PDA

View Full Version : Vreemde teken lees kursusse



Lukas
02-16-2013, 05:46 AM
Dit is onder my aandag gebring dat Pierre van Zyl Teken- lees kursusse in die Polokwane aanbied. Ook dat hy en Savage (Johann) Breytenbach besluit het om hulle skapies in een kraal te jaag en saam n sekuriteitsbesigheid bedryf.

Daardie lede se kennis en ervaring is gevaarlik. AKSKA en Swartberg ISS distansieer hom van teken-lees kursusse wat deur hulle aangebied word en aanvaar geen aanspreeklikheid vir dood of beserings wat uit valse teken-lees kursusse mag voortspruit nie.

Nie Pierre van Zyl of Johan Breitenbach is ervare genoeg om sulke kursusse aan te bied nie.


Dankie,
Lukas Swart

Leo
02-17-2013, 10:43 PM
Sterkte Lukas, ek kan sien dat die "bye om jou kop" soos jy dit stel baie is. Met Swartberg wat op nasionale TV in die nuus was en in die koerante laas week en al die ander dinge wat nou gebeur het jy weer meer gebed as gewoonlik nodig.
Bid vir jou

Unregistered
02-19-2013, 06:46 PM
Jy is snaaks :-) LMGA

Unregistered
02-21-2013, 02:41 PM
Sover dit moontlik is, sal ek mense waarsku teen Pierre! Ek sien dit in dieselfde lig as om 'n gelaaide wapen in 'n kind se hand te sit! Bitter gevaarlike speletjie om te speel met oningeligte mense se lewens. Almal kan probeer bou maar nie almal se geboue sal staan nie. Wysheid is nie te koop om elke hoek en draai nie, dit kom van Bo!

Unregistered
02-21-2013, 09:47 PM
Lukas ek stem saam, ander mense wil met jou kalwers kom ploeg dit werk nie so nie. Hulle gaan lelik verbrou ek wil sien hoe hulle die tyd gaan uitwerk iets wat jy altyd deurgesien het en van kardinale belang is. Die mense speel beslis met vuur wat voor hulle deur gele moet word waneer iets verkeerd gaan loop.

Unregistered
02-25-2013, 03:44 PM
yip, ek stem. die tekens as misdaadvoorkomingsmodel is in alle geval so 'n gemors, dat na 7 jaar weet jy nogsteeds nie hoe dit werk nie. selfs lukas moet nog vir alfred bel. dus is dit net 'n mors van tyd. gelukkig is die suid afrika en nie swa of angola nie, so soldate is irrelevant in die bekamping van misdaad. hulle ken nie eens die wet nie

S412
02-25-2013, 09:26 PM
Boetman , weet jou ma jy speel op die internet ?

Lukas
02-26-2013, 12:13 AM
Jip. Dit is soos jy s. Tekens is nie vir mense maklik nie. Veral nie as jy wit is nie. Daar is agt soorte tekens waarvan ons vier soorte min of meer in die afgelope 23 jaar onder die knie gekry het. Die ander is so bietjie moeiliker en het baie met stories te doen. Stories wat onder swart mense oor vertel word en wat aan voorwerpe geassosieerde betekenisse gee. Maar dit wat ons weet is reeds genoeg om suksesvol te wees en ons tydsberekenings is baie akkuraat.

Ek dink byvoorbeeld aan die keer toe een van ons lede n reeks gemeet het en my toe gebel het om die tye te bereken. Ek bereken toe die tyd en s vir hom die datum die dag en dat dit ongeveer vyf voor ses die middag sal gebeur. Baie verbaas s hy dat die datum wat ek vir hom gee, dan dieselfde dag is as wat ons praat en dat dit nou vyf voor ses is. Met die wat jy die is s, klop n vreemde persoon aan sy studeerkamer se venster. Dit was die eerste keer in sy lewe dat iemand aan daardie venster klop en hy het geweet dat dit nie sy tuinwerker kan wees nie. Die was reeds te laat. Die uiteinde was n jaagtog deur die polisie.

Johan vertel my nou van die keer in 2010 by Alrode toe hulle die reeks gelees het waar n waterpomp gesteel moes word. Toe ek die tyd bereken vertel ek hulle dat dit dieselfde dag om 12 uur sal gebeur. Dit was toe 12 uur die middag en toe hulle omkyk kom laai n trok met n hyskraan die groot waterpomp wat op wiele staan. Terwyl hy laai, besluit hulle om openlik fotos te neem. Die trok ry toe met die waterpomp om die blok en kom laai dit toe weer presies af waar hy dit gekry het. Was dit nie dat hulle openlik fotos geneem het nie was daardie pomp van R260 000.00 weg.

Die snaakse insident was n plaasaanval wat vyfuur die oggend op n plaas buite Excelsior moes plaasvind. Met n slim plan kry die kommando n paar soldate op die plaas. Die boer het die werkers en die vroue lande toe en een kommando lede plaas toe in die verdagte se huis n afluister apparaat. Daardie nag beweeg die kommando lede nader. Binne die hut is daar heelwat vreemdelinge wat met groot bravade vertel hoe hulle die volgende oggend die boer en sy vrou gaan vermoor. Een kommando lid staan teen n bos by die hut waar hy self na die stories luister. Teen ongeveer 11 uur besluit een van die aanvallers om te gaan water afslaan. Hy besluit toe om dit teen die bos te doen waar die kommando lid staan. Hy pie toe teen die lid se been. Die lid staan doodstil terwyl die water in sy stewels inloop. Dit was eers toe die verligte swartman klaar was, wat sy o fokus en hy reg in die kommando lid se o kyk. Dit was die laaste. Hulle het gehardloop asof hulle lewens daarvan afhang en die aanval was vir baie lank uitgestel.

Maar ek kan verstaan waarom n mens wat niks van tekens weet nie en wat selfs ander mense wil mislei deur sulke kursusse aan te bied, sal beweer dat die tekens n groot gemors is. Hoe wil n mens in die eerste plek n teken kursus aanbied wanneer jy self glo dat dit n gemors is?

Unregistered
02-27-2013, 09:32 PM
En dan was daar om maar een voorbeeld te noem, die Bristow moord naby Louis Trichardt...

Die dag n die moord is die reeks nagegaan, (nie deur Lukas nie) die datum en tyd was 100% korrek. Dis nou apart van hoe akkuraat die tekens was om aan te toon hoe hulle haar sou vermoor, dat daar hulp sou wees en waar en wat hul met die lyk sou doen....