PDA

View Full Version : Aanhitsing van Xenofobie deur "wit" instansies



Aletta
04-20-2015, 10:48 AM
Ek het die onderstaande brief aan Afrforum gestuur. Wat my betref sal instroming van buitelanders nooit ophou nie, ons moet daarby aanpas. Wit en swart. Maar lees gerus my brief, ek wag vir Ian Cameron se antwoord. Hier is ook die skakel oor die berig wat my kwaad gemaak het.

http://www.netwerk24.com/nuus/2015-04-12-80-van-plaasaanval-verdagtes-is-zimbabwirs

Ek het met skok en verbasing die berig van Afriforum oor die rol van buitelanders in plaasaanvalle gelees. Ek vind dit werklik teleurstellend dat so n groot organisasie juis nou terwyl die land weens wreedaardige barbaarse xenofobiese geweld in n krisis gedompel is, so n stelling kan maak. Die stelling is oningeligte spekulasie wat op persepsies gegrond is.
Amit is heeltemal reg in sy waarnneming dat die media noem wanneer dit uitlanders is en mens kan dus met veiligheid aanneem die res van die misdaad waar nasionaliteit nie genoem word nie, deur Suid-Afrikaners gepleeg is. Daar is selfs mense wat beweer dat so min as 2% van misdaad deur buitelanders gepleeg word.

Ek het ongeveer 3 jaar gelede deur hordes nuusberigte gewerk spesifiek oor aanvalle op witmense en kon geen bevestiging kry dat buitelanders meer geweldsmisdaad pleeg as plaaslike mense nie. Die verhouding was ongeveer 10% deur buitelanders wat dan ook naastenby die hoeveelheid immigrante in die land is. (Sommige mense beweer hier is aansienlik meer as 10% immigrante en indien dit waar is, sal dit statisties buitelanders se aandeel in moorde verklein.)

In die Vrystaat en KZN kon ek in daardie stadium (2012) nie een plaasmoord opspoor wat deur n buitelander gepleeg is nie. In daardie stadium het Limpopo en Mpumalanga die laagste moorde, plaasmoorde ingesluit gehad.
Dit is toevallig die twee provinsies met die hoogste syfer immigrante wat op plase werk. Veral in Limpopo is daar groot gebiede soos bv die Koedoesrandarea waar byna 100% van die plaaswerkers Zimbabwiers is.
Ek sal toegee dat daar die afgelope paar maande baie aanvalle in Limpopo was waar buitelanders betrokke was. Sulke voorvalle veral waar die slagoffers prominente mense is, versterk sekere persepsies maar dit maak dit steeds nie feitlik of statisties korrek nie.
Plaasaanvalsyfers ook n lang tydperk sal waarskynlik aantoon dat immigrante en Suid-Afrikaners persentasiegewys dieselfde hoeveelheid misdaad pleeg. Om n handvol hoë-profiel sake oor n kort tydperk te neem en dan daarvolgens so n verklaring uit te reik is onverantwoordelik, onregverdig en getuig in ons huidige situasie van moedswilligheid en die aanblaas van haat.
Plaasaanvalle skuif gedurig rond tussen provinsies en so het die Wes-Kaap n tyd gelede erg deurgeloop, toe die Vrystaat en KZN. Tans lyk dit of Limpopo geteiken word en dit sal dus op n baie kort tydperk lyk of Zimbabwiërs die sondebokke is. Veral as mens in ag neem hoe baie van hulle in die provinsie op plase werksaam is sal statisitek nie in hul guns tel nie. Tog is Limpopo as n reel van die provinsies met die laagste plaasmoordsyfers.
Om werklik die rol van buitelanders in misdaad te meet moet mens oor n lang tydperk statistiek verwerk. Jy kan net eenvoudig nie sulke uitlatings maak wat gegrond is op nuusberigte nie.
Die aanblaas van xenofobie doen niemand n guns nie. Kyk hoe word sakelui van Suid-Afrika nou die teiken van woede in ons buurstate. Is dit werklik nodig om sulke populistiese, onverantwoordelike en feitlik onkorrekte stellings te maak?
Soos alle Suid-Afrikaners keur ek nie die onbeheerste invloei van mense uit buurstate goed nie. Die regering het sedert die 90’s sy burgers gefaal want geen behoorlike grensbeheer word toegepas nie. Behoorlike beheer en wetstoepassing is nodig, nie n oningeligte vingerwysery nie.
Ek wonder egter of Afriforum wat so gereeld hamer op die belangrik van boere besef dat sonder Zimbabwiërs in Limpopo die landboubedryf daar totaal ineen sal stort.

