PDA

View Full Version : ‘Dreigement’ op plaas skok



Unregistered
04-13-2015, 01:49 PM
‘Dreigement’ op plaas skok
Rassespanning blyk tussen boere
Deur Vicus Bürger Maandag 13 April 2015 05:10

Die boodskap wat oorkant ’n plaashuis tussen Reddersburg en Bloemfontein opgesit is. Foto: Vicus Bürger

http://redactor-images-live.s3.amazonaws.com/552aa10968480b4a89d7bf91.jpg

’n Ondersoek na ’n dreigboodskap wat op ’n plaas buite Bloemfontein aangebring is, het onthul hoeveel rassespanning in dié landbougemeenskap bestaan.
Op ’n kartonbord wat op ’n doringdraadheining oorkant ’n plaashuis tussen Bloemfontein en Reddersburg opgesit is, staan in Engels geskryf: “Een setlaar, een koeël.” ’n Pistool is ook op die karton geteken.

Dít is Saterdagoggend ontdek deur geskokte familielede wat hier woon en boer. Een van die familielede sê die Kagisanong-polisiekantoor is reeds Saterdag 08:00 gebel, maar het eers omstreeks 16:00 na die plaas gekom omdat dié polisiekantoor net een voertuig tot sy beskikking gehad het.
Die vorige aand het die Koppieskraal-boerevereniging hier ’n skynplaasaanval in samewerking met die polisie gehou.

Die betrokke familie wou om veiligheidsredes nie hê hul name of besonderhede oor die plaas moet bekend gemaak word nie. Hulle vrees vir hul veiligheid en dié van hul kinders op die plaas.
“Dit (die boodskap op die kartonbord) wek vrees.”

Die vermoede onder boere in dié omgewing is dat nuwelingboere op ’n aangrensende plaas vir die dreigboodskap verantwoordelik kan wees. Hulle meen dié boere het die plaas wat hulle gekry het, heeltemal verniel.
Die nuwelingboere het ontken dat hulle vir die dreigboodskap verantwoordelik is en sê hulle word altyd beskuldig as iets verkeerd loop of gesteel word.

Met die skynplaasaanval Vrydagaand was daar glo ’n onderonsie tussen ’n nuwelingboer van die aangrensende plaas en van die ander boere en polisielede.
Die nuwelingboer het blykbaar nie van die oefening geweet nie en was bitter ontevrede omdat die paaie as deel van die oefening gesluit was. Hy het na bewering ’n lid van die landbouvereniging gevloek en ook gesê: “Die polisie speel speletjies.”

In Volksblad se ondersoek na wat hier aangaan, is wedersyds rasse-terme gebruik.
Sers. Thabo Litabe, polisiewoordvoerder, het bevestig die dreigboodskap, asook die klagte oor die polisie wat gesloer het omdat die Kagisanong-polisiekantoor blykbaar net een voertuig gehad het, word ondersoek.

Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou (VL), sê weens uitsprake wat politici maak en voorvalle soos standbeelde wat beskadig word, vind polarisasie tussen swart en wit boere plaas.
“Die ouens is gefrustreerd weens die regering se onvermoë om boere te bemagtig en dan begin hulle mekaar beskuldig.”
Vermeulen sê die betrokke boerevereniging en VL sal die kwessie ondersoek.
Hy sê VL het ’n gesprek met die African Farmers Association of South Africa (Afasa) aan die gang gesit om wedersydse probleme en frustrasies aan te pak.

http://www.netwerk24.com/nuus/2015-04-13-dreigement-op-plaas-skok

Aletta
04-13-2015, 02:10 PM
ek het na dit verwys op n ander draad, absoluut belaglik. Deur sulke goed te publiseer help jy rassehaat net aan. Dis duidelik n poging om aan te hits.

Kasper
04-13-2015, 09:20 PM
Hoe dan anderste Aletta, dit is Volksblad afterall, en jy weet wie bestuur hulle . Al meer hel hulle oor na die linkse kant, so veel so dat ek heeltemal opgehou het om hom te lees....

Groetnis

Lukas
04-14-2015, 08:49 AM
Waaroor gaan die geraas ? Die pistool op die karton se sneller is dan gebreek. Daardie pistool sal niemand skiet nie.

Aletta
04-14-2015, 08:49 AM
Skerp Lukas!