PDA

View Full Version : Media vs Oscar



Unregistered
02-21-2013, 02:15 PM
Hoekom speel die media so n groot rol om die onigeligte publiek te mislei, en Oscar as n moordenaar met voorbedagte rade te laat lyk. Talle BEWERINGE word die heeltyd gemaak en meeste mense eet dit vir soetkoek op.

Unregistered
02-21-2013, 05:39 PM
Dink jy regtig iemand wat n ander mens deur n toe deur skiet, ongeag wie agter daardie deur is, is onskuldig?

Unregistered
02-21-2013, 05:48 PM
Ja ek wonder nou juis hoekom eet jy Oscar se storie vir soetkoek op.

Unregistered
02-21-2013, 09:18 PM
Nommer 2 en 3 julle beaam sopas wat ek van praat. In die eerste plek se ek nie hy is onskuldig aan n sekere aanklag nie en in die tweede plek wie is julle om sy weergawe te bevraagteken? Was julle daar? Hy het mos erken hy het geskiet! Maar ja dis maar n kwaal onder die Afrikaner/Boer om vinnig klippe te gooi. Die man het in die verlede doodsdreigemente ontvang hy bly in NSA waar moord/ volksmoord hoogty vier. Jy weet wie is waar in jou huis en jy sit met twee afbene, almal is nie ewe aangewasse waneer dit kom by waneer dit tel nie. Enige kant toe kan gaan hy straf kry, maar as bewys kan word dit was onbeplan en n vrees gedrewe misverstand het hy reeds baie gely en sal n opgeskorte vonnis die ding doen. Is hy inderdaad skuldig aan moord of beplande moord motief sal dit lewenslank wees 25jr. Maar gaan lees weer my eerste pos voor julle die tou om die man se nek wil sit.

Unregistered
02-22-2013, 06:36 AM
Ek dink mense is redelik verdeeld oor die ding. Baie glo en wil glo hy is onskuldig. In elk geval dis nie net Afrikaners wat oordeel ens nie. Mense oordeel ongeag wat hul nasionaliteit is. Klink my jy is ook een wat graag jou eie mense afkraak.
As jy n maaksel van die media is sal hul jou breek as hul so voel. Die media het Oscar gebring waar hy is en die media sal hom afkap as hul so voel.
Daar is buitendien geen van die sg doodsdreigemente waarvan Oscar praat ooit aangemeld nie.
Of Oscar skuldig is of nie, sy groot ego, arrogansie en beheptheid met vuurwapens is welbekende feite.
Alet

Unregistered
02-22-2013, 02:22 PM
Jy etiketeer Oscar dan se jy ek kraak my eie af? Dink wat jy wil. Die NSA media het hom nie gemaak wat hy is nie hy het hom self bewys op die sportveld met harde werk. Ek hoop nie vir enige iets nie behalwe die waarheid. Ek salueer hom vir wat hy oorkom het, en AS hy skuldig is moet hy ook sy man staan tot dan sal ek wag en sien.

Unregistered
02-22-2013, 07:09 PM
Baie ander het net soveel of meer as hy bereik en nie soveel aandag gekry nie. Die media het baie met sy sukses te make. Hy was net n bemarkbare produk. Of ek hom oordeel of nie het niks te doen met jou veralgemening van Afrikaners nie. Daar is hope voorbeelde waar n vraagteken oor sy gedrag gehang het. Oa sy onsportiewe aanmerking tydens die Spele toe n ander atleet hom gewen het.

Unregistered
02-23-2013, 04:02 PM
Ja die volkie is nie soos wat jy wil voorgee n superras nie. Ons het tekortkominge en dis een van die punte, klim maar nou van daai troontjie af.

