PDA

View Full Version : Die volgende vyf dag Kursus



Lukas
04-08-2013, 08:50 PM
Ons volgende vyf dag kursus sal van die 1ste tot die 5de Julie in Kuruman wees.

Ons was hierdie jaar redelik stil op die webblad maar ons het tog weer n klompie nuwe ontdekkings gemaak wat ons met julle in die volgende kan kursus gaan deel.

Die lede wat die vorige kursus lede wou word en nog nie die geleentheid gekry het om aan te sluit nie, moet vir my n epos na [email protected] stuur sodat ons julle lidmaatskap kan regmaak voor ons nuwe kursus begin.

Nie lede wat die eerste twee dae van die Kursus wil bywoon, sal vir die eerste twee dae R600.00 betaal. Vir die R600 sal ons vir jou baie kennis, slaapplek en kos vir die twee dae gee.

Mense wat belangstel kan my ook per epos laat weet.

Leo
04-09-2013, 02:56 PM
Wil dit beslis bywoon Lukas.

Lukas
05-29-2013, 11:08 AM
Ons Vyf dag kursus verander hierdie jaar op kort kennisgewing. Ons sou die kursus in Kuruman aangebied het maar die verblyf het kort-kort ’n probleem geword. Instansies bied vir verblyf aan om dit weer later te kanselleer.

Uiteindelik het ons toe verblyf buite Bloemfontein by die Tierpoort dam gekry. Daar is konferensie geriewe en slaapplek vir 80 mense. Die huisies het verwarmers in en die konferensie saal of waar ons ook die kursus gaan aanbied sal ook verwarm wees.

Bloemfontein is seker die mees sentrale plek in die land en lede van die Oos-Kaap sal dit nou ook kan bywoon.
Van Queenstown en Barkly-Oos is dit net meer as 300Km
Van Pretoria Brits Rustenburg is die gemiddeld 500 Km
Van Kuruman is dit ongeveer 400Km
Van Vryburg is dit 400 Km
Van die Kaap is dit Kaap is dit 900 Km
Van Tzaneen is dit 850 Km
__________________________________

Die huisies is baie mooi en dit is baie beter as wat ons verlede jaar gehad het. Dit het lekker verwarmers in en afhangende van hoeveel mense die kursus gaan bywoon, kan dit dalk beteken dat getroude pare ’n huis sal deel. Ons sal die enkel lopende mans saam in huise sit en EN ons sal enkel lopende vroue saam in huise sit wanneer dit te veel word.
http://www.tomsplaceresort.co.za/Cottages.aspx

Etes.

Ons sal twee etes gee. ’n branch in die oggend en ’n aandete.

Kostes:

Nie AKSKA lede sal R 1500.00 per persoon vir die tydperk betaal wat die kursus koste, etes en verblyf van vyf nagte sal insluit. Mense wat die kursus wil bywoon, moet al die Sondagaand daar wees. Daar sal die Sondagaand ook etes vir die kursusgangers beskikbaar wees.

AKSKA lede sal soos gewoonlik weer die kursus, etes en verblyf gratis kry omdat hulle deur die jaar hulle bydra gemaak het.

Mense wat die kursus wil bywoon kan hulle besprekings by Kobus maak. Sy e-pos is [email protected]

Wat om saam te bring?

Bring warm goed saam maar onthou dat die dae soms lekker warm kan wees.
Bring ook skryfgoed saam.
Daar sal uithandiging stukke wees maar jy gaan dalk meer papier benodig om aantekeninge te maak.
Vir die wat meer kos per dag nodig het, kan self iets ekstra saambring om deur die dag te eet.



Kyk na die huisies. Die planne is langs die fotos en dit sal vir jou n aanduiding gee waar jy sal inpas wanneer jy nie saam met jou vrou of man gaan kom nie.

Enkel lopende mans.

171

Unregistered
05-29-2013, 08:20 PM
Kostes:

Nie AKSKA lede sal R 1500.00 per persoon vir die tydperk betaal wat die kursus koste, etes en verblyf van vyf nagte sal insluit. Mense wat die kursus wil bywoon, moet al die Sondagaand daar wees. Daar sal die Sondagaand ook etes vir die kursusgangers beskikbaar wees.

