PDA

View Full Version : Ewolusie - My Pa is ook nie 'n apie nie



Hein
09-16-2015, 02:52 PM
Hier is die bewys dat Ewolusie die groot leuen van satan is. Sien aangehegte

Wetenskaplike feit 1 – Chromosoom telling bewys ewolusie is verkeerd.
Daar is geen wetenskaplike bewys dat ‘n spesie die chromosoom telling enigsins kan verander binne die DNA nie. Die chromosoom telling binne ‘n spesifieke spesie is vas. God het dit vasgemaak en niemand kan daarmee peuter nie. Dis die rede waarom ‘n spesifieke manlike spesie nié met ‘n ander vroulike spesie kan teel en iets voorbring nie. Rooibok kan nie met leeu teel nie. Dit kan nie! ‘n Mens kan dus nie “evolve” oor biljoene jare vanaf ‘n apie af nie, dis onmoontlik, want hul chromosome verskil.
‘n Vriend van my het my eenkeer so geantwoord: “As ons voorouers dan volgens ewolusie ape was, waarom is daar vandag nog ape?, Hoekom het hul dan ook nie evolve nie”

Elke spesie is vasgemaak in sy eie individuele Chromosoom telling, deur God. As ‘n spesie dus een chromosoom telling verloor of bykry, dan kan dit nie voortplant of voortleef binne sy eie spesie nie. Die defek kan nie voortleef of aangegee word oor biljoene jare nie, dis nie moontlik nie. Dis dus reeds wetenskaplik onmoontlik om ‘n nuwe spesie te laat “evolve”! Ewolusie val plat. God as Skepper wen!

As voorbeeld - ‘n Hond het 22 chromosome, ‘n kat het 38 Chromosome en ‘n aap het 54 chromosome. 50% van die chromosome kom van die manlike kant af en 50% kom van die vroulike kant af binne in ‘n spesie, om te kan voortbring. ‘n muis kan nie met ‘n kat paar nie, dis onmoontlik en daar sal niks vanaf kom nie.

Wetenskaplike feit 2 – Die eierselletjie en sperm van ‘n mens bewys ewolusie is verkeerd.
‘n Vroulike eierselletjie bevat ‘n XX chromosoom en die manlike spermsel bevat ‘n XY chromosoom. God het ons so gemaak!
Die manlike sperm bepaal die geslag – X(vroulik) of Y(manlik). Ewolusie toon aan dat omgewing kondisies veroorsaak klein veranderinge aan die aanwas van mens of dier en die ewolusie proses, en so ontwikkel (“evolve”) spesies oor die biljoene jare tot waar dit tans is.
Dis totaal en al verkeerd en kan nie werk nie. Die vrou se omgewings kondisies kan nie haar chromosome in haar verander nie, dis onmoontlik! ‘n Man se sperm kan nie in koue kondisies maak dat die baba oor miljoene jare nou hare op sy rug het, om te oorleef in Alaska se koue weer nie. Omgewings kondisies of natuurlike seleksie speel geen rol nie. Ek as mens kan nie ontwikkel vanuit ‘n ander dier se DNA nie, dis onmoontlik! Ewolusie val plat. God as Skepper wen!


Wetenskaplike feit 3: Voëls bewys dat natuurlike seleksie nie natuurlik kan ontstaan nie.
Ewolusie en hoe dom dit is..., sê dat ‘n voël ontstaan het uit ‘n vlerk vrye dier, en dat voël se vlerke oor die biljoene jare self ontwikkel het, om hom te maak oorleef in sy omgewing. Die voël het glo eers stompies gehad wat oor biljoene jare aangegroei het tot ‘n vlerk.
Hoekom sal ‘n voel ‘n vlerk ontwikkel, wat hom niks in die sak sal bring oor miljoene der miljoene jare en hom kwansuis te help om in sy omgewing te oorleef? Dis alreeds teen die ewolusie teorie, wat aandui dat spesies aanpas en ontwikkel binne hul natuurlike omgewing. Dis dus onnatuurlik om ‘n vlerk uit ‘n stompie te ontwikkel wat hom nie gaan help oorleef nie. Dit sal die spesie dus nie voordeel trek uit ‘n half –vlerk wat hy nie kan gebruik nie, en hom juis stadiger maak om opgevreet te word deur ander diere.
Daar skiet ewolusie homself alreeds in sy eie voet, en kom die leuen alreeds na vore... Ewolusie val plat. God as Skepper wen!

