PDA

View Full Version : Botswana val Suid Afrika binne



Lukas
10-12-2015, 05:05 PM
Mense wat verkies om oningelig en bang te wees, vra nie meer vrae op AKSKA nie.

Daar is nou weer gerugte van ander lande se weermagte wat na Lohatla opruk en die gerugte loop al redelik dik dat die regering weer n duistere agenda het.

Die regering het agendas maar al die agendas is nie op ons gemik nie. Dit is algemeen bekend dat die Weermag sy opleidingsgebied aan n Sjinese land verhuur, sodat hulle klein weermaggie ook hier kan kom oefen. Die land wat die weermag se opleidingsgebied huur, se grense is nie meer as 450km uitmekaar nie. Die land is redelik oorbevolk en daar is nie vir hulle weermag plek om te oefen nie.

Daardie land betaal dan baie geld om van ons opleidingsgebiede gebruik te maak.

Vandag is die eerste soldate van Botswana al oor die grens en die eerste gerugte het al begin loop dat Botswana besig is om ons in te val.

Die waarheid is dat hier in die loop van die volgende week, ongeveer 5000 soldate van regoor Afrika hier gaan land om by ons opleiding te kry. Die opleiding is om rebellegroepe te beheer en omdat Suid-Afrika die enigste land is wat die kennis het om hierdie rebelle in die bek te ruk, stuur NigeriŽ ook sy soldate om boko haram aan bande te lÍ. Ek dink dit was vir Afrika n groot ontnugtering toe n paar oud soldate van die ou SAW wat al in hulle 50s is, boko haram kon pak gee.

Dit is wat Afrika nou hier kom doen. Hulle kom nou hier by die SANW, leer hoe om die rebelle pak te gee. Daar sal ook ’n 1000 Suid-Afrikaanse soldate in Lohatla saamtrek om die uitlanders touwys te maak.

EK is nie seker hoe lank hulle hier gaan wees nie, maar dit maak ook nie saak nie. Hulle is nie hier om ons pak slae te gee nie.

caholt
10-12-2015, 06:55 PM
http://www.defenceweb.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=41007%3Aamani-africa-convoys-will-move-across-south-africa-this-week&catid=56%3Adiplomacy-a-peace&Itemid=111

caholt

Unregistered
10-12-2015, 10:53 PM
Mense wat verkies om oningelig en bang te wees, vra nie meer vrae op AKSKA nie.

Daar is nou weer gerugte van ander lande se weermagte wat na Lohatla opruk en die gerugte loop al redelik dik dat die regering weer n duistere agenda het.

Die regering het agendas maar al die agendas is nie op ons gemik nie. Dit is algemeen bekend dat die Weermag sy opleidingsgebied aan n Sjinese land verhuur, sodat hulle klein weermaggie ook hier kan kom oefen. Die land wat die weermag se opleidingsgebied huur, se grense is nie meer as 450km uitmekaar nie. Die land is redelik oorbevolk en daar is nie vir hulle weermag plek om te oefen nie.

Daardie land betaal dan baie geld om van ons opleidingsgebiede gebruik te maak.

Vandag is die eerste soldate van Botswana al oor die grens en die eerste gerugte het al begin loop dat Botswana besig is om ons in te val.

Die waarheid is dat hier in die loop van die volgende week, ongeveer 5000 soldate van regoor Afrika hier gaan land om by ons opleiding te kry. Die opleiding is om rebellegroepe te beheer en omdat Suid-Afrika die enigste land is wat die kennis het om hierdie rebelle in die bek te ruk, stuur NigeriŽ ook sy soldate om boko haram aan bande te lÍ. Ek dink dit was vir Afrika n groot ontnugtering toe n paar oud soldate van die ou SAW wat al in hulle 50s is, boko haram kon pak gee.

Dit is wat Afrika nou hier kom doen. Hulle kom nou hier by die SANW, leer hoe om die rebelle pak te gee. Daar sal ook ín 1000 Suid-Afrikaanse soldate in Lohatla saamtrek om die uitlanders touwys te maak.

