PDA

View Full Version : Treur Grond -



524
04-28-2015, 11:50 AM
http://treurgrondfilm.co.za.www434.jnb1.host-h.net/steve-hofmeyr-grondgebed-musiekvideo/


https://www.youtube.com/watch?v=pmSkobqdviE#t=143

Tom
04-28-2015, 09:16 PM
Ek het dit vandag die eerste keer gehoor. Ek het nie woorde nie, my baie diep geroer.

Lukas
05-12-2015, 09:04 AM
Tom. Het Steve iewers tot bekering gekom ? As hy het sal ek nogal daaroor bly wees. Maar wie is die God aan wie hy sy liedjie opdra, as hy nognie tot bekering gekom het nie ?

Tom
05-12-2015, 09:11 AM
Lukas, ek weet nie. Ek weet net hy is nie die Steve meer wat hy was n klompie jare gelede toe hy nog die reenboog nasie ondersteun het nie. Ek is maar versigtig om iemand te veroordeel in die verband en ek het dit al baie ges. Jesus het ons ook baie vermaan en gewaarsku, verskillende maniere.

Lukas
05-13-2015, 12:17 PM
Jy is reg Tom, maar Hy het ook gese dat daar wolwe in skaapklere is. Ek se nie hy is nie, ek vra net of ons weet.

Aletta
05-13-2015, 12:46 PM
In die stadium doen hy min verkeerd, hy spreek probleme aan maar ek hoor ook nie dat hy mense aanhits tot geweld nie.

524
05-13-2015, 03:46 PM
Shoe! Ek's bly ek is nie iemand wat iets probeer doen nie...

Lukas
05-17-2015, 12:29 AM
@524. ET, Leon Shuster, Bles Bridges, Piet Skiet, FW de Klerk, Lets Pretorius en baie ander mense het ook iets probeer. Die probeer is seker altyd n goeie ding, tog is dit soms die motief agter die probeer wat uiteindelik die verskil maak.

Ek luister na hom en ek hou van dit wat ek hoor. Die woorde. Die emosie agter die woorde, dit is baie gepas en val mooi op die oor. Dit is die motief waarvan ek dalk as gevolg van sy vorige atestiese uitsprake, so bietjie agterdogtig word.

Ek bedoel as jy n ates is en dan skielik n gebed sing wat mense se harte roer, dan wonder ek. Wat beweeg n ates om in die openbaar te bid ?

Jy moet my nie verkeerd verstaan nie. Hy doen goeie werk en hy gee baie van sy geld vir die saak weg en dit is indrukwekkend. Al wat ek wou weet is of hy intussen tot bekering gekom het. En as hy nie tot bekering gekom het nie, moet hy mos n agenda h. EK weet nie ek vra net.

Tom
05-17-2015, 08:32 PM
Iewers het ek iets gemis m.b.t. Steve. Lukas, waarom noem jy hom n ates?

Wat jy s, is hoe ek oor Dan Roodt voel. Ek sal nie sover gaan om Dan n ates te noem nie, maar ek sal hom nooit vertrou of aanvaar voordat hy n publieke apologie gee vir wat hy as jongman gedoen en geskryf het nie. Ek (en ander) het n paar keer op sy web blad daarvoor gevra en dit is botweg geweier, sonder verduideliking, sonder rede.

Maar hier praat ons nou oor Steve. Wat is dit, wat hom as ates klassifiseer of kwalifiseer?


ET, Leon Shuster, Bles Bridges, Piet Skiet, FW de Klerk, Lets Pretorius en baie ander mense het ook iets probeer. Die probeer is seker altyd n goeie ding, tog is dit soms die motief agter die probeer wat uiteindelik die verskil maak.

Die 'probeer' wil ek weer in Siener se woorde verduidelik. Hy het ges:

Julle moet planne maak, goeie planne, sodat wanneer dit tot niks kom en God Self die uitkoms bring, Sy Naam soveel te meer daardeur verheerlik word.