Lukas
04-20-2015, 12:12 PM
Allet. Net wanneer ek dink ek is nou deur die goed, dan kry ek weer so swaaibal. http://www.sherv.net/cm/emoticons/tennis/bouncing-tennis-ball-smiley-emoticon.gif (http://www.sherv.net/) En dan tik ek nog stadig ook.

Voor 2000 was daar omtrent geen uitlanders by plaasaanvalle betrokke nie. Die wat daar was, was hoofsaaklik Mosambiekers wat wel mense in die laeveld gemartel het.

Nadat die mense uit Zim begin vlug het, was dit ons misdaadnetwerke wat die mense die hele land vol geskuif het. Soos wat dit nou maar is, moes daardie mense wat ingesmokkel was, wel rooftogte pleeg om hulle skuld te betaal. Die eerste van daardie aanvalle was in Musina en toe ook in Nelspruit. In albei die gevalle was hulle glad nie gewelddadig nie. Daardie prentjie het oor die afgelope dertien jaar verander en hulle het al net so r=wreed soos die plaaslike misdadigers geword.

Die plaaslike rowers word nog altyd plaaslik opgelei en Juniemaand begin daar glo weer n gevorderde misdaad opleiding in die ou Transkei, maar ek dwaal nou van die punt af.

Die uitlanders was sedert 2002 waarvan ek weet, doelbewus by geweldsmisdaad betrek. Selfs die militêre opleiding in Zimbabwe was so aangepas dat die “immigrante” meer suksesvol in misdaad sou kon wees. Geld in Zim. is nie so volop nie en daar is vandag groot, baie groot netwerke wat in Suid-Afrika by misdade betrokke is.

Die Zimbabwiërs roof en steel hoofsaaklik in die lokasies en die buit word met voertuie na opgaar plekke verskuif, vanwaar dit oor die grens verskuif word. Polisiebeamptes by misdaad intelligensie word tot R3500 per aksie betaal om die skuiwers wat die buit verskuif, vooraf in te lig waar padblokkades en veilige roetes sal wees.

By die grenspos is dit n groot besigheid en daar is amptenare wat as n groep, glo tot 6 miljoen per maand, aan omkoopgeld verdien.

Zimbabwiërs is n probleem wanneer dit by misdaad kom. Hulle besteel hulle werkgewers baie suksesvol en hulle word ook by geweldsmisdade betrokke, om hulle onwettige reg van toegang in Suid-Afrika te verseker.

Terselfdertyd was hulle van die begin af wat hulle hier ingekom het, deur ons regering van misdade beskuldig wat hulle toe nog nie gedoen het nie. Vandag is die netwerke baie groot en baie goed georganiseerd.

Wat geweldsmisdade betref is hulle baie aktief binne die swart gemeenskappe en maak hulle in Diepsloot, Alexandra, Limpopo, Gauteng en daar waar ek woon, gereeld skuldig aan verkragting en roof. Die meeste insidente is veral oor maandeindes wanneer vroue alleen gaan inkopies doen.

Die Nigeriërs is ook n helse probleem. Ons Nasionale Intelligensie het hulle opgelei en nou is hulle besig om ons kinders met dwelms aan te val. Hulle netwerke word direk aan hulle intelligensiedienste gekoppel en dit is nie net swart kinders en vroue wat onder hulle deurloop nie. Roodepoort waarvan ek weet, loop swaar deur en vroue word gereeld deur Nigeriërs ge “gang rape” om hulle dwelm skuld betaal te kry.

