PDA

View Full Version : Honderd Boere Trek Nege Rowers Vas in Villiers



524
04-29-2015, 02:41 PM
Honderd Boere Trek Nege Rowers Vas in Villiers

April 29, 2015 - Vrystaat Nuus (http://bmarksa.org/nuus/category/nuus/suid-afrika/vrystaat-nuus/) - Sleutelwoorde: Boere (http://bmarksa.org/nuus/tag/boere/), Rowers (http://bmarksa.org/nuus/tag/rowers/), Villiers (http://bmarksa.org/nuus/tag/villiers/), Vrystaat (http://bmarksa.org/nuus/tag/vrystaat/) - Geen reaksie (http://bmarksa.org/nuus/honderd-boere-trek-nege-rowers-vas-in-villiers/#respond)


http://bmarksa.org/nuus/wp-content/uploads/2015/04/Boere-2-300x225.jpg


Nege rowers in Villiers gevang.

VILLIERS – Nagenoeg honderd Boere het met behulp van ʼn stroper en twee hoogloopspuite nege gevaarlike gewapende verdagtes vasgetrek in die Vrystaat.Volgens Jannie Kasselman, eienaar van Kasselman-veiligheidsdienste, was ʼn werknemer van ʼn vulstasie in Morgenzon, ongeveer 50km vanaf Ermelo in Mpumalanga, Oos-Transvaal Dinsdagmiddag op pad om R50 000 kontant te bank toe hy buite die bank oorval is. Die verdagtes het die geld gebuit en in ʼn Toyota Quantum-bussie gevlug.Die plaaslike veiligheidsnetwerk, die polisie en ander privaat veiligheidsmaatskappye is in kennis gestel en die voertuig is blykbaar in Standerton opgemerk. Hulle het die voertuig agternagesit en verskeie pogings aangewend om die verdagtes te stop, maar hulle het telkens om die padblokkades, padwerke en lokvalle gejaag.Ongeveer 100 Boere het egter daarin slaag om op ʼn grondpad naby Villiers, Vrystaat die pad af te sper en die verdagtes voor te keer. Die nege verdagtes het uit die bussie gespring, in ʼn mielieland ingehardloop en weggekruip. Die Boere het met behulp van polisiebeamptes die mielieland afgesper. Die eienaar van die plaas het ʼn stroper en twee hoogloopspuite beskikbaar gestel om die mielies te stroop en deur die land te ry. Gewapende polisie en veiligheidsbeamptes het bo-op die implemente gestaan.Drie vliegtuie van plaaslike boere is ook ingespan om te help met die soektog. Ná ure se soek het die span daarin geslaag om teen 23:00 Dinsdagaand al nege rowers vas te trek – Maroela Media

Chris1
04-29-2015, 05:13 PM
Amper word die stropers gestroop!