PDA

View Full Version : Aftree Sorg



524
05-18-2015, 08:45 PM
Dit is nogal kommerwekend om te sien wat by die sorgeenhede gebeur. Soms hoor mens gerugte maar hier is duidelike bewys van wat gebeur. Hoe is dit moontlik dat die bestuur van so 'n plek nie weet wat hulle staf doen nie.
Ek wonder tog of die nie 'n beplande ding is om "wraak" te neem teen die mense wat deur die ANC as die verdrukkers uitgeken word nie?


https://www.youtube.com/watch?v=YLIpPLOywVI

Unregistered
05-19-2015, 07:51 AM
Ek glo dat die senior burgers geteiken word, en so ook die kindertjies, omdat hulle nie hulleself kan verdedig nie.

Ek gaan besoek 'n spesifieke ouetehuis op 'n gereelde grondslag, en luister wat die inwoners gesels.

Alhoewel daar baie van die mense is wat hoer hoeveelhede betaal elke maand, neem die ouetehuis ook mense in wat slegs 'n staatspensioen kry. Feitlik hulle hele pensioen word geneem. Die ou mense is te bang om te kla oor die behandeliing wat hulle ontvang. Sommige word nie eers een maal per week gebad nie, en die wat 'n hand nie kan gebruik nie, word eenvoudig nie gehelp om die vleis te sny nie. Bitter klein porsies word uitgedeel aan die pasiente wat in die kamers moet eet (hulle kan nie in die eetkamer kom nie, en word ook weereens nie gehelp om te eet nie), sodat die personeel groter porsies vir hulleself kan kry en huis toe vat. 'N paar maande gelede het dit aan die lig gekom dat 'n man in die aande in die ouetehuis ingesluip het, openlik van sy klere ontslae geraak het voor die kameras wat in die kamers geinstalleer is, en homself tuis gemaak het in die ou tannies se bed. Waar was die nagpersoneel? Waar was die sekuriteit wat my elke slag voorkeer as ek daarheen gaan?

Ek hoor met afgryse hoe die kinderhuise waar blanke kinders meestal geplaas word nie geld van die staat ontvang nie, hoe besighede wat skenkings aan die kinderhuise gee nie belastingkorting ontvang nie. Ek lees hoe Afriforum/Solidariteit geld gee aan die Koisan, hoe hulle kleuterskole in "swart" woongebiede herstel en opbou, intussen is daar 'n handjievol enkelinge wat vir die blanke kinders 'n verskil probeer maak. Intussen word ons kinders geskiet en keelafgesny in plaasaanvalle, en word ons kinders se magies oopgesny en word hulle met messe gesteek en in slote gegooi.