PDA

View Full Version : Só skiet misdaad die hoogte in



524
04-16-2015, 01:33 PM
<section style="box-sizing: border-box; margin: 5px 0px 20px;">http://redactor-images-live.s3.amazonaws.com/552f346caf9bb8be16000006.jpg (http://redactor-images-live.s3.amazonaws.com/552f346caf9bb8be16000006.jpg)Argieffoto ter illustrasie.

</section>

Misdaad is nie “onder beheer” nie – geweldmisdade in Gauteng het vir ’n tweede agtereenvolgende jaar skerp gestyg, toon nuwe misdaadsyfers van die polisie wat uitgelek het.

Die misdade wat Jan en alleman die meeste vrees – moord, motorkapings en huisrooftogte – gedy terwyl die publiek toenemend sy vertroue in die polisie verloor.
Die uitgelekte syfers vergelyk die eerste tien maande van die 2014-’15-boekjaar (1 April 2014 tot 31 Januarie vanjaar) met die ooreenstemmende tien maande in die 2013-’14-boekjaar.
Motorkapings het in die eerste tien maande van die 2014-’15-boekjaar met 14,4% toegeneem teenoor 2013-’14 s’n. Motorkapings het reeds in die 2013-’14-boekjaar met 22,5% teenoor die vorige boekjaar toegeneem.
Huisrooftogte het met 11,5% toegeneem, terwyl dit verlede jaar met 12,6% gestyg het.
Ook die moordsyfer het met 10% gestyg, terwyl dit in die vorige jaar met 11,2% toegeneem het.
Daarby het vragmotorkapings skielik skerp begin optel. In die 2014-’15-tydperk het dit met 54,5% toegeneem na ’n totaal van 689 aangemelde sake. In die vorige jaar het dit met 4,4% gegroei en twee jaar gelede met 18,3%.
Beeld verneem wyd dat plaaslike en internasionale vragmotormaatskappye begin mor omdat reuse-bedrae ter sprake is.
Dr. Rudolph Zinn, ’n oudpolisieman en dosent aan Unisa, het met kommer die “skielike, skerp toename” in geweldmisdade uitgewys.
“Hier is ernstige probleme.”
Twee onafhanklike bronne – een op stasievlak en ’n tweede by die polisie se hoofkwartier in Pretoria – het die egtheid van die syfers bevestig.
Lees ook:
■ ​‘Gautengers móét hul kwel oor misdaadstyging’ (http://www.netwerk24.com/article/nuus/552eb38868480b0e4ae5883b?vc=suDbv%2F3cdHJmZi3S3RlY N%2FBYDZnYSjCs5DoEfzLgt4yammkmKvOqR4n45uJqgCK%2FJd ZN3ajiXCDkeq8AMNc6yA%3D%3D)

Genl. Riah Phiyega, polisiehoof wat die gemeenskap herhaaldelik verseker dat misdaad “onder beheer” is, sal dié statistieke amptelik eers oor sowat vyf maande uitreik.
Die nuus kom te midde van ’n slegte week vir die polisie: Volgens die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing is 33% van volwassenes bang vir die polisie en 66% dink ’n knoeiery in polisiegeledere gaan flink voort.
Lt.genl. Solomon Makgale, polisiewoordvoerder, het daarop gewys dat die statistieke wat aan Beeld gelek is, nog nie geoudit is nie. Hy het bygevoeg dat geweldmisdade, of kontakmisdade, “koppig” is. “Verskeie maatreëls is ingestel om die situasie te beheer. Ons het ook onlangs ’n groep gearresteer wat winkelsentrums geteiken het en veral oor die feestyd in Gauteng en die Wes-Kaap besig was.”
Gareth Newham van die Instituut vir Sekerheidstudie pak die skuld op ’n sukkelende, onbevoegde leierskorps.
Misdaadintelligensie is volgens hom ook besig om in te plof omdat dit glo in die afgelope twee jaar die helfte van sy
lede verloor het.
Beeld verneem ook van twee onafhanklike bronne dat lt.genl. Richard Mdluli, geskorste misdaadintelligensiehoof, steeds die kitaar slaan.
“Daar is steeds offisiere en polisielede wat aan hom verslag doen,” het ’n polisiebron bekend met die situasie gesê.
Maar Makgale het wal gegooi en gesê Gauteng is nou onder die nuwe leierskap van lt.genl. Lesetja Mathiba.
“Phiyega het daarop aangedring dat pogings om die misdaadsyfer te laat daal, hoog op hul agenda moet wees. Daar is ’n nuwe energie en al is dit nog vroeg, is die resultate besig om te wys.”



<section style="box-sizing: border-box; margin: 5px 0px 20px;">http://redactor-images-live.s3.amazonaws.com/552ebda7af9bb8c711000000.jpg (http://redactor-images-live.s3.amazonaws.com/552ebda7af9bb8c711000000.jpg)
</section>

<iframe class="scribd_iframe_embed" src="https://www.scribd.com/embeds/262022877/content" data-aspect-ratio="0.7068965517241379" scrolling="no" id="262022877" width="100%" height="500" frameborder="0" style="box-sizing: border-box;"></iframe>