Die dwelms in Suid-Afrika het reeds epidemiese vlakke bereik en as jy my vra is xenofobie die enigste maar enigste hoop wat ons het dat die gesluit gestuit kan word.

Die Etiopiërs en die Somaliërs. Waarom hulle so swaar deurloop is pure jaloesie. Altans dit is hoe dit vir my lyk. Die mense roer hier en hulle is intrapreneurs.

Die Pakistanis is n ander klomp. Hulle beweeg snags wanneer ons slaap. Hulle beroof mense, vermoor mense en maak hulle aan baie verkragtings skuldig. Bedags woeker hulle onder die swart meisies en met hulle geld, bou hulle hul eie nasie hier op ons bodem. Dit is nou as hulle nie die donkies en bokke wat snags rondloop verkrag nie. (Dit glo n groot stokperdjie in sekere dele van Pakistan.)

Die Malawiërs hou hulle so vêr ek weet, redelik uit die moeilikheid uit. Volgens my is hulle die enigste nasie wie se teenwoordigheid nie vir ons vêrreikende gevolge inhou nie.

Allet. Hierdie xenofobie is glad nie mooi nie. Die motiverings om dit te regverdig klink soms ook maar verdag. Maar wanneer ek al die voor en nadele opweeg, voel ek tog dat ek my nie daaroor gaan uitspreek nie.

Sien hierdie xenofobie as n oorlog. Die wêreld se oorloë word volgens my kennis net deur drie redes ge sneller.

Om mag te vergroot. Dit het ons onlangs weer gesien toe Rusland die Ukraine ingeval het.
Om geld te maak. ( Die Amerikaanse invalle in Irak )
En die grootste rede. ( m2 per persoon. Grondgebied)

Gaan doen n bietjie navorsing. Elke geslag wat leef, sien n oorlog. Hierdie een gaan oor grond. Ons vorige oorlog in Angola was oor mag. Die Koreaanse, Viëtnam en Afrika oorloë was oor mag. Die twee wêreld oorloë was oor mag en grondgebied.

Ons bevolking. 1994 was ons 42 miljoen. Vandag se satelliet telling gee vir ons 87 miljoen. Hoeveel daarvan kon ons groei ?

Oorlog was nog nooit mooi nie. Dit kan nie wees nie. Maar ons wêreld kan nie sonder n oorlog lewe en ontwikkel nie. Oorloë was tot op hede die enigste booster vir die wetenskap. Die mens se grootste tegnologiese ontwikkeling kom gedurende oorloë. Ons wat n oorlog al beleef het, sal baklei om dit te vermy, maar daar sal altyd oorloë wees.

Laastens. Ons land is nie ’n waterryk land nie. Ons bevolking soos dit is, sal oor ’n paar jaar ernstige probleme met water begin ervaar. Ons begin dit reeds sien. Soos wat dit is, is ons vir hierdie land reeds te veel mense. Of ons daarvan hou of nie, Iets sal moet gebeur.

En wanneer dit alles klaar gebeur het, sal die Sjinese kom

Unregistered
04-20-2015, 03:26 PM
Op die oomblik is amper elke swart karwag wat ek by netjiese Malls kry in die land van die Kongo af. Of dit Kabila Kongo of Brazaville Kongo is het ek nognie gevra nie. Ek verwys natuurlik na netjiese malls en sentrums, nie sommer die parkering by die Poskantoor of die taxirank nie. Hierdie ouens is Psira geakkrediteer. Hulle is baie netjies, ruik vars, is pikswart met blink gepoleerde gesigte. Hulle praat Engels en Frans. Ek het een van hulle anderdag in Bloubergstrand eers in Portugees gegroet, toe in Engels gevra of hulle Chechewa of Timbuko praat by die huis (Malawi en Zambie), Zimbabwiers was hulle ooknie en Shangaans wou hulle defnitief nie wees nie. Hulle het gese hulle is van die Kongo waarna ek hulle darem in Frans kon groet wat min of meer die somtotaal is van die bietjie Frans wat ek kan praat. Die tendens het ek gevind by elke ordentlike mall in byna die hele land. Natal sal seker die uitsondering wees! Toe ek destyds in die diamantbedryf in Noord Angola gewerk het het ons die mense uit Zaire soos dit toe bekendgestaan het as baie goeie werkers beskou. Die Angolese is baie lui, dis seker hoekom hulle met die Kongolese boer soos ons met skape boer om hulle diamante vir hulle uit te haal.

