeld dat daar gematigde swart mense is wat teen die intimidasie in, bereid is om hulle saak te stel.

_____________________________________________--
Heléne Kapp added 4 new photos.


These guys and girls had a clear message today! Church Square.

Hierdie jongmense was in geen terme onduidelik oor hulle boodskap.

"This morning I arrived at church square at 10 and the place was a buzz of activities. We had young and old black Africans visiting the venue and taking pictures against the backdrop of the statue. My team of 5 activists including myself walked up to the statue and started talking, posing for pictures. Within seconds we had other youths and adults asking to join our campaign and we handed out the few placards we had printed, the placards read;
Hands off Paul Kruger
United in diversity
I can't change the past
It' our history, It's our identity, It's our city

The welcome we received from people passing by was amazing, there were only two sceptics who asked us if we were serious about our campaign and stance on preserving the statues and monuments around Pretoria, before any single person could answer, the patrons who had joined in on our picket answered with a collective yes."

Dumisani Sibusiso Thwala
Team: Dikeledi Selowa, Tshepo Kgobane, Benjamin Lawrence, Thabiso Mohlamme

*Dumisani Sibusiso Thwala is a young DA activist from Pretoria and he organised this protest action, in favour of keeping the statue of Paul Kruger. - Anchen Dreyer

524
04-12-2015, 12:10 PM
So sê Thabo se broer: Die skakel is http://www.netwerk24.com/stemme/2015-04-12-doel-van-struggle-was-om-deel-te-h-nie-te-vernietig





Swart Suid-Afrikaners kan nie by die onderhandelingstafel dít probeer wen wat hulle op die slagveld verloor het nie, waarsku Moeletsi Mbeki.<!-- Stories --> <section> (http://redactor-images-live.s3.amazonaws.com/5528dcc268480b5fada389fa.jpg)
</section>

Die feit dat die wit bevolking in Suid-Afrika sy rykdom behou het ná die koms van demokrasie in 1994 sal nog lank die teiken van ontsettende woede in sekere swart kringe bly. Hulle is egter nie die enigste mense wat kwaad is oor die uitkomste van ’n bevryde Suid-Afrika nie.


’n Ander dryfveer vir woede in ander swart kringe is die snelle opkoms van swart superrykes wat net ’n paar jaar gelede nog die leiers was in die stryd teen apartheid. Hierdie mense is die bevoordeeldes van die ANC-regering se kitsrykdomskemas – swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie in die openbare sektor – wat ontwerp is om sy leiers, hul families en die binnekring te begunstig.


’n Derde bron van woede in selfs ander swart kringe is regeringsbeleid wat gelei het tot die deïndustrialisering van Suid-Afrika, toenemende werkloosheid en gebrekkige dienslewering, deurdrenk van korrupsie, aan arm swart mense.


Dis nie net dié verskillende swart kringe wat kwaad is nie. Daar is ook woedende kringe wit Suid-Afrikaners. In sy artikel beskryf Tim du Plessis sy frustrasie met Mondli Makhanya se eise dat wit mense gedurig in die algemeen berou moet hê vir hul historiese sondes en die bevoordeling wat hulle uit apartheid geput het.


Met al hierdie woede is Suid-Afrika, volgens sommige waarnemers, ’n hopie kurkdroë blare en takkies, ’n brandstapel wat wag op ’n vonk sodat die revolusie kan ontbrand. Vir die land se voorste revolusionêre – Julius Malema, Liv Shange, Irvin Jim, om maar enkeles te noem – is Suid-Afrika ryp vir ’n swart sosialistiese revolusie.


Selfs vir swart hervormingsgesindes in gemaklike posisies – Jacob Zuma en die ANC-leierskorps – is Suid-Afrika gereed vir ’n ander verandering: die sogenaamde “Tweede Oorgang”.