PS. Wat doen Leon Shuster en Bles Bridges se name in daardie lys?

Dolf
05-17-2015, 10:25 PM
Ek hou van baie dinge wat Steve sing en doen Maar ek het nou al n geruime tyd n ongemaklike gevoel oor wat hy doen en het my self al afgevra oor sy motiewe. As ek reg onthou het lukas ook die all Seeing eye portret in die ons sal dit oorleef video van Steve bevraagteken , In sy optredes haal hy die woorde aan die bloed van ons voorvaarders wat opgeoffer het ens , sy oupa grootjie Genl Louis Botha wat die rebelle van 1914 gejag het en sy Bure se grensdrade geminag het en Louis Botha se alter ego Genl Smuts wat. Jopie Fourie laat fusileer het . Dit is Steve se Helde , is hy besig met polarisasie juis nou waar alles in die land , Wereld en ekonomie die kondisies vir n perfekte storm ontwikkel ? Generaal louis Botha was 100% vir en lojaal vir die English Dominion (RSA) en die Comonwealth en deur die bitter einders was Hy en Generaal Smuts as volks veraaiers beskou.... Steve se oom Steve wat Ossewabranwag stormjaer lyer in die skaduwee was Oxford gestudeer. Rhodes scollarship ( dink so) nuwe wereld orde strukture ? Ek vra maar net ? Ons mense is baie lui om telees en ek dink dit raak tyd om weer na ons geskiedenis te kyk en daar uit iets te leer . Ek weet dit is nog vra en antwoord nie die vraag oor Steve se opregtheid in geloof nie. Ek raak ongemaklik as Steve God so openlik aanspreek in sy lied dit voel nie vir my reg nie ek bid altyd tot my Here , dit voel amper alsof hy voorbarig of lastelik kan wees deur God so aantespreek ? Miskien het hy net n beter verhouding met die Here. ?

Groette Dolf

Dolf
05-18-2015, 12:06 AM
Ek het al baie die fout gemaak om te verwag mense sal op sekere manier optree of dink as gevolg van my eie denke en benadering en deur nie die ander persoon se kultuur en agtergrond en opvoeding in ag teneem nie dit was agv my eie onskuldigheid en naiwiteit Ons aanvaar baie keer iemand van ander taal of kultuur vinnig wanneer hulle ons taal kan praat en sien dan nie altyd wesentlike verskille of motiewe raak nie , die selfde met Godsdiens wanneer ons iemand hoor bid en sy God aanroep aanvaar ons hy roep dieselfde God as ons omdat ons na die prentjie uit ons perpektief kyk , Sy god is dalk n ander god as my God?

Dolf

Tom
05-18-2015, 12:22 AM
Dolf, baie goeie vrae en stellings wat jy maak. Kom ons hoor wat se ander hierop. Ekself kan jou nie antwoord nie. Ek kan maar net leer hieruit en hoop ons oordeel regverdig. Lukas het dieselfde vraag gevra. Wie is Steve se God?

Dan dink ek ook aan wat die woord vir ons se, aan n boom se vrugte sal jy hom ken. Dra Steve goeie vrugte of slegte vrugte? Die woord is duidelik daaroor. Dit is onmoontlik om beide te dra.

Lukas
05-19-2015, 12:03 AM
Dankie Dolf

524
05-19-2015, 11:18 AM
Ek verwonder my altyd oor hoe gou ons Christene" kan oordeel vel. Tog s die bybel duidelik wie die oordeel toekom. Interessante stukkie op bakkies boek gekry.