My punt is, dit is baie duidelik dat die Kongolese 'n tipe monopolie het op die karwag befryf in Suid Afrika. Ek vermoed hulle kry maklik Politieke Assiel dis hoekom hulle so maklik mag werk in Suid Afrika. Die Kongolese is op die oog af baie vreedsaam en eerbaar en betroubaar. Of so lyk dit ten minste in Suid Afrika.

Ek weet al die mense in die Kongo en DRK kan nie onder dieselfde kam geskeer word nie ten spyte hiervan is van die bloeddorstigste mense op aarde in daai area. Van hulle is Kanibale, wat hulle slagoffese harte eet terwyl die hart basies nog klop!

Sover wil dit voorkom of Kongolese nie 'n misdaad voetspoor in ons land het nie! Kan dit wees? Is hulle sulke goeie mense? Hulle moet tog seker iemand skuld vir hulle verblyf permitte. Hulle moet tog iemand skuld vir hulle verblyf permitte en hulle Psira kwalifikasies? Hulle is in die ideale posisie om inligting te gee vir 'n verskeidenheid misdade sonder om direk betrokke te wees. Bygese ek sien hulle nie baie op hulle selfone speel nie. Is hulle die brokers in misdade wat rondom besoeke aan malls plaasvind.

Gaan toets dit self, hulle is mal daaroor as jy hulle in Frans groet al is dit hoe gebroke!

Interesant, gestel dinge gaan verder agteruit in Nigerie en hulle burgers begin ook Politieke Assiel kry wat is die potensiaal dat hulle misdaad tot op ons voorstoep kan bring!

Die enigste rede vir die pos is dat dit opvallend is dat die Kongolese se enigste vingerafdruk in die Karwag bedryf is, hulle werk nie in tuine nie. Hulle praat ook billike Engels en kom goed opgevoed voor, miskien nie altyd goeie Engels nie, 'n karwag moet eintlik net gebare ken!

Hierdie is suiwer spekulasie.

Lukas
04-20-2015, 06:04 PM
Dit is baie interessant. Ek het hulle al in Pretoria ook gekry en ook in n deurgangskamp in Botswana waar hulle eers leer om Engels te praat voor hulle nader kom. Tydens my onderhoude met hulle in die deurgangskamp, was Kaapstad en Durban gewilde keuses. Omtrent een uit Vyf het Durban gekies

Daar moet dus baie van hulle in Durban wees. Ek weet nie. Wat ek wel van die manne weet is dat hulle nie bang is om in n geveg betrokke te raak nie. Hulle is kalm, beleefd en het n verstommende aggressie wanneer dit nodig is. Hulle verkies n werk in sekuriteit waar hulle iewers n geleentheid vir aksie kan kry. Wanneer hulle by misdade betrokke raak, is smokkel skynbaar hulle sterkpunt, tog kon ek nog nie agterkom dat dwelms een van die goed is waarmee hulle speel nie.

Of hulle in Durban is, weet ek nie. Tydens die laaste terugvoer wat ek gekry het, was daar nie een Kongolees op die telbord nie. Dit laat n mens nogal wonder.

S417
04-20-2015, 06:12 PM
Ek stel voor dat hierdie draad gelsuit word voor ons webblad weer gebom word omdat ons inligting te oop loop.

Unregistered
04-20-2015, 08:03 PM
Hierdie is nogal intresant. Dit kom van Africheck.org

http://africacheck.org/2015/04/17/analysis-are-foreigners-stealing-jobs-in-south-africa/

International migrants are often accused of stealing jobs from locals in South Africa. But new data presents a far more nuanced picture of what it means to be a migrant trying to make a living in the country.

