PDA

View Full Version : Criminals must be killed immediately and brutally - Lili



524
07-28-2015, 06:49 PM
Red nou 'n Nasie met mense soos die! http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Criminals-must-be-killed-immediately-and-brutally-Lili-20150728


Cape Town - “Criminals must be killed immediately and brutally.”
That was the word from Ses'khona People's Rights Movement leader Andile Lili, who addressed cheering crowds of supporters outside the Bellville Magistrate's court on Tuesday.
Lili was addressing the crowd after sentencing proceedings against him and eight others were postponed. They were previously found guilty of contravening the Civil Aviation Act in February after dumping human faeces at the Cape Town International Airport. The incident occurred two years ago.
Lili said he was not satisfied with the country’s justice system.




“Sometimes [criminals] are arrested... but the justice system releases them. So the only thing we can do is to kill immediately if we find a criminal.
“We must kill them, comrades! We are liberating ourselves from criminals. Police are trying, but the justice system is failing us.”
'System is failing the poor people'
Lili told supporters outside court that the justice system was “biased [in favour of] government", while it was "against the poor”.
“People fighting for dignity are being found guilty for peaceful protests,” he said.
“The system is failing the poor people.”
The crime rate in impoverished communities “is too high and the criminals are celebrating”.
“They kill today, tomorrow they are released. They are raping today, tomorrow they are released. They are stealing today, tomorrow they are released. They have become powerful in our communities.
“If they are raping, you must kill them immediately. If they are stealing, we must kill them immediately. And we must kill them brutally, the same way that they are [hurting] our sisters, our mothers and our parents.”
'Mob justice should never be condoned'
Former Western Cape Community Policing Board chairperson Hanif Loonat said such sentiments were “irresponsible, especially coming from a community leader”.
“Such a view is not conducive to the fight against crime. Mobilising people to go against the system is counter-productive to the battle we are facing,” he insisted.
“Do something useful instead, such as taking the matter to the top officials or voicing your views through the CPF.
“Mob justice should never be condoned or encouraged.”
Khayelitsha Cluster Commander Major General Johan Brandt slammed Lili’s sentiments as “irrational”.
Calls for such action is not in line with community mobilisation, he said.
“Such a message can lead to people taking the law into their own hands. Such action is definitely not recommended,” he told News24.
When asked if he was encouraging mob justice, Lili said he “doesn’t care”, as “we need not respect the justice system if it does not respect us”.
“I know how brutally our brothers and sisters are being raped and killed. I cannot listen to someone who lives in Constantia, who doesn’t feel what I feel in Makhaza.
“They can say I am encouraging crime. That’s fine. As long as I am doing justice for the people.”

Tom
07-28-2015, 10:11 PM
Interesant dat geen kommentaar toegelaat word nie.

Lukas
07-28-2015, 11:20 PM
Hulle kan dit nie waag nie om kommentaare toe te laat nie, want die meerderheid sal daarmee saamstem en dit kan ook die vuur aanblaas. Die gevaar van hierdie voorstel van Lilli is dat die mense dan self besluit wie skelm is. Dit beteken dat jou werker sal voel jy betaal hom te min en daarom steel hy van jou en daarom mag hulle teen jou optree.

Hoe goed en lekker dit ook mag klink, ons moet maar die polisie n kans gee om die problem self op te los. Die polisie word een of ander tyd weer n mag en dan gaan dinge baie verander. Op hierdie stadium is hulle nog n diens en dit kap hulle hande af.

Wanneer ons die nuwe politieke fase betree, sal ons dalk nog na hierdie tye verlang. Die gereg se arm is nog altyd baie lank en terwyl hulle wag, samel hulle inligting in. Die dag wanneer hulle weer n mag word gaan die poppe behoorlik dans, daarvan is ek redelik seker.

539
07-31-2015, 11:58 AM
Kan jy uitbrei oor watse tipe inligting hulle insamel Lukas? Sal dit dan dalk gemik wees teen regse organisasies? Sal hulle gebrandmerk word as terroriste?

Daar word gesê probleme moet deur middel van die GPF's aangespreek word maar ek dink mens moet ook daarmee oppas wat jy sê. Jy word dadelik gebrandmerk as 'n moeiliheidmaker en oppas dat jy nie dalk geteiken word nie. Die polisie is soos 'n familie en hulle duld nie dat daar iets van hulle of 'n kollega gesê word wat negatief is nie.

Jammer maar ek begin dink die GPF is 'n klug!

Lukas
07-31-2015, 01:46 PM
Met die laaste ondersoek wat ek gedoen het, was ek nogal verstom oor wat hulle alles van misdaad weet. Misdade wat op hierdie stadium floreer en dink dat die hele wêreld aan hulle behoort. Ek kry die idee dat die polisie hierdie goed soos n luiperd uit n boom dophou en vir die regte geleentheid wag om toe te slaan.

Die polisielede word selfs betrokke by hierdie misdade en maak goeie ekstra geld per maand. Van die polisiemanne wat deel is, gaan ook een of ander tyd ontnugter word en dan is daar polisiemanne wat net terwille van die inligting wat hulle kry, deel van hierdie organisasies en strukture is.

