PDA

View Full Version : Ontploffing, hoog in die lug.



Tom
06-22-2015, 02:35 PM
Nege jaar gelede, September of Oktober in 2006, het ek ’n droom gehad wat steeds by my spook en ek wag nou al nege jaar daarvoor om uit te kom. Of dit in my lewe sal gebeur, weet ek nie, ek weet net dit sal.
Eers wil ek vertel van voor die droom. In 2001 het ek ook ’n droom gehad. Ek het net die twee drome in my lewe gehad wat so uitgestaan het dat ek geweet het, hierdie is nie net ’n droom nie. Die droom in 2001 was van ’n geweldige groot en hoë rook kolom, wat wanneer dit die grond raak, uitgesprei het na my voete. Dit was dan ook die boodskap van die droom. Daar gaan so iets gebeur, maar dit sal my/ons nie so baie beïnvloed nie, dit kom net tot by ons “voete”.
Ek het al my vriende vertel hier kom ’n ding, maar kon nie sê wat nie. Elke keer wat ek ’n rook kolom sien, van ’n veldbrand of wat ook al, het ek gewonder, is dit dit? Maar ook dadelik geweet, nee dit is nie. Toe kom 9/11 en toe ek die beelde op TV sien van die gebou wat inmekaar stort, met die vreeslike stof wat die grond tref en grondlangs uitsprei, toe weet ek, hier is wat ek gedroom het. Dit was toe nie rook nie, maar stof. Wel, vir ander is dit nie so ‘significant’ nie. Hulle het dit immers nie gedroom of voor die tyd gesien nie en kan dit nie waardeur nie. Maar vir my was dit soos ‘opleiding’ en ek het geleer, mens kan nie voor die tyd sê wat gaan gebeur nie, net dat iets groot kom en dat die ‘gevoel waarde’ van die droom die belangrike element en boodskap is.
Dus kyk ek nou al nege jaar uit, maar dit het nog nie gebeur nie. Ek het relatief min mense vertel, want dit help nie en almal, nie almal nie, kyk jou aan met daai, ja, ja, kyk. Dankie, Dawie, jy het nie!
Die Droom:
Ek staan oudergewoonte laataand op my gunsteling plek in die tuin en water afslaan. So staan en kyk ek op na die helder sterre en skoon naghemel. Nie ’n wolkie in sig nie. ’n Denneboom se punt steek hoog in die lug in. Die volgende oomblik is daar iets soos ’n ‘planeet’/’meteor’, noem dit wat jy wil, wat ontplof. Eers net die pikswart naghemel, dan uit die niet, ’n groot ontploffing wat herinner aan ’n vuurwerk rocket wat skielik ontplof en duisende sparks maak en dan weer niks, net die pikswart nag ruim. In ’n stadium het ek gewonder of dit ’n ‘high altitude nuclear explosion’ of EMP kan wees. Dit is dan ook buite die aarde se atmosfeer.
Die volgende oomblik besef ek hier kom ’n geweldige skokgolf en ek moet my familie beskerm. Ek besef ek moet hulle agter ’n ‘Muur’ kry en ek het net minute om dit te doen. Ek skarrel rond en kry die kinders en vrou agter die muur waar ek gestaan het. Die ‘event’ kom en gaan en ons oorleef. Dan kom daar ’n tweede ‘event’, maar nou is dit ou nuus en ons weet wat om te doen.
Nou, wat is die gevoel waarde van die droom en die boodskap? Ek sal dit seker eers agterna heeltemal verstaan, soos met die 9/11 droom. Wat ek nou verstaan, is dat ons moet skuiling soek agter ’n ‘muur’. Seer sekerlik is dit nie ’n fisiese muur nie en daarna sal ons genoeg verstaan om ook die volgende aanslag te hanteer. Dit is dan ook my taak as hoof van die huis, om almal bymekaar te kry en te lei na die plek van veiligheid.
Waarom ek dit nou in detail vertel soos ek gedroom het, is oor al die dinge wat ons nou in die alternatiewe media sien oor September 2015 se verwagtinge. Ek sal daaroor skryf in die volgende poste.

