PDA

View Full Version : Kan ons weer n bietjie FOKUS mense.



SA462
05-18-2015, 05:10 PM
Ek wil asb. vandag vir al ons lesers vra om weer n bietjie te fokus op dit waarvoor Akska daar is. Ons een doel is misdaad voorkoming en die ander is om perspektief te kry oor wat in ons land aan die gebeur is. Ons het n geestelike draad vir geestelikke besprekings. Ek sien dat baie min gebeure wat op die oomblik in die land gebeur , hier bespreek word. Het ons al so afgestomp geraak dat ons net nie meer omgee nie of reken ons dat ons nou alles weet en verstaan?
Mens kan nie "fear porn" uitken as daar nie daaroor berig word nie. Ek kry bv. berigte van verhoogde polisie aktiwiteite,van plekke wat mense afdank om plek te maak vir oud mk lede, van wapenwinkels wat uitverkoop raak deur die swartmark ens. Kan ons asb. hierdie soort inligting kry sodat dit bespreek kan word.
Plaas asb. alles wat julle hoor sodat fiksie en feite van mekaar geskei kan word en ons ons mense ingelig kan kry. Bolangs lyk alles mooi en gaaf maar onder dryf die duiwel rond. Dit is daardie goed waarvan ons moet weet sodat ons dit kan deurtrap. Indien die bron van die inligting ook geplaas kan word, soveel te beter.
Kom ons los ou Steve dat hy maak soos hy goeddunk en die gevegte of ons kan saamstaan al dan nie vir die fb blaaie en fokus op dit wat regtig saakmaak.

Chris1
05-18-2015, 05:56 PM
Hoor hoor

Unregistered
05-18-2015, 06:39 PM
Bakgat 462.

Jou pos was verseker nodig. Dankie!

black wattle