Ek dink dat enige mens wat hom met misdaad ophou, ongeag wat sy politieke oriëntering is, een of ander tyd sy rieme gaan styfloop wanneer die polisie eendag weer n mag word.

Tom
07-31-2015, 01:52 PM
Jammer maar ek begin dink die GPF is 'n klug!

Gaan staan in die ry! ;-)

Ek moet bysê, daar is areas waar dit wil, wil werk. Dit is waarom die een grootkop van die polisie n gedeelte van die wet op GPF's verwerp het verlede week en prontuit gese het die polisie sal hom nie daardeur laat voorsê nie en GPF's moet weet die polisie erken dit nie. Ek is seker julle weet waarvan ek praat, maar sal n skakel gaan soek as jul nie weet waarvan ek praat nie.

PS.
Hier is die skakel in elk geval:

http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Gauteng-police-suspend-oversight-function-of-CPFs-DA-20150719

Lukas
07-31-2015, 05:42 PM
Tom dit is goeie en slegte nuus. Die oomblik wanneer die polisie weer n mag word, sal daar nie meer vir die GPF's n plek wees nie. DIt sal verval en die GOS, sal seker weer in sekere omstandighede, deur die polisie self saamgestel word.


Terwyl die polisie n diens is, is hy gebind aan die GPF of hy daarvan hou of nie, maar wanneer dit weer 'n polisie mag word, dikteer hulle met wie hulle wil saamwerk en wie vir hulle n aanwins is of nie.

Die voordeel wanneer hulle weer n mag word, is dat hulle nie vir jou nodig het om ’n klag te lê voor hulle kan optree nie. Hulle sal in baie gevalle self kan optree

Die nadeel is dat dit weer n gevreesde organisasie kan word, wat redelik hardhandig met mense te werk sal gaan. Mense wat ietwat astrant lyk soos wat dit in die ou Suid Afrika die geval was, gaan slae kry voor hulle by die stasie kom. Hulle optredes behoort deur die staat beskerm te word en dit sal n onaangename ondervinding wees wanneer hulle die dag besluit dat jy dalk iets met 'n misdaad te doen het.

Dit is nie meer baie lank voor die polisie weer n mag gaan word nie en dit sal regtig in ons guns tel, wanneer ons die polisie, nie ons viand maak nie.

Politiek is ongelukkig n bliksem en daar is baie korrupte polisiemanne reeds in die diens wat hulle magte, wanneer die polisie n mag gaan word, gaan misbruik. Wanneer jy nie aandag trek nie behoort die lewe vir jou so bietjie beter te word. Maar wanneer mense so effens aandag trek, sal dit vir hulle redelik onaangenaam word.

Dit is hoe ek dit nou, so min of meer verstaan.

539
08-02-2015, 12:42 AM
Lukas is jy met ander woorde van mening dat dit beter is om 'n lae profiel te handhaaf, te maak asof jy niks weet en niks sien nie? Is dit dan ook beter om nie by goed soos die GPF betrokke te wees nie ter wille van jou eie heil?

Nov16
08-02-2015, 07:32 AM
Jammer lukas ek dink moet hier in chirp. Jy moet betrokke raak op een of ander manier het sy inligting oor gee of self op toneel om gpf te vergroot. Nelspruit is n voorbeeld waar normaale mense en moet sê jong mense betrokke raak met die beveiliging van hul omgewing die sap is baie behulpsaam in elke geval op die stadium is die sap afhanklik van inligting wat uit die publiek kom, die sap is nie die grootste, soos ons dink korrup nie

539
08-02-2015, 04:40 PM
die sap is nie die grootste, soos ons dink korrup nie

Nee jy is 100% reg Nov16 - die polisie is nie almal korrup nie. Vir baie is dit 'n beroep en hulle passie. Ek vind net dat baie van hulle nie altyd so te vinde is vir die GPF's en hulle lede se betrokkenheid nie. Hulle samewerking is die eintlike probleem. Baie GPF lede kla daaroor dat hulle alles insit maar nie altyd die ondersteuning en samewerking van hulle SAP lede het nie.

As GPF lid het mens meer kontak met polisie, meer insig in wat hulle doen of nie doen nie, weet ons dalk soms net te veel na hulle sin. Die vraag is dus of jy nie dan ook maar op die ou end vir hulle eerder 'n bron van bekommernis is nie? Wonder hulle nie of jy dalk te veel weet en een of ander tyd hulle gaan "brand" nie? Ek wonder maar net daaroor.

Jammer Lukas die draad ontaard nou in 'n gesprek oor die SAP en die GPF. Miskien moet ons liewer 'n draad daarvoor oopmaak?