Note: This article was originally published on 8 February 2015. We have republished it now following the recent outbreak of xenophobic attacks in South Africa.

With every outbreak of xenophobic violence in South Africa, the refrain is the same. “The kwerekwere are stealing our jobs,” people say.

Shops are torched. Streets are barricaded. Tyres are set alight. Rocks become weapons. People are hacked, stabbed, shot and burned to death. Jubilant mobs hound Somalis, Mozambicans, Zimbabweans, Pakistanis and Bangladeshis from their homes and businesses.

The claim that “foreigners” are taking jobs from South Africans“is an argument that is always made”, says Professor Loren Landau, director of the African Centre for Migration and Society (ACMS) at Wits University. “As if it justifies killing.”

The most recent spate of violence in Gauteng, which swept through parts of Soweto, Kagiso, Alexandra and Langlaagte, claimed the lives of six people, including a one month old child.
“I am not xenophobic”

Statements by some government ministers have done little to calm tensions.

In the weeks preceding the violence, Nomvula Mokonyane, the Minister of Water and Sanitation, commented on Facebook that in Kagiso “[a]lmost every second outlet (spaza) or even former general dealer shops are run by people of Somali or Pakistan origin (sic)…I am not xenophobic fellow comrades and friends but this is a recipe for disaster”.

And last week Small Business Development Minister Lindiwe Zulu told Business Day that “[f]oreigners need to understand that they are here as a courtesy and our priority is to the people of this country first and foremost… They cannot barricade themselves in and not share their practices with local business owners”.
New data provides new insights

Following looting of foreign owned stores a Bangladeshi shop owner clears his shop on January 23, 2015. Photo: AFP/Stefan Heunis“The idea that people are here ‘stealing’ jobs and that they don’t have a right to be here needs to be corrected,” says Dr Zaheera Jinnah, an anthropologist and researcher at the ACMS.

Myths and misconceptions travel quickly. But new data, some of which has yet to be published, presents a far more nuanced picture of what it means to be a migrant from Africa or Asia and trying to make a living in South Africa.

The Migrating for Work Research Consortium (MiWORC), an organisation that examines migration and its impact on the South African labour market, released two studies last year that drew on labour data collected in 2012 by Statistics South Africa.

They found that 82% of the working population aged between 15 and 64 were “non-migrants”, 14% were “domestic migrants” who had moved between provinces in the past five years and just 4% could be classed as “international migrants”. With an official working population of 33,017,579 people, this means that around 1,2-million of them were international migrants.

A racial breakdown of the statistics reveals that 79% of international migrants were African, 17% were white and around three percent were Indian or Asian.

Jinnah said that there were misconceptions about the size of the international migrant community in South Africa. “There is a disconnect between perception and reality largely because there hasn’t been data available until now. So a lot of what has been said and reproduced is based on hearsay and anecdotal evidence or myths.”

MiWORC found that Gauteng province had the highest proportion of foreign-born workers with around 8% of the working population having been born in another country.

Limpopo and Mpumalanga had the next highest proportion of international migrants at 4%, followed by North West (3%), the Western Cape (3%), Free State (2%), Northern Cape (1%), Eastern Cape (1%) and KwaZulu-Natal (1%).
Low unemployment rates

International migrants are more likely to be employed than South Africans. According to the MiWORC data, international migrants in South Africa have much lower unemployment rates than others. This is unusual. In most other countries, international migrants tend to have higher unemployment rates than locals.

South Africa’s unemployment data shows that 26.16% of “non-migrants” are unemployed and 32.51% of “domestic migrants” are unemployed. By comparison, only 14.68% of international migrants are unemployed.

But while international migrants are less likely to be unemployed, most find themselves in positions of unstable, “precarious employment”. They don’t have access to benefits or formal work contracts.

International migrants in South Africa are more likely to take jobs that locals are not willing to take or find work in the informal sector.

According to the MiWORC research, 32.65% of international migrants are employed in the informal sector in South Africa compared to 16.57% of “non-migrants” and 17.97% of “domestic migrants”.