Tom
06-22-2015, 03:25 PM
Gaan eers deur hierdie skakel vir agtergrond en kyk die videos.
http://beforeitsnews.com/paranormal/2015/06/confirmed-2-5-mile-wide-comet-expected-september-15-28-2015-2491612.html

Die datums verwag maak vir my sin, veral as ons na die Joodse Smitsha's kyk en die 'Blood Moon''s wat ook dan is. Dan weet ek ook ek het die 'event' verwag na drie maande, so ek het dit afgetel as Okt, Nov, Des. Ek weet want dit was my seun se laaste drie maande in matriek. Nou lyk dit of die 9 jaar na die droom op dieselfde tyd kan wees, die tyd voor die drie maande, maw September.

Gebeur daar niks, maak dit geen verskil aan my droom nie. Ek WEET dit kom. Dan nie nou nie, dan later. Soos ek se, miskien nie eers gedurende my dae op aarde nie.

Ander gedagtes wat ek het:
Gaan hierdie ding die aarde tref? Nie volgens my droom nie. So, gaan hulle hom moontlik afskiet? In die videos praat hulle reeds oor misielle wat rondgeskuif word.

Wat sal die aard van so n ontploffing wees, as hy stukkend geskiet sou word? Sal stukke steeds die aarde tref? Sal dit n EMP effek he waar alle elektronika op aarde vernietig word?

Die 'muur' waarvan ek gedroom het, moet geestelik wees. Gaan ons geloof getoets word? Gaan die mens voorgee hy het n fantasiese ding gedoen deur die komeet af te skiet en homself as God voordoen? Ek is seker die 'muur' is geloof en ons gaan n baie groot en sterk 'muur'/Geloof nodig hê om te oorleef. Dit maak ook sin as jy na die tweede 'event' kyk. Die wat nie vir die eerste 'leun' val nie en wie se geloof dit weerstaan, sal geen skade deur die 2de gedoen kan word nie.

Ek het in die begin baie aandag aan die gebied en rigting van die 1ste en 2de ontploffing gegee en probeer 'plot' waar dit gaan wees. Ek begin nou dink dit maak glad nie saak nie.


https://www.youtube.com/watch?v=F8dlhSlZA_M

Tom
06-22-2015, 03:26 PM
https://www.youtube.com/watch?v=A4c0NS4jLNA

Tom
06-22-2015, 03:34 PM
Die bottom line van my droom:

Ons het niks om te vrees nie. God is ons 'muur' en ons kan agter Hom skuil.

524
06-22-2015, 04:12 PM
Tom, ek lees ook die stories en soms wonder ek of daar darem so 'n ietsie in steek. Ons het darem al heelwat van die voorspellings oorleef. Persoonlik glo ek om my net te verknies oor die dinge wat ek kan verander. Ek kan jou belowe, as daar so 'n moeviese "klip" op die ou aarde val is daar groot bollie in die land en maak dit nie saak hoe jy bekommer het voor die tyd nie. Maak seker jou Saak is reg, en dan moet God's water maar oor God's akker loop - Of hoe?

