PDA

View Full Version : SA se Behuising Probleem



524
06-05-2015, 08:16 AM
Soms wonder ek of ons nie kan of wil buite die spreekwoordelike boks dink nie.

Vraag: Sal die vinnig groeiende "gras" nie 'n moontlikheid bied vir SA en inderdaat Afrika se behuising probleme nie?





You've never seen buildings like this. The stunning bamboo homes built by Elora Hardy and her team in Bali twist, curve and surprise at every turn. They defy convention because the bamboo itself is so enigmatic. No two poles of bamboo are alike, so every home, bridge and bathroom is exquisitely unique. In this beautiful, immersive talk, she shares the potential of bamboo, as both a sustainable resource and a spark for the imagination. "We have had to invent our own rules," she says.



https://www.youtube.com/watch?t=604&v=kK_UjBmHqQw

Lukas
06-05-2015, 05:40 PM
Ek het so drie jaar gelde begin om die waarde van hierdie gras raak te sien maar ek het uiteindelik besef dat ek dalk nie meer genoeg tyd op hierdie aarde het om die projek aan te pak nie. Miskien dink ek net verkeerd.

Wat het jy ingedagte ?

520
06-06-2015, 10:14 AM
Ek het so bietjie gaan google, hou van die idee.
Soek nou geskikte riete om modelle te bou.
In 2012 was daar n praatjie in Oos Londen oor bamboes ens. Begin so draad vir navorsing. Plaaslik maar
min inligting op google gekry.

524
06-06-2015, 01:27 PM
Ekt 'n Zozo huisie wat al 30 jaar staan en die plan is al geruime tyd om die ding oor te doen. As ek genoeg bamboes kan kry teen redelike prys is dit iets wat ek gaan doen. Bamboes lyk net baie duur hier by ons.

Unregistered
06-06-2015, 10:45 PM
In die oos kaap is daar projekte aan die gang en behoort hulle naby oes gereed te

Google n biekie bamboo bicycle .
with a lot
BW

Lukas
06-09-2015, 06:55 AM
524. Daar is baie plase met groot bamboes bosse. Die problem is dat dit baie ver van jou is en dit gaan jou geld kos om dit by jou te kry. Die verskillende kultivars is ook verskillende lengtes. EK weet dat daar naby Piet Retief n bos is maar dit is baie dun Bamboes. In die Soutpansberge is weer lekker dik bamboes soos wat jy langs die Suidkus kry.

Wanneer jy die kostes bereken gaan dit dalk goedkoper wees om dit daar by jou te koop waar die mense reeds die goed afgesaag en bymekaar het. Iemand in Pretoria-Noord het ook so ín ruk terug adverteer. Hulle het iemand gesoek om die bos af te saag. Wat die dikte is weet ek nie, maar ín mens moet seker maar so bietjie rondkyk

Ek het al baie gewonder waarom die ou mense riete en nie eerder Bamboes langs die plaasdamme geplant het nie. Bamboes kan goedkoop wees waar daar groot bosse staan wat die plek verdring, maar ek dink in ons land sal dit later, soos wat dit meer bekend word, seker maar n duur storie wees.

524
06-09-2015, 07:48 AM
Lyk my die mense kan jou plantjies verkoop, maar ek't nie nog lus of tyd om eers te groei nie. Miskien sal ek koop net vir die interessantheid om dit in my tuin te planr en die volgende ou hel te gee om dit weer uit te roei.. http://www.trees.co.za/programmes/bamboo-for-africa.html