524
08-02-2015, 05:08 PM
Jammer lukas ek dink moet hier in chirp. Jy moet betrokke raak op een of ander manier het sy inligting oor gee of self op toneel om gpf te vergroot. Nelspruit is n voorbeeld waar normaale mense en moet sê jong mense betrokke raak met die beveiliging van hul omgewing die sap is baie behulpsaam in elke geval op die stadium is die sap afhanklik van inligting wat uit die publiek kom, die sap is nie die grootste, soos ons dink korrup nie

Ons klein voorstad (157) huise kom baie goed met SAPS oor die weg. Ons gaan elke derde Donderdag na die SAPS / CPF vergaderings en dit is goed om die "stats" te kry en bande met die mense te smee. Ons "Sector Commander" het ons ook sy cel nommer gegee so as ons nie reg kom nie bel ons hom. Ons het ook twee voertuie wat ons area bedien en elkeen het 'n cel in die voertuig. Dit was nog nie vir my in 5 jaar nodig om die stasie of die 10111 nommer te bel nie. Meeste van die tyd is die reaksie tyd vinniger as die van die privaat sekuriteit maatskappye.

Ek dink deur betrokke te wees leer mense in die "hood" mekaar ken en weet baie mense meer van hoe om te reageer in gevalle. Ons probeer om elke drie maande 'n oop vergadering te reel waar almal in die "hood" kan kom luister en stuiwer in die armbeurs gooi. Altyd id daar 'n SAPS persoon en soms kan hulle nogal mooi met die mense gesels.

My raad: Raak betrokke! Ek wens meer mense in ons area wil betrokke raak.

524
08-02-2015, 05:10 PM
M.b.t. Lili - ek hoop hy besef dat sy voorstel dan ook op hom van toepassing is want hy's ook 'n skurk. Miskien moet hy dan maar die eerste een wees.. “Criminals must be killed immediately and brutally.”

Lukas
08-06-2015, 09:50 PM
539 en Nov16. Wat ek sê is dat die GPF’s een of ander tyd wanneer die polisiediens weer n polisiemag word, sal verval. Ek sê nie dat jy die GPF moet vermy nie. In teendeel. Ek is n groot voorstander daarvan dat die GPF’s in sektore moet verdeel want die misdaad in die lokasie is nie dieselfde as in die voorstede nie en almal het nie dieselfde probleme nie.

Die grootste frustrasie by die meeste GPF’s is dat dit deur die lokasie bewoners oorstroom word en hulle vergaderings in n doellose tydverkwisting sonder n agenda en n plan is. Maar waar ons dit reggekry het om die polisie te oortuig dat ons die wyke in sektore moet verdeel waar elke geografiese groep sy eie GPF vergadering het, werk dit baie goed.

EK het nog altyd die gemeenskappe aanbeveel om by die GPF betrokke te raak en dit is ook wat 534 aanbeveel. Raak betrokke en maak dit n lekker geleentheid wat leersaam is en wat soms lekker kan wees. Moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en bou verhoudings met die polisie.

Nie alle polisiemanne is korrup nie. Wat ek nogal insiggewend gevind het, was dat die meeste polisiemanne in New Castle wat nie korrup was nie, deur die bank swart polismanne was. Daardie jaar toe ek die navraag op daardie polisiekantoor gedoen het, was daar nie een wit polisieman wat n reguit paadjie geloop het nie. ( Dit was n paar jaar gelede en ek weet nie of dit al verbeter het nie)

Maar die boodskap bly ong. Altyd om betrokke te raak, want solank as wat die polisie n polisiediens is, is daar vir ons n plekkie om n verskil te maak.

Maar wat ek ook sê is dat hierdie polisiediens een of ander tyd n polisiemag gaan word. Die polisie wil weer hulle mandaat terugvat en die terugskakeling lyk tans so goed dat ek nie verbaas is wanneer grootkoppe in daardie rigting begin praat nie. En dit is waar die gesprek gedraai net. Tom het na ’n insident verwys waar n grootkop minder empatie met die GPF’s gehad het.

EK dink dat die Polisie een of ander tyd in die nabye toekoms weer n polisiemag gaan word en daarom is dit juis nou die tyd om uit jou pad te gaan om déúr middel van die GPF’s waar dit nog werk, jou verhouding met die polisie maksimaal te verbeter.

Raak betrokke. En waar die hele wyk wat al die blokke van die Lokasie en die dorp insluit, die standaard vir jou polisiekantoor is, stig n gemeenskap organisasie. Registreer dit as n nie winsgewende maatskappy wat nood en ramp, buurtwagte, plaaswagte, sekuriteitsmaatskappye insluit.

Wanneer hierdie organisasie gestig is, stap dan na die polisie bevelvoerder en reël dan n GPF vergadering met hierdie organisasie. Dit gaan die rompslomp van die groot GPF uitskakel. Dit gaan doelgerig wees en omdat jy die buurt se dokters, onderwysers, skrynwerkers, loodgieters, Brandweer, working om fire, prokureurs, gemeenskapsleiers, buurtwagte en plaaswagte insluit, sal jou gemeenskap organisasie reeds die voorbrand maak vir die nuwe GOS ( Gesamentlike Operasie Sentrum) wat die GPF’s gaan vervang.

Wie sê ek? Raak betrokke. Neem verantwoordelikheid en vergeet die kleinlike dwarstrekkers. Omring jou met mense wat die konsep verstaan en begin.