PDA

View Full Version : Plaasaanval Levubu



Lukas
07-29-2015, 07:49 PM
Dit lyk of ons inligting hierdie keer nie so in die kol was nie. Volgens my voorspelling sou die aanvalle in die gebied eers van Februarie af toegeneem het, maar dit lyk of dit reeds gebeur. Ek hoop nie dat dit na Februarie erger gaan word nie.

Ek het geweet van n groep wat hulle opleiding gedurende Junie by APLA begin het, maar ek het nie van n groep geweet wat die opleiding al voltooi het nie.

Ek was dalk net te vining daar weg. Ek voel jammer vir die LTT en Levubu boere, maar ons kan soos in die verlede weer n verskil maak en ons gaan. Ons het reeds drie aanvalle suksesvol voorkom, maar dit was AKSKA lede en mense wat nou by AKSKA betrokke was.

__________________________________________________ _______



Maroela Media het die storie mooi gedek


Jan (62) en Elize (61) Bonnema van die Levubu-omgewing, naby Louis Trichardt in Limpopo, is Maandagaand deur twee mans met klapmusse in hul huis oorval en onder meer met ʼn panga aangeval.

Jan het Woensdag aan Maroela Media gesê sy broer wat op ʼn aangrensende plaas bly, het by hulle kom eet en is omstreeks 20:30 huis toe.

“Ek het saam met hom uitgestap om hom af te sien. Toe hy ry, is ek terug na die huis. Ek was skaars binne en wou die veiligheidshek agter my sluit, toe die twee mans skielik by die veiligheidshek gestaan het,” het Jan gesê.

Jan het probeer om die hek toe te ruk. ʼn Man, wat met ʼn panga gewapen was, het Jan op sy linkerhand gekap en dit oopgekloof. Die verdagtes het die hek oopgepluk en toegang tot die huis gekry.

“Ek haal elke aand my haelgeweer uit die kluis uit en hou dit naby waar ons TV kyk. Toe die twee mans in die huis inkom, het ek dadelik probeer om my haelgeweer in die hande te kry.”

Die ander verdagte was met ʼn pyp gewapen en het Jan oor sy kop geslaan dat hy “sterretjies sien”.

“Ek het begin duiselig word, maar net vir myself gesê ek mag nie nou flou word nie.”

Jan het met een van die aanvallers in ʼn stoeiery betrokke geraak en is in die proses drie keer met die panga oor sy kop gekap. Elize het intussen die haelgeweer gegryp waarna die verdagte met die pyp haar aangerand en die vuurwapen afgeneem het.

“Terwyl ek en die man met die panga op die grond gestoei het, het die ander man my haelgeweer op my gerig. Hy het gelukkig nie geweet hoe om die veiligheidsknip af te haal nie. Elize het intussen ons rewolwer in die hande gekry. Ek haal dit ook in die aande uit en Elize hou dit by haar.”

Die verdagte met die pyp het Elize weer aangerand en die rewolwer ook afgeneem.

Jan het gesê iets het gebeur wat die verdagtes afgeskrik het, want kort daarna het hulle met die egpaar se twee vuurwapens weggehardloop, sonder om iets anders te buit.

“Ons het in daardie stadium Super Rugby op televisie gekyk en ek neem aan hulle het skielik mansstemme gehoor en gedink hier is nog mense,” het hy bygevoeg.

Volgens Jan was die aanval binne twee minute verby. “Dit het alles so vinnig gebeur. Ek het dadelik die deur gaan sluit toe hulle uit is en my jaggeweer in die kluis gaan haal. Ek het twee waarskuwingskote in die lug gevuur, sodat hulle weet ek is gewapen en dat hulle nie moet terugkom nie.”

Die egpaar het hulp ontbied en die gebied se plaaswag, polisie en ʼn veiligheidsmaatskappy was kort daarna op die toneel.

Die egpaar is met verskeie beserings na ʼn hospitaal op Louis Trichard gehaas waar hul wonde versorg is en albei steke moes kry. Hulle is Dinsdag ontslaan.

“Ons is darem nou op-gestich en dit gaan bo verwagting goed. Ons dank die Vader dat ons dit oorleef het,” het Jan gesê.

Jan woon sedert sy geboorte in die gebied en het omstreeks 2005 by die huis ingetrek waar hy en sy vrou aangeval is. Dit is die eerste keer wat hy aaneval is. Hy is vol lof vir die polisie, die plotwag en die gemeenskap wat hulle sedert die aanval ondersteun. Die egpaar is terug by hul huis en word deur omliggende familie bygestaan.

Na verneem word, is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

544
07-30-2015, 07:58 AM
Dit is so hartseer dat ons mense aanhou seerkry. Ek sien in die Polokwane/Pietersburg plaaslike koerante so 2 weke gelede dat Limpopo se plaasaanval statistieke die hoogste in die land is. Ek plaas die berig hier vir diegene wat belangstel om dit te lees.

