PDA

View Full Version : Highway Robbery!



524
08-23-2015, 09:41 AM
Daar is werklik nie meer wette in die land wat gehoorsaam word nie. Hier is twee voertuie vol kriminele wat mense op die hoofweg beroof soos struikrowers van ouds - wat doen SAPS hier aan? Vetmooinokol!


https://www.youtube.com/watch?v=nfi_W-CZtOo

Unregistered
08-23-2015, 11:04 PM
Daylight robbery is nou die norm? Wat is volgende? Verpligte selfmoord?

524
09-23-2015, 11:20 AM
Nog een - sommer net-nou


https://www.youtube.com/watch?v=IltviJeP1sY

WATCH: Gunpoint hijacking caught on dashboard camera in Joburg23 September, 10:42 AMDashboard camera footage loaded to YouTube shows a gunpoint hijacking taking place in Johannesburg. Watch.
The video was uploaded by Crime Watch (https://www.youtube.com/watch?v=IltviJeP1sY#t=14) who identified the hijackers' vehicle as an Audi Q3. It was reported that the incident happened on Langermann Drive in Kensington.

https://pbs.twimg.com/media/CPgl9_0WwAEROh9.jpg

https://pbs.twimg.com/media/CPgmMXHWUAAC-AC.jpg

1618
09-28-2015, 06:31 PM
So wat maak mens as jy gedwuing word om te stop en hierdie goed spring uit (en die hele wereld ry verby terwyl hulle maak wat hulle wil)?

Lukas
09-28-2015, 09:46 PM
Ek vermoed jy vra mooi of jy jou persoonlike besittings net uit die voertuig kan saamvat. (Onderhandel jou geleentheid), maar onthou ook. Al het jy dit verniet gekry, jou lewe is meer werd as daardie voertuig

1618
09-29-2015, 12:47 PM
Dit wil voorkom of daar gewoonlik 3-4 kapers in die voeruig is. As 3-4 wapens tegelyk op jou gerig word, het jy nie juis veel opsies nie. Liewer voor dit gebeur al besluit wat jy kan/gaan doen. Sal maar weer gaan dinkskrum hou, of het iemand slim (werkbare) voorstelle?

Lukas
09-29-2015, 06:39 PM
En nou wonder ek. Wat van my antwoord was nie slim nie ? Die drie mense wat jy sal sien is nie die enigste wat daar is nie, daar sal nog n voertuig of soms twee ekstra voertuie wees wat die wat die roof doen, sal ondersteun.

Daar is een natuurwet en een reŽl.

1. Die wet is dat jy nooit moet baklei wanneer jy nie die verassing aan jou kant het nie.
2. Die reŽl is om nie in sulke omstandighede te beland nie.

Om die reŽl na te kom, moet jy die doktrine verstaan om betyds ontwykende maneuvers te doen en wanneer dit nie slaag nie, probeer jy jou in so posisie stel om die verassing te herwin of om met die minste skade, ongedeerd van die toneel weg te stap.

456
09-29-2015, 07:06 PM
As jy na die video kyk sien jy hoe vreesloos die vrou is. Dalk was sy dom, of sy is dalk van Brakpan. Dit is moontlik dat die swartes geweet het hulle word afgeneem, dalk het dit hulle gekeer om geweldadig te raak.

https://www.youtube.com/watch?v=DSJzKrFxwt4&feature=youtu.be
https://www.youtube.com/watch?v=DSJzKrFxwt4&feature=youtu.be

B52212345
09-30-2015, 08:31 AM
Lukas is 100% reg oor die natuurwet en reel. Dit is baie belangerik om te verstaan dat dit wat jy sien nie dit is wat alles plaasvind nie. In kapings is daar gewoonlik voete op die grond, dit is gewoonlik die perde wat iemand skiet as hy begin terug baklei of dom dinge op die verkeerde tyd doen.

Die werksmetode van n oprit kaping verskil baie van een in die verkeer. Elkeen is baie gevaarlik in sy eie situasie en die elemente om die misdaad te pleeg verskil ook van mekaar.

Unregistered
09-30-2015, 07:48 PM
Oraait, maar help ons, waarvoor kyk ons, wat is belangrik? Ons weet omstandighede gaan verskil, tog is die modus operandi met kapings baie dieselfde. Wie het al ondervinding opgedoen? Enige raad hoe ons die gemors kan fnuik.

