PDA

View Full Version : As jy nie wil hoor in Afrika nie sal jy voel.



Unregistered
03-15-2013, 10:33 PM
Virginia se besighede en ander belastingbetalers is al baie lank besig met n aksie om saam Hennenman en Ventersburg weg te breek van die korrupte Matjhabeng Munisipaliteit(Welkom, OD, Virginia, Ventersburg, Allanridge, Hennenman) wat die kleiner dorpe uitroei en swak dienste lewer. n Nuwe munisipaliteit genaamd Tikwe Munisipaliteit sal dan gestig word. Die aansoek is redelik ver gevorder maar natuurlik skop die Matjhabeng Munisipaliteit vas. Wat verblydend is, is om te sien dat baie swartmense in groot rol speel in die aksie om weg te breek.
Vandag om tienuur sou al Virginia se besighede saam hul deure toemaak om te bewys hul is baie ernstig oor die wegbreek-aksie. Ongelukkig het n paar ondernemings en blykbaar Midas spesifiek na daar so ooreengekom is, sommer besluit om hul deure oop te hou. n Redelike groot groep swart inwoners het toe die Midas met klippe bestook en gedwing om hul deure te sluit.

Lukas
03-15-2013, 11:57 PM
Dit is baie interessant. Ek dink dat n mens hierdie optrede as deel van die klimaat skepping moet sien. n Jaar gelede sou die swartmense nie dieselfde opgetree het nie.

EK kry die gevoel dat die spesifieke optrede ook as n mosie van wantroue in die regering gesien kan word. Vir die regering is dit nie goed nie aangesien hy nie meer die polisie en die weermag het om die tipe klimaat, wanneer dit groter word sal kan hanteer nie. Dit pas ook mooi in in die plan om teen dienslewering te staak.

Ons sal nou maar moet wag en kyk hoe die protes teen dienslewering momentum gaan opbou.

Unregistered
03-16-2013, 12:06 AM
Sjoe, hoe sę Lukas? Dom dinge gebeur met dom mense. Eerstens wonder mens wie het die besluit geneem en dan waarom? Is dit die winkel bestuurder, of kom dit van hoofkantoor?

Dan die denke of rede agter dit.


Moontlikhede. Ek noem die besluitnemer 'hulle'.
Hulle stem nie saam nie.
Hulle stem saam, maar is bang vir die huidige munisipaliteit.
Hulle voel hulle gee aan geen druk toe nie en laat hulle nie voorsę nie.

Hoe dit ookal sy, dit was en is n dom besluit. Eerstens maak jy n teiken van jouself.
Tweedens stel jy jou personeel in gevaar.
Derdens stel jy jou bates in gevaar.
Hoop nie hulle was bekommerd oor die verlies aan verkope nie. Niemand gaan in elk geval by jou kom koop onder sulke omstandighede nie. So ek reken dit was een van die boonste drie redes. As dit die plaaslike bestuur se besluit was, dink ek die bestuur word more verander!

Daar is natuurlik nog n moontlikheid. Plaaslike bestuur is kop en een mus met die huidige munisipaliteit en trek voordeel uit hulle, of is familie.

Is Midas n franchise?

En wie is die ander besighede wat oop gebly het?