AKSKA lede sal soos gewoonlik weer die kursus, etes en verblyf gratis kry omdat hulle deur die jaar hulle bydra gemaak het.

Mense wat die kursus wil bywoon kan hulle besprekings by Kobus maak. Sy e-pos is [email protected]
171

R1500.00 vir vyf nagte met etes werk uit op R300.00 per persoon per dag. Awesome!!!!

Lukas
05-31-2013, 11:50 AM
AKSKA LEDE = 7
Nie lede = 3

Unregistered
06-05-2013, 09:48 AM
Die plek is mooi maar ek weet nie wat ons met Bergie gaan doen nie, hy sal net wil visvang.

Unregistered
06-06-2013, 08:54 AM
Bergie sal die eerste persoon wees wat suksesvol tekens langs die dam kry wat wys waar die vis sal wees en hoe laat hulle gaan byt - hehehe

Unregistered
06-06-2013, 02:48 PM
Ag nee wat, Bergie het dit al gedoen

Unregistered
06-07-2013, 01:33 PM
Is daar nog plek?

Unregistered
06-07-2013, 01:51 PM
Ja daar is nog plek.

Unregistered
06-07-2013, 08:52 PM
Maak net seker dat julle na die regte plek toe gaan. Dit is nie meer in Kurman nie maar by Toms Place langs die Tierpoortdam net buite Bloemfontein.

Unregistered
06-07-2013, 08:54 PM
# 2 deel 1: Leo

Jy kan gerus bespreek deur Kobus te kontak by [email protected]

Lukas
06-10-2013, 09:49 PM
Die kursus is besig om vol te word en ons sal seker een van die dae nuwe aansoekers moet wegwys.

Die program sal hierdie jaar min of meer so lyk.

Dag 1. Die misdaad doktrine en teenplanne

Dag 2. Inleiding tot tekens

Dag 3 Prakties en nog tekens, graffiti en syferkodes

Dag 4. Teken by werkers se huise en nog praktiese tekenlees

Dag 5. Hanteer vrae en sluit teen 11 uur af. Almal vertrek weer terug na hulle huise

456
06-18-2013, 09:39 PM
Die afsny datum vir besprekings vir die kursus is Sondag 23 Junie.
Op die staduim is daar 27 mense wat die kursus gaan bywoon.

Daar is plek vir nog 15 mense.

Kontak Kobus vir besprekings by [email protected]

Piet
06-19-2013, 09:11 PM
Sou vir my baie interesant wees maar ongelukkig nie die fondse nie. Ek bly in Pretoria - Sal daar dalk binnekort na die een dalk een hier naby wees ?

Dankie

Lukas
06-19-2013, 11:32 PM
Piet die laaste paar maande was daar n kwaai omwenteling in ons lewens en dit gaan nog n rukkie neem voor alles hier by ons weer normaal sal wees. Maar ons beplan om een of ander tyd wanneer ons die krisis oorleef het, die kursusse in die toekoms naby Pretoria aan te bied.

Ek kan nog nie s of dit volgende jaar, of die jaar daarna sal wees nie. Maar ek vermoed dat ons moontlik voor die end van die jaar of vroeg in volgende jaar weer twee dae kursusse sal aanbied. Die vyf dag kursus word net een keer per jaar aangebied.

Unregistered
06-19-2013, 11:37 PM
Vir die mense wat Bloemfontein toe kom. Dit is moontlik dat ons lekker weer gaan h. Die plek waar die kursus aangebied gaan word, sal warm wees. Maar net om seker te wees sal dit n goeie plan wees om ook warm slaapsakke saam te bring waarin jy binne-in die bed onder die komberse kan inklim. Wanneer n mens lekker warm slaap lyk die volgende dag ook sommer beter.

