PDA

View Full Version : Ai siestog



456
07-07-2015, 05:56 PM
Ek kry die foto op n ander web blad. Nou wonder ek of dit n geposeerde foto is.
1957

Lukas
07-07-2015, 11:47 PM
http://www.sherv.net/cm/emoticons/hand-gestures/thinking-hard-smiley-emoticon.gif (http://www.sherv.net/)

Blaize
07-08-2015, 05:12 AM
De foto is afkomstig van Amerika. Dit was nadat die polisie daardie nie blanke - wat 'n winkel geroof het met vuurwapen in hand - doodgeskiet het en die hele Amerika bossies gegaan het oor die "police violence".

524
07-08-2015, 06:20 AM
De foto is afkomstig van Amerika. Dit was nadat die polisie daardie nie blanke - wat 'n winkel geroof het met vuurwapen in hand - doodgeskiet het en die hele Amerika bossies gegaan het oor die "police violence".

Een storie kan >> HIER << (http://www.snopes.com/photos/politics/fergusonsign.asp) gesien word

En 'n ander kan >> HIER << (http://www.politifact.com/truth-o-meter/statements/2014/dec/04/chain-email/viral-photo-ferguson-protester-doesnt-withstand-cl/) gesien word

Lukas
07-08-2015, 08:05 AM
Mense sal enige iets doen om paniek te saai of selfs bedrog pleeg om hulle eie gevolgtrekkings die lug te laat sien. Maar miskien is die gedagte agter die verandering nie so vr van die waarheid nie. Een van my vriende wat baie jare in Irak gewerk het, het vir my vertel dat jy tot vandag toe nog families kry wat struikrowers is. Die mense wat langs hom gewoon het, was glo ook struikrowers. Glo baie gawe mense maar jy hoop maar jy kry hulle nie iewers op n afgele plek langs die pad nie.

Hier in Suid-Afrika is dit dalk ook nie so vreemd nie. Gedurende 2009 was n gewapende rower tydens n roof wat skeefgeloop het, in Lynwood doodgeskiet. My dogter het op daardie stadium ’n blok van die insident gewoon en ek het kort na die geskietery daar aangekom. By die hek probeer ek toe iets en vertel die hekwag, dat dit darem n lelike ding is wat nou hier gebeur het.

Ja, s die Zimbabwiese hekwag vir my, die lewe is nie maklik nie en dit is vreeslik om te dink dat mense, so n gevaarlike werk moet h waar hulle hul lewens kan verloor.

Volgens die hekwag, is rowers ook maar net gewone mense wat op die beste manier waarvan hulle weet, n lewe vir hulle self probeer maak. Die benadering het my nogal oor die misdaad laat wonder. Is ons besig om weer in tyd terug te beweeg waar rowers soos in die Bybelse tyd, ’n erkende profesie sal word? Of is dit reeds ?

524
07-08-2015, 09:06 AM
Die "appyship" begin al in die kleuterskool of voorskool in speel groepies. Kleingoedjies soos speelgoed of 'n teelepel word gegaps. In meeste gevalle sien ma dit nie maar in baie gevalle word daar vetmooinokall aan gedoen en die outjie kom daarmee weg. Nou word dit 'n "gewoonte" om iets te "liberate" want sien ek het nie en jy het mentaliteid word gebore. Later op skool word dit meer en meer en voor die ou hom kan kry het die ding sy "werk" geword. Dit is per slot van rekening baie makliker om iets te "liberate" in stede van om elke dag werk toe te gaan en na die baas se pype te moet dans.

Later kry ons mos maatjies wat aan die selfde beroep skaaf. Hulle het net nog 'n stappie verder gegaan, hulle't muti wat help dat jy nie bang word nie en sommer so paar ander byvoordele kan gekry word as jy die goed rook of snuif ens. En dan gaan ons nog so stappie verder want sien, die "haves" moet nie in die pad van die "have-nots" kom nie dan word hulle uitgehaal. So eskuleer die probleme by die "werk" want die muti raak al duurder en die werk word al moeiliker want ons het nou meer en meer nodig om te help met die koste van die muti en mooi gangsta-klere....en hoe moeiliker die werk word hoe meer muti is nodig - bose kringloop.

Een van die grootste "root-causes" is dissipline. In meeste gevalle werk ma en word die bogger van kleins af soos 'n boerbok groot. Dissipline in skole is amper heel weg en meeste leerlinge maak soos hulle wil, die onderwysers het (soos die SAP) in baie gevalle gedegradeer van 'n beroep na net nog 'n werk! Bewaar die onnie wat sy werk ernstig opvat en probeer om een van die belhamels te dissiplineer - hy word die vark in die verhaal.

Ja, Lukas, dit is in baie gevalle gesien as 'n beroep om 'n dief te wees. But that is entirely the fault of society and the examples set by leadership and leaders in the community - all the way to a corrupt government which is headed by an even more corrupt individual! Society suffers the consequences of the very product of this society!

