PDA

View Full Version : Johannesburg



524
10-13-2015, 12:55 PM
Die regeerende ANC is altyd so groot-mond met die "A good story to tell" van hulle. Dit is ongelukkig so dat die koms van die ANC gepaard gegaan het met die verval en verniel van baie dinge. Dit is dan ook waar hulle die blaam plaas op Jan van Riebeeck en die apartheid regering ens, ens. Ek (en ek's seker baie ander ook) onthou gelukkig of miskien ongelukkig hoe dit gelyk het voor die klomp begin het om hulle "good story" te versprei.



https://www.youtube.com/watch?v=SLLs_Fln8js&feature=youtu.be

472
10-13-2015, 07:17 PM
Mens het nie die krag om deur 14 minute te sit en alles te kyk nie, dit maak jou te kwaad. My seun het my nou die dag op google maps gewys hoe die 4 woonstel blokke, in PTA, nou lyk. Dit is nie meer geskik vir menslike gebruik nie. Dit is op YouTube ook waar jy gewys word hoe dit nou lyk en hoe elke stukkie yster uitgebreek is, tot die hysbakke se deure, kabels ratte ensovoorts. Daar is net baksteen en beton oor in al 4 die geboue.

Dan wonder ek, hoe sou dit gewees het as die wereld ons dan maar kom platskiet het? Veel erger?

Kasper
10-13-2015, 08:33 PM
Mense dit is hart verskeurend om te sien hoe alles ten gronde gaan. In die 80's was Hillbrow my jol-plek gewees. Nee nie daar gebly nie, net naweke klubs gaan besoek. Jy was redelik veilig gewees daar. As jy nie k#k gesoek het met van die locals nie , was daar geen probleme nie. Familie van my het in High point gebly, so ek het altyd 'n crash - plek gehad na 'n aand se kapperjollery. Hoewel daar stegies en 'n paar ou geboue was, was alles darem skaflik gewees, ja tot die berugte Kwartz straat. Dieselfde het gegeld vir Beria en selfs van die ander woonbuurte soos Boksburg en Benoni. (Later baie daar gekom vir werk).
Ek was nou die dag vir die eerste keer in meer as 21 jaar daar gewees, en mense die verval het my heeltemal onkant betrap. Ek was so geskok gewees, jy kan nie glo dat wat mense opgebou het oor 'n paar eeue, is letterlik tot in die grond afgebreek binne 25 jaar.
Pretoria was net so groot skok vir my gewees, veral Sunnyside , en selfs buurte soos Groenkloof, mens kan moet iemand dit wys, anders gaan hy jou nie glo nie...
Maar aan die ander kant , die res van die land is net so beroerd, hier in Bloem val die middestad uitmekaar- geen witmens kan dit waag om daar te loop nie- so dis maar orals so, maar dit bly rerig hartseer om die verval en verdelging te aanskou.....
Groetnis
Kasper