PDA

View Full Version : Gebed versoek van Christelle van der Merwe



Lukas
08-20-2015, 09:55 PM
7 mins
.
Jy of ek weet nie wie volgende is nie, of dit kan iemand na aan jou wees! Hierdie is 'n nederige versoek wat gaan vra dat jy 'n paar sekondes van jou kosbare tyd sal opoffer...

Ons mense, noem hulle Boere, noem hulle Afrikaners, noem hulle wat jy wil, het 'n baie ryk geskiedenis hier aan die Suidpunt van Afrika.Die een goue draad wat deur ons geskiedenis loop, die een element wat nog altyd teenwoordig was in al ons suksesse, is die Genade van die Almagtige Skepper. Hier is die idee:

As jy die boodskap aan 7 mense kan stuur, en hulle stuur dit aan 7 mense en daardie mense doen dieselfde dan is daar baie vinnig duisende mense wat hierdie eenvoudige gebed saam met ons bid... (Bid ook dat hierdie boodskap wat ek nou gestuur het duisende mense bereik om tot ons Hemelse Vader te roep om namens ons in te gryp..... Sterkte!)

"Ons Vader in die Hemel, Skepper van alle dinge, ons staan as volk voor U, stukkend en verward.Vergewe ons ons foute en gryp U in, U is beskikker oor alle dinge, U beveel en dit geskied, U is die Almagtige. Neem U die leiding, gee ons helderheid van verstand, vul ons met die waarheid en wysheid uit U woord om te besef wat ons moet doen en red ons van ons eie agendas.Mag U wil geskied..Amen"

Ons mense bloei, ons kinders word vermoor, ons kultuur en ons taal word vernietig. Dit wat aan ons toevertrou is, word vertrap. Kom ons draai na die Almagtige vir leiding. Kom ons bid en kom ons glo... Dankie dat jy 'n paar sekondes opgeoffer het vir jou mense.Daar is geen groter geskenk aan 'n volk as om daardie volk in gebed op te dra voor die Almagtige Skepper van hemel en aarde nie. Al wat oorbly is om dit aan al die mense te stuur in jou adresboekie wat ook soos jy bekommerd voel oor ons toekoms, wat ook, soos jy, weet dat ons hulp en redding net van die Almagtige Skepper af kom. Kyk hoe verander ons Vader dinge, wat vir ons onmoontlik is! (asb lees dit en stuur dit aan dis nie soos ander wat sÍ as jy di aanstuur gaan jy geseŽn word of iets wondetlik gaan gebeur hierdie is n ernstige oproep tot gebed)����������