Amor Gerber (https://www.facebook.com/profile.php?id=100008369086103&fref=nf)
12 May at 12:10 (https://www.facebook.com/groups/1409646456011242/permalink/1431593470483207/)




EK het Steve gevra om 'n gebed te skryf vir ons Bid-en vasdag. Hy het hierdie pragtge gebed vir my gestuur...maar dis so mooi ek deel dadelik met julle!
Ag God. U ken my. Ek is nie die vra-tipe nie. Eks meer die dankie-s soort. Daarom val ek vandag so met deur U huis in. Dankie, dankie vir soveel. Dankie vir my ouers en kinders en naaste. Ek sluit vandag in die diere aan ons voete en die vols daar bo. My mense ver en my mense naby. Ek sluit in die kennisse en sommer die vreemdelinge ook.
Dankie dat u alles so opgestel het dat ek daarvan niks sal sien as ek nie eers 'n bietjie dankbaar is nie.
Want selfs in my eensaamste uur is ek gesend, en die res van die tyd voel ek my sommer voorgetrek. Ek ken U nie altyd nie maar ek ken U hand in die dinge om my en U weet dis sommer hardkoppigheid om my blind te staar teen die res.
Maar as U iets wil gee vandag, gee tog dat ek met 'n dankbare oog alleen, U ryk opsies sal waarneem en reg sal kies sodat ook U trots sal wees in my gewone menslikheid. Hierrond faal ons U meesal maar U ken ons. Ons wil nie vyandig wees teenoor iemand nie. Ons vra tog dat almal mag saamproe aan di gevoortrekkery, die abundant grace, die visse van vreedsaamheid en die broodjies van berusting, want dis tog daar vir almal om te vat en daar's oorgenoeg om te deel.
Vandag bely ek dat ek niks hiervan sou kon waardeer sonder opregte dankbaarheid nie. Nie my mense nie, nie my erfenis en taal nie, nie my land nie en nie my geskiedenis nie. Maar U weet ek is tog maar toekomsmense. Dis uit my dankbaarheid vir wat my toegestaan is dat ek dit en meer vir my kinders en hul nageslag wil h. Ek sal hulle solank dankbaar maak as U solank U hemelse moontlikhede vir hulle uitpak. U hoef my niks te beloof nie. Want ek beloof U dat hulle dit sal sien en die wreld sal wil h soos U vir ons bedoel het.
Nee, U hoef nie nou te antwoord nie. Ek's mos maar altyd oop vir U sagte dans op my oorskulp. Ek weet U kan sien dat my o nie meer toe is nie. Vergeef my. Maar netnou mis ek tekens van U lig wat ontplof hier om my.
Dankie my God. Dankie. Dankie.



Amen

539
05-20-2015, 12:17 AM
Wel ek wonder ook of Mnr Hoffmeyer tot bekering gekom het. Ek het ook al 'n paar goed gesien en gehoor in die verlede wat duidelik daarvan gespreek het dat hy nie 'n Christen is nie.

Die Onderstaande het hy bv. in Julie 2000 ges. Dit was in 'n artikel wat in 'n tydskrif gepubliseer was. (dit was 15jr terug so baie kon intussen gebeur het.) Die rede hoekom ek die datum het, is omdat ek nou eers gou 'n brief uitgekrap het waarin iemand my uitgevra het oor sy bewerings, veral aangaande die Bybel en Jesus.


Op daardie stadium het hy duidelik laat blyk dat hy nie in die Bybel glo nie. Mnr. Hoffmeyer het onder andere gepraat van die plagiaat wat in ons Bybel te vind is en beweer dat sekere goed in die Bybel afkomstig is uit ander gelowe.
Soos wat ons kon aflei van Mnr. Hoffmeyer se woorde sien hy (net soos baie ander mense vandag) Jesus net as ‘n "Profeet". Hy het op daardie stadium die bewerings ondersteun dat Jesus ook maar sonde gehad het. Boonop het hy Jesus 'n "goeie rebel" genoem.
Hy het uitgevaar teen die kerke en hoe hulle die mense gefaal het (wat in sommige gevalle sekerlik natuurlik waar is)
Hy het iets in die berig gepraat van "God 'deal' die kaarte, soos in 'n kaartspel en hoe onregverdig dit is om slegte kaarte te kry.