Jare terug het baie mense mos gevra wat doen jy vir 'n lewe, meenende watse werk - nuskierige bliksems. Ek het altyd geantwoord "Ek is 'n klouterdief (cat burglar) en dan laat spaander die pes sommer.

524
07-08-2015, 09:10 AM
Jy sien, hier is nog 'n outjie wat sy werk ernstig opvat, sommer so van 12 jaar af...blixem!

http://media4.s-nbcnews.com/j/newscms/2015_28/1111046/91_milton_jarrell_2_2ab5c4fc646696ce311b841bf2e18a 45.nbcnews-ux-600-700.jpg
A 12-year-old boy is on the run after a fatal shooting in Omaha late last month, police say.
Jarrell Milton, 12, is wanted in the murder of Jamymell Ray, 31, that occurred around 4 p.m. in Miller Park last week, authorities said.
The pre-teen's brother, Jamar Milton, 17, and Shuntayvious Primes-Willis, 15, have already been arrested both were charged with first-degree murder. They were denied bond in court Tuesday afternoon.
http://www.nbcnews.com/news/us-news/12-year-old-wanted-murder-2-teens-arrested-cops-n388231

Lukas
07-08-2015, 07:37 PM
524. EK dink dat jy dood reg is. Ons land staan onder n sekere outoriteit wat die voorbeeld word. En die voorbeeld word deur wit en swart nagejaag. Vra dieselfde ou van destyds wat jy vir n lewe doen, en jy gee hom dieselfde antwoord, gaan jy baie moontlik sy held wees.

Blaize
07-09-2015, 05:05 AM
Een storie kan >> HIER << (http://www.snopes.com/photos/politics/fergusonsign.asp) gesien word

En 'n ander kan >> HIER << (http://www.politifact.com/truth-o-meter/statements/2014/dec/04/chain-email/viral-photo-ferguson-protester-doesnt-withstand-cl/) gesien word

Goeie mre 524. Ek weet wat die storie is aangaande die skietery. Een ding waaroor ek nog steeds wonder is of hy wel 'n wapen op hom gehad het of nie. Party s ja en ander s nee.

524
07-09-2015, 08:50 AM
Goeie mre 524. Ek weet wat die storie is aangaande die skietery. Een ding waaroor ek nog steeds wonder is of hy wel 'n wapen op hom gehad het of nie. Party s ja en ander s nee.

Ek glo nie iemand sal ooit die absolute waarheid weet nie. Ek is net dank Vader bly ek's nie 'n polisieman wat in daardie omstandighede moet werk nie. Dit lyk maar 'n moeilike klomp wat meestal nie skroom om wapen uit te haal nie.

Miskien is die die oplossing.. (Grappie voor ek geslag word)

http://media.giphy.com/media/10B57jr6SARsUE/giphy.gif

524
07-09-2015, 08:58 AM
Kyk die een op Youtube - vol skerm - fullscreen

https://www.youtube.com/watch?v=hRJo27yzi1Q

of sommer hier


https://www.youtube.com/watch?v=hRJo27yzi1Q

Lukas
07-09-2015, 02:18 PM
'n Mens het nie eintlik n kans teen daardie drones nie. Dit is n ander tipe oorlog wat ons nie ken nie. EK wonder op watter hoogte hang die goed in die lug?

Solank as wat dit ISIS is wat slae kry, is dit goed, maar wat gebeur wanneer ons vyand ons so jag?

524
07-09-2015, 02:35 PM
'n Mens het nie eintlik n kans teen daardie drones nie. Dit is n ander tipe oorlog wat ons nie ken nie. EK wonder op watter hoogte hang die goed in die lug?

Solank as wat dit ISIS is wat slae kry, is dit goed, maar wat gebeur wanneer ons vyand ons so jag?

Dit is eintlik 'n baie onregverdige "oorlog" as jy so daaraan dink. Daar bestaan geen manier wat jy jouself regverdig kan verdedig nie. Sien onder - 5,500 meter en reik afstand van 160 km - maar ek dink die nuwes is al bietjie beter.



NATO type 10,000 ft (3,000 m) altitude, up to 50 km range
Tactical 18,000 ft (5,500 m) altitude, about 160 km range

Blaize
07-09-2015, 03:58 PM
I like what I saw in that video ...

Lukas
07-09-2015, 11:43 PM
En die outjies wat daardie Drones vlieg, sit duisende kilometer van die slagveld af. Hulle ervaar geen trauma nie en vir hulle is dit amper niks meer as n Tv speletjie nie. Vir die ou wat op die grond is, hy weet nie waar dit vandaan kom nie. Hy hoor niks, sien niks tot dit te laat is nie. En die wat oorgeslaan is in die eerste rondte, het geen kans om daardie Drone eers in daglig te sien nie. Hulle kan nie eers wegkruip nie.