Wetenskaplike feit 4 – Spesies sonder ‘n koppeling (”link”), bewys dat ewolusie verkeerd is.
Jy al die prentjie gesien, waar ewolusie wys dat jy uit ‘n apie ontstaan het en oor die jare ontwikkel het tot ‘n man? Hoekom doen hul dit nie vir alle diere en plante nie, byvoorbeeld vir ‘n Kameelperd of ‘n Olifant nie? Want hul kan nie al die skakels in die legkaart bymekaar sit nie, DAAR IS TE VEEL en dis onmoontlik! God se werk is te groot vir mens!
Sien jy alreeds die satan se werk hier. Hy fokus maar slegs op die mens wat uit ‘n aap bestaan het, maar kan nie eens al die skakels bymekaar sit om dit te bewys nie. Die duiwel wil die naam van ons Here God krater probeer maak as Skepper Heer, en miljoene der miljoene mense regoor die wêreld glo die ewolusie gemors, en satan lag sy boude af vir ons as mens wat so dom is om alles te glo.

Die voorkoms van individuele spesies wat bestaan, bewys dat ewolusie ‘n klomp bollie is en nie kon ontwikkel het soos en met die ewolusie teorie nie. Hoekom lyk elke individuele plantspesie presies soos sy maatjie langs hom? Hoekom lyk hul presies eenders? Moes hul nie almal verskillend gelyk het nie, want elkeen het mos op sy eie ontwikkel oor die biljoene jare.
‘n Jagluiperd het sy eie DNA en kan net sover ontwikkel soos wat sy DNA hom toelaat, niks verder nie.
Ewolusie val plat. God as Skepper wen! Dis God Almagtig wat dit so ontwerp het. Prys Hom!!!

Die “Coelacanth” vis se beendere is jare terug gevind as ‘n fossiel in ‘n klip. Ewolusie wetenskaplikes het met groot bohaai aangedui dat die vreemde vis 350 miljoen jaar gelede geleef het en het longe en beendere gehad wat oor biljoene jare ontwikkel het om op land te loop. Hul het ook aangedui dat die oeroue vis reeds uitgesterf het.
En toe ontplof alles in die ewolusie manne se gesig, oor al die bollie wat hul praat. Want in Desember 1938 vang vissermanne in Suid Afrika die “Coelacanth extinct” vis wat volgens ewolusie propaganda reeds miljoene jare gelede uitgesterf het en “evolved” het in ek en jy en elke dier op aarde. Oops, wat nou? Na 350 miljoen jaar van sogenaamde ewolusie, swem die vis nog steeds in die water rond, en staan nie op land rond as dier op sy eie bene en eet gras nie.... lekker man! Ewolusie val plat. God as Skepper wen!

My liewe leser, ek kan seker nog aangaan en nog honderde ure aaneen vir nog bewyse soek, maar dit sal nie help as mense nie wil luister nie, en agter die drekgod- ewolusie aanloop en dit as leer wil aanhang. Dis tog jou eie keuse as jy in die dom gemors wil glo.
Hos 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis

Vir elke onderwyser of ouer daarbuite wat nie vir hul kinders die waarheid leer nie, wil ek die volgende vers aanhaal. Ons leer ons kinders van Jesus, maar ons los hul OOK om te glo in oeroue “dinosours” wat biljoene en biljoene jare gelede geleef het, volgens die drekgod ewolusie teorie wat op niks kan staan soos reeds bo bewys is nie. Ons laat ons kinders dus op ‘n 50-50 uitkyk in die lewe, waar hul in beide mag glo, Bybel en ewolusie.... Met die media, die internet, die flieks wat uitkom word hul net verder en verder geswaai na die leuen toe van satan dat God nie Skepper is nie..., maar ek en jy ontstaan het uit ‘n “big bang” van weerlig en water. Ons mag nie!

Mark 9:42 En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ‘n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.
Ja, jy word “geforseer” deur die regering as onderwyser om die gemors aan die kinders op skool te leer..., maar waarom vertel jy hul ook nie dat dit leuens van die satan af is nie. Waarom wys jy hulle nie dr. Kent Hovinds se “Creation” DVD nie? Hy word ook dr Dino genoem, waar hy dinosourusse mooi verduidelik. Waarom vertel jy nie vir die volgende nageslag dat ewolusie satan se leer is nie? Waarom vertel jy hul nie die volle waarheid nie?

Ek sluit af wat in die Woord van God staan. Die Bybel is die enigste ware boek waarop ons kan vertrou, wat WAAR is!


Groetnis, Hein

Hein
09-16-2015, 02:57 PM
2111

En dis hoe oud die aarde is volgens die Bybel. Mooi uiteengesit - feitelik!