PDA

View Full Version : Begunstigdes staak op eie plaas



456
03-17-2013, 09:21 AM
Begunstigdes staak op eie plaas


Deur ISABEL STOLTZ
15 Maart 2013

Die begunstigdes van ’n restitusie-plaas moes maar sélf inspring en betoog om hul salarisse te ontvang.

Vakbonde wat “rondhardloop om lede te werf” vandat plaaswerkers meer verdien, word beskuldig van arbeidsonrus op restitusieplase by Levubu in Limpopo.

Sowat 120 begunstigdes wat op hul restitusieplaas werk, het op 28 Februarie ’n protesoptog op die dorp gehou omdat hulle glo ’n maand se salaris nie gekry het nie weens ’n probleem met kontantvloei. Die werkers is vooraf oor die probleem ingelig en het ’n verstandhouding geteken.

’n Vakbond het daarvan te hore gekom, die plaas glo onwettig besoek en blitsvinnig ’n protesaksie gereël, sê van die werkers. Al die stakers was op 4 Maart terug by die werk.

http://www.landbou.com/nuus/begunstigdes-staak-op-eie-plaas