PDA

View Full Version : Plaasmoord Ida Ooskaap



greengroen
08-16-2015, 08:02 PM
Bejaardevrou en seun vermoor in die Ida Ooskaap omgewing.

524
08-17-2015, 07:32 AM
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/ma-seun-op-plaas-vermoor/

Lees maar die hele storie op Maroele by die skakel hier bo


http://i71.photobucket.com/albums/i158/Benbliksem/maroela1_zpsoy31a3bd.jpg (http://s71.photobucket.com/user/Benbliksem/media/maroela1_zpsoy31a3bd.jpg.html)

Lukas
08-17-2015, 08:28 AM
Die goeie nuus is dat die arbeiders self die aanvallers laat aankeer en tegnies self een gearresteer het. Die slegte nuus is dat dit eers moes gebeur, nadat die mense vermoor is.

Ek hoop dat die span in die Oos-Kaap die geleentheid gaan gebruik om die mense in daardie deel van die land meer paraat en weerbaar te maak sodat hierdie goed nie hoef te gebeur nie.

412
08-18-2015, 09:50 PM
Vandag is 'n wit vrou ook vroegtydig gewaarsku deur een van die plaaswerkers dat daar 'n gewapende man in haar huis is. Sy kon toe padgee en haar man bel en die polisie en gemeenskap laat weet.

Die ander plaaswerker wat gaan ondersoek instel het, is deur die gewapende boosdoener in die huis doodgeskiet.

Dit het by Waterval noord van Pretoria gebeur vroeg vanmŰre.

Lukas
08-18-2015, 10:15 PM
412. Ek het nou met die Sekuriteit maatskappy hier by my gereŽl dat ons die tweede week van September ook hier met weerbaarheid praatjies begin.

Daarna wil ek net begin om n paar reekse saam met die mense te loop, net om vir hulle daardie hoendervleis gevoel te gee wanneer ek voor die tyd voorspel waar die volgende ding langs die stok se punt gaan land. Die hoendervleis kom mos nadat die voorspelling, die derde keer agtermekaar waar word.

Ek gaan vir hulle niks vertel nie, net wys hoe die goed inmekaar steek en dan kyk wat daaruit gaan voortspruit. Ek wil dit ook dieselfde met Tom se mense doen wanneer ek daar is.

SA419
08-22-2015, 08:49 PM
Ek het probeer, die water getoets, maar ons het teenkanting van die polisie. Die een ou dryg ons met tronkstraf as ons enigsins probeer om te werk.
Ek was minute na die moord op die plaas, daar was gee tekens nie, die beplanning was vir die naburige plaas, 'n opkomende boer met R400 000 in sy kluis, maar daar was 'n sokker wedstryd op sy grond aan die gang. Die 3 aanvallers se moed het hulle begewe en die plaas, die eienaar en sy roetine was bekend aan 2 van hulle.

Lukas
08-22-2015, 10:05 PM
Ek verstaan dit. Die polisie het sekere protokolle om by n misdaadtoneel te volg en enige iets buite daardie riglyne is n taboo. As jy vir my vertel dat die polisie nie wou hÍ dat julle die tekens by die misdaadtoneel soek nie, verstaan ek dit goed.

Of vertel jy vir my dat die polisie in jou omgewing, die AKSKA kursusse en opleiding as n misdaad sien?

SA419
08-23-2015, 08:29 PM
Die tekens ding het ek gedoen, ongesiens, dit is die kursusse en opleiding wat die problem is.
Die polisie lid met die problem is die ou wat Boet ook "grief" in Barkly gee, hy wil my ook teiken.
Die polisieman was eers later, die volgende dag, op die toneel, toe is ek al twee keer deur hom.

Ek het so een of twee boere in my omgewing wat ek individueel wil nader en so bietjie die water toets.
Ek dink om die kursus individueel aan te bied.