PDA

View Full Version : Staat gaan jou boerdery beheer



Aletta
06-21-2015, 11:55 AM
Let op waar staan AgriSA, die wat ek onderstreep het. Ek wonder wanneer gaan hulle agterkom mens kan nie twee here dien nie??

http://www.netwerk24.com/nuus/2015-06-21-staat-wil-s-hoe-jy-mag-boer



As die regering sy sin kry, sal die minister van landbou aan boere kan voorsê waarmee hulle moet boer en wat die beste manier is om hul grond te gebruik.

Dit is van die implikasies van ’n nuwe wetsontwerp vir die “bewaring en ontwikkeling van landbougrond”, waarop kommentaar op die oomblik ingewag word.

Ander bepalings in die hoogs omstrede wetsontwerp is onder meer:

■ Alle boere moet hul grond tot sy “optimale landboupotensiaal” gebruik – in ooreenstemming met rig*lyne wat deur die minister van landbou neergelê sal word. Gebeur dit nie, kan die staat die grond onteien teen ’n laer prys as wat hy sou betaal as die grond “optimaal” gebruik is.

■ Eienaars van “hoëpotensiaallandbougrond” mag net “kos vir menslike gebruik” produseer.

■ As eienaars van “hoëpotensiaalgrond” hul plase wil verkoop of vir meer as tien jaar lank wil verhuur, moet hulle eers skriftelike toestemming van die minister kry.

“ Net 12% van Suid-Afrika se grond is geskik vir die produksie van gewasse en net 3% kan beskou word as hoë-potensiaal-landbougrond, sê Nic Opperman van Agri SA ”

Landbouleiers en liberale kommentators beskryf dié bepalings as ’n “skelm manier” om grond kosteloos te onteien.

Dr. Frans Cronjé, direkteur van die Instituut vir Rasseverhoudinge, sê met dié bepalings gee die staat feitlik aan boere ’n lisensie om te mag boer of nie.

“Die wetsontwerp is die eerste stap om die boer voor te skryf wat geboer mag word en wat nie. Dit is nie regstreekse onteiening nie, maar ’n subtiele manier om dit wat die boer doen, te beheer.”

Dié aanhef van die wetsontwerp bepaal dat landbougrond die “gedeelde erfgoed van alle mense van Suid-Afrika is” en dat die departement van landbou die “kurator daarvan is tot voordeel van alle Suid-Afrikaners”.

Cronjé sê hierin volg die wetsontwerp presies dieselfde bewoording en taktiek as die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne van 2002 wat ook bepaal dat die staat die “kurator” (eerder as eienaar) van mineraleregte is.

Dié beginsel is in April 2013 deur die konstitusionele hof grondwetlik aanvaar.

Pieter Smit, litigasiedirekteur van Falcon & Hume Attorneys, sê met dié wet het die regering destyds “op ’n slim manier die onteiening van mineraalregte bewerkstellig sonder om die term onteiening te gebruik”.

Smit meen die landbou-wetsontwerp poog om dieselfde te doen.

“Sou dit deurgevoer word, sal dit ernstig inbreuk maak op boere se *eiendomsreg,” sê hy.

Dr. Piet Croucamp, politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Johannesburg, beskryf die wetsontwerp as “die oomblik van waarheid” vir boere wat dekades lank grootliks regstreekse staatsinmenging in hul bedryf vrygespring het.

Hy waarsku dat die voorstelle ’n ernstige uitwerking grondwaardes gaan hê.

“As jy aan grondwaardes begin torring, kom boere se kredietwaardigheid in die gedrang omdat die meeste boere hul grond gebruik as sekerheid om by die bank te leen.”

Hoewel TLU SA, AfriForum en AfriSake die afgelope week aange*dui het dat hulle geen keuse sal hê as om dié wetsontwerp tot in die hoogste hof te beveg nie, meen Croucamp dit is glad nie ’n uitgemaakte saak dat boere die howe van hul saak sal kan oortuig nie.

“Ons weet wat in die minister se kop aangaan. Hy wil meer beheer hê. Moenie wag totdat die koeël deur die kerk is nie.”

Hy sê boere behoort daarom nou reeds die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), die Wêreldbank en die kredietgraderingsagentskappe by die debat te betrek sodat dié instansies kan kwantifiseer wat met landbouproduksie gaan gebeur wanneer daar met grondwaardes en boere se toegang tot kapitaal gemors word.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê hulle verwerp die wetsontwerp in die geheel.

“As die wetsontwerp deurgevoer word, trek dit ’n streep deur private besit en die vryemarkstelsel. Die fundamentele beginsel van besitreg is ‘dit is myne en daarom maak ek dit beter’.”

Hy sê as jy hiermee mors, sal landbouproduksie daal.

Nic Opperman, direkteur van natuurlike hulpbronne by Agri SA, sê *eiendomsreg en die wye magte wat die wetsontwerp aan die minister gee, is “lastighede”, maar daar is aspekte waarmee hulle saamstem.

Hy sê net 12% van Suid-Afrika se grond is geskik vir die produksie van gewasse en net 3% kan beskou word as hoëpotensiaal-landbougrond, tog verloor die land landbougrond teen ’n “onrusbarende tempo”.

Agri SA is daarom ten gunste van groot dele van die wetsontwerp wat poog om landbougrond te beskerm.

Luidens ’n verklaring van die departement sal daar van Julie tot Desember in werkssessies met die publiek oor die wetsontwerp oorleg gepleeg word.

