PDA

View Full Version : DIe Rustenburg Kursus



Lukas
11-08-2015, 08:43 AM
Rustenburg se kursus was volgens my n groot sukses en baie lekker. Baie dankie vir al die mense wat so hard gewerk het om dit moontlik te maak.

Ek dink dat ons met die prakties by Paradys waar daar reeds in inbraak was, baie mooi kon sien hoe tekens lyk en waarom alle stukkies baal tou, draadjies en botteltjies nie tekens is nie. Kriptografie is soos spoorsny, die afwykings waarna ons soek is baie klein en ook nie altyd op die grond nie. Soms moet ons ook so bietjie opkyk.

Die mense wat op die kursus was, moet onthou om die uithandigingstuk van die FB groep af te trek. Kyk bo onder die files.

Die praatjie wat ek die vorige aand aangebied het, was n groot wysiging op die vorige praatjies en dit het toe ongeveer vier ure geneem. Ek sal so bietjie daaraan moet werk om dit korter te maak.

Nogmaals dankie vir almal wat die kursus bygewoon het.

408
11-08-2015, 12:58 PM
Lukas ek het besondere waardering vir die kurus wat gebeur het, dit het my verwagtinge oortref in terme van die jong manne wat opgedaag het.
Baie dankie aan almal wat so bereidwillig is om hul tyd te wy aan hierdie saak, ook jy en jou span wat nie moedeloos word nie. Julle is 'n inspirasie!
Ons het gisteraand 'n plaasaanval gehad by 'n vrou wat alleen tuis was en na 'n buitegbou gegaan het omstreeks 20:00. Daar is sy skynbaar oorval deur 3 aanvallers wat haar ook met 'n tou of iets gewurg het. Sy het woes terugbaklei en hulle het die aftog geblaas, maar ook die veld aan die brand gesteek.
Reaksie van die omgewing, lede en nie-lede van die plaaswag was uitstekend.
Ek wil vanmiddag weer 'n draai daar gaan maak, dan sal ek weer terugvoer gee.

Jeannie
11-10-2015, 01:45 PM
Lukas kon jy al enige iets verder uitvind omtrent die blikkie met lemmetjies in die venster daar by ons?

1616
11-10-2015, 09:11 PM
Baie dankie dit was vir ons ook moerawies lekker! Ons hoop om gou weer saam te leer. Mooi loop almal en kapityt!

408
11-11-2015, 12:22 PM
Nee wat, ek kry nie iets nie. Ai!

SA462
11-11-2015, 09:09 PM
Vasbyt 408. Ek dink jy soek te hard.Laat jou oe die area "scan" en kry jy nie nou iets nie, moet nie te veel komkommer nie.Julle was n lekker skerp groep en sal mettertyd die goed raaksien.