PDA

View Full Version : Waarom is daar n Forum vir anonieme gebruikers



Lukas
05-28-2015, 10:35 PM
Die rede waarom ek hierdie forum vir anonieme gebruikers geskep het, was om vir die mense wat nog binne die statutÍre gemeenskap is, ín kanaal te skep waardeur hulle vir ons waardevolle en bruikbare inligting kon gee.

In die verlede het dit baie goed gewerk en ek glo dat wanneer die volstruis weer die windpomp tref, dit weer so sal wees. Ons het daardie inligting nodig sodat ons met kalmte die regte besluite kan maak wanneer dit nodig word.

Die Anonieme forum het in n aaklige besigheid ontaard en n klomp ou vrouens met nat broeke het dit as die ideale geleentheid gesien om hulle vuil wasgoed hier te kom was.

AKSKA staan geen kerklike denominasie voor nie en ons stel ook geen politieke party bo n ander een nie. Die poging is om mense oor politieke en kerklike grense, met inligting en opbouende debatte en inligting te bedien.

Wanneer ín draad op hierdie forum met sensitiewe inligting gelaai word, word daardie draad gewoonlik dadelik van die anonieme forum weggeskuif . Ek dink dat ons so bietjie beheer oor hierdie draad begin verloor het en dit het tyd geword dat ons net weer n paar strepe in die sand trek.

Geen afbrekende kommentaar na enige organisasie, kerk, persoon of lewenstyl kan hier geduld word nie. Ons wil graag al die mense, veral die wit mense oor die hele samelewing hier betrek. Daar sal seker bruin mense wees en op die anonieme forum selfs swart mense wat hier lees.

Dit pla ons nie. Wat ons pla is dat ons wat wit is, in n hoek gedruk kan word waar ons die soustrein kan ontspoor en omdat dit nie tyd is nie, wil ons graag ons eie mense met kennis bemagtig sodat ons ook kan verstaan waarheen die politiek met ons op pad is en hoe ons moet beplan om deur al die veranderinge nog ons menswaardigheid te behou.

Ons is hier om hier te bly en ons gaan nie hier wegraak nie. Afrika moet maar daarmee vrede maak en eerder begin dink hoe hulle ons kwaliteite tot die voordeel van die hele Afrika kan gebruik. Terselfdertyd moet ons besef dat ons in Afrika is en dat ons doel hier in Afrika nog altyd is, om waarde toe te voeg.

EK dink dat daar in die verlede baie dinge gebeur het wat ons as n groep ons visie laat verloor het en die enigste manier volgens my om dit weer terug te kry, is om te leer om sonder emosie en objektief, die inligting tot ons beskikking te gebruik om waardevolle keuses ten opsigte van ons eie toekoms in Afrika te maak.

Daarom wil-wil ek al die AKSKA lede wat moderators is vra om in die toekoms maar weer skerp te word wanneer die drade gekaap word. Ons moet maar elke draad klinies op die onderwerp hou. Kry ons dit nie reg nie, sal ek vir die polisie en weermag lede en ander staatsamptenare wat inligting met ons wil deel, n ander kanaal moet skep.

Of die anonieme forum gaan oop bly, is die lesers en die deelnemers se eie keuse. En amper vergeet ek om te sÍ. Jannie en Staanvas het die streep op n ander draad wat ek reeds uitgevee het, getrek en ek wil vir julle daarvoor dankie sÍ.