PDA

View Full Version : Wie ly die span donkies?



462
04-10-2013, 07:59 PM
Okay! Die is my Wyntyd-bespreking...

Ek het in 100de kommentare die afgelope week of wat gelees dat ons 'n leier kort. Ek persoonlik voel dat dit 'n "vreemde" stelling is, komende van mense wat net mooi niks daarvan hou dat iemand vir hulle vertel wat om te doen nie...

So, vertel gou vir my, wat is dit wat jy verwag van die "leier"? Wat moet hy doen of sÍ dat jy hom sal beskou as leier?

...want as ek die saak so van my kant af sit en beskou, weet ek nie of enige soort van leier hond haar af gaan maak nie! Ons mense is nog steeds te besig om te soek vir redes om van mekaar te verskil eerder as om te soek vir redes om saam te staan... Sx