Met die drones se gevorderde FLIR maak dit nie saak of dit dag of nag is nie. Dit is ewe effektief, selfs in swak weer. Soos Blaze opmerk, is dit die meeste mense se gevoel wanneer dit ISIS is wat slae kry. Min weet hulle hoe maklik dit ons kan wees. En wat maak ons dan ?

baardman
07-10-2015, 01:20 AM
Ons bou signal jammers wat daai drones soos miskiete laat val as dit naby kom

524
07-10-2015, 05:16 AM
Ons bou signal jammers wat daai drones soos miskiete laat val as dit naby kom

Hierin l die probleem. Kyk hoe hoog in die lug is die "muskiet" - jou "Doom" sal moet baie, baie sterk wees. http://www.sherv.net/cm/emoticons/war/3d-f18-jet-fighter-smiley-emoticon.gif

Tom
07-10-2015, 08:42 AM
En wat maak ons dan ?

Jy kry n heat shield blanket waaronder jy baie baie stil gaan l...

Chris1
07-10-2015, 08:54 AM
Om hierdie manier van oorlog te kniehalter sal verseker nie maklik wees nie.Ek dink dit sal meer in die IT rigting moet geskiet of dalk hulle energie(grid) uithaal.

Tom
07-10-2015, 08:57 AM
Ek verstaan Benoni se jong manne sit en kuier in die nag by petrol stasies terwyl hulle die nood kanale monitor vir misdaad. Wanneer hulle iets hoor, is daar dan n reaksie mag wat opruk daarheen en een van hul gewildste stukke toerusting, is wat hulle noem optics, electronics of of so iets. Almal skree dan om die toerusting te bring. Dit help hulle om die weg kruipende misdadigers in die donker op te spoor en ek neem aan dit is nagsig toerusting wat ook n hitte beeld kan sien.

My vraag, wat is hierdie toerusting presies, waar kry mens dit, wat is die pryse, maak en model nommers?

524
07-10-2015, 10:31 AM
Tom, die goed is erg duur kyk >> HIER<< (http://www.iwarehouse.co.za/photo-video-optics/night-vision?gclid=CNqc2eyS0MYCFdTLtAod6NYA8A)

Tom
07-10-2015, 11:03 AM
524, is dit net nag kyk toerusting, of kan dit die hitte beeld ook sien in stik donker?

Tom
07-10-2015, 11:06 AM
524, is dit net nag kyk toerusting, of kan dit die hitte beeld ook sien in stik donker? Ek sien dit het n infrared illuminator, maar gee dit n hitte beeld of is dit net infra rooi verligting? Sal graag n youtube van so n outjie wil sien.

Lukas
07-10-2015, 11:31 AM
Tom dit gaan nie werk nie. Daardie goed is so goedkoop omdat dit hulp nodig het. Wanneer daar ligte in die agtergrond is, sal dit total onbruikbaar wees.

Die FLIR in stedelike gebied is beter, maar dan begin jy van R 50 tot R70 duisend rand af kyk. R70 000 + sal n beter opsie wees. FLIRS kan glad nie deur glas kyk nie. Die krimineel kan in n voertuig sit en jy sal dit nie kan sien nie.

Die Sjinese bring n ding uit wat ek nie ken nie. Dit lyk of dit ook deur ruite kan sien en die beelde lk soos die van n FLIR. Miskien weet iemand meer daarvan ?

Tom
07-10-2015, 12:26 PM
Wat gebruik hulle in Benoni? Ek praat van die CPF ouens. Hulle opereer ook anders as die buurtwag en Concerned Citizens groepe.

Ek sien mens noem dit FLIR. Dankie Lukas. Forward Looking Infrared systems. Die woord wat ek vergeet het, wat Benoni gebruik, is 'thermals'. Sodra daar iets gebeur, roep hulle die mense met die 'thermals' in. Almal het dit nie en die prys is seker die rede. Is daar iemand wat weet wat hulle in Benoni gebruik en is daar skakels daarna?

524
07-10-2015, 12:32 PM
524, is dit net nag kyk toerusting, of kan dit die hitte beeld ook sien in stik donker? Ek sien dit het n infrared illuminator, maar gee dit n hitte beeld of is dit net infra rooi verligting? Sal graag n youtube van so n outjie wil sien.

Jy moet maar solank 'n verband op jou huis neem. Thermal Imager >>HIER<< (http://www.iwarehouse.co.za/brands/guide/guide-ir-516b-binocular-thermal-imager) (So om en by 150K en meer)

Dis hoe dit is:


https://www.youtube.com/watch?v=6l49VPeYVfs

Hans
07-12-2015, 10:22 AM
Gelukkig kan ons deesdae self 'n drone in die lug sit. Tamatie kas plankies, open source code en 'n paar relatief goedkoop komponente en jy is in besigheid.

Lukas
07-12-2015, 02:10 PM
Hans. Dan hoop ek jy gaan ons op die vlak 2 forum n paar wenke gee.