PDA

View Full Version : Vreemde voorval in kaap: Isis? valsvlag of wat?



547
10-13-2015, 09:39 PM
http://www.netwerk24.com/nuus/2015-10-13-skote-klap-in-kaapstad-stasie-mans-in-bhurkas-is-gejaag


Twee mans, in swart geklee met net hul oë wat uitsteek, het Dinsdagmiddag by die Kaapstad-stasie ingehardloop. Volgens ooggetuies is die twee mans “in tradisionele Moslem-vroueklere” deur ander mans gejaag.

Kort ná hul aankoms in die stasie het een van die mans op platform 24 verskeie skote afgevuur voor hy die vuurwapen op homself gerig het. Hy het homself in die kop geskiet.

Die ander man het aanhou hardloop. Dit kon nog nie vasgestel word waarheen hy gevlug het nie.

Te midde van vrae oor die raaiselagtige selfmoord-drama wat hom by dié stasie afgespeel het, het ooggetuies beskryf hoe die mans omstreeks 12:00 by die stasie ingehardloop het.

“Dit was twee mans wat heeltemal in tradisionele swart Moslem-drag (bhurkas) geklee was – net hul oë het uitgesteek,” het ’n ooggetuie, wat nie sy naam wou noem nie, Dinsdagmiddag op die toneel aan Netwerk24 gesê.

“Hulle is beslis gejaag. Een van die mans het weggekom terwyl die ander een homself geskiet het.”

Volgens die ooggetuie het die mans vanuit die middestad se rigting die stasie binne gehardloop.

Die man het glo ’n aantal skote afgevuur voor hy die vuurwapen op homself gerig het. Hy het homself in die mond geskiet.

Die ooggetuie kon nie die groep wat die twee mans “gejaag” het met sekerheid beskryf nie.

Met Netwerk24 se besoek aan die stasie Dinsdagmiddag was die toneel steeds afgesper. Die koeëldoppies was steeds sigbaar en forensiese spanne het die toneel gefynkam.

Groot dele van die stasie is met polisielint afgebaken om nuuskieriges van die toneel af weg te hou.

’n Ander ooggetuie het vertel hoe die man homself geskiet het.

“Hy het net die vuurwapen gevat en homself geskiet. Hy het dadelik geval.”

Talle nuuskieriges het Dinsdagmiddag ook buite die toneel saamgedrom, terwyl polisiebeamptes en verteenwoordigers van Prasa die skare probeer beheer het.

Die skietery het die treine nie beïnvloed nie, en pendelaars het hul normale gang gegaan terwyl die polisie die moordtoneel ondersoek het.

Lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het die skietery bevestig.

“Die omstandighede rondom die dood van ’n ongeïdentifiseerde man word ondersoek ná hy na bewering homself op platform 24 geskiet het. ’n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer,” het Traut gesê.

Die motief vir die skietery is nog nie vasgestel nie.

Vroeër het Samantha van den Berg berig dat die lyk met ’n vroeëre besoek aan die toneel steeds sigbaar was.

Volgens ’n sekerheidswag by die stasie, wat anoniem wou bly, het almal “gehardloop vir hulle lewens” toe die eerste skote afgevuur is.

“Almal het gegil en geskreeu en die ouer mense het onder bankies in die stasie probeer wegkruip,” het die wag gesê.

Prasa het nog geen kommentaar gelewer nie.