Unregistered
02-24-2013, 04:34 PM
Ek verstaan nie mooi wat het die superras met die saak te doen nie. Ek sukkel ook om te verstaan hoekom Afrikaners altyd alles aan hul nasionale identiteit wil koppel. "Afrikaners kraak hul eie af". Afrikaners is lui. Afrikaners is rassiste. Afrikaners dit, Afrikaners dat. Afrikaners is n superras.
Vir 40 jaar het die NP ons vertel ons is super. Vit die laaste 20 word vertel hoe vrot ons is, sonder ophou.
Ons is nie vrot nie en ons is ook nie super nie, ons is mense.
Toe Oscar voor die hof verskyn het was n klomp swartvroue aan die voorpunt van die veroordeling met n uiters onsmaaklike opmerking van n swart vroue minister. Lw swart vroue, nie Afrikaners nie.
Goeie genade, ons is net mense soos alle ander volke. Toe Jesus gese het die wat sonder sonde is kan die eerste klip gooi het ons as volk nog nie eens bestaan nie maar op hierdie blad word daardie eienskap nou n Afrikaner-eienskap.
Alle volke het dinge waarin hul presteer. Die Keniane kan so goed hardloop. Afrikaners is goed in sekere sportsoorte en vindingryk met sekere praktiese goed. So, wat daarvan? Niemand is n superras nie en niemand is net sleg nie. Swartmense is as n reel baie meer jaloers op mense wat uitstyg maar gedurig hoor ek "jy weet mos ons mense gun mekaar niks". Hoekom wil mense hulself so afkraak? Want dis al wat jy indirek doen. Jy maak jouself so sleg omdat jy jou eie mense afkraak. As jy n selfbeeldprobleem het wat jy op jou eie volk wil projekteer, maak dan so. Ek ly nie daaraan nie.
Vir my is ek trots op baie dinge wat hier bereik is en ook spyt en skaam or ander. Ons is NIE n superras nie maar ons is ook nie net sleg nie. Die Britte en Amerikaners is baie kwaaier op hul bekendes.
As mense geld insamel om onder Afrikaners opheffing te doen kom mense en vertel hoe sleg is die meeste blankes. Regtig? Ek wonder maar net hoe het die Suid-Afrikaanse blanke wat so sleg is daarin geslaag om te help bou aan Afrika se grootste ekonomie.
Maar nee dit was seker die Chinese?
Die algemene houding is dat Boer Bashing n lekker sport is en nou kom mense op hierdie blad en gebruik n hofsaak van n sportman om sommer ook n hou in te kry.

Alet

Unregistered
02-24-2013, 06:38 PM
Is dit jou nasionalistiese opinie?

Unregistered
02-24-2013, 07:21 PM
As jy kon lees sou gesien het ons is goed en sleg. Ongelukkig ly jy mos aan wit minderwaardigheid, so jou eie waarde is gekoppel aan ander se siening. Jy het geglo jy is super oor die np jou so geleer het. Nou is jy minderwaardig want die anc leer jou so.

Unregistered
02-24-2013, 08:04 PM
Skerp Alet. Party sal lei ander sal volg en ander sal altyd agtergeblewenes wees.

Unregistered
02-24-2013, 08:56 PM
Vroompraters en politieke korrektheid, laat die blindes mekaar maar lei.

Lukas
02-26-2013, 02:16 AM
Hofsake en poker het baie gemeen.

Ek het nou al in die verlede baie gesien hoe die pers ín mens voor die tyd kan veroordeel. Die hele Oscar storie is ín sensasie droom vir enige joernalis en die mense krap waar dit nie jeuk nie. Volgens die media is hy so skuldig soos kan wees en ek moet erken. Gemeet aan die media berigte het hy geen kans nie.

Aan die ander kant maak dit die werk vir die landdros of die regter ook redelik moeilik om objektief te bly.

Vandag is ons regstelsel ook onder verdenking en ín mens kan maar net hoop dat reg en geregtigheid sal geskied en dat geld nie op die ou end die deurslag sal gee nie.

Persoonlik dink ek dat dit nutteloos is om oor die saak te spekuleer en nog meer nutteloos om met mekaar daaroor haaks te raak. Wanneer julle die saak uit-wag, kan julle wanneer die regter sy uitspraak gelewer het, ook julle uitsprake lewer.

Unregistered
02-26-2013, 11:16 AM
Regso Lukas, ek is bly jy verstaan en sien darm wat ek probeer se.

Unregistered
02-27-2013, 09:34 AM
Dieselfde beginsel as die van die ou gesegde van if you live by the sword you will die by the sword kan ook deurgetrek word na mense soos Oscar ens. Wat ek bedoel hiermee is, as die media jou gemaak het dan sal jy ook deur die media vernietig kan word.

ongelukkig is n groot persentasie van Oscar se openbare sukses ens juis te danke aan die media en juis daarom is hy geweldig kwesbaar. Joernaliste het vir baie lank baie probleme van Oscar verswyg of nie regtig aandag gegee nie. Kortom, hy was die man wat net niks verkeerd kon doen nie en sy span het daardie publisiteit gemelk.

Die media is en bly n tweesnydende swaard.

Unregistered
02-27-2013, 11:01 AM
Iemand moet tog vir my verduidelik wat die media met sy sukses te make het? Dis media maak en media breek. Vandag se media kan niks goeds bevorder nie! Oscar is gemaak deur sy borge en om dit te doen moet jy self eers presteer op die baan en wys wat jy het het die media se wedlope gehardloop?