Lukas
06-23-2013, 08:07 PM
En so breek nog n jaar se kursus aan. Die streep is getrek en ons kan nie nog lede inneem nie. Die rede waarom ons nie meer lede kan toelaat nie, is omdat ons die beplannings vir kos en slaapplek vroegtydig moet doen. Op hierdie stadium is ons twee en dertig mense wat die kursus sal bywoon.

Lede van die gemeenskap waar ons die kursus aanbied en nie die kursus wil bywoon nie, sal ook nie toegelaat word om na ure saam met die kursus lede te kuier nie. Die kursus is straf en die ure is lank. Na-ure bespreek lede die probleme van die dag en nuuskierige mense kan geen bydra tot oplossing lewer nie.

Unregistered
06-26-2013, 12:49 PM
Almal wat die kursus gaan bywoon:

Dit is belangrik om 'n slaapsak saam te bring vir die koue. Daar is 1 kombers en 1 duvet op elke bed.

Die huisies is selfsorg. Bring dus julle eie koffie, tee, suiker, melk en beskuit saam. Brunch en aandete gaan wel voorsien word.

Bring ook jou eie drinkgoed saam. Daar is wel 'n kafee en drankwinkel. Die drankwinkel mag dalk duurder wees as waaraan jy gewoond is.

Sien uit daarna om julle Sondag te sien

Leo
06-26-2013, 12:57 PM
Ai ek is jaloers! Wens ek kon saamgaan! :-(

Unregistered
06-26-2013, 01:22 PM
Le net ver van Donavan hy kan hard snork. Verder moet julle dit geniet, wens ek kon daar wees om weer ou en nuwe vriende te ontmoet. Staan vas

Unregistered
06-26-2013, 04:04 PM
Dis n tamaletjie, want die wat kan - KAN balke saag :-)

Ek is ook baie spur ek gaan dit nie maak nie!!! Dis moerse fun!

Enjoy,

Black Wattle

Lukas
06-26-2013, 07:13 PM
Hierdie jaar is die pad baie maklik. Die plek is buite Bloemfontein reg langs die N1 op pad na die Kaap. Hier is die kordinate vir die mense wat ’n GPS gaan gebruik.
29 24.704'S
26 8.053'E

Vir die mense wat van Gauteng se kant af inkom.

185



Wanneer jy op die N1 by Bloemfontein verby ry, is daar ’n Engen 1 Stop vulstasie langs die pad. Wanneer jy regoor die vulstasie is, is dit nog 39.1 Km tot op die brug waar jy moet links draai.

186



Die mense wat van die N6 af inkom.

187

188

Die afdraai is vanaf die CALTEX vulstasie ongeveer 29.5Km tot by die S 1215 afdraaipad.

189


Wanneer jy links op die S 1215 draai, is dit nog 7.8km tot by Toms Place

Vir die GPS. 29 23.493'S en 26 12.189'E


Die mense wat met die N8 kom.


Van die brug by Bloemfontein waar jy na die N1 suid afdraai, is dit 33.2 Km tot op die brug wat na Toms Place gaan.

__________________________________________________ __________________

Maak seker dat jou GPS verstelliing reg is. Op Google Earth kan jy dit onder tools kry.

Die formaat is Degrees, Decimal Minutes



( Donovan gaan die honde oppas en sal nie hierdie keer kan saamkom nie. Ons sal vir hom en Brood verseker baie mis.)

Lukas
07-06-2013, 10:52 PM
Ons Vader was vir ons goed. Tot verlede week was die temperature by die dam nog -7 tot -10 grade Celsius. Hierdie week was dit baie lekker weer. Die groep wat daar was, was weer soos altyd n besondere groep en nuwe vriendskappe is weer gesmee.

By die kampvuur het dit uitgekom dat die ou lede wat die kursus voorheen bygewoon het, hierdie keer vir Staanvas en vir Brood gemis het. Miskien moet ons volgende jaar maar weer n plan maak om die twee daar te kry.

Bloemfontein is baie sentraal en ons kan dit in die toekoms seker oorweeg om dit weer daar te doen. Die kos en verblyf was onverbeterlik. Baie dankie vir almal wat dit moontlik gemaak het.