Fred
05-24-2015, 08:51 PM
Aan die een kant: ek is dankbaar ek word nie deur God geoordeel oor dit wat my familie of voorsate gedoen het nie - inkluis my eie pa. Ek is ook nogal skaam oor my eie jeugdige vuurvretery - ek het in die laaste paar dekades (sedert ek gedink het ek weet alles), heelwat bygeleer: meestal hoe groot my eie onkunde is.

Aan die ander kant: As mnr Hofmeyr in die laaste dekade of so drasties van godsdienstige siening verander het, is hy nogal stil daaroor, in teenstelling met die meeste mense vir wie dit so 'n groot ervaring is dat hulle almal daarvan wil vertel, die wat wil hoor en die wat nie wil nie. Dis net my persoonlike siening, maar ek hou nie veel van al die Vrymesselaarsentiment wat "Die Stem van Suid-Afrika" deurspek nie (mense wat belangstel moet maar self gaan krap, maar daar is publieke en internetbronne). Ek het ook al uit ondervinding gesien dat die Afrikanervolk se gode, as hulle kleivoete het, een na die ander tuimel, en ek kry vir Steve baie jammer want myns insiens is hy nou op 'n gevaarlike plek - ek dink nie hy besef dit self nie. Wat is dit tog met die Afrikaners dat hulle altyd iemand soek om agter aan te hardloop en op te hemel - en die arme mens as't ware vermoor op hierdie wyse? Kan hulle nie maar net grootword en die kortpad vat en op die Rots gegrondves raak nie?

Tom
05-24-2015, 09:26 PM
Kan hulle nie maar net grootword en die kortpad vat en op die Rots gegrondves raak nie?

Kan iemend my net verduidelik, hoe ons hier op aarde sonder n mens as leier oor die weg kan kom. Selfs in die bybel was daar altyd n mens as die een wat die volk lei volgens God se Wil. Wat was Moses? Wat was die Rigters. Die volk wou toe konings he en toe word hulle die leiers. Die konings was wel teen God se sin, maar Hy het dit aan hulle gegee. Die alternatief is Rigters, is dit nie? Die feit bly, dit is mense. So hoe moet ons na God luister as ons nie na iemand wil luister wat Hy stuur nie, want hy/sy is n mens en ons wil slegs na God luister?

Fred
05-24-2015, 10:20 PM
Kan iemend my net verduidelik, hoe ons hier op aarde sonder n mens as leier oor die weg kan kom. Selfs in die bybel was daar altyd n mens as die een wat die volk lei volgens God se Wil. ... So hoe moet ons na God luister as ons nie na iemand wil luister wat Hy stuur nie, want hy/sy is n mens en ons wil slegs na God luister?
Goeie vraag Tom. My opinie is dat die probleem nie daarin l dat God (dalk) mense stuur nie, die probleem l daarin hoe die mense gevolg word. 99.9% (uit die duim gesuig) van die Afrikanervolk wil net op die bus na voorspoed saamry (en die bestuurder kritiseer as hy te vinnig oor 'n hobbel gaan). Solank hulle vir iemand kan stem of iemand kan betaal om die werk te doen - en hulle kan aangaan om rugby op TV te kyk en hulle besigheid of werk in die week te bedryf, is almal baie gelukkig dat alles sal goedgaan. Kyk maar na jou kerkraad, jou skool se ouervereniging, jou gebied se plaaswag of jou buurt se inwonerkomitee,... ek is seker jy sal bogenoemde orals daar kan sien.
Die ironie van die saak is, daar is nie 'n bus nie. In bybelse taal is die pad na sukses smal en die poort nou. As elke ou egter sy stapskoene aangetrek het en op die voetspoorpadjie na voorspoed begin stap het, was ons kollektief ten minste al nader daaraan.
Kom ons bring dit terug na die Bybel:
* in 1 Kor 3 verduidelik Paulus dat mense wat geestelik nog "babas" is, hulleself vasstaar teen (en skaar agter) leiers: Paulus, Apollos, Cefas ... die antwoord wat hy teen die einde van die hoofstuk gee is dat al hierdie leiers bloot as medewerkers aan elke gelowige behoort, dat elke gelowige (die leiers inkluis) EWE VEEL 'n tempel van die Heilige Gees is, dat almal aan Christus hoort en Christus aan God.
* in Hebr 5:11-6:1 word daar verder uitgebrei op die tema: Ja, aanvanklik is dit seker WEL so dat iemand namens God met mense moet praat, MAAR dit is net 'n tydelike reling wat nie vir ewig so kan bly nie: elkeen het die verantwoordelikheid om volwasse te raak tot op die punt waar hy weer optree as leraar, waar hy namens God met ander mense kan praat (Vergelyk Hebr 8:11 - uiteindelike doelwit).
* die manier waarop mense geestelik volwasse raak, en hoor wat God s, is alreeds so in die verbygaan in die eerste punt hierbo aangeraak. Meer volledig: Joh 14,15,16 verduidelik van die Trooster wat kom om ons te leer en in die hele waarheid te lei. Dit kos toewyding om die Heilige Gees te hoor en te volg! Dis baie makliker om 'n leier te kry wat opdragte gee (wat jy kan pos as jy nie meer van die opdragte hou nie). Maar op die ou einde is dit baie beter om te leer om na die Heilige Gees te luister. Op die ou einde is dit wat elke gelowige nodig het, moet bereik.