Met verwysing na die eise wat die welsprekende Makhanya aan wit Suid-Afrikaners stel om swart woede te besweer, wil ek hom herinner aan wat Henry Kissinger, bedrewe Amerikaanse kenner van internasionale betrekkinge, aan ’n Egiptiese afvaardiging gesê het toe hulle in Oktober 1973 onderhandel het om hul oorlog met *Israel te beëin*dig. Aan die Egiptenare het hy gesê om daarvan te vergeet om by die onderhandelingstafel enigiets terug te wen wat hulle op die slagveld verloor het.


Dertig jaar lank, van 1960 tot 1990, het leidende organisasies oorlog gevoer teen die wit Nasionale Party-regering met die steun van die oorgrote meerderheid swart Suid-Afrikaners én die meeste Afrikane op die vasteland deur middel van die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE), die ANC en die Pan *Africanist Congress (PAC).


Albei kante het houe uitgedeel, maar in geen stadium kon die swart bevrydingsorganisasies daarin slaag om ’n enkele vierkante meter grond van die apartheidsregime te bevry nie.


Die doel van oorlog is om die vyand met geweld van ’n sekere stuk grond af te skop, om daardie grondgebied en sy bevolking oor te neem en ’n nuwe administratiewe owerheid te vestig.


Dié nuwe owerheid moet die grondgebied administreer volgens die doelwitte van die oorwinnaar. Dít het in die tydperk van gewapende verset helaas nooit in Suid-Afrika gebeur nie.


Die ANC en PAC het al baie te sê gehad oor hul prestasies in die struggle teen die apartheidsregime. Maar in 1990 het die ANC erken hulle kon nooit eintlik hond haaraf maak wat betref die bevryding van grondgebied in Suid-Afrika nie. Só het die ANC stil-stil sy voormalige gewapende verset herdefinieer as bloot gewapende propaganda.


Kissinger se raad geld dus ook vir swart Suid-Afrikaners soos Makhanya, wat graag die “voorwaardes van oorgawe” aan wit Suid-Afrikaners wil voorskryf, selfs 21 jaar ná die einde van apartheid. Maar jy kan dié soort bepalings net afdwing op ’n vyand wat jy militêr verower het.


Die storie is eenvoudiger as wat Makhanya dit sien. Nóg die ANC nóg die PAC het oorlog gevoer met die doelwit om die wit regering te verslaan. Die doel van die bevrydingstryd was altyd om te veg vir die inkorporasie van swart mense in die staats- en ekonomiese instellings van kapitalistiese Suid-Afrika.

Dit is instellings wat die Britte gevestig het van 1854, toe die nierassige Kaapse grondwet van krag gekom het, tot 1902, toe die Boererepublieke deur die Britse weermag verpletter is in ’n regte oorlog en toe Suid-Afrika se huidige kapitalistiese stelsel gekonsolideer is deur die administratiewe owerheid wat sir Alfred Milner oor die Boererepublieke tot stand gebring het.


Makhanya moet homself die volgende vraag vra: Het die swart bevrydingsbeweging sy doel van inkorporasie in die Suid-Afrikaanse kapitalistiese stelsel bereik? Die antwoord op dié vraag is ’n welluidende ja!


Die tweede vraag wat Makhan*ya sou moes vra, is wié onder swart mense is geïnkorporeer in die Suid-Afrikaanse kapitalistiese stelsel? Die antwoord op dié vraag takel die kwessie wat sowel *Makhanya as Du Plessis tevergeefs mee geworstel het.


Die groot meerderheid van swart mense is al eeue voor 1994 in die Suid-Afrikaanse kapitalistiese stelsel gekoöpteer. Bruin mense is so lank gelede soos 1657 as slawe geïnkorporeer; Indiërs, as suikerplantasiewerkers, so lank gelede soos 1860; en swart mense as plaasarbeiders, huiswerkers en mynwerkers sedert die vroeë 19de eeu. Sedert hul aanvanklike koöpsie het bitter min verander in die status van bruin, Indiër- en swart werkers.


