PDA

View Full Version : "Afrika" tekens gesprek op RSG



Unregistered
04-11-2013, 03:34 PM
Ek verneem sopas van my vrou daar was vanmiddag (Donderdag 11 April 2013) 'n gesprek op RSG oor "afrika" tekens. 'n Ene Louis Grobler het blykbaar gepraat. Ongelukkig het ek nie self geluister nie. Ek sal graag wil weet of hierdie onder die AKSKA of Swartberg vaandel geskied het en of dit Lukas se goedkeuring gedra het?

Unregistered
04-11-2013, 08:30 PM
Jammer my eerste possing was verkeerd. Die uitsending was egter vanmiddag op 702 gewees. Gebruik gerus die skakel (http://www.702.co.za/onair/heardonair3.asp?action=heardonairsearch) en soek dan vir:

Show: JENNY CRWYS-WILLIAMS
Date on air: 11 April 2013

Beweeg dan af tot by onderstaande beskrywing en kliek op "Click to Listen".
Dit wil voorkom of daar 'n koste aan verbonde is maar ek het nie die moeite gedoen nie......


JENNY CRWYS-WILLIAMS 11 April 2013 1:35 PM


Eishgalo and how criminals communicate in suburbs
Jenny finds out more about Eishgalo, the so-called language of criminals, and how subtle signs around your house can compromise your safety.
Guest: Louis Grobler
Position: Security Practitioner and Owner
Archive: Click to listen

Lukas
04-11-2013, 10:53 PM
Gelukkig het mense my gebel om te hoor of my radio op 702 was om die storie te luister. Ek kon toe betyds inskakel en ek, Kobus en Johan het saam die hele program geluister. Nee, AKSKA was nie by die program betrokke nie en sal ook nooit in die toekoms wees nie.

Die rede waarom ons nie aan so program sal deelneem nie is omdat ons nie graag ons kaarte vir die kriminele op die tafel wil gooi nie.

Wat die program self betref het ons met gemengde gevoelens daarna geluister. Die arme mense is so mislei en ek het later die idee gekry dat die gasspreker op die program elke mens aanmoedig om te glo wat hy wil. Hulle vertel byvoorbeeld met gesag dat rooi sakke beteken dat die kriminele in wapens gaan vasloop wanneer hulle gaan roof en ander vertel dat die rooi sak vir die krimineel beteken dat dit gevaarlik is. Op die program is almal reg.

Verder is hulle oortuig dat bottels wat na jou huis wys beteken dat jy aangeval gaan word en drie klippe op mekaar wat hek beteken, beteken vir hulle dat daar drie mense in die huis is. n Stapel klippe op mekaar wat n afdraai beteken, beteken vir hulle dat daar mense en honde en wie weet wat nog op die werf is.

Deur die bank was mense aangemoedig om tekens weg te vat. Een vrou vertel hoe haar dogter mense se honde tydens die vakansie moes kos gee en toe bakstene op die muur gesien het. Hulle het die bakstene afgehaal en die volgende dag was die bakstene weer bo-op die muur. Weer het hulle dit verwyder en toe is al die honde vergiftig. Vir hulle was dit duidelik dat die bakstene die aanval op die honde beteken het. Die waarheid is eerder dat die honde vergiftig is omdat hulle met die bakstene gepeuter het.

Ek het die program met gemengde gevoelens beluister. Aan die een kant was ek verstom oor die mense se interpretasies van wat hulle sien en beleef. Ek was ook stomgeslaan oor die misdaadvoorkoming plan om alle tekens te verwyder.

Terselfdertyd voel ek magteloos omdat ek nie weet hoe om daardie mense bereik te kry nie. En gebruik ek die hoofspreker wat baie goeie toegang het, sal sy volgende optrede op die radio verseker misdadigers laat regop sit. Die program was vir die misdadigers geen bedreiging nie. Hulle sal wel hulle tekens baie kleiner maak en dan sakke in die gebied gooi om die mense van die spoor te gooi.

Twee goed het my opgeval. Die paranoia en onsekerheid van die mense omtrent hierdie tekens. En wat my die meeste opgeval het, was dat geen swart persoon gebel het nie. Radio 702 het baie swart luisteraars wat elke dag lewendig deelneem en nie een het vandag n foon opgetel nie. Waarom nie?

Unregistered
04-12-2013, 03:56 PM
Dankie Lukas.
Jou terugvoer bevestig maar net my vermoede. Dit stem baie ooreeen met die e-posse wat so gereeld deur die GPF (CPF) en maatskappye soos o.a. ADT sirkuleer word oor daai "tekens" en die gevare daaraan verbonde.... :)

Groetnis
Jaco

Unregistered
04-13-2013, 12:18 AM
Naand Lukas. Jy maak n intresante punt oor hoekom geen swarte ingebel het nie, terwyl hulle oorhoofs ook hulle sieninge daar deel. Kan ons dalk iets hier aflei vanuit al die snert wat gepraat is? Beteken dit dalk dat hulle n groter vrees sal ontwikkel oor ons hulle kaarte kan sien? Ons sien tog in Afrika dat hulle grootliks n geheim kan hou as stam. Die stilswye kan ook wees dat hulle ons nog beskou in n ander lig en nie as deel van Afrika nie. Dit opsigself wys maar net dat die politiekery net n opervlakkige woorde speletjie is, maar dat onder daardie vel geen begeerte regtig is om te verenig met enige volk buite sy kultuur nie. Ons is dis oorhoofs eensgesind nasionalisties elk in sy eie volk en tog eensgesind om dit so te wil hou.Of dink jy ek gaan haal nou die aap agter die berg, maar hoe sal mens dit anders verklaar? Jou vraag en opmerking is n goeie een en wat kan ons van die senario maak? Ek het nou die dag n program gekyk, waar n hele dorp in stilswye was vir omtrent 20jr oor n kind wat hulle geweet het is aangeneem deur n familie, maar dit stil gehou het, van onderwysers tot bure, maats, dominee ens. Dit wys jou mense kan n geheim bewaar, maar wat die tekens en misdaad betref en om so iets te verberg is n ander storie. Is die wat die geheime so beskerm dalk ingelig van n groter doel of saak dat hulle dit van so waarde ag dat dit van ons ten alle koste weerhou moet word? As jy in die bendes hulle kodes en werkinge uitpraat is jy witbene, wat is die geval waneer dit by tekens kom? As dit dieselfde lot is dan kan jy se dat die mense gebrienspoel en gematig is om dit te bewaar, wat opsigself weer n rooilig laat vlikker in terme van waardes, standaarde en sieninge. Dit sal lynreg met komunisme loop as n wapen om massas te beheer en te gebruik niks minder nie! As jy ook sien wie gebruik word as die pione dan maak dit nog meer sin. Ja dis iets om oor te dink! Waneer hierdie geheime "subkultuur" vanuit n sekere groep reg bestuur en gedryf word, soos met die stakings ens kan dit vanwee etniese diversietyd n gevaarlike speletjie raak. Ek gaan draai nou al weer by die tydbome maar ek dink die geheimhouding gaan daaroor om n verenigde faktor onder hulle te wees, om dit dan teen ons as wapen te kan gebruik, maar ons vrede en kennis van hulle geheim is ons ontlonting. Dis wat ek van dit kan maak.

Unregistered
04-13-2013, 09:06 AM
Lukas lig maar net uit wat hy al jar lank vir ons vertel. Geen swartman sal ooit oor die tekens voor n witman praat nie, wat nog van erken dat dit bestaan. Die onderwerp is taboe voor die witman en enige swartman wat hierdie reel oortree, is soos jy se, wit bene.

Unregistered
04-15-2013, 06:26 AM
Ek stem dit is sleg dat ons kennis oor die voordeel onder hulle aandag gebring word MAAR dink dit is nie net sleg nie.

Dis vrees wat die meeste SA burgers verlam in hulle koppe want ons lees die heeltyd van die krimenele se suksesse. Dis dalk goed dat daar ook n bietjie twyfel en vrees in hulle koppe gesaai word???

En as dit aanpassings veroorsaak dan weet n men's mos n senuwee erens is raak gesny? Dis sleg want dan moet ons weer aanpas maar ten minste is jy in sy kop en ons almal weet dat vrees jou nie heeltemal reguit laat dink nie... D w s hulle suksesse en cv word negatief beinvloed.

Hopenlik gee dit die slag offer hoop en eindig 2 uit elke 10 belangstellendes by Akska op om weer op hulle beurt n verskil in hulle omgewing te maak!

Lukas
04-17-2013, 12:54 AM
Ons is al lankal in die kriminele se koppe. Hulle het alreeds een keer op nasionale vlak hulle datum en tyd berekenings op die tekens verander en hulle is tans weer besig om dit te doen.

Ons kan nie soos die radioprogram wild en wakker adverteer nie. Daar is vir ons nie n kortpad nie. Ek kan dit nie verduidelik of verklaar nie maar die waarheid is nie vir die algemene vreesagtige mens aanvaarbaar nie. Wanneer jy vir mense leuens vertel glo hulle jou onvoorwaardelik maar wanneer jy die waarheid verduidelik is dit onaanvaarbaar.

Ons loop ons al vir meer as twintig jaar teen hierdie verskynsel vas en ek is nie bereid om die voorsprong wat ons reeds teen misdaad geniet, prys te gee net om weer te probeer nie. Miskien is die tyd nie reg nie en miskien sal die land se mense se o eendag op die regte tyd oopgaan. Maar intussen bly ons op die moeilike pad waar vriende, vriende moet oortuig dat ons stelsel werk.

Net die feit dat die hele land se mense reeds van die bestaan van hierdie tekens bewus is, is reeds n bewys dat die mense in die verlede n geleentheid gehad het om die waarheid te leer. Maar dit gaan oor eie gewin en die finansile voordeel wat paniek saaiers daaruit kan put.

Aan die ander kant veroorsaak die paniek saaiers dat meer en meer mense bewus word en wie weet. Miskien sal daar tog n dag kom wat mense sal besef dat daar n ander wreld in Afrika is. n Wreld wat jou oorlewing in Afrika baie maklik maak wanneer jy dit eers verstaan.

Unregistered
04-17-2013, 08:08 PM
Lukas, weet julle iets van die gebeure by Rooiberg vandag? Ek verwys na Sunette se berig.

"Daar was vandag 'n Plaasaanval op Rooiberg, maar die keer was die manne reg vir hulle! Die mense op die plaas is nie beseer nie en 1 van die BARBARE is doodgeskiet! Dis nog onduidelik of die ander een gevang is... Mooi so manne! Sx"

Lukas
04-18-2013, 08:56 AM
Daar was n roof op plaas by Rooiberg. Die eienaar en sy vrou was nie op die plaas nie en die plaaswerker het deurgeloop. Die polisie van Rooiberg is laat weet en het die rowers agterna gesit. Een rower is deur die polisie doodgeskiet. Die ander rower is nog soek.


80km Buite Ellisras tussen Ellisras en Thabazimbi op die R510 was daar ook gister n mislukte voertuigkaping. Die persoon wat van die pad gedruk was, was nie beseer nie en die kapers het weggekom. Die boere en die polisie was tot laat gister nog op soek na die kapers.