Unregistered
02-27-2013, 12:46 PM
Iemand moet tog vir my verduidelik wat die media met sy sukses te make het? Dis media maak en media breek. Vandag se media kan niks goeds bevorder nie! Oscar is gemaak deur sy borge en om dit te doen moet jy self eers presteer op die baan en wys wat jy het het die media se wedlope gehardloop?

Kom ek verduidelik dit vir jou want ek sien jy verstaan nie so mooi nie. Natalie du Toit het inderwaarheid baie meer as Oscar bereik maar sy is net nie so n "bemarkbare" produk nie. Sy verdien ook nie miljoene se borgskappe per jaar nie.
Vele ander atlete het presies dieselfde of meer as Oscar bereik. maar jy weet nie eens van hulle nie. En hier verwys ek nou na gestremde mense. Weet jy bv dat n Amerikaner onlangs die Midmar Myl sonder arms of bene geswem het? Hoe veel mense weet daarvan, dink jy?
Oscar is naas Nelson Mandela die mees bekende Suid-Afrikaner. Ek belowe jou, Oscar is NIE die gestremde Suid-Afrikaanse atleet wat nie meeste al bereik het nie. Oscar se skakelmense het hom met die nodige mediaverklarings en slim openbare verskynings ens bemark en sodoende het borge hom raaksgesien. Is Oscar n swak atleet? Nee, hy het baie bereik. Niemand hier stry daaroor nie maar sy roem is buite verhouding en so ook sy verdienste. Het jy bv geweet dat hy nie verlede jaar betyds gekwalifiseer het om aan die gewone Spele deel te neem nie? Hoekom is hy die kans gegun en ander nie? Baie maklike antwoord, hy het die gesig, die charisma en die regte bemarkingsmense gehad en dit is daarom.

Vir baie, baie lank is hy die goue seun en word sy skandes meestal verswyg. Sy onsportiewe optrede tydens die Paralimpiese Spele het maar aandag geniet. So ook sy baie woede-uitbarstings wat jy op sosiale media van sal hoor waar mense eerste handse kennis deel. Sy gedrag het al baie wenkbroue laat lig maar die media het soos die einste Mandela hom tot god verhef en dit was eers verlede week toe hulle nou nie juis anders kon nie, dat hulle sy grootste skande moes oopvlek. As die media jou gemaak het sal hul baie hard probeer om by jou te staan maar die dag as hul nie meer n keuse het nie, daardie dag gaan hulle jou verwoes.

Ek het niks teen Oscar nie. Ek kry hom net jammer want hy was vasgevang in n lee lewe waar alles vals was. Geld en roem het alles oorheers en hy is en was nie in staat om dit te hanteer nie. Die Olimpiese Komitee en sy borge en die media het sy publisiteitswaarde tot die maksimum gemelk en intussen was daar n mens wat besig was om te verkrummel.

Of hy haar per ongeluk of doelbewus geskiet het is nie eens die vraag nie. Die antwoord is dat net n onstabiele mens vol vrees en onsekerheid dit kon doen. ( en hier verwys ek na altwee moontlikhede)

Jy kans gerus Oscar se sportprestasies teen ander mense meet wat baie meer moes oorkom. Jy sal sien Oscar Pistorius was goed maar nooit die beste nie. Hy was net die beste bemark.

Alet

Unregistered
02-27-2013, 02:15 PM
Ek gaan met jou verskil, want jy sien die deure het vir hom oop gegaan toe hy die eerste merkwaardige ding bereik het, iets wat hom n kop tot bokant Bolt besorg het in dis ook nie in n swembad nie, maar om saam met normale mense n wedloop te hardloop. Vandaar al die aandag en bemarking dit maak hom spesiaal. Die media is nie sy borg nie.

Unregistered
02-27-2013, 02:26 PM
nou wie dink jy swem in n swembad? Net gestremdes? Daar is hope atlete wat met lemme hardloop. Om die waarheid te se, een so n atleet het Oscar gewen en Oscar kon dit nie eens in styl vat nie.

Unregistered
02-27-2013, 10:21 PM
Oscar sou eindlik die ou baie maklik gewen het, as jy mooi na die wedloop gaan kyk, sal jy sien hy het hom net misgis met waar die ou is en toe nie sterk geeindig nie. My punt oor die swembad mis jy ook dit gaan oor die populariteid van die twee soorte sport.