1618
10-01-2015, 12:47 AM
No offense meant... ;-)
Ek verstaan 100% wat jy bedoel Lukas, en jou raad word nie versmaai nie. Inteendeel. Omdat ek gelukkig nog nooit self in 'n kaping betrokke nie, wil ek inligting inwin van die ouens wat bietjie meer weet as ek. Wat gebeur as hulle mens kaap, wat kan mens te wagte wees, watter manier kan mens jou en jou geliefdes se lewens die beste beskerm in so 'n geval. Hoe meer mens weet vooraf, hoe beter kans staan jy om kalm te bly en die regte ding te doen omdat jy vooraf die ding deurdink het. (By jou geleer in jou boek Oorwin Plaasaanvalle ) ;-)

Lukas
10-01-2015, 08:27 AM
Hier is vir jou iets. In hierdie geval was sy ontvoer omdat dit n plan was om haar te vermoor. Dinge het later die nag vir die kapers verkeerd geloop en hulle kon haar toe nie vermoor nie.

Die beplanning was om haar by haar hek te vang wanneer sy in die erf in ry. Sy soek eers haar afstandbeheer wanneer sy by die hek kom. As jy na die tyd op die video mooi kyk, sal ek vermoed dat hulle haar dalk eers binne haar erf wou vang maar omdat sy toe na die remote gesoek het, het hulle haar gevang voor die hek oopmaak.

Daar is twee moontlikhede. Of iemand met n foon het naby gesit en vir die hek gewag om te beweeg, voor hulle sou toeslaan of hulle het vooraf bereken hoe lank dit vir haar sal neem om in haar erf in te kom.

Verder was misleading in plek, omdat hulle haar eers kans gegee het op volledig op die hek te konsentreer.

Hierdie video moet jy baie keer oor en oor kyk om die tydskaal waarbinne dit gebeur mooi te verstaan. Die modus operandus voor die hek is altyd dieselfde.


Dink dan mooi wanneer jy in so n situasie beland, hoe jy so iets kan voorkom


https://www.youtube.com/watch?v=pfPDQOxMK0Y

524
10-01-2015, 08:51 AM
Ek is gladnie 'n voorstaner van hoŽ mure nie! My hek werk reeds van so 100 meter af en omdat ek op die hoek bly kan mens nogal goed sien. Daar is baie min bome naby die palasade en oorkant is die gras baie kort. Spoed en tydsberekening is so dat jy by die hek kan inry sonder om te stop en die hek maak amper onmiddelik agter jou toe. Dit is seker nie ideaal nie (wat is) maar beter as die stadige hek en nog stadiger bestuurder.

Daar is verskillende vinnige hekke beskikbaar - die is maar een daarvan - baie mense se hek kaak veels te stadig oop en toe.


https://www.youtube.com/watch?v=yeL_tcLv1do

B52212345
10-01-2015, 10:31 AM
Die word nou n lekker draad. As die hekke en mure in jou kop reg werk is dit n ander storie. Kapers gee meestal nie baie om oor privaatheid soos huisbrekers nie. Dit is omrede hulle werksmetode en optrede verskil. Die ekonomiese waarde en tegniek bepaal die taktiek tot n mate. Hoe mure en sekere hekke is net effektief rakende sekere misdrywe. Waar jy n agresiewe kontak misdaad het maak dit nie saak wat se hek of muur jy het nie. Kapers werk om dit omrede die meeste kapings gebaseer is op jou eie gedrag! Ja, jy help hulle die meeste van die tyd sonder dat jy dit weet! Ek wil amper al sover gaan om privaatheid op te deel in misdade maar dit mag nog riskant wees om te se dat daar geen tot min, gemidelde vlakke of hoe vlak van privaatheid nodig is in sekere misdrywe.

Of daai hek n 100 meter oopmaak voor jy daar aankom of eers as jy daar stop maak nie n groot verskil as hulle jou dophou en beplan voor die tyd nie. Die uiteinde sal dieselfde wees want hulle bereken dit in tensy jy n wakker akker is.

Jy kan ook nie aan alles dink en vir elke liewe ding n plan he nie, die mense kan baie kreatief word as hulle wil. Maar wat Lukas jou eintlik leer in oorwin plaasaanvalle is nie n resep wat jy mee koekies bak nie. Hy haal dit in baie gevalle uitmekaar uit en dit word baie mooi verduidelik. Jy moet ten alle tye verstaan wat plaasvind, geleenthede soek en dan die verassings element herwin of selfs gedurende die proses behou sou jy daarin beland, wat baie moontlik kan plaasvind.

Dit is hier waar Lukas in oorwin plaasaanvalle mense wil leer dat jy eerstens beheer moet he of verkry oor die situasie voordat jy iets doen maar die belangerikste punt is dat jy nie daarin moet beland nie. Jy moet in elke geval, ten alle tye beheer oor jouself he . . . . .

Hierdie dubbel strategie behels baie inligting en faktore wat hierdie draad sommer baie swaar sal maak, lank lees en dan moontlik party mense in gevaar kan stel omrede hulle tegniese aspekte kan mis wat slegs in opleiding beskikbaar is.