Tom
05-24-2015, 11:06 PM
Baie van wat jy se, Fred, is waar en ek aanvaar dit so. Hierdie oneindige tweedrag wil net nie end kry nie en klippe gooi is aan die orde van die dag, in alle sfere van die samelewing. Wanneer dinge skeefloop... Maar ek glo, dat wanneer God hierdie leier stuur, dit anders sal wees. Dinge sal eerstens nie skeefloop nie en Hy sal ons eensgesind maak. Daar sal sekerlik die 'ander kamp' se instrumente ook wees wat wil dinge verongeluk, maar dit sal nie werk nie. Nie soos nou wat niks werk nie. Ons sal weer by mekaar kan koffie drink. (Aanhaling)

Ons sal egter weer n mens volg, want ons is nog nie daar wat God dit self sal doen nie. (Behalwe as die Wederkoms more gebeur) Ons sal almal, leier ingesluit, egter op dieselfde Rots geanker wees. En dit is my punt. Ja, ons kan almal by die Heilige Gees hoor, en wt wat die pad is, maar iemand sal die voortou moet neem.


Wat is dit tog met die Afrikaners dat hulle altyd iemand soek om agter aan te hardloop

My antwoord is, ons weet daar moet so iemand gestuur word en kan nie wag nie! Die vraag is, gaan ons hom herken? Gaan ons Sy stem in hom herken? Ja, ons sal, want dit is waar 'dieselfde Rots' en 'die ken van Sy Stem' inkom. So vergewe ons maar dat ons na elkeen kyk, luister en wonder, is dit hy? Maar jy is ook reg in n mate, want die dag wat hy sy verskyning maak, sal ons dit net wt en as daar dan nou nie eenstemmigheid is nie, behoort ons dit ook net te wt.

Dan dink ek nou weer aan Moses en wil myself weerspreek. Hoeveel teenkanting het Moses nie gekry nie... Hoeveel keer het die volk hom versaak? Hoeveelkeer het hy nie kwaad geword omdat hulle nie luister nie? Ai tog, ons is nou maar net n balhorige klomp!

524
05-25-2015, 08:42 AM
Ja, Stefaans bly maar 'n enig in sy soort mens!

http://www.netwerk24.com/stemme/2015-05-24-hanlie-retief-gesels-met-steve-hofmeyr?vc=9rUZ%2F6rQ5IG9NI0IVCAgR7vfdcadNN6IJQ70P 5qd8CIURmUTw8p7YRHChETT7YJBBMrofREpW1AxU%2F9mnsW6b w%3D%3D


As jy so voel, lees maar gerus die res by die skakel


"Ek is bevrees my chromosoom vir k*kmaak is steeds aktief,” bevestig Steve Hofmeyr, gooi sy kop laggend agteroor en gee sy vrou se been ’n knypie.