Die departement het nie op navrae gereageer nie.

Aletta
06-21-2015, 12:00 PM
Hier is Frans Cronje se reaksie: Paar interessante standpunte van hom. Ek odnerstreep ook wat ek dink hy geskryf het in kritiek teen AgriSA


Die regering se planne vir grondhervorming raak al meer verdag namate dit verder ontwikkel. Daar is ’n paar basiese feite wat verstaan moet word.

Die eerste is dat die huidige ANC en die huidige kabinet nie van wit mense en veral nie van wit boere hou nie. Hulle voel gegrief oor hulle en hul sukses. Die regering sal hulle almal baie graag van hul plase af wil verdryf.

Die tweede is dat die regering nie hierdie plase aan swart kommersiële boere wil gee nie. Die regering is bang vir swart grondeienaars. Hulle besef dat swart mense ’n onafhanklike middelklas kan word wat die regering kan uitdaag as hulle besitreg van grond verkry. Grondhervorming, soos die regering dit verstaan, het niks met die vestiging van swart kommersiële boere te doen nie.


Die derde punt is dat die regering dus die grond van wit boere wil neem en dit nasionaliseer. Die staat sal dan die eienaar van die grond word, soos in die Sowjetunie. Op hierdie wyse sal die regering wit boere van hulle grond af kan kry en terselfdertyd die ontstaan van ’n swart grondbesitters-middelklas voorkom. Hulle wil in wese die grootte van die tuislande uitbrei.

Die vierde punt is dat die regering nog nie wit boere van hul grond gejaag het nie omdat hulle weet dat Suid-Afrika dan sal verhonger. Hoewel hulle dit teen hul sin erken, weet hulle dat dit nodig is dat die wit mense moet aanhou boer en dat die uitdeel van suksesvolle kommersiële plase aan swart gemeenskappe sou beteken dat daardie plase in duie stort.

Wat wil die regering dan doen? Ons dink dat ’n groot deel van die antwoord vervat is in ’n nuwe voorgestelde stuk wetgewing bekend as die “Preservation and Development of Agricultural Land Framework Bill”. Hierdie wetsontwerp probeer aan die staat die mag gee om die “bewaring” van alle landbougrond in die land oor te neem. Die staat sal dan, as bewaarder van alle landbougrond, die mag hê om te bepaal wat ’n boer met sy grond mag doen.

As jy byvoorbeeld ’n beesboer is, maar liewer met wild wou boer, sou jy om toestemming by die staat moet aansoek doen. Die wetsontwerp lei dus in werklikheid tot ’n stelsel van boerderypermitte of -lisensies.

Dit is soortgelyk aan wat oor die afgelope 15 jaar in die mynbedryf gebeur het. Die ANC wou nog altyd die myne nasionaliseer, maar het ná 1994 besef dat dit tot hul ondergang sou lei. Hulle het dus ’n kompromis aanvaar waarvolgens die staat “bewaring” van alle mynregte oorgeneem het en myne gedwing het om vir lisensies aansoek te doen ten einde met mynbou te kon voortgaan. Daar is toe voorwaardes aan dié lisensies geheg, soos dat die betrokke maatskappy by bemagtigingstransaksies betrokke moes raak. Baie van hierdie transaksies was uiters korrup, met mense met noue bande met die ANC wat nuwe bemagtigingsvennote geword het.

Ek dink dit is waarheen die ANC se denke oor die grondhervormingsbeleid in Suid-Afrika op pad is. Die staat weet dat die land sal honger ly as hy die wit boere verloor. Daarom aanvaar hulle, soos in die geval van mynbou, ’n kompromis waar die staat groter regulasie-beheer oor boere sal hê.

Die moontlikheid kan vermy word as invloedryke stemme in die landbou hul ontleding regkry, ophou om die regering te probeer paai en goed gefundeerde openbare verhoudinge en regsaksies instel om die regering se jongste Marxis*tiese grondhervormingsplan te kelder.

Unregistered
06-21-2015, 02:26 PM
Wie is die persone wat hierdie wette skryf?? Weet iemand hier wie dit is? Of moet ons maar self uitvind wie dit is? ONS SAL WEL UITVIND.

Unregistered
06-21-2015, 06:56 PM
Hulle gaan probeer ....

greengroen
06-21-2015, 07:27 PM
Boerdery is nie mynbou nie grond kan jy nie EET nie maar wel dit wat jy met sekere vaardighede en genade produseer
Anders as mynbou waar jy die produk wat natuurlik in die grond voorkom reeds het en net kan vat en verwerk
Ek Hoop die plan sluit natuurlik die hoe potensieele gronde in die tuislande in wat die staat natuurlik net besit uit n gerieflike oogpunt aangesien dit defnitief nie volgens daardie potensiaal benut word nie
Politiek is gerieflik as jy kos het maar as jy honger is help k...k praat niks.

Freedom is constrained by laws in both the state of nature and political society. Freedom of nature is to be under no other restraint but the law of nature. Freedom of people under government is to be under no restraint apart from standing rules to live by that are common to everyone in the society and made by the lawmaking power established in it. Persons have a right or liberty to (1) follow their own will in all things that the law has not prohibited and (2) not be subject to the inconstant, uncertain, unknown, and arbitrary wills of others
Hoeveel wette vat dit voordat jy van jou vryheid ontneem word n mens is tog net so vry soos die wet jou toelaat.Is dit nie juis waneer jy van jou vryheid deur wette ontneem word wat die bestandeele van oorlog is nie.