The studies suggest that this is because the informal sector offers the lowest entry cost into the labour market. The majority of international migrants also come from African countries which have large informal sectors.
Foreigners don’t dominate informal sector

A street barber cuts the hair of a customer in his barber shop in the Diepkloof area of Soweto on June 30, 2013. Photo: AFP/Odd AndersonAccording to MiWORC’s research, international migrants are far more likely to run their own businesses. Eleven percent are “employers” and 21% are classed as “self-employed”. By comparison, only 5% of non-migrants and domestic migrants were employers and only 9% of non-migrants and 7% of domestic migrants were self-employed.

Late last year, the Gauteng City-Region Observatory – a collaborative project between Wits University, the University of Johannesburg and the provincial government – conducted a limited survey of the informal sector in Johannesburg.

Dr Sally Peberdy, a senior researcher at the Observatory – says that the belief that international migrants dominate the informal sector is false. “We found that less than two out of 10 people who owned a business in the informal sector [in Johannesburg] were cross-border migrants.”

Peberdy argues that international migrants do play a positive role in South Africa. “The evidence shows that they contribute to South Africa and South Africans by providing jobs, paying rent, paying VAT and providing affordable and convenient goods.”

The Observatory’s study, which is due to be published tomorrow, found that 31% of the 618 international migrant traders interviewed rented properties from South Africans. Collectively they also employed 1,223 people, of which 503 were South Africans.

This article was commissioned by the Sunday Times.

Additional reading

How many Zimbabweans live in South Africa? The numbers are unreliable

Is South Africa the largest recipient of asylum-seekers worldwide? The numbers don’t add up

Unregistered
04-20-2015, 08:15 PM
Die nigeriers is lankal gevestig in die dwelm en mense handel bedryf hier. Die kongolese is baie soos die "draad en glas" van due nommer bendes. Hulle is iemand groot se oe en ore. Hoe nader jy aan die stad (kaspstad) beweeg hoe meef sal jy dit sien en ook met wie hulle werk. Elke groep het sy plek en gebied binne die misdaad raamwerk.

524
04-21-2015, 12:02 PM
Blykbaar word die "wit" mense aangeval by a petrol stasie?


https://www.youtube.com/watch?v=xgCMma75i_8

Aletta
04-21-2015, 12:04 PM
dit was so paar weke gelede al

Lukas
04-21-2015, 12:10 PM
Dit was in Pongola 3 uur in die oggend en die feit dat die hele besigheid van die begin af met n selfoon afgeneem is laat my wonder of die outjies nie met opset iets gaan uitlok het nie. Op die eerste video lyk dit of een swart man redelik moeg geslaan was.

Daar was ook ander wit mense op die toneel wat nie aangeval was nie.

524
04-21-2015, 01:36 PM
Weereens bevestig dit die "fear porn" ding. Lyk mos vir my ook na 'n dagga transaksie wat toe nie so vlot verloop het nie.

Gavin
04-21-2015, 01:51 PM
Johannesburg - The army will be sent into the Johannesburg township of Alexandra, Defence Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula announced on Tuesday.

Many people on the ground "will appreciate the decision to bring in the defence force", she said.

Mapisa-Nqakula said soldiers would not be taking over the work of police but would be assisting them in maintaining the peace. *

Four men appeared in the Alexandra Magistrate’s Court on Tuesday for the murder of Mozambican national Emmanuel Sithole at the weekend.

News24

AKSKA
04-21-2015, 02:04 PM
524 kan dalk nie te ver verkeerd wees nie. Ek dink daardie negatiewe loesing was dalk juis vir politieke redes vooraf beplan

greengroen
04-21-2015, 09:49 PM
As die weermag betrokke word is dit n teken dat die polisie nie meer dinge onder beheer het nie let wel

Unregistered
04-21-2015, 10:15 PM
As die weermag betrokke word is dit n teken dat die polisie nie meer dinge onder beheer het nie let wel

Wat as die polisie wel in beheer is, en die ontplooing (sonder "state of emergency" ) word gedoen onder dekmantel van xenofobie, vir ander redes?