Die belangerikste is om nie in die sponsdoring te trap nie, dit is ook die moeilikste. As jy kyk na n kapings oprit, een ding is verseker vandag - jy gaan by n hek inry, hy gaan oopmaak vir jou en toemaak daarna. Dit is n onveranderlike. Met ander woorde, die hek is die bepalende faktor en verskeie misleidende metodes kan hier teen jou ingespan word. By jou hek is dan drie potensiele gevaar sones, voor jy inry, waneer jy inry en as jy klaar ingery het. Moet net nie vir een oomblik dink net die hek kan teen jou ingespan word nie, ek gebruik hom net as n voorbeeld.

Elkeen van die gevaar sones is uniek want die rolspel verander van voor na agter. Jy kan nooit jou roetine verander of breek nie, daar is sekere dinge wat altyd in n logiese of kronologiese volgorde werk. Daardie dinge is ook potensiele bedreigende geleenthede teen jou. Die res van jou dag en optredes kan jy verander, beheer en aanpas soos jy wil.

Nou raak dit tegnies maar jou optrede en die hantering van die insident word bepaal oor jou vlak van paraatheid en hoe jy n potensiele bedreiging identifiseer en hanteer. As jy met oprit kaping slagoffers praat leer jy baie vining dat hulle dit gesien kom het maar nie die gevaar besef het nie! Dit is die ding wat Oorwin plaasaanvalle jou probeer leer!

Waneer jy dit sien, doen die regte ding. Om die regte ding te doen moet jy die probleem en sy dinamika -

Verstaan
Verwerk
Gebruik tot jou eie voordeel

Maar jy kan dit heeltemal mis ook, omdat jy nie wakker genoeg was nie of omdat die misdadiger net beter beplan het. Ongelukkig werk jy baie keer met misdadigers wat baie goed is in wat hulle doen, goed geleer is om jou ore aan te sit en ook baie gevaarlik kan wees.

In die gevalle werk die dinge so bietjie anders. Dit is baie maklik na die tyd om met materiaal te sit en mense te verduidelik wat hulle reg en verkeerd gedoen het. Die voordeel is dat ons hieruit kan leer maar vir die slagoffer is dit te laat. Daardie persoon wat geteiken is, het net een geleentheid binne die situasie en dit moet ten volle benut word, of jy gaan onderhandel, opgee of besluit om te baklei.

Jy moet vooraf gekondisioneer wees om die geleentheid te kan sien waneer dit plaasvind om die maksimum voordeel daaruit te kry. Daardie geleentheid bepaal of jy fisies kan optree of n misleidings tegniek kan gebruik om die situasie te bestuur. Niemand kan vir jou vooraf se wat om te doen nie want die situasie, omstandighede en die krimineel bepaal jou optrede en die geleenthede.

Dit is wat my so kwaad maak van opleiding en videos en dit is waarom mense ook so maklik hulle lewens verloor!

Dit is, in baie eenvoudigheid en wysheid wat Oorwin plaasaanvalle reg doen, jy moet dit net raaksien in die boek! 80% - 85% van die oplossing is binne daardie boek. Die kriptografie boek kan n duisend keer verander maar oorwin plaasaanvalle sal relevant bly. Die oplossing is by jou en by jou alleen.

Ek wil afsluit om ook te noem dat daar twee tipe motor voertuig kapings is, die eerste is vir spaar komponente en die ander vir ekonomiese waarde. Altwee die metodes hier verskil van mekaar in spesifieke opsigte. Waneer jy in die moeilikheid beland is dit die eerste en belangerikste om te weet waar dit plaasvind en wat hulle doen. Jou optrede hier kan ook maak dat n misdadiger eerder padgee van die toneel af as om aan te gaan met sy daad.

524
10-15-2015, 02:01 PM
https://www.youtube.com/watch?v=lIYj0sHYoRo


WATCH: Armed robbers get moered15 October, 01:50 PMCCTV footage has been uploaded onto YouTube showing an attempted armed robbery that backfired.
Two men walk into an office and held a man at gunpoint before dragging him to the ground.
As one of the armed men is distracted, the man lying on the ground retaliates and manages to fight the gun out of the robber’s hands.
The YouTube uploader, Mikail Reza Patel (https://www.youtube.com/watch?v=lIYj0sHYoRo) could not immediately say where the robbery happened, but confirmed it was in South Africa, possibly somewhere in Gauteng.
According to the CCTV footage the incident happened on the 17th of August this year.
This is a developing story as News24 is investigating further details.

524
09-18-2016, 04:54 PM
https://www.youtube.com/watch?v=TMeG8XA7Jt4&feature=youtu.be