PDA

View Full Version : begin die stakings weer?



462
04-09-2013, 10:08 AM
Boere Krisis Aksie (B.K.A.)


(Gordon) Die pos van n lid. Enige persoon met meer inligting?

Ansie De Lange
HELP ASSEBLIEF!!!
Een van my werkers het my so pas vertel dat die stakings in Sasolburg weer more begin. In Zamdela het die winkeleienaars hul winkels gesluit en is besig om te ontruim, veral die uitlanders omdat daar van hulle in Januarie geskiet is. CPF Sasolburg en die SAPD se dis net gerugte, maar ek ken hierdie werker van my baie goed, sy sal nie vir my jok nie. Die keer gaan ek nie vir my lewe hardloop soos laas nie. Enige iemand wat saam kom skiet?

Lukas
04-09-2013, 09:22 PM
432 sal later seker meer vertel. Dit klink of die munisipaliteit wel môre in Sasol gaan staak en dat die Taxibedryf moontlik ook die huisbediendes se pogings om te gaan werk in die wiele kan ry.

Daar is glo nog nie sprake van optogte nie maar dit kan seker moontlik word soos die dag ontwikkel. Maar op hierdie stadium is dit seker ’n wettige staking. Ek weet net nie waarom die taxi vereniging saamwerk nie.

432
04-09-2013, 10:35 PM
Maandag more eerste ding het die bediendes hulle werkgewers gewaarsku dat daar Woensdag 'n staking gaan maw geen Taxi's nie.

Volgens verskeie bronne wat die GPF insluit gaan daar wel 'n Munisipale staking wees. Dit het eers na 'n dienslewering staking geklink. Daar is nuwe gerugte dat die staking verband hou met die samesmelting van Sasol en Parys se Munisipaliteite, net soos die laaste keer. Onthou die planne vir die samesmelting is nie laat vaar nie, slegs op ys gesit.

Met elke Munisipale staking het die werkers nog altyd voor die hof en landros kantore betoog, asblikke omgegooi ens. Dis waar dit gestop het. Omdat dit nog altyd hulle MO was kan dit verduidelik hoekom die betogers die laaste keer sonder weerstand in die dorp in gekom het. Dit sal interesant wees om te sien watter maatreels in plek is om te keer dat dieselfde nie in die Middedorp gebeur as laas nie.

Betogings in Sasolburg is nie vreemd nie, dis gewoonlik vreedsaam. Mens wonder of die vorige betogings 'n president geskep het van wat om in die toekoms te verwag.

Ek verwag dat die net nog 'n staking is om die werkers "fighting fit" te hou vir die groot een wanneer die tyd reg is.

Inligting oor die staking is maar skraps, enigiets is seker moontlik.

432
04-10-2013, 10:08 AM
Daar is toe nie Taxi's vandag nie. Die optog begin 10h00 in Zamdela waarvandaan na die Munisipale kantore geloop sal word om daar te betoog. Die beplanning is glo dat die 'n vreedsame betoging gaan wees.

Ons sal moet wag en sien.

Unregistered
04-10-2013, 01:43 PM
Dis n liefdevolle land, waar die mense in die strate sing en dans...

Lukas
04-10-2013, 03:50 PM
Dit is nou 15;49 en Sasol is nog doodstil. Die mense het memorandums oorhandig maar geen geweld waarvan ons weet het uitgebreek nie.

432
04-18-2013, 07:24 PM
Daar word weer 'n optog more die 19de April vanaf Zamdela na Sasolburg beplan. Volgens 'n bron is die plaaslike regering reeds die 10de April (die vorige optog se datum)vriendelik gewaarsku dat hulle 10 dae het om gehoor te gee aan die mense se versoek. Dieselfde bron praat van 'n militante tipe optog. Saterdag die 20ste April is 10 dae.

Volgens die CPF is daar groot getalle Polisie op gereedheids grondslag en op diens en verskeie maatreels is reeds in plek om die optog teen te staan aangesien dit 'n onwettige een is.

Soos die dag aangestap het wil dit klink of die oproeriges nie meer kans sien vir die Polisie nie.

Die normale roete tussen Sasolburg en Zamdela is met 'n 100m strook dubbel pad van omtrent 3km wat aan albei kante toe is. Die Heilbron pad. Om 'n 100m strook te verdedig met die regte mense en toerusting is nie moeilik nie al is die skare agter hulle hoe groot. Maw as die wil daar is kan die skare nie deurbreek nie. Die oproeriges kan ook verdeel en ander roetes volg wat verder is, die histerie effek sal egter verlore gaan. Die oproeriges kan ook ordelik tot in die dorp stap en daar groepeer, voor dit kan slaag moet daar 'n plek in die dorp wees waar hulle as 'n skare opgesweep kan word. So plek is nie maklik beskikbaar tydens 'n onwettige staking nie.

Dit klink of die oproeriges bang is vir die Polisie nadat die Polisie die vorige keer 'n bloutjie geloop het. Let wel die plaaslike Polisie is van geen hulp nie omdat hulle 'n belang het by die gemeenskap het wat 'n geldige rede het om ongelukkig te wees.