EK is nie seker hoe lank hulle hier gaan wees nie, maar dit maak ook nie saak nie. Hulle is nie hier om ons pak slae te gee nie.


Gestel 'n wereld oorlog breek uit daar in die midde ooste terwyl daardie 5000 soldate hier is vir oefeninge, watter risiko's hou dit vir ons in?

Lukas
10-13-2015, 06:25 AM
Sien dit so. ’n Weermag is die swaard van die staat. Die reŽl is dat jy nie jou eie swaard binne jou eie huis uit sy skede trek nie, want wanneer jy jou swaard trek, moet dit bloed trek en binne jou eie land wil jy nie die bloed van jou eie burgers laat vloei nie.

In hierdie geval het die regerings van ander lande hulle swaard na Suid-Afrika gestuur om skerp gemaak te word. Veronderstel dat die reŽl vir jou gegeld het en dat jy jou swaard na n wapensmid gestuur het om skerp gemaak te word.

Wanneer daar terwyl jou swaard by die wapensmid is, n skielike bedreiging in jou straat uitbreek wat jou lewe kan bedreig, dink jy nie dat jy jou swaard so vinnig as moontlik sou gaan haal het nie?

Dit is presies dieselfde. Wanneer daar n wÍreldoorlog uitbreek, sal hierdie soldate met n hengse spoed na hulle lande terugkeer.

Blaize
10-14-2015, 04:10 AM
Ek het "doom and gloom" gesien toe ek oorspronklik die berig gelees het, en ek voel glad nie gerus hieroor nie. Wat my bang maak is die feit dat ons soldate beslis nie vir ons in die bresse sal tree as die paw-paw die fan strike nie (as Eskom nie die krag afsit nie). Watter waarborg is daar dat hierdie net 'n opleidingssessie is?

Lukas
10-14-2015, 06:19 AM
Blaize. Van my vriende wat saam met my in die weermag grootgeword het, sit nog op hoŽ plekke in die weermag. Daar waar die besluite gemaak word en ek verseker jou dat hulle invloed nie net groot genoeg is nie, maar as daar ooit so iets is soos wat jy verwag gaan gebeur, sal ons dit voor die tyd weet.

As ek onthou was die weermag gereed om so jaar of twee gelede n hengse aanslag teen ons, namens ons, met groot geweld af te weer.

My maatjies raak ook oud en ek kan nie se dat dit altyd so sal wees soos wat dit nou is nie, maar ek kan jou wel se dat ons nog altyd n vermoŽ het wat die res van Afrika nie het nie, en hulle weet dit ook. Dit was onlangs in NigeriŽ weer bewys.

Omtrent hierdie vrees van jou, kan jy vir die volgende vyf jaar, regtig rustig slaap.

A508
10-14-2015, 07:14 AM
Blaize, hierdie oefening vind al baie jare, elke jaar, vanaf Augustus tot November plaas. Dis vir my baie snaaks dat die gerugte nou eers begin loop. Vorige jare was hier ook Chinese instrukteurs gewees met die opleiding.

Ek weet net dit bring geld in vir die weermag. Die boere wie se plase aan Lohathla grens is glad nie be-indruk hiermee nie. Laas jaar het die weermag nie geld gehad vir ekstra diesel om hul brandpaaie skoon te maak nie en was daar nogal 'n paar benoude oomblikke met brande. As hulle die veld so aan die brand skiet sien hulle dit bloot as 'n ongeval. Daar het al van die brande deur hule eie tentdorpe ook gehardloop.

Wees maar rustig mater. Hulle is so besig om mekaar besig te hou daar binne (onthou julle nog die keer toe die vrou die klomp daar binne so raak geskiet het) ons hier aan die ander kant van die draad hou net die lug dop vir rook.

Trudie.

Hans
10-14-2015, 09:17 AM
Mmm ek grens ook teen die weermag. Die oefeninge is maar effens teenoor pw se tyd. Miskien kom leer hulle iets maar ek dink die menasie is dalk 'n groter aantrekkingskrag