“Sonder konflik – waarvoor f*kken lewe ek dan? Ek sal aan die slaap raak! Gelukkig word konflik in ons land in groot volumes uitgedeel . . .”

Hy korrel my, onder ’n gewigtige frons.

“En nou gebruik mense soos j daai argument om my saak te vergat! Julle s Hofmeyr is mos maar s. Vanoggend skryf Times Media Treurgrond is Steve Hofmeyr se latest stint. En ek spl net in di fenomenale fliek!”

Mense moet hul mind begin opmaak oor Steve Hofmeyr, s Steve Hofmeyr.

“Oor of ek nou hierdie verskriklike arrogante, verwaande sanger is, of iemand is wat selfhatend optree, of dit doen vir al die geld . . .

“Wel, nadat ek 20 jaar lank geblameer is drvoor, kan hulle nie meer so s nie – al hierdie boikotte teen my het my inkomste met ’n derde gesny!”

Langs sy voordeur in Midrand hang ’n ou foto in ’n houtraam: sy oupa, destydse aanvoerder van die Ossewabrandwag se Stormjaers. Dieselfde naam. Dieselfde chromosome. Ligte hare, wars kyk in die o. En histories aan die verloorkant.

Dis seker hoekom di “Pampoen”-legende so knaend agter die politiek aanneuk. Blameer dit op die gene.

“Jy kan tog nie van my verwag om iets so ligsinnigs te bly soos ’n popster nie. Wat doen ek met die ander 80% van my lewe? Vlinders versamel?” Grinnik. “Ons het regtig baie min popsterre in ons stamboom . . .

“Ek is ’n aktivis en mobiliseerder, soos Steve Hofmeyr I en II voor my. Stormjaers, Ossewabrandwag, die ideologie mag verskil, want dis ’n ander tyd, maar . . .”

Steve III stormjaag steeds.

Teen ’n muur in sy huis eggo groot, geroeste draadletters: Ek lewe my gat af.

Kwit, en daar’s meer aan hom as net gatvol versetkrete op verho. “Versetkrete is jou kortpad soontoe, that rocks the boat, dis wat die ding aan die gang kry.”

Dan laat val hy die bom: “Ek toets nou al lank genoeg die ruimtes buiteparlementr. Dis nou genoeg. Dis nou tyd: Ek wil parlement toe, ek wil politiek toe, ek wil ’n party stig.”

Binne drie maande begin hy ’n webblad, PatriotZA. “My platform waar mense my meer kan vra as net: Ons is agter jou, waarvoor staan jy? Om van daar af ’n politieke party te stig is soos om van ’n sypaadjie af ’n park in te stap.”

Met Sunette Bridges en Dan Roodt as luitenante?

“Nee, alleen, tot dit natuurlikergewys ’n organisasie of party raak.


“In PatriotZA gaan ek my sterkste 15 of 20 essays op kamera lees en die videogrepe wreldwyd versprei. Ons gaan aksies loods, groot beurse om mense aan te spoor om te skryf in Afrikaans. En dis maar net die begin.”

Wat hom nders maak as AfriForum, is sy “meer populistiese invalshoek”.

En so eindig hy..


Ek voel ek sign my lewe weg, het Bruce Beyers altyd in Agter elke man ges. “Dink jy ek sign nou my lewe weg politiek toe?” vra hy, ’n oomblik onseker tussen die lang gras op sy kleinhoewe, waar hy my sy twee dik skape en een skaam takbok gaan wys.

“Waarvoor wil jy onthou word?” vra ek hom.

“As die ou wat nie altyd reg was nie, maar hard probeer het om die waarheid te kerf uit ’n warboel gemors wat opgedis word.”

Sanger, aktivis, skrywer, filosoof, k*kmaker, kindermaker, stormjaer, politikus.


Sal die ware Steve Hofmeyr seblief opstaan? En net nie almal gelyk nie . . .