PDA

View Full Version : NG Kerk en Vrymesselaary



Kasper
10-23-2015, 04:50 PM
Ek weet nie of hier al so draad was nie, maar ek wil net die volgende deel met julle. Ek het dit baie interressant gevind, veral ten opsigte van die rigting wat die NG en ander suters kerke in beweeg (nie almal nie), maar klomp van hulle.

Dit verklaar vir my ontsettend baie hoekom dinge so uit perporsie geraak het in die kerk.

Dit is lank, maar regtig die moeite werd om te kyk.

https://www.youtube.com/watch?v=N8vna9NKeko

https://www.youtube.com/watch?v=FyvHF84A2VQ

Sommer op die koop toe in Afrikaans ook,

Groetnis
Kasper

524
10-23-2015, 05:41 PM
@Kasper

Ek probeer om nie by geloofs besprekings betrokke te raak nie, maar hierdie is 'n interessante onderwerp wat beslis die debat in twee kampe sal deel. Hier by ons is die NG kerk en die Vrymesselaars gebou langs mekaar! Ek weet van vele troues wat in die kerk gehou is en die onthaal langsaan by die Vrymesselaar's saal. Dit is dan ook so dat die dominee self daar 'n draai maak om die pasgetroudes geluk te wens. Ek onthou nog in my jeug hoe ek in die konsistorie sit met kerkraad vergaderings en die ooms met hulle "interessante" ringe gade slaan. Die video is baie lank, maar daar is baie "research" gedoen. Dit is dan ook so dat hulle baie "flack" kry van die publiek in die "comments" gedeelte.

Wanneer ek die soort ding sien dan dink ek onewillekeurig aan wat Niccolo Machiavelli geskryf het in sy boek "The Prince" - Slim man gewees!


` We must bear in mind, then, that there is nothing more difficult and dangerous, or more doubtful of success, than an attempt to introduce a new order of things in any state. For the innovator has for enemies all those who derived advantages from the old order of things, whilst those who expect to be benefited by the new institutions will be but lukewarm defenders. This indifference arises in part from fear of their adversaries who were favoured by the existing laws, and partly from the incredulity of men who have no faith in anything new that is not the result of well-established experience. Hence it is that, whenever the opponents of the new order of things have the opportunity to attack it, they will do it with the zeal of partisans, whilst the others defend it but feebly, so that it is dangerous to rely upon the latter.''

PS @Lukas - Incredulity = Kleingelowigheid http://www.sherv.net/cm/emo/word/hee-hee-hee-smiley-emoticon.gif

Kasper
10-23-2015, 06:30 PM
@524

Baie goed gestel, die ding is met hierdie plasing wou ek nie vinger wys of iemand pinpoint nie, nee dit gaan vir my oor baie meer as net dit wat mens sien op die oppervlak. So ruk terug het ons ook in 'n draad gepraat oor die NG kerk en hoe sy sinode besluite al hoe "snaakser" begin raak het met die jare saam. Ek kon nooit lekker die klou by die oor kry nie, gedink dit is miskien ek wat begin oud word (kug,kug), maar toe ek hierdie video's raakgeloop het, het dit onmiddelik baie dinge vir my helder gemaak , baie van my vrae wat ek nooit kon antwoord voor kry nie beantwoord. Daarom het ek gedink om met die ander forum lede te deel. Ek weet dit is lank, maar gelukkig is die opgeneem in lae resolusie, so dit vreet darem die bandwydte te veel nie. (onder 2 Gig vir beide videos)
Dit is maar elkeen se eie besluit of hulle wil kyk al dan nie....

Groetnis
Kasper

454
10-26-2015, 06:24 AM
Dankie Kasper. Ek het dit al lank vermoed en geglo nou het ek die bewyse gesien.

Chris

J400
10-27-2015, 11:38 AM
kasper,daar is ook n dvd oor Sonaanbidding en vrymesselary by Trumpetcall waar jy die vals priesterdom gekry het. bietjie duur maar baie insigewend. groete

Kasper
10-28-2015, 07:11 PM
Dankie J400,

Sal bietjie daar gaan loer.

Groetnis
Kasper