http://www.zengardner.com/wp-content/uploads/cute2a1.jpg

524
06-22-2015, 04:34 PM
https://www.youtube.com/watch?v=4QPoxZcQZ4E

A Planet Four Times the Size of Earth Lurking Far Beyond Neptune - Is NASA Hiding Planet-X?
nemesis maturity
Published on Nov 24, 2014
The evidence for 'Planet X' - the mysterious hypothesised planet on the edge of our solar system - has taken a new turn thanks to the mathematics of a noted astronomer.
Rodney Gomes, an astronomer at the National Observatory of Brazil in Rio de Janeiro, says the irregular orbits of small icy bodies beyond Neptune imply that a planet four times the size of Earth is swirling around our sun in the fringes of the solar system.
Gomes measured the orbits of 92 Kuiper belt objects - small bodies and dwarf planets - and said that six objects appeared to be tugged off-course compared to their expected orbits
Speaking at a meeting of the American Astronomical Society Rodney Gomes presented complex calculations and computer models, indicating the existence of this world as a genuine possibility.
He told astronomers at the AAS that the most likely reason for the irregular orbits was a 'planetary-mass solar companion' - a distant body of planet size that is powerful enough to move the Kuiper belt objects.
He suggested the planet would be four times bigger than Earth - around the size of Nepture and would be 140 billion miles from the sun, or about 1,500 times further than the Earth.http://tinyurl.com/7jtngcc
Planetary scientist Rodney Gomes of the National Observatory in Rio de Janeiro suggested that Planet X might be “extrasolar.” Many of the sun’s siblings have their own planets, and it’s possible that these stars stole planets from each others’ gravitational pull.
“We haven’t explored all of the solar system yet,” Sheppard said, “so people always want to believe that there’s something else out there.
http://www.gmanetwork.com/news/story/388704/scitech/science/undiscovered-planet-may-be-lurking-beyond-neptune

The New Horizons Mission to Pluto,
the Kuiper Belt, and Beyond

http://earthshiftx.com/wp-content/uploads/2014/01/plan7x.png

Hein
06-22-2015, 09:22 PM
Wat die 4de en laaste bloedmaan betref het ek gehoor die datum.is 28 Sept 2015 of so iets. Dit het betrekking op Israel?

Blaize
06-23-2015, 12:46 PM
28 September - nogal op my verjaardag. Hierdie laat my baie aan die fliek Armageddon dink. Toe ek daai fliek gekyk het, het ek gesê daar was astronomies (excuse the pun) baie navorsing gedoen en dit sal my nie verbaas as NASA ook baie gehelp het met die navorsing nie.

454
06-26-2015, 03:54 PM
Middag Tom

Jou droom en uitleg het ek nie mooi verstaan nie. Ek het dit aangestuur vir 'n kind van God wat ek vertrou en meer weet as ek. Hieronder is die persoon se uitleg. Ek hoop dit help.

Mooibly
Chris

Die Droom:
Ek staan oudergewoonte laataand op my gunsteling plek in die tuin en water afslaan. [Normale gang van lewe]So staan en kyk ek op na die helder sterre en skoon naghemel. Nie ’n wolkie in sig nie. [Geestelike realm] ’n Denneboom [Persoon]se punt steek hoog in die lug in.[Aansien] Die volgende oomblik is daar iets soos ’n ‘planeet’/’meteor’, noem dit wat jy wil, wat ontplof. Eers net die pikswart naghemel,[Kan onkunde aangaande die toekoms wees] dan uit die niet, ’n groot ontploffing wat herinner aan ’n vuurwerk rocket wat skielik ontplof [woede of iets wat versadigingspunt bereik het – iets wat openbaar word] en duisende sparks maak en dan weer niks, net die pikswart nag ruim. In ’n stadium het ek gewonder of dit ’n ‘high altitude nuclear explosion’ of EMP kan wees. Dit is dan ook buite die aarde se atmosfeer.
Die volgende oomblik besef ek hier kom ’n geweldige skokgolf [wysheid van God om situasie te hanteer] en ek moet my familie beskerm. Ek besef ek moet hulle agter ’n ‘Muur’ kry en ek het net minute om dit te doen. Ek skarrel rond en kry die kinders en vrou agter die muur waar ek gestaan het. Die ‘event’ kom en gaan en ons oorleef. Dan kom daar ’n tweede ‘event’, maar nou is dit ou nuus en ons weet wat om te doen.