Wat verander het, is die posisie van wat ek noem die swart politieke elite. Hulle was in die verlede die swart professionele mense wat sedert die middel van die 19de eeu die verset gelei het teen hul uitsluiting op rassegrondslag van die voordele wat die Suid-Afrikaanse kapitalistiese stelsel inhou.
Dié struggle vir inkorporasie van die swart politieke elite is nou gedane sake, nie danksy militêre mag nie, maar deur verkiesings waartoe die verteenwoordigers van wit mense ingestem het.


Die swart politieke elite beheer nou die Suid-Afrikaanse regering. Hy gebruik sy beheer van die staat om veelvuldige voordele wat onder die Grondwet toelaatbaar is vir homself toe te eien (soms ook ontoelaatbare voordele).
Maar die Grondwet gee nie die nuwe politieke elite die mag om te besluit hoe wit mense (trouens ook swart Suid-Afrikaners) behoort te lewe of wat hulle behoort te dink nie.


Die Grondwet omskryf die regte van landsburgers; hoe dié regte in stand gehou moet word; en hoe die regering daar moet uitsien en funksioneer. Dit klink eenvoudig, maar word gereeld verkeerd verstaan deur politici en politieke kommentators wat hulle verbeel politici beskik oor allerhande magte, wat hulle in werklikheid nié het nie.


Die Grondwet bemagtig egter wel die swart politieke elite om kragdadig enigiemand te onderdruk wat die voordele bedreig wat hy geniet in vennootskap met die hoofsaaklik wit ekonomiese elite.
Terloops, nie alle wit mense is deel van die wit ekonomiese *elite nie; baie is net hul werknemers.


Daar was geen wit mense teenwoordig in die bevelstruktuur wat die stakende Lonmin-mynwerkers in Marikana verdruk het nie: van Cyril Rama*phosa in die Lonmin-direksie*saal; Nathi Mthe*thwa, polisieminister; Susan Shabangu, toe die minister van mynwese; Riah Phiyega, polisiehoof – dwarsdeur tot by die SAPD-bevelvoerders wat lykswaens as “noodsaaklike toerusting” aangevra het vir skarebeheer op 16 Augustus 2012.


Daar is geen inherente teenstrydigheid tussen swart en wit Suid-Afrikaners nie. Die belangrikste dinamika in Suid-Afrika vandag is die ontluiking en snelle groei van maatskaplike differensiasie onder swart mense en die inkorporasie van die swart politieke elite in die boonste range van die ekonomiese en maatskaplike stelsel wat hulle in 1994 geërf het.


Hierdie dinamiek dryf egter ook die groeiende konflik in die land tussen dié wat baie het en dié wat niks het nie. Die armes is steeds grootliks die gewone swart werkers wat arm bly, net soos hulle nou al eeue lank is, maar die rykes verteenwoordig nie ’n werklik nierassige, nieseksistiese, demokratiese aspek van Suid-Afrika nie.


Waarop stuur dié dinamika van armes teen rykes in Suid-Afrika af?


Die kort antwoord is: Dit is te vroeg om te antwoord.


■  Moeletsi Mbeki is die adjunkvoorsitter van die Suid-Afrikaanse *Instituut vir Internasionale Aangeleenthede (Saiia). Hy is die skrywer van Architects of Poverty: Why African Capitalism Needs Changing. Lees ook Neels Louw se artikel “Bang, *verward en gatvol”.

Lukas
04-12-2015, 12:38 PM
Moeletsi Mbeki is duidelik nie onder n kalkoen uitgebroei nie.

Unregistered
04-12-2015, 06:56 PM
Moeletsi Mbeki kom uit n ander stal, hy word baie keer aangehaal, om dinge te beredder, hy weet meer as al die linkse politisie saam en ek dink hy kan in die toekoms nog sterk na vore tree, om die meer gematigdes se stem te wees. Staan vas