PDA

View Full Version : Huishulp toe groot skelm



Janna
05-18-2015, 06:46 AM
Huh, :confused:

Huishulp toe groot skelm
May 18, 2015 - Nuus

Pretoria -. Liezel Pretorius moes uiteindelik uitvind dat die goed geklede huiswerker wat so betroubaar gelyk het, toe nie is wat sy voorgee nie.
Verlede week het huishulp Celina meer as R25,000 se goedere weggedra.
Die egpaar woon in n meenthuis-kompleks naby Wonderboom en ene Celina het op n dag by die buurvrou opgedaag en verneem of die Pretorius-gesin tuis is, want sy beweer toe sy werk daar, alhoewel die Pretorius-gesin haar nie ken nie.
Die buurvrou s toe die mense is nie tuis nie, en Celina kyk haar ongelowig aan want, s sy, die kinders se fietse staan dan buite.
Celina daag toe weer Maandag op en doen aansoek om werk by die Pretorius-woonhuis, en sal Woensdag volgens ooreenkoms daar wees vir werk.
Celina het nie n ID dokument nie. Celina val in en begin werk. Mev. Pretorius neem die kinders skool toe. n Tuinwerker meld aan by die buurvrou en s die Pretorius woonplek se deur staan al ure lank oop.
Nadere ondersoek toon dat daar nie skoongemaak is nie. Die huis se kasdeure staan oop, laaie staan oop, baie goed word vermis.
Celina, wat vermoedelik deel van n sindikaat is, het soos mis voor die son verdwyn.
Elektroniese goedere soos skootrekenaars, tablette n rekenaar, en selfone is weg, maar snaaks genoeg, die duur juwele l onaangeraak op hulle plek.

http://www.dievryburger.co.za/2015/05/huishulp-toe-groot-skelm/

Aletta
05-18-2015, 09:46 AM
As jy dom is sal jy sukkel.