LIMPOPO PLAASAANVALLE ERGSTE IN SA
JUL 16, 2015
Midde-in voortdurende pogings om aanslae op weerlose grondeienaars en hul werknemers internasionaal as prioriteitsmisdaad te laat erken, is Limpopo die voorloper in halfjaar-statistiek rondom plaasaanvalle wat stygende kommer onder burgerregte-organisasies, georganiseerde landbou en politieke strukture tot gevolg het.
Die jongste syfers wat dui op 25 aanvalle en vyf moorde op plase regoor die provinsie gedurende die eerste ses maande van die jaar, posisioneer Limpopo nou heel bo aan die nasionale punteleer.

Vanaf Januarie tot die einde Junie was daar landwyd reeds 27 moorde en 116 aanvalle, luidens ‘n verklaring wat gesamentlik deur die burgerregte-organisasie, AfriForum en die landbou-unie, TLU SA uitgereik is. Statistiek dui aan dat 1 747 plaasmoorde en 3 542 plaasaanvalle tussen 1990 en middel 2015 plaasgevind het. Uit die vermoorde slagoffers was 1 133 plaasboere, 465 direkte familielede, 130 plaaswerkers en 19 besoe¬kers.
In die verklaring word TLU-SA se assis¬tent-hoofbestuurder, Chris van Zyl, aangehaal wat sê hoewel Gauteng tot onlangs die provinsie was waarin dié misdrywe die meeste plaasgevind het, is Limpopo nou in die eerste plek. Limpopo word gevolg deur KwaZulu-Natal, Gauteng, Vrystaat, Oos-Kaap, Noordwes, Mpumalanga, Noord-Kaap en dan die Wes-Kaap.

Volgens addisionele inligting wat deur AfriForum aan Polokwane Observer beskikbaar gestel is, is daar in Limpopo die afgelope halfjaar vier meer voorvalle as in Mpumalanga waar daar gedurende dieselfde tydperk 21 aanvalle aangemeld is en twee verwante moorde plaasgevind het. Daarna plaas 19 aanvalle en vier moorde die Vrystaat in die derde plek, en is Noordwes vierde met 16 aanvalle en twee moorde. Die Wes-Kaap en Noord-Kaap deel beide die laaste plek met drie aanvalle elk waartydens een persoon in elke geval dood is.

Uit die statistiek blyk dit dat Limpopo die provinsie met die vierde hoogste plaasaanvalle-syfer die afgelope byna 15 jaar is. Vanaf 1990 tot Junie vanjaar is 425 voorvalle op plase in die provinsie aangemeld. Die aanvalle het 188 plaasmoorde tot gevolg gehad. Gau¬teng is, gemeet oor dié tydperk, eerste met ‘n syfer van 735 aanvalle en 389 moorde. In Mpumalanga het 678 aanvalle plaasgevind en is 240 verwante moorde gedurende dieselfde tydperk gepleeg en in Noordwes 615 aanvalle en 245 moorde. In KwaZulu-Natal is daar gedurende dieselfde tydvak 284 persone dood na 401 aanvalle op plase, in die Vrystaat is 184 persone dood in 373 plaasaanvalle, in die Oos-Kaap hou 125 moorde met 157 aanvalle verband en in die Wes-Kaap is 68 moorde aangemeld na 113 aanvalle. Die Noord-Kaap is weer eens in die laaste plek met slegs 24 moorde wat verband hou met 44 plaasaanvalle gedurende die betrokke tydperk.

Die statistiek sluit egter nie inligting oor die jongste voorvalle in Limpopo die afgelope minder as ‘n maand in nie, waaronder ‘n aanval in die Louis Trichardt-omgewing Vrydag (Sien berig elders)
Die adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, Ernst Roets, word in die gesamentlike verklaring deur die twee organisasies aangehaal deur te sê die feit dat die regering weier om plaasmoorde tot ‘n piriorieitsmisdaad te verklaar die grofste vorm van diskriminasie denkbaar is. Hy voer terselfdertyd die frekwensie van aanvalle, brutaliteit geopenbaar tydens die aanvalle, die rol wat boere in die samelewing speel en die ligging van plase waar aanvalle en moorde plaasvind as redes aan waarom plaasaanvalle uniek is en geprioritiseer moet word. Roets sou vroeër vandeesmaand na Australië reis om die World Society of Victimology se kongres in Perth toe te spreek en die wêreld se aandag opnuut op die aangeleentheid te vestig.

Die poging is deel van voortslepende veldtogte uit verskeie oorde om internasionale ingryping in, onder meer, kwessies van be¬lang vir minderheidsgroeperings in Suid-Afrika te verseker. Intussen het Pieter Groenewald, Vryheidsfront Plus-voorsitter in ‘n mediaver¬klaring verwys na die party se spreekbeurt tydens die algemene raad van die Unrepresented Nations and Peoples Organisation (UNPO) in Brussel in België waartydens twee voorleggings oor plaasmoorde en die amptelike diskriminering teen Afrikaans voorgelees en ingedien sou word. Hy het ook verwys na die jongste optrede wat volg op ‘n besoek van VF Plus-leier, Pieter Mulder aan die einde van verlede jaar aan die UNPO en die Verenigde Nasies (VN) in Geneve waar die internasionale gemeenskap ook ingelig is oor plaasmoorde, Afrikaans, regstellende aksie en ander vergrype teen minderhede in die land.

Volgens Morné Mostert, AfriForum se gemeenskapskoördineerder in Limpopo, dra die huidige stand van sake by tot groot kommer vir die organisasie en daarom prioritiseer AfriForum die mobilisering van buurt- en plaaswagte en die vestiging van georganiseerde veiligheidsnetwerke. Hy verduidelik dat AfriForum sedert verlede jaar betrokke was by die stig van heelparty buurt- en plaaswagte, maar nie inmeng waar gemeenskaps¬polisiëringstrukture effektief is nie.
Intussen wys hy op AfriForum wat die afgelope naweek instrumenteel was in die uitvoer van ‘n massapatrollie in Bela-Bela en Modimolle. Volgens Mostert het die inisiatief oor klustergrense gestrek en nagenoeg 500 persone, waaronder lede van die polisie asook veiligheidsnetwerke en sekuriteitsmaatskappye, betrek. Voorlopige syfers dui op meer as 20 arrestasies in Bela-Bela alleen, sê hy.

“Gemeenskappe wat organiseer stuur die boodskap aan misdadigers dat hulle nie sal toelaat dat misdaad hul lewens regeer nie,” benadruk Mostert.
Op ‘n vraag noem hy dat AfriForum, wat al geruime tyd die Stop Die Moorde-veldtog lei, se oorsig nie rasgeïsoleerd is nie aangesien hulle ook kyk na die impak op werknemers van grondeienaars wat deur aanvalle geteiken word.
Diegene wat AfriForum wil nader in verband met die stig van veiligheidsnetwerke kan ‘n e-pos aan [email protected] stuur.

Storie: YOLANDE NEL

524
07-30-2015, 01:04 PM
My hart gaan uit na Jan en Elize om so iets oor te kom is baie erg glo ek. Maar, dit bewys weereens dat 'n vuurwapen nie noodwendig die ding is wat jou gaan help nie. Koop en lees die boek wat Lukas geskryf het en probeer so ver moontlik om jouself en jou eiendom te beveilig. Maak seker dat geen mens of groot dier op jou werf kan kom sonder dat jy daarvan weet nie - daar's baie maniere om dit te doen.

Dit bring ook weer die vraag: "Wanneer kan ek skiet en wanneer nie?" Gelukkig hoef ek nie te probeer verduidelik nie - lees die artikel van Maroela Media http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/wanneer-mag-ek-n-inbreker-skiet/

524
08-06-2015, 08:39 AM
South Africa has had 116 farm attacks in six months: Afriforum, Tau SA
Rdm News Wire | 02 July, 2015 15:25

http://www.timeslive.co.za/incoming/2015/05/23/drought-corn.jpg/ALTERNATES/crop_630x400/drought+corn.JPGFile photo of a farm.
Image by: GETTY IMAGES


Limpopo is now the province where the most farm attacks and murders occur.Gauteng previously had the number one spot‚ said agriculture union TAU-SA and activist group AfriForum.
Releasing updated data on farm attacks for the first half of 2015‚ the groups recorded 27 murders and 116 attacks.
Five people were killed in 25 incidents in Limpopo over the past six months.
In KwaZulu-Natal‚ five people were killed in 11 attacks‚ while in Gauteng there were four deaths resulting from 14 attacks. The Free State had 19 attacks in which four people died.
A total of 1‚747 farm murders and 3‚542 attacks took place between 1990 and mid-year 2015‚ AfriForum and TAU SA said in a statement and via social media.
Of the murder victims‚ 1‚133 were farmers‚ 465 direct family members‚ 130 farm workers and 19 visitors.
General Chris van Zyl‚ assistant head manager of TAU SA‚ said farm attacks are becoming increasingly brutal and as well as fatal.
Ernst Roets‚ Deputy CEO of AfriForum‚ said government should declare farm murders a priority crime due to the frequency of attacks‚ the brutality involved‚ and the role farmers play in South Africa.
Roets and Lorraine Claasen‚ a researcher and criminologist at AfriForum‚ are leaving for Australia tomorrow to address the World Society of Victimology Congress.
“We hope to gain international awareness regarding farm attacks. It is important for the world to take notice of how serious farm attacks are‚” Claasen said.
“We can be part of the solution‚ but only if the government supports us. Till then we will have to enforce international pressure on them. The SA government must be forced to take action‚” said Henk van de Graaf‚ assistant head manager of TAU SA.
TAU SA and AfriForum said they were planning various projects this year such as neighbourhood watches‚ training of farm guards and “expansion of tracking abilities”.
http://www.timeslive.co.za/local/2015/07/02/South-Africa-has-had-116-farm-attacks-in-six-months-Afriforum-Tau-SA