PDA

View Full Version : Afgeslagte dier in dorp



547
07-16-2015, 03:17 PM
1979

Hierdie is Hennenman gevind. wie kan my help. is dit n kat of hond? En wat sou die rede agter dit wees. Daar is baie bloed en lyk of die dier lewendig geslag is.

547
07-16-2015, 03:20 PM
1980

Iemand het ongelukkig die polisie gebel voordat ek daar kon uitkom. Hulle het glo gedink dis baie snaaks en gereken ids n rooikat. Ek glo moeilik iemand sou n rooikat lwendig afslag en waar sou die rooikat nou vandaan gekom het. Ek kan nie mooi sien hoe groot die dier is nie maar glo dis eerder n hond as kat. Let op die melkskommelbotteltjie op die een foto om te sien hoe groot die dier is.

Lukas
07-16-2015, 07:42 PM
Daar is rooikatte in julle węreld en ek glo ook nie dat die dier lewend afgeslag is nie. Die voorpote is weg en dit kan vir moetie gebruik word maar ek wonder of dit nie dalk n visserman is wat die forel węreld wil betree nie.

Die Rooikat se hare word vir die vliegies gebruik waarmee forelle gevang word en dit is vrek duur. Vir my lyk dit if die dier vir sy vel en moontlik sy hare stert hare geslag kon wees.

En die deel van die pens wat deurbreek, is maar net omdat die mes so bietjie diep gesteek was.

Unregistered
07-17-2015, 09:44 AM
Die foto maak dit moeilik om met 100% sekerheid te se maar, as ek na die skedel en kort stert kyk is ek so seker soos ek kan wees dat dit n rooikat is. Die dier kon ook geslag gewees het om taksdermie toe gevat te gewees het, dan los hulle soms die pote in die vel want dis n storie om dit reg te slag. Ek glo ook die dier was klaar dood want hy gaan hom taamlik teesit!
Groete
Jason