UITLEG
Ek voel die Here wil met jou wandel soos met Abram. God het vir hom in die nag die sterre en sand gewys om hom te wys hoe groot sy nageslag gaan wees.
God wil met jou kommunikeer in die normale gang van jou lewe. Die hemel wys na die geestelike realm. Die hoë boom praat van ‘n persoon met aansien – kan jyself wees. Die donkerte praat van onkunde rondom die geestelike realm.
Waar onkunde is wil Hy Sy lig en wysheid gee om jou en die naby jou te beskerm. Die ontploffing kan ’n openbaring van onaangename situasie wees. God gee jou wysheid rondom dit en die skokgolf wat daarna kom.
Jou fokus is om agter die muur te skuil. Jesus is die muur en sterk toring.
Zec 2:5 The LORD has promised that he himself will be a wall of fire around the city to protect it and that he will live there in all his glory."
Jy het gou geleer en weet wat om te doen wanneer ‘n soortgelyke situasie opduik is jy gereed daarvoor.
DOEL VAN DROOM
God wil jou bemoedig en aanmoedig om Hom in al jou weë te ken en nader aan Hom te beweeg sodat Hy jou paaie kan gelyk maak, maar ook om jou die dinge aangande die toekoms te openbaar.
Hierdie is ‘n daaglikse wandel. Hy begeer ‘n nouer wandel met jou sodat Hy met jou kan wandel soos met ‘n Abarm wat Hy Sy vriend genoem het.

Tom
06-27-2015, 10:12 PM
Jesus is die muur en sterk toring.

Dankie Chris. Dit sluit dan ook aan by my pos #4.


Ons het niks om te vrees nie. God is ons 'muur' en ons kan agter Hom skuil.

Tom
06-27-2015, 11:19 PM
Chris, dit is vir my vreeslik moeilik om verder uit te brei, maar ek voel ook gedwing. Jou vriend se uitleg maak baie sin en ek verstaan dit dan ook, op n ander vlak. Ek voel egter genoodsaak om weer te beklemtoon, hierdie droom is Geestelik, maar nie net Geestelik nie, dit manifesteer fisies op aarde ook. Soos ek as agtergrond verduidelik het. Die droom was in dieselfde 'klas' as my 9/11 droom. Dit (9/11) was n Geestelike droom, met n Geestelike boodskap, maar dit het fisies op aarde manifesteer. ( Die 9/11 se Geestelike boodskap was om nie te vrees nie, dit gaan ons (SA) nie so vreeslik beinvloed nie, die gevolge kom net tot by ons voete.)

Ek sê dit is vir my moeilik om uit te brei, want dit voel of ek myself wil verhoog en dit is die laaste ding wat ek wil doen. Ek moet egter bekend maak en God het ook al agterna aan my bevestig dat dit wel gaan gebeur, met Skrif. Hy noem dit 'gou', maar in my mense tyd is dit nou al 9 jaar en steeds niks. God het hierdie bevestiging aan my gegee, want Hy wil he ek MOET dit glo. Ek mag nie twyfel nie. Johannes se vader was met stomheid geslaan toe hy net durf vra het oor wat die engel hom vertel het. Ek durf dus nie bevraagteken nie en ook nie stilbly nie. God het my die 9/11 droom as 'opleiding' gegee om te verstaan dat dit fisies gaan manifesteer en ook Geestelik is. Die 'skuil agter die muur' is dan ook nie n uitnodiging nie, dit is n opdrag! Nie net aan my nie, maar aan almal in Suid Afrika. Dit gebeur hier skuins bokant ons, so ons word almal beinvloed (deur die 'skokgolf') en is in doodse gevaar as ons nie gaan luister nie. Doodse Geestelike gevaar, op die Geestelike vlak, soos die boodskap van die droom op n Geestelike vlak is.

Ek neem ook jou uitleg aan, want dit het ook so gebeur, my geestelike lewe het sederdien baie verander en ek het n baie nouer verhouding met Hom en Hy het baie aan my openbaar en leer my steeds. Ek is egter baie swak, soos dit geskryf staan, die gees is gewillig, maar die vlees swak.

Ek wil nie met hierdie pos voorgee dat enigiets in September gaan gebeur om hierdie droom te staaf nie. Soos met 9/11 het ek ook kort kort gewonder, is dit dit? Maar eers die dag wat dit gebeur, sal ek verseker weet. Daarmee probeer ek se, dat daar waarskynlik nie so iets in September sal gebeur nie, want dit kom heeltemal onverwags en onvoorspelbaar. Net tyd sal leer en wanneer dit gebeur, sal Hy my/ons